Inhoudsopgawe: Ons is die plan – 9 weke van transformasie

Voorwoord
Wat is jou verwagting?
Hoe om die gids en CD te gebruik

Week 01: God en sy mense
Dag 01: ’n Skroef los?
Dag 02: ’n Dobbelaar?
Dag 03: Wat kry ek daaruit?
Dag 04: Nie sommer-so nie
Dag 05: Eienaar? Vennoot?
Week 01: Groepgesprek

Week 02: Die Plan
Dag 06: Padkaart
Dag 07: Wat soek ek waar?
Dag 08: Ons het dit nie uitgedink nie
Dag 09: Volslae mislukkings
Dag 10: Ons doen beter
Week 02: Groepgesprek

Week 03: Die Heilige Gees en die Plan
Dag 11: ’n Merkie
Dag 12: Ongerieflik
Dag 13: Soos ek
Dag 14: Op my eie
Dag 15: Vandag nog?
Week 03: Groepgesprek

Week 04: God se mense praat met Hom
Dag 16: Tweerigting kommunikasie?
Dag 17: Intiem met God?
Dag 18: Soos Pa!
Dag 19: Kan gebed die wêreld verander?
Dag 20: Die anderkant van die munt
Week 04: Groepgesprek

Week 05: God praat met sy mense
Dag 21: Troebel water
Dag 22: Arm van gees?
Dag 23: “Gaan lê maar weer”
Dag 24: Rooi ligte
Dag 25: ‘n Lewende verhouding
Week 05: Groepgesprek

Week 06: Rigtingloos sonder visie
Dag 26: “Ain’t no definition gonna help”
Dag 27: Ons kan daarsonder
Dag 28: Soekers wat nooit vind …
Dag 29: Die Ferrari en die Caterpillar
Dag 30: As jy aan my druk …
Week 06: Groepgesprek

Week 07: Laat u Koninkryk kom
Dag 31: Uit die mode
Dag 32: ’n Koning …?
Dag 33: Vir burgers van die Koninkryk
Dag 34: “Geestelike” groei?
Dag 35: Die kiem
Week 07: Groepgesprek

Week 08: Leiers en Verhoudings
Dag 36: Die nek van die plek …?
Dag 37: Soos ek sê – nie soos ek maak nie
Dag 38: Soos Alexander!
Dag 39: As jy dit nie het nie …
Dag 40: Jy’s jammer …?
Week 08: Groepgesprek

Week 09: Die Plan kom tot uiting
Dag 41: Tekkie op die teer
Dag 42: My belydenis is ten minste reg …
Dag 43: Dissipels van alle nasies
Dag 44: Verskil … en maak ’n verskil!
Dag 45: Is jy?
Week 09: Groepgesprek

Bylae 1: 45 Boublokke
Bylae 2: Die model in ’n neutedop
Bylae 3: Ek het ’n droom (Snit 15 op CD)
Bylae 4: CD – Nege weke van transformasie
Bylae 5: Om saam met jou te dra

Hoe om die gids te gebruik: Ons is die plan – 9 weke van transformasie

Hoe om die gids te gebruik

Hoe jy dié gids gebruik is van groot belang. As jy soos ek is, sal jy die inleidings en voorskrifte ignoreer en dadelik by die eerste studie inval – dit sal ’n reuse flater wees! So, sit maar 5 minute opsy om verder te lees, sodat jy die maksimum voordeel uit die bundel kan kry.
Kom ons begin by die begin. Die bundel bestaan uit 45 Bybelstudies – dus 9 weke. Vir elke week en dag, is daar ’n besondere tema. Hierdie week- en dagtemas word bo-aan elke studie aangedui.
Die struktuur van die studies is nie elke dag dieselfde nie, want onthou, verskillende persone het hieraan meegewerk. Ons het egter tog ’n basiese raamwerk ingebou sodat jy nie elke dag van nuuts af hoef te wonder wat aangaan nie. Om hiermee te help, gebruik ons ikons, prentjies wat jou deur elke dag se studie sal begelei. Die prentjies beteken die volgende:

Gebed

Geleentheid om te bid; stil te word; te luister …

Lees die Skrif

Skrifgedeeltes wat jy moet lees

Skryf / Vul in

Jy moet jou skryfding nadertrek


Doen die volgende

Hierdie uitroepteken sal jou herinner aan dinge wat jy moet doen

Dink na / Besin

Wanneer jy hierdie weerligstraal sien, wil ons hê jy moet oor iets nadink en besin

Wenk

Die skryfblokkie gee interessante wenke, of maak opmerkings, wat die dag se studie sal verryk

Luister na lied

Jy moet luister na ’n spesifieke snit luister

Delf dieper
Delf dieper

Ons wil nie graag hê jy moet vasval in talle Skrifverwysings nie – die dieper delf vergrootglas gee egter bykomstige verwysings wat gelees kan word deur dié wat behoefte daaraan het

Hierdie prentjies behoort jou te help sodat jy nie in die materiaal sal verdwaal nie. Volg dus net rustig die verloop van elke dag se studie en gepaardgaande wenke.

Aan die einde van elke dag se studie, is daar ’n boublok wat probeer om die kernwaarheid van die dag in ’n enkelsin saam te vat.

Aan die einde van elke week se studies is daar ’n groepstudie wat gebruik kan word vir persone wat afsonderlik en gesamentlik deur die materiaal werk. Ek wil aanbeveel dat jy, nadat jy elke dag se studie afgehandel het, na die bladsy vir die week se groepgesprek sal blaai en invul wat van toepassing is. Dit beteken dat jy met die gids in jou hand die groepstudie kan bywoon en ’n opwindende saamgesels te wagte kan wees.

Ons probeer om jou deurlopend te help fokus. Daarom maak ons gebruik van kernwaarhede. Hierdie kort uitsprake som eintlik die hele studie vir elke dag op.
Ons het op sekere konvensies besluit toe die gids saamgestel is. Die afkortings wat vir Bybelboeke gebruik word, is ooreenkomstig die benadering wat deur die 1983 vertaling van die Afrikaanse Bybel gevolg word. Die woord “kerk” word soms met ’n hoofletter en ander kere met ’n kleinletter gespel. Wanneer ’n hoofletter gebruik word, word daar verwys na die universele Kerk – die Kerk van Jesus Christus deur die eeue oor die wêreld. Die spelling met ’n kleinletter verwys hoofsaaklik na die kerk soos wat dit as plaaslike gemeente manifesteer. Wanneer die woord “Koninkryk” met ’n hoofletter gespel word, word verwys na God se Koninkryk. Die woorde “missionêr” en “missioneel” word ook beide gebruik. Die woord “missioneel” verwys veral na die Bybelse beginsel dat die hele Kerk deur God gestuur word. Hy is die Een wat stuur! Dit word dus gebruik wanneer na die Kerk of gemeente se karakter, aard en eienskappe van gestuurdheid verwys word.

Daar word telkens in ’n blokkie aangetoon waar in die Ons-is-die-Plan handboek jy meer inligting oor die dag se onderwerp te lese kan kry. Dit sal die moeite werd wees as jy hierdie gedeeltes in die handboek onder oë kan kry, want daarin word natuurlik baie meer breedvoerig oor dié sake geskryf. (Handboek op aanvraag by diePlan se kantoor beskikbaar.)

Ons probeer jou belewenis verryk deur soms ’n CD-snit aan te beveel waarna jy moet luister. Dit sal goed wees as jou Bybelstudieplek daarvoor voorsiening maak. Indien nie, kan jy net die woorde van die snit lees soos dit in die gids weergegee word.

Hierdie Bybelstudiemateriaal vorm ’n geïntegreerde geheel. Op die binne-agterblad is ’n volkleurmodel wat dit verduidelik. Kyk gerus daarna, maar moenie bekommerd wees as dit aanvanklik onduidelik is nie. Teen die einde van week 9 sal ek jou begelei om alles as ’n logiese geheel te verstaan.

Die gids is doelbewus as ’n A4-grootte ontwerp. Dit vergemaklik die skrywery wanneer jy daaruit werk.

Ten slotte. Ek weet dat kortpad soms die maklikste pad is. Vermy dit asseblief! Stel jouself in om elke aktiwiteit en opdrag in die gids deur te werk. Anders gaan jy nie die volle voordeel van die 9 weke ervaar nie. Hoeveel tyd is daarvoor nodig? Met 30 minute per dag behoort jy elke studie te kan deurwerk, maar ek glo dat ’n uur per dag meer geleentheid vir in-diepte oordenking bied en dus ’n ryker ervaring sal waarborg.

Daar word voorgestel dat die groepgesprekke as volg hanteer word:


Wanneer die studie ook in groepverband gebruik word, moet elke deelnemer daaraan, na afloop van elke dag se studie, na die bladsye blaai wat vir die komende groepgesprek voorsiening maak.

Die volgende vrae word dan kortliks beantwoord:
Ÿ Bybelverse wat jou vandag aangespreek het.
Ÿ Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie.
Ÿ Wat het jy geleer of ontdek?
Ÿ Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer, hoe het jy geestelik gegroei of jou lewe verander?
Ÿ Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?

Dit is natuurlik nie nodig om elke dag op al die vrae te reageer nie. Soos die week verloop, ontwikkel daar natuurlik ’n groeiende reaksie op elke vraag wat aan die einde van die week met die groep bespreek kan word.

Op die dag van die groepstudie, kom elke deelnemer met sy Bybelstudiegids na die byeenkoms en maak dit by die week se groepstudie oop. Iemand fasiliteer die gesprekke, besprekings en verloop van die byeenkoms.

Die volgende struktuur kan gebruik word:
Ÿ Begin deur geleentheid te gee om nuus met mekaar te deel.
Ÿ Lofprysing en aanbidding: ’n Paar liedere kan saamgesing word met geleentheid vir gebed tussenin – of alternatiewelik, net geleentheid vir gebed.
Ÿ Begin dan deur elkeen van die bogenoemde 5 vrae of stellings te bespreek. Op dié manier word daar byvoorbeeld uit die Woord gelees en kry ’n persoon geleentheid om te sê waarom die spesifieke Skrifgedeeltes hom of haar aangespreek het. Nadat daar nie meer bydraes oor ’n vraag of stelling is nie, word die volgende een hanteer.
Ÿ As daar spesifieke voorstelle in die gids vir die dag se studie is, kan dit gebruik word – byvoorbeeld ’n snit van die CD.
Ÿ Die fasiliteerder luister fyn na die gesprekke en bydraes en identifiseer deurlopend punte vir gebed. Dit word by die opskrif “gebedsonderwerpe” neergeskryf. Aan die einde van die byeenkoms, word persone gevra om die fasiliteerder se lys gebedsonderwerpe aan te vul. Hierna lees die fasiliteerder die onderwerpe vir die groep wat dit dan in hul eie gidse kan aanteken om deur die loop van die volgende week persoonlik daarvoor te bid. Die groepgesprek kan dan afgesluit word met gesamentlike gebed vir dié genoemde sake.
Ÿ Ten slotte word daar aan die einde van die groepstudieblad oor elke dag se boublok ’n vraag gevra, of ’n stelling gemaak. Hierdie 5 vrae of stellings kan tot prikkelende gesprekke aanleiding gee. Indien tyd beskikbaar is, kan die groep ook van hierdie vrae of stellings bespreek.


Voorwoord en jou verwagtinge: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Na ’n periode van bykans twee-en-’n-half jaar waartydens Frans Hancke die
Ons-is-die-Plan werkwinkel by verskeie gemeentes en ander geleenthede
aangebied het, was die enigste “negatiewe” kommentaar wat ek van
kerkleiers gehoor het: “Wow! … Hoe kry ons hierdie inligting by ons lidmate?”
Ek het verstaan wat hulle bedoel. Alhoewel die werkwinkel primêr op die
kerkleierskap gerig word, is die inhoud van so ’n aard dat enigeen wat dit
bywoon, werklik besef: Die Bybelse verstaan van die roeping en taak van die
Kerk weerklink in hierdie tyd van teologiese verwarring verrassend suiwer en
Woordgetrou deur hierdie materiaal. Juis daarom is dit belangrik om lidmate
hieraan bloot te stel! Verder het ek verskeie van hierdie werkwinkels self
bygewoon en kan daarom getuig dat die Heilige Gees mense se lewens
aanraak en in sommige gevalle selfs radikaal verander! Dan moet daar mos ’n
antwoord gevind word vir hierdie versugting van kerkleiers!
Die antwoord wat Frans (saam met ’n span) by die Here gekry het, was om die
inligting in die vorm van ’n Bybelstudieboek beskikbaar te stel. Nou kan
gelowiges self vanuit God se Woord deur die Heilige Gees gelei word tot ’n
nege weke proses van transformasie en groei in hul kennis van en verhouding
met God – asook hul geloof in Hom!
Frans het verskeie kundiges genader wat bereid was om as medewerkers op
te tree. Prof Dons Kritzinger, Prop Ensie Enslin, Ds Evert Bergh, Dr Gideon
van der Watt, Me Melanie Strydom, Ds Peet Grobbelaar, Ds Pieter Pretorius,
Prof Pieter Verster, Ds Riaan van der Mescht en Ds TC du Toit het bygedra tot
hierdie boek wat jy in jou hand het. Wat ’n voorreg was dit nie vir elkeen van
ons wat hiertoe meegewerk het nie!
Self kan ek getuig van wat die besig-wees met hierdie Bybelstudiestukke die
afgelope paar maande vir my persoonlik beteken het! Miskien is dit beter
gestel om te sê dat God hierdie tyd met my op ’n besondere manier besig was
… en ek loof en aanbid Hom daarvoor!
Mag dit ook jou ervaring gedurende die volgende nege weke wees!
“Soli Deo Gloria”.

Ensie Enslin


Hierdie is dalk een van die belangrikste vrae wat jy moet antwoord. Dit wil voorkom asof daar altyd ’n sterk verband bestaan tussen wat mense verwag en wat hulle kry. ’n Mens sou kon sê jy kry gewoonlik wat jy verwag. Verwag jy min, sal jy min kry – en omgekeerd.
Dit is dus belangrik dat jy eers hierdie saak met jouself uitmaak:
Ÿ Waarom pak ek hierdie 9 weke van transformasie aan?
Ÿ Doen ek dit vrywillig; of is ek deur persone of groepe onder druk geplaas?
Ÿ Wat verwag ek van die volgende 9 weke?
Ek wil jou aanmoedig om hierdie studies met ’n reuse verwagting aan te pak.
Hoekom sê ek so?
Eerstens, omdat die materiaal op die Bybel, op die Woord van die lewende God, gegrond is. Die Woord van die Here is lewendig en skerper as ’n tweesnydende swaard – sy Woord keer nooit leeg terug nie.
Tweedens, omdat die materiaal te make het met ’n werkwinkel wat al vir meer as twee jaar by gemeentes aangebied word en wat telkens deur die Here gebruik word om die lewens van mense (soms radikaal) te verander.
Derdens is hierdie ’n besondere bundel omdat dit die insette en bydraes van besondere kundiges bevat. Kyk gerus op die agterblad en jy sal verstaan waarom ek so sê.
Vierdens is die materiaal lekker leesbaar, maklik om te verstaan en word vars en nuwe maniere gebruik om te verseker dat hierdie 9 weke ’n besondere ervaring sal wees.
Vyfdens, omdat daar ’n hele netwerk van voorbidders is wat daagliks intree vir elke persoon wat met die materiaal besig is.
Laastens, omdat hierdie materiaal iets probeer openbaar van God se besondere liefde vir en betrokkenheid by sy mense. Dit gaan dus oor God; en hoe kan ons dan ooit in die teenwoordigheid van God kom sónder ’n verwagting?


Ek wil voorstel dat jy eers weer jou verwagting oordink voordat jy verder lees.
Ek wil waag om te sê dat jy met vrymoedigheid kan verwag dat jy die volgende 9 weke ’n besondere ervaring met God sal hê. Ek wil waag om te sê dat jou lewe verryk, verdiep en verander sal word. Ek wil durf sê dat jy na 9 weke sal terugkyk na vandag en erken dat jy nooit weer dieselfde sal wees nie!

Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Kopiereg:
Frans Hancke, McClintockstraat 2, Monumenthoogte, Kimberley, 8301
Eerste uitgawe:
November 2006
Uitgewer:
diePlan; McClintockstraat 2, Monumenthoogte, Kimberley, 8301
Omslagontwerp en uitleg:
P Wagener Hancke
Finale manuskripversorging:
Bybel Media, Cecilia Geyser, Hendriena Vorster, Petro Botha
Gedruk deur:
Swift Print, Kimberley
Ingeslote CD:
Musiek en Lirieke: Johann Botes
Kopiereg: Johann Botes
Verwerkings: Eddie Goldberg
Sanggroep: Johann Botes, Daleen Kriek en Elize Hancke
Musiek CD’s beskikbaar by: diePlan, McClintockstraat 2, Monumenthoogte, Kimberley, 8301
Geboorte van ’n Visie: (Snit 14 op CD)
Outeur: Frans Hancke
Voorleser: Anton Smith
Ateljee: SABC
Ek het ’n Droom: (Snit 15 op CD)
Outeur: Frans Hancke
Voorleser: Ensie Enslin
Ateljee: ProChristo Global Mission
Die outeurs van hierdie Bybelstudiegids stem nie noodwendig met mekaar se interpretasies en formulerings saam nie.
Ons-is-die-Plan word ook in die formaat van ’n werkwinkel by gemeentes aangebied.
’n Boek met die titel Ons is die Plan – Die gemeente met ’n verskil maak ’n verskil … is beskikbaar en dek die materiaal op ’n omvattende wyse.
Dieselfde boek is ook in Engels beskikbaar met die titel We are the Plan – The Church with a difference makes a difference …
’n CD-weergawe van hierdie Bybelstudiegids is beskikbaar.
Vir verdere navrae kontak Frans Hancke by frans@dieplan.org

Voorwoord: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Na ’n periode van bykans twee-en-’n-half jaar waartydens Frans Hancke die Ons-is-die-Plan werkwinkel by verskeie gemeentes en ander geleenthede aangebied het, was die enigste “negatiewe” kommentaar wat ek van kerkleiers gehoor het: “Wow! … Hoe kry ons hierdie inligting by ons lidmate?”
Ek het verstaan wat hulle bedoel. Alhoewel die werkwinkel primêr op die kerkleierskap gerig word, is die inhoud van so ’n aard dat enigeen wat dit bywoon, werklik besef: Die Bybelse verstaan van die roeping en taak van die Kerk weerklink in hierdie tyd van teologiese verwarring verrassend suiwer en Woordgetrou deur hierdie materiaal. Juis daarom is dit belangrik om lidmate hieraan bloot te stel! Verder het ek verskeie van hierdie werkwinkels self bygewoon en kan daarom getuig dat die Heilige Gees mense se lewens aanraak en in sommige gevalle selfs radikaal verander! Dan moet daar mos ’n antwoord gevind word vir hierdie versugting van kerkleiers!
Die antwoord wat Frans (saam met ’n span) by die Here gekry het, was om die inligting in die vorm van ’n Bybelstudieboek beskikbaar te stel. Nou kan gelowiges self vanuit God se Woord deur die Heilige Gees gelei word tot ’n nege weke proses van transformasie en groei in hul kennis van en verhouding met God – asook hul geloof in Hom!
Frans het verskeie kundiges genader wat bereid was om as medewerkers op te tree. Prof Dons Kritzinger, Prop Ensie Enslin, Ds Evert Bergh, Dr Gideon van der Watt, Me Melanie Strydom, Ds Peet Grobbelaar, Ds Pieter Pretorius, Prof Pieter Verster, Ds Riaan van der Mescht en Ds TC du Toit het bygedra tot hierdie boek wat jy in jou hand het. Wat ’n voorreg was dit nie vir elkeen van ons wat hiertoe meegewerk het nie!
Self kan ek getuig van wat die besig-wees met hierdie Bybelstudiestukke die afgelope paar maande vir my persoonlik beteken het! Miskien is dit beter gestel om te sê dat God hierdie tyd met my op ’n besondere manier besig was … en ek loof en aanbid Hom daarvoor!
Mag dit ook jou ervaring gedurende die volgende nege weke wees!

“Soli Deo Gloria”.

Ensie Enslin

Jou verwagtinge: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Hierdie is dalk een van die belangrikste vrae wat jy moet antwoord. Dit wil voorkom asof daar altyd ’n sterk verband bestaan tussen wat mense verwag en wat hulle kry. ’n Mens sou kon sê jy kry gewoonlik wat jy verwag. Verwag jy min, sal jy min kry – en omgekeerd.
Dit is dus belangrik dat jy eers hierdie saak met jouself uitmaak:
Ÿ Waarom pak ek hierdie 9 weke van transformasie aan?
Ÿ Doen ek dit vrywillig; of is ek deur persone of groepe onder druk geplaas?
Ÿ Wat verwag ek van die volgende 9 weke?
Ek wil jou aanmoedig om hierdie studies met ’n reuse verwagting aan te pak.
Hoekom sê ek so?
Eerstens, omdat die materiaal op die Bybel, op die Woord van die lewende God, gegrond is. Die Woord van die Here is lewendig en skerper as ’n tweesnydende swaard – sy Woord keer nooit leeg terug nie.
Tweedens, omdat die materiaal te make het met ’n werkwinkel wat al vir meer as twee jaar by gemeentes aangebied word en wat telkens deur die Here gebruik word om die lewens van mense (soms radikaal) te verander.
Derdens is hierdie ’n besondere bundel omdat dit die insette en bydraes van besondere kundiges bevat. Kyk gerus op die agterblad en jy sal verstaan waarom ek so sê.
Vierdens is die materiaal lekker leesbaar, maklik om te verstaan en word vars en nuwe maniere gebruik om te verseker dat hierdie 9 weke ’n besondere ervaring sal wees.
Vyfdens, omdat daar ’n hele netwerk van voorbidders is wat daagliks intree vir elke persoon wat met die materiaal besig is.
Laastens, omdat hierdie materiaal iets probeer openbaar van God se besondere liefde vir en betrokkenheid by sy mense. Dit gaan dus oor God; en hoe kan ons dan ooit in die teenwoordigheid van God kom sónder ’n verwagting?

Ek wil voorstel dat jy eers weer jou verwagting oordink voordat jy verder lees.
Ek wil waag om te sê dat jy met vrymoedigheid kan verwag dat jy die volgende 9 weke ’n besondere ervaring met God sal hê. Ek wil waag om te sê dat jou lewe verryk, verdiep en verander sal word. Ek wil durf sê dat jy na 9 weke sal terugkyk na vandag en erken dat jy nooit weer dieselfde sal wees nie!