Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?

Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet.

Tim 6: 17

Vir elkeen van ons, is die idee van geniet, heel moontlik verskillend. Een mens hou van kuier, lag en gesels, ‘n ander van hardloop en oefen tot die sweet hom of haar aftap, terwyl ‘n ander van stil-in-‘n-hoek sit en lees hou, om maar enkele teenstrydige genietinge te noem. God het ons elkeen op ‘n pad geneem, wat maak dat ons enig is in ons genietinge, ervaringe en waarmee ons ons besig hou. Ons worstel dikwels met die vraag: “Mag ons die lewe geniet?” Die antwoord lê heel moontlik daarin: “Wat ons as genieting beskou?” Is dit tot ondersteuning en uitbou van die Koninkryk? Is dit ten koste van ander, of is dit tot opbou van ander?

Hoe kan ons weet of ons genietinge aanvaarbaar is voor God. Ons kry gedeeltelike antwoorde in Prediker, wat ‘n baie siniese uitkyk op die lewe het. Vir hom het al sy wedervaringe, ervaringe en genietinge geen blywende vreugde gebring nie en het hy dat as sinloos beskryf; tog wys hy daarop dat as dit uit die hand van God gegee word, kan jy dit meet oorgawe doen (“Gaan eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ‘n vrolike hart, want God het lankal jou dade goedgekeur. Laat jou klere altyd wit wees, laat jou kop nie sonder reukolie wees nie. Geniet die lewe saam met die vrou wat jy liefhet, al jou sinlose dae wat Hy vir jou gegee het onder die son, al jou sinlose dae; want dit is jou beloning in die lewe by jou inspanning waarmee jy jou afsloof onder die son. Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met oorgawe;…” (Pred. 9: 7-10); (“Om te lag, het ek gesê, is onsinnig, en oor plesier, wat lewer dit op?” (Pred. 2: 2); (“’n tyd om te huil en ‘n tyd om te lag; ‘n tyd om te rou en ‘n tyd om te dans;” (Pred.3: 4); (“Daar is niks beter vir die mens as dat hy eet en drink en sy keel laat geniet wat goed is nie. Ook dit het ek ingesien: Dit is uit die hand van God, want: “Wie kan eet en wie kan geniet sonder My.”” (Pred. 2: 24-25)).

Verder uit Prediker blyk dit dat ons eerder moet swaarkry en huil (“Verdriet is beter as lag, want met ‘n droewige gesig gaan dit goed met die hart. ” (Pred. 7: 3); (“Gelukkig is julle wat nou honger ly, want julle sal versadig word. Gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag.” (Luk. 6: 21); (“Weeklaag en treur en huil! Laat julle lag in droefheid verander, en julle blydskap in somberheid.” (Jak. 4: 9)). Selfs Christus noem dat ons beter af is as ons hartseer is (“Gelukkig is julle wanneer mense julle haat en verstoot en uitskel en julle name deur die modder sleep ter wille van die Seun van die Mens. Wees bly op daardie dag, en spring op van vreugde, want kyk, julle beloning in die hemel is groot. Hulle voorvaders het immers die profete net so behandel.” (Luk. 6: 22-23)).

Daar is tog ‘n wete wat vir ons vreugde kan verskaf en ons in vreugde en met die nodige dankbaarheid kan laat leef en dus ook geniet (“Ook het julle met die gevangenes medelye gehad, en die beslaglegging van julle besittings met vreugde aanvaar, omdat julle weet dat julle ‘n beter en blywende besitting het.” (Heb. 10: 34)). Daar is so dikwels mense, wat vir ons, soms om onverstaanbare redes, ‘n lewensvreugde in hulle dra (“Ons laat julle ook weet, broers, van die genade van God wat aan die gemeentes in Macedonië gegee is: dat hulle, te midde van swaar beproewings as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in ‘n rykdom van vrygewigheid van hulle kant af.” (2 Kor. 8: 1-2)). Ons moet besef dat die blywende vreugde wat ons in soveel ander mense sien, kom uit die besef dat hulle nietig is in God se oë, want hulle het tot die besef gekom dat die geboorte van Christus werklik ‘n blywende vreugde na hierdie aarde gebring het (“Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie. Kyk, ek bring vir julle ‘n goeie boodskap wat vir die hele volk ‘n bron van groot vreugde sal wees: Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here.” (Luk. 2: 10-11)). Daarmee saam het ons die Heilige Gees wat ons gedurigdeur bystaan, sodat ons in vertroue die dinge kan geniet wat uit die genade deur God aan ons gegee is (“As julle ter wille van Christus se naam beledig word – gelukkig is julle, omdat die Gees van heerlikheid, dit is die Gees van God, op julle rus.” (1 Pet. 4: 14); (“Al die heidennasies het Hy in vorige geslagte toegelaat om op hulle eie paaie te gaan, maar tog het Hy geen onduidelike getuienis van Homself gegee nie, deur goeie dinge te doen: Hy het uit die hemel aan julle reën en vrugbare seisoene gegee, en julle liggame met kos en julle harte met vreugde gevul.” (Hand. 14: 16-17)).

Dan sal ons ook soos in Jesaja met blydskap en vreugde kan leef, en elke gawe uit God se hand kan geniet (“dié wat deur die Here vrygekoop is, sal terugkeer, hulle sal in Sion aankom met jubelkrete – met ewige vreugde sal hulle gekroon wees. Blydskap en vreugde sal hulle oorweldig, en verdriet en ‘n gesug sal wegvlug.” (Jes. 35: 10); (“Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet. Want alles wat God geskep het, is goed, en niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie, omdat dit deur die woord van God en gebed geheilig word.” (1 Tim. 4: 3-4)).

Selfs Job en die Psalmdigter het besef waar die vreugde lê (“Ja, dan sal jy jou vreugde vind by die Almagtige, en jou gesig na God ophef.” (Job. 22: 26);(“Gelukkig is die mens wat ontsag het vir die Here, wat groot vreugde vind in sy gebooie. ” (Ps. 112: 1-2)). As ons besig bly, in nederigheid en ootmoed voor God, is daar vreugde en genieting in jou werk en alles wat jy doen (“Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk, want dit is sy beloning. Ja, wie kan hom daartoe bring om te sien wat ná hom sal gebeur.” (Pred. 3: 22), en die kos wat jy eet (“Hulle almal sien op na U om vir hulle kos te gee op tyd. Gee U vir hulle, raap hulle dit op; maak U u hand oop, word hulle versadig met wat goed is.” (Ps. 104: 27-28)). Christus belowe ons dat Sy las lig is, as ons na Hom toe keer (“Kom na My toe, almal wat vermoeid en swaar belaas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle, en leer van My, omdat Ek sagmoedig en nederig van hart is, en julle sal rus vind vir julle gemoed. Want my juk is draaglik en my las is lig.” (Matt. 11: 28- 30)).

Hoe kan ons nie die genadegawes wat ons uit God se hand ontvang, geniet nie? Ons moet dit net in opregtige dankbaarheid ontvang (“Aangesien julle dus Christus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid.” (Kol. 2: 6-7)), en die Heilige Gees sal ons ook hierin lei in die woorde van Christus (“Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het.” (Joh. 14: 26)).

Stof tot nadenke: Die Enigste Leidsman

Hom het God as Leidsman en Verlosser tot aan sy regterhand verhoog, om aan Israel bekering en vergewing van sondes te skenk. Ons is die getuies van hierdie gebeure, en so ook die Heilige Gees, wat God gegee het aan hulle wat aan Hom gehoorsaam is.

Hand. 5: 31-32

Met elke verkiesing, wêreldwyd en plaaslik, word mense voor die keuse van ‘n leier geplaas. Met ons beperkte kennis oor enigiemand wat hom, of haarself beskikbaar stel, is dit bykans onmoontlik om ‘n goeie keuse te maak. Dan word dit, waarvoor elke persoon staan, beoordeel. Ons is egter deeglik bewus daarvan dat mense wat politieke aspirasies het, bykans enigiets vir die mense beloof voor sulke verkiesings, want hulle wil verkies word. Dit is onmoontlik om, uit menselike perspektiewe, ‘n goeie keuse te maak. Die media ondersteun duidelik sekere rigtings en persone. Op langerlaas, word daar selde uitvoer gebring aan al hierdie beloftes, want uit die menslike natuur, staan mense dikwels vir hulle self, en wat hulle daardeur vir hulle self kan bereik. Dit maak die volgende verkiesing net nog moeiliker vir ‘n keiser, want wie kan jy glo? Wie kan jy navolg? Wie is getrou aan dit wat hulle beloof het? Wie doen wat hulle doen werklik vir die kieser?

Daar is egter een ewige Leidsman, deur God self ingestel, wat betroubaar, eg en waar is (“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. In Hom was lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” (Joh. 1: 1-5)). In Hand. 5: 31-32 lees ons dat Christus as Verlosser en Leidsman vir ons deur God self ingestel is.

Die hele Bybel vertel ons die verhaal van die Almag van God, en Sy belofte van die Verosser (“Dit was immers gepas dat Hy, vir en deur wie alles bestaan, ten einde baie kinders tot heerlikheid te lei, die Leidsman van hulle verlossing deur lyding tot volmaaktheid sou bring.” (Heb. 2: 10)), wat sou kom; en ook uiteindelik gekom het (“Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat, sodat julle in sy voetspore kan volg. Hy wat “nie sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie, maar Homself toevertrou het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam aan die kruishout gedra het, sodat ons, noudat ons ons sondes afgesterf het, vir geregtigheid kan leef – Hy deur wie se verwonding julle genees is.” (1 Pet. 2: 21-24)).

Christus het, as Leidsman, self vir ons kom wys hoe ons moet lewe , hoe om op te tree, watter eienskappe om toe te laat in ‘n mens se bestaan (“Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soor dinge is daar nie ‘n wet nie.” (Gal. 5: 22-23)), en te besef dat dit alles uit genade aan ons geskenk is. Ons kan aan niks voldoen sonder die totale oorgee van onsself nie (“Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand My wil volg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg; want wie sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit red.” (Luk. 9: 23-24); (“Toe het Jesus vir sy dissipels gesê: “As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (Matt. 16: 24)). Ons moet vra vir die leiding van die Heilige Gees (“As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!” (Luk 11: 13)), wat God se geskenk aan ons is (“Volg dan die voorbeeld van God as geliefde kinders, en leef in liefde, net soos Christus ons liefgehad het, en Homself ter wille van ons oorgegee het as offergawe aan God, as ‘n offerhande met ‘n aangename geur.” (Eff. 5: 1-2)).

Wie anders kan die ware en enigste Leidsman wees, as die Een van wie daar jare vooruit voorspel is, en wat dit alles as waar en eg bewys het (“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die goeie boodskap aan arm mense te verkondig. Hy het My gestuur om vir gevangenis aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word, en vir blindes dat hulle weer sal sien, om onderdruktes te bevry, en om die genadejaar van die Here aan te kondig.” (Luk. 4: 18-19); (“Die Gees van my Heer, die Here is op my, omdat die Here my gesalf het. Hy het my gestuur om ‘n goeie boodskap te bring aan magteloses, om dié met gebroke harte se wonde te verbind, om dié wat weggevoer is se vrylating aan te kondig en bevryding vir dié wat geboei is, om die genadejaar van die Here aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos,…” (Jes. 61: 1-2)).

Stof tot nadenke: Waarmee is ons besig?

Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.

Matt. 5: 16

Ons hou ons besig met allerlei dinge vir die kerk, in die kerk en om die kerk. Doen ons dit uit geloof en omdat dit die begeerte van ons hart is, daartoe gedring deur die Heillige Gees? Of doen ons dit om deur mense gesien en bewonder te word? Salomo wys ons duidelik daaroop dat ons nie self moet roem op wat ons doen nie (“Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Laat ‘n vreemde jou prys, en nie jou eie mond nie, ‘n buitestander, en nie jou eie lippe nie.” (Spr. 27: 1-2)). Is dit vir ons so belangrik om erkenning te kry vir dit wat ons hier op aarde vermag, dat ons vergeet dat ons eintlik net hier is om God te verheerlik? Dat daar nie so ‘n verskoning is dat mens nie tyd het om dit wat jy vir God doen, goed moet doen nie. Jammer dit is al weer my ma se motto, “As ‘n ding die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om dit goed te doen”. Daar is sekerlik baie van ons wat dit in alle opregtheid doen” (“Daarom dan, julle moet ontsag hê vir die Here; dien Hom met opregtheid en getrouheid.” (Jos. 24: 14)). Terwyl ander graag kritiseer (“Moenie op die oog af oordeel nie, maar oordeel regverdig.” (Joh. 7: 24); “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees . Maar as jou oog boos is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou donker is, hoe groot is die duisternis nie!” (Matt. 6: 22-23)).

Elkeen van ons moet ons daagliks weer herinner daaraan dat ons eie manier, nie noodwendig die enigste manier is om iets te doen nie (“Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie. En al oordeel Ek, is my oordeel geloofwaardig, omdat dit nie Ek alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het.” (Joh. 8: 15-16)). Dit het werk met die rekenaar my geleer. Daar is ten minste drie verskillende maniere om by dieselfde uitkoms te kom. Laat ons dus leer om verdraagsaam te wees vir die manier wat ‘n ander iets doen (“Ons verdra eerder alles, sodat ons geen hindernis vir die evangelie van Christus veroorsaak nie.” (1 Kor. 9: 12); (“…deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld en liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede -” (Eff. 4: 2-3)). Laat ons nie verval in eie hooghartigheid en eiewaan nie. Laat ons nederig wees soos Christus ons kom wys het om te wees.

Ons moet daagliks besef dat elkeen van ons verskillend is (“Soek die Here en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op.” (1 Kron. 16: 11)), en ons kan nie met mekaar vergelyk word nie. God het vir elkeen van ons verskillende gawes gegee, om Hom te verheerlik (“My krag en sterkte is die Here, en Hy was my redding. Hy is my God, en Hom sal ek vereer, die God van my Vader, en Hom sal ek verheerlik.” (Eks. 15: 2)), elkeen op ons eie manier. Ons moet baie versigtig wees om vergelykings te tref tussen verskillende take wat mense doen! Vir God is die opregte benadering tot wat ons doen belangrik. Dis iets wat ons nie vir Hom kan wegsteek nie. Hy ken ons van geboorte af. Hy verstaan ons innerlike pyn, seerkry en opregtheid. Laat ons dus God aanbid wat alles vir ons moontlik gemaak het (“Ek, Johannes, is die een wat hierdie dinge gehoor en gesien het. Toe ek dit gehoor en gesien het, het ek in aanbidding neergeval aan die voete van die engel wat hierdie dinge aan my gewys het. Maar hy het vir my gesê: “Moet dit nie doen nie! Ek is net ‘n dienskneg saam met jou en jou broers, die profete, en saam met diegene wat vashou aan die woorde van hierdie boekrol. Aanbid God!” (Open. 22: 8-9)).

Wat Christus vir ons gedoen het, meer uitmuntend as wat enige van ons mense dit sou kon doen, moet ‘n innige dankbaarheid in ons wek, sodat ons alles wat ons doen, eet, drink, kuier, alledaagse lewe, bybelstudie, lees, sing, werk, skep, en so kan ons voortgaan, tot eer en verheerliking van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees moet doen (“Jy moet die Here jou God met hart en siel liefhê en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op die hart dra.” (Deut. 6: 5-6)). Laat ons besig wees met begrip en ander mense aanvaar soos wat hulle deur God begenadig is. Laat ons ons besig hou met die liefde van Christus in ons alledaagse lewe, sodat woorde nie nodig sou wees om dit uit te dra nie. Ons moet ook elke dag besef dat ons dit nie self kan vermag nie, want by die mens is dit nie moontlik nie (“Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit nie moontlik nie, maar by God is alles moontlik.”” (Matt. 19: 26)).

Stof tot nadenke: “Wanneer om te luister?”

Ek sê vir julle: Wie nie by die hek van die kraal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim – daardie man is ‘n dief en rower. Maar hy wat by die hek ingaan, is ‘n herder van die skape; vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit.”

Joh. 10: 1-3

In hierdie wêreld wat ons leef, is daar so baie stemme en afleidings, dat dit soms regtig moeilik is om te weet wanneer moet ons luister, en wanneer om liewer ‘n dowe oor te gooi, op al die gepraat, waarmee ons elke dag te doen kry. Tog verduidelik Jesus Christus dit so mooi in Joh. 10: 1-3. Wanneer die stemme nie deur die hek van die Woord van God kom nie, is dit diewe en rowers wat probeer inkom, om van God se skape te steel. Ons kan seker weet dat God ons by name ken, en Hom alleen moet ons volg (“Wanneer hy al sy skape uitgelei het, gaan hy voor hulle uit, en hulle volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van vreemdes nie ken nie.“” (Joh. 10: 4-5)), want by God is daar nie duisternis nie, en het niks nodig om in duisternis plaas te vind nie (“Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” (1 Joh. 1:5)).

Dit is duidelik dat mense wat God nie ken nie, nie na sy stem sal luister nie (“Maar die farao het gesê: “Wie is die Here, dat ek na sy stem moet luister om Israel te laat gaan? Ek ken nie die Here nie, en Israel sal ek ook nie laat gaan nie.” (Eks. 5: 2); (“Die pad van ‘n sot is reg in sy eie oë, maar ‘n wyse luister na raad. ‘n Sot laat dadelik sy misnoeë blyk, maar ‘n slim mens sien belediging oor die hoof. ‘n Betroubare getuie bring na vore wat reg is, maar ‘n vals getuie net wat bedrieglik is.” (Spr. 12: 15-17); (“Dit is beter om te luister na die vermaning van ‘n wyse, as wanneer iemand luister na die lied van dwase. Want soos die geknetter van doringtakke onder ‘n pot, so is die gelag van ‘n dwaas.” (Pred. 7: 5-6)), en daarom ook nie gehoor gee aan wat God van ons verwag nie. Hulle besef nie dat die hele aarde aan God behoort nie, en verstaan nie Sy almag nie (“As julle dan nou getrou luister na my stem en my verbond nakom, dan sal julle onder al die volke my persoonlike eiendom wees, al behoort die hele aarde aan My.” (Eks. 19: 5); (“Luister na die woord van die Here, gesagvoerders van Sodom! Gee aandag aan die wet van ons God, mense van Gomorra!” (Jes. 1: 10)).

Die Bybel gee ons duidelike riglyne oor wanneer ons moet luister, en na wie (“As julle goed luister na my gebooie wat ek vandag vir julle voorskryf, naamlik om die Here julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en julle hele wese,…” (Deut. 11: 13); (“Jy moet na die stem van die Here jou God luister en sy gebooie en sy vaste voorskrifte wat ek vir jou voorskryf, uitvoer.” (Deut. 27: 10); (“As jy dan luister na alles wat Ek jou beveel, my paaie volg en doen wat reeg is in my oë deur my vaste voorskrifte en gebooie na te kom, soos my dienskneg Dawid gedoen het, sal Ek met jou wees en vir jou ‘n bestendige huis bou, soos ek dit vir Dawid gebou het. Ek sal Israel vir jou gee.” (1 Kon. 11: 38)). Ons word ook gemaan om onpartydig na mindere en meerder, volgens aardse maatstawe, te luister (“Moenie partydig wees in ‘n regspraak nie. Luister na die onbelangrike persoon soos julle na die belangrike persoon sou luister. Moet julle nie deur ‘n mens laat afdreig nie, want die regspraak is ‘n saak van God. ‘n Saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, dan sal ek dit verhoor.’” (Deut. 1: 17)).

Wanneer ons na God se stem luister in stil verootmoediging en deur te luister na die Woord, deur die Bybel te bestudeer, sal ons weet wat is belangrik in hierdie aardse bestaan, en wat is nie belangrik nie (“Waarom weeg julle silwer af vir wat nie brood is nie, en bestee julle moeitevolle arbeid aan wat nie versadig nie? As julle aandagtig na My luister, sal julle eet wat goed is, sal julle julle aan ryk kos verlustig.” (Jes. 55: 2)). Laat ons dus na die stem van God luister en dit gehoorsaam, sodat ons saam met Jesus Christus (“Daar kom toe ‘n stem uit die wolk wat sê: “Dit is my Seun, die Uitverkorene. Luister na Hom.” (Luk 9: 35)) familie kan wees van God die Vader (“Maar Jesus antwoord hulle: “Wie na die woord van God luister en dit gehoorsaam, hulle is my moeder en my broers.” (Luk. 8: 21)). Sodat ons seker kan wees dat ons huis op die vaste Rots gebou is (“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos ‘n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het.” (Matt. 7: 24)), en dat ons seker kan weet dat ons deel van God se volk is (“…‘Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees! Loop die hele pad wat Ek julle beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.’ ” (Jer. 7: 23)).

Ons moet seker maak dat ons met ‘n geoefende oor luister, sodat ons die Herder se stem sal ken, en kan onderskei wanneer dit nie die Herder is wat ons roep nie (“Let daarom op hoe julle luister. Wie het, aan hom sal gegee word. En wie nie het nie, van hom sal selfs dit wat hy dink hy het, weggeneem word.” (Luk. 8: 18); (“Hy wat uit God is, luister na die woorde van God. Dit is waarom julle nie luister nie, omdat julle nie uit God is nie.” (Joh. 8: 47)). Weet dat indien jou lewe op die Waarheid gebaseer is, jy na God se stem luister (“…Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem.” (Joh. 18: 37); (“Petrus en Johannes het egter geantwoord en gesê: “ Of dit reg is voor God om eerder na julle te luister as na God, moet julle self oordeel; want ons kan nie swyg oor wat ons gesien en gehoor het nie. “” (Hand. 4: 19)). Ons menslike handelinge wys duidelik of ons volgelinge van Jesus Christus is, of nie (“Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word. Want die woede van ‘n mens bewerk nie geregtigheid voor God nie.” (Jak. 1: 19-20)).

Stof tot nadenke: Vertoonvenster van God se Almag

In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef, en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.

Gen. 1: 1-3

Ons as Christene glo in die skeppings-’teorie’. Daar kan tog sekerlik nie eens ‘n stoel wees om op te sit, of ‘n tafel om by te eet, indien iemand nie die skeppingsdrang beleef, beplan en uitgevoer het nie. Hoe is dit dan vir mense moeilik om te begryp dat die perfeksie van die natuur, die dag en nag rotering van die aarde, die sonnestelsels, natuur se siklusse en die menslike liggaam, sonder enige twyfel, deur ‘n almagtige God geskep is. Nie eers die klere wat ons dra, die kos wat ons op ons borde opdis en die tegnologiese ontwikkellings van hierdie wêreld kan daar wees sonder ‘n skeppings drang, beplanning, en die uitvoer daarvan nie.

Hoe is dit dan so moeilik vir wetenskaplikes om te begryp dat al hulle navorsing, na die oorsprong van alles; slegs die soeke is na hoe God hierdie ongelooflike en asemrowende heelal, met alles wat daarop leef; binne-in die perfekte geskepte niches vir elke spesie, geskep het en laat werk, deur al die eeue van die aarde se bestaan heen (“God het gesê: “Laat daar ‘n gewelf wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen water en water. God het die gewelf gemaak, en Hy het die water wat onder die gewelf was, geskei van die water wat bo die gewelf was. Dit het so gebeur. God het die gewelf hemel genoem. En dit was aand en dit was oggend – die tweede dag.” (Gen. 1: 6-8)). Die werking van die natuur en die siklusse van dag en nag, seisoene, die weerstelsel en alles wat daarmee gepaard gaan, is in fyn balans beplan, geskep en word nog steeds daagliks so onderhou.Ons kan nie anders as om in verwondering te staan wanneer ons al die intrinsieke samestellings, en samewerking van organismes in elkeen se habitat waarneem nie (“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewasse wat saad gee, bome wat op land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin saad is.” Dit het so gebeur. Die land het toe groen plante voortgebring, gewasse wat saad gee volgens elkeen se aard, en bome wat vrugte dra waarin hulle saad is, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.” (Gen. 1: 11-12); (“God het gesê: “Laat die water wemel met lewende wesens, en laat voëls oor die aarde vlieg langs die hemelgewelf. God het volgens hulle aard die groot seediere geskep en al die lewende wesens wat rondbeweeg, waarvan die water wemel, en alle vlieënde voëls, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.” (Gen. 1: 20-21); (“God het gesê: “Laat die land lewende wesens voortbring volgens elkeen se aard: mak diere, kruipende diere en wilde diere van die land, volgens elkeen se aard.” Dit het toe so gebeur. God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens elkeen se aard, en al die diere wat op die grond kruip volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.” (Gen. 1: 24-25)). Die liefde en versorging van die natuur se ouers van hulle kleingoed, is iets om na te streef in die mens se bestaan.

Dan besef ons dat deur ons skepping na die beeld van God, dalk ook dui op die skeppingsdrang wat in menige van ons skuil. Dit alles is vir ons die vertoonvenster van God se Almag. Hy wat nadat Hy ons geskep het (“God het die mens geskep na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskep, manlik en vroulik het Hy hulle geskep.” (Gen. 1: 27)) ons so lief gehad het dat Hy sy eie unieke Seun gestuur het (“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seungegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, …” (Joh. 3: 16-17)), sodat ons nie verlore sal gaan nie, maar dat ons in Sy Liefde kan leef, deur Jesus Christus as Verlosser aan te neem. Dan kan ons ook seker weet dat die Heilige Gees ook vir ons as Trooster sal lei in hierdie, soms bitter moeilike omstandighede (“Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur. Hy sal julle in alles onderrig en julle herinner wat Ek vir julle gesê het. Vrede laat Ek julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld word en bang wees nie.” (Joh. 14: 26-27)).

Stof tot nadenke: Die Lig in ons lewe

Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.”

Joh. 8: 12

Wanneer ons kyk gefokus is op hierdie wêreld en al sy aktiwiteite, is dit so moeilik om hoop te hê vir die toekoms. Die oorloê, gerugte van oorloë en siektes en misdaad van hierdie wêreld skep vir ons ‘n baie duister prentjie, en kan ons so maklik in hopelose moedeloosheid laat verval. Dis wanneer ons soms so maklik luister na die praatjies en afleidings van hierdie wêreld, waar die duisternis alles in sy vermoë doen om ons te oorval met hulle niksseggende redenasies en onvrugbare werke, wat uiteindelik uitloop op niks (“Laat niemand julle verlei met niksseggende redenasies nie, want daardeur kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. Moet dus nie deel van hulle wees nie. Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here is julle lig. Leef as kinders van die lig!” (Eff. 5: 7-8)).

In hierdie tyd wat ons in afwagting is vir die Christusfees herinnering, kan ons weereens besef dat ons nie sonder hoop hoef te leef nie, want die lig van die wêreld, en van ons lewens, het reeds meer as tweeduisend jaar gelede gekom en het die Lig gebring, en daarmee saam die hoop wat ons nodig het om in die donker aardse tye te oorleef, soos Christus Jesus ons in sy eie woorde beloof na die vraag of die blinde man of sy ouers gesondig het? (“Jesus het geantwoord: “Nóg hy, nóg sy ouers het gesondig; maar dit het gebeur sodat die dade van God in hom geopenbaar kan word. Ons moet die dade doen van Hom wat My gestuur het terwyl dit nog dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. So lank as wat Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.”” (Joh. 9: 3-5)). Johannes maak dit vir ons baie duidelik in sy inledende hoofstuk dat Jesus die lig is vir die wêreld en na Sy eiendom gekom het (“Die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en tog het die wêreld Hom nie erken nie. Maar aan almal wat Hom aanvaar het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word – Hulle wat in sy Naam glo. Hulle is nie uit bloed nie, ook nie uit liggaamlike drang nie, ook nie uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore. En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.” (Joh. 1: 9-14)).

Daardie klein unieke seuntjie wat in Bethlehem gebore is, op daardie stil nag, het as die Lig van hierdie wêreld gekom om ons te kom red, en dit kan nie uitgedoof word nie (“In Hom was lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. En die lig skyn in die duisternis , en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” (Joh. 1: 4-5); (“Jesus het uitgeroep en gesê: “Wie in My glo, glo nie in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het! En wie My sien, sien Hom wat My gestuur het. Ek het as ‘n lig na die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.”” (Joh. 12: 44-46)). Ons kan dus die Christus fees met vreugde in die herinnering vier, want dit was ‘n daad wat dit vir elkeen van ons moontlik gemaak het om eendag saam met God te kan leef. Dit is deur hierdie gebeure dat dit vir ons moontlik is om in geloof en deur die genade van God self na Hom toe te kan gaan (“Maar wie volgens die waarheid leef, kom na die lig, sodat sy dade bekend kan word, dat hulle in God gedoen is.” (Joh 3: 21); (“Ons verkondig immers nie onsself nie, maar Jesus Christus as Here, en onsself as julle diensknegte, ter wille van Jesus. Want God wat gesê het, “Laat daar uit die duisternis lig skyn,” dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus . Hierdie skat het ons in kleipotte, sodat die buitengewone krag duidelik van God kom en nie van ons nie.” (2 Kor. 4: 5-7)).

Laat ons dus ons wapenrusting van die lig aantrek (“Die nag het reeds ver gevorder; dit is amper dag. Kom ons doen dan afstand van die praktyke van die duisternis en trek die wapenrusting van die lig aan.” (Rom. 14: 12)), en die vrug van die Heilige Gees deel van ons daaglikse bestaan maak (“Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en geregtigheid en waarheid. Beproef wat vir die Here aanneemlik is. Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie, stel dit eerder aan die kaak.” (Eff. 5: 9-11)). Ons moet besef dat God lig is en geen duisternis in Hom is nie (“Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” (1 Joh. 1: 5)).

Mag elkeen, wat ‘n kind van God is, ‘n Geseënde en naby God ervaring in hierdie tyd beleef!

Stof tot nadenke: Herinneringe van Christus

Stof tot nadenke

Daarom sal die Heer self vir julle ‘n teken gee; Kyk, die jongvrou is swanger, en gaan ‘n seun in die wêreld bring. Sy sal hom Immanuel noem.

Jes. 7: 14

Ons is in die adventstyd vir die Christus fees. Reeds meer as twee eeue weet ons dat Jesus Christus na ons gekom het as die Immanuel, wat reeds lank te vore deur Jesaja aan Israel bekend gemaak is. Watter uitstaande herinneringe het elkeen van ons van hierdie mens wat die wêreld vir ewig kom verander het, om vir ons redding te bring? Dis wanneer ons hierdie reddende genade van God ons eie gemaak het, dat ons begin soek na ‘n beter begrip van Jesus Christus se bestaan. Ons wonder hoe ons hierdie mens navolg, te midde van soms moeilike omstandighede, in ‘n wêreld wat alles in hulle vermoë doen om die beeld van Christus in ons gemoedere te verdraai.

Hierdie seuntjie is deur die Heilige Gees verwek in die maagd, Maria, nadat die engel Gabriël haar verwittig het van die vooruitsigte (“Die engel het na haar gegaan en vir haar gesê: “Gegroet, begenadigde vrou! Die Here is met jou”. Sy was verward oor die woorde en het gewonder wat hierdie groet tog kon beteken. Die engel het vir haar gesê; Moenie bang wees nie Maria, want jy het genade by God gevind. Kyk, jy sal swanger word en aan ‘n seun geboorte skenk. Jy moet hom Jesus noem.” (Luk. 1: 28-31)). Sy koms is raakgesien deur sterrekykers en skaapwagters is in verwondering gelaat deur die aankondiging van die engele (“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here.” (Luk. 2: 11)). Hy is gebore in die nederige omstandighede van ‘n stal. In die proses het die die woede van Herodus opgevlam, omdat hy nie onttroon wou word nie, en Josef, Maria en die babaseuntjie, Jesus, moes vlug vir hulle lewens. Hy het dus sy eerste jaar in die vreemde deurgebring (Matt. 2). Eers na Herodus se dood kon hulle terugkeer, maar steeds nie na die geboorte dorp, Bethlehem nie, maar na Nasaret in die landstreek, Galilea (Matt. 2: 23).

Sy ouers was wetsgetroue mense en het die wette van Moses noukeurig gevolg. Jesus is besny (“Na afloop van agt dae moes die Kindjie besny word.” (Luk. 2: 21)), hy is as eersteling seun in die tempel aan die Here gewy deur offerhande (“Soos in die wet van die Here geskryf staan: “Elke eerstelingseun wat gebore word, moet aan die Here gewy word. ” (Luk. 2: 23)). Die woorde van die Gees gevulde man, Simeon, by die tempel, nadat hy Jesus in sy arms geneem het, het vir Josef en Maria in verwondering gelaat (“Nou, Here, kan U u dienskneg in vrede laat sterf, soos U gesê het. My oë het inderdaad u verlossing gesien, wat U ten aanskoue van al die volke bewerk het, ‘n lig wat vir die nasies tot openbaring dien, en eer aan u volk Israel.” Sy vader en moeder was verstom oor die dinge wat oor Hom gesê is. Simeon het hulle geseën en vir Maria sy moeder, gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem vir die val en opstaan van baie mense in Israel, as ‘n teken wat betwis word, sodat die bedoelinge van baie mense aan die lig kan kom. En wat jou betref, ‘n swaard sal deur jou siel gaan.”” (Luk 2: 29-35)). Dit moes voorwaar ‘n swaard deur haar siel gewees het, toe sy Hom aan die kruishout sien hang het (“Toe Jesus sy moeder sien, asook die dissipel vir wie Hy lief was, wat by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, kyk daar is u seun!” Daarna sê Hy vir die dissipel: “Kyk daar is jou moeder!” En van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.” (Joh. 19: 26-27)), en geweet het het dat Hy selfs in sy doodsure aan haar hartseer gedink het.

Die gereelde jaarlikse Pasga is getrou deur Jesus Christus se ouers bygewoon in Jerusalem, en dis hier waar Hy op twaalfjarige ouderdom, sonder sy ouers se medewete, agtergebly het. Hulle het hom eers dae later gevind. As ouer, kan mens jou die angs voorstel wat deur Josef en Maria se gemoed ere gegaan het. Hulle het Hom in die tempel gevind tussen die leermeesters. Daar het hy geluister en vrae gevra. Hier is daar herinneringe gelaat van Sy insig en Sy antwoorde (“Ná drie dae het hulle Hom op die tempelterrein gekry, waar Hy tussen die leermeesters sit en luister en hulle uitvrae. Almal wat na Hom geluister het, was verstom oor sy insig en sy antwoorde. ” (Luk 2: 46-47)). Sy antwoord op sy ouers se angstigheid is die bekende antwoord “Waarom het julle na My gesoek? Het julle nie geweet dat Ek met die dinge van my Vader besig moet wees nie?” (Luk. 2: 49). Tog het Hy saam terug gegaan en was aan hulle gehoorsaam.

In Lukas 2: 52 kry ons ‘n klein blik op die jong Jesus (“Jesus het steeds wyser en al hoe meer volwasse geword en toegeneem in guns by God en onder die mense.”). Hy was dus ‘n geliefde onder die mense. Mens staan ook in verwondering by die eerste roeping van die dissipels, langs die see van Galilea. Hy moes ‘n oortuigende en aanneemlike persoonlikheid gehad het, as mense hulle aardse lewe net so kan los en in Sy voetspore volg, om eerder ‘vissers van mense’ te word (“Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word. Hulle het onmiddelik hulle nette gelos en Hom gevolg.” (Mark. 1: 17-18)). Waar Jesus Christus, die Immanuel, ookal beweeg het en gepraat het, het die mense in verwondering gestaan en luister.

Van hier af is die herinneringe aan die werk van Jesus Christus legio, genesings, uitdryf van bose geeste, opwekking van afgestorwenes, begrip en leiding van mense en hulle seer in hierdie wêreld; tot so ‘n mate dat elkeen wat deur Hom geroep word, nie nee kan antwoord nie. Die Seun wat deur die genade van die Vader, mens kom word het, sodat ons die ewige lewe kan beleef, sou ons die regte keuse maak. Ook het Hy ons nie alleen gelaat toe hy opgevaar het nie. Die Heilige Gees was gestuur om Sy werk aan te voor in mense se lewens as Hulp, Trooster en Leidinggewer in moeilike omstandighede en te alle tye.

Die herinneringe aan wat Jesus Christus vir elkeen van ons kom doen het hier op aarde, is die herinnering wat elkeen van ons, wat in Hom glo, sal bybly en elke jaar weereens laat uitsien na die herinnering aan Sy geboorte.

Stof tot nadenke: ons Kragbron

Weet jy dit nie? Het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie – ondeurgrondelik is sy insig. Dit is Hy wat vermoeides krag gee, wat lewenskrag vermeerder vir dié wat geen vermoëns het nie. Jong seuns word moeg en raak afgemat; jong manne struikel en val. Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie moeg nie.

Jes. 40: 28-31

Hier in Suid Afrika weet ons maar te goed hoe maklik ons sonder eletriese krag gelaat word. Tans gaan dit beter, maar daar was ‘n tyd wat die tekort aan krag ‘n daaglikse realiteit was, en het ons soms moedeloos gelaat. Krag sentrales wat breek, nie gereeld genoeg onderhou word nie, of wat net eenvoudig nie meer die aanvraag aan krag kan voorsien nie. Dit laat ons dikwels afgemat en moedeloos voel, soos die jong seuns wat in Jesaja 40 genoem word. Daar is egter ‘n permanente en ewige kragbron, wat nooit uitgeput of afgemat raak nie.

Jesaja gee ons egter die antwoord in Jes. 40. Hy kan nie verstaan dat almal nie weet of gehoor het nie! Dat die Ewige God en Skepper nie moeg en afgemat word nie. Dit is by Hom wat krag is, wat Hy mildelik uitdeel aan mense wat dit nodig het. Job het deur al sy moeilike omstandighede, vas bly glo aan die krag van God (“As dit oor krag gaan – Hy is die Sterke! As dit oor reg gaan, sê Hy, ‘Wie kan My dagvaar?’“ (Job 9: 16); (“By God is wysheid en krag; aan Hom behoort raad en insig. ” (Job 12: 13)). Ook Dawid het vasgehou aan die wete dat sy krag van God kom, en herinner ons telkemale daaraan (“U omgord my met krag vir die geveg; U laat my teenstanders die knie voor my buig. ” (Ps. 18: 40); (“U, Here, moet tog nie ver van my bly nie; my bron van krag, kom my gou te hulp.” (Ps. 22: 20); (“Die Here is my krag en my skild; op Hom vertrou my hart. Ja, ek het hulp ontvang en my hart jubel, met my lied wil ek Hom prys:” (Ps. 28: 7); (“Een saak het God bevestig, twee, wat ek gehoor het: Krag is by God:” (Ps. 62: 12)).

In die Nuwe Testament is daar ook verskeie van die dissipels wat na die krag van God verwys, en wat dit vir ons aangeteken het. Petrus wys ons daarop dat God deur Sy krag alles aan ons gegee het (“Sy goddelike krag het ons immers reeds alles gegee wat ons nodig het vir ‘n godvresende lewe, deur die kennis van Hom wat ons deur sy majesteit en goddelike krag geroep het.” (2 Pet. 1: 3)). Deur die briewe van Paulus, Silvanus en Timoteus aan die Thessalonisense word die kragbron genoem (“…want ons evangelie het nie alleen deur die woord nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en in volle versekering na julle gekom.” (1 Thes. 1: 5)). Timoteus wat aandui dat ons deur die krag van God en die Heilige Gees in liefde en selfbeheersing kan leef (“God het ons tog nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Maar dra jou deel van die lyding vir die evangelie deur middel van die krag van God.” (2 Tim. 1: 7-8)). Judas stel dit ook so goed. (“Aan Hom wat die mag het om julle daarvan te bewaar dat julle struikel, en om julle onberispelik en jubelend voor sy heerlikheid te stel, aan die enigste God ons Verlosser, deur Jesus Christus ons Here, behoort die heerlikheid, majesteit, krag en mag – van voor alle tye, en ook nou, en tot in alle ewigheid. Amen.” (Jud 1: 24 – 25)).

Ons kan dus verseker weet dat ons nie uit onsself tot enigiets n staat is, wat die moeite werd is nie, maar alleen deur die krag wat God genadiglik aan ons skenk (“Daarvoor span ek my ook in, terwyl ek die worstelstryd voer, in ooreenstemming met sy krag, wat met mag in my werk.” (Kol. 1: 29)). Dit alles omdat God, die Vader ons so lief gehad het dat Hy sy enigste seun vir ons as Verlosser gegee het, en ook die Heilige Gees vir ons gestuur het om ons krag te wees (“Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het.” (Kol. 2: 12)). Dit is vir ons moontlik as God ons skild en skuilplek is (“God is vir ons ‘n skuilplek en ‘n bron van krag; as hulp in benoudheid is Hy altyd te vinde. Daarom sal ons nie bang wees wanneer die aarde skud, en die berge wankel in die hart van die see nie.” (Ps. 46: 2-3)). Ons sal weet dat ons tot alles in staat is deur Hom wat ons krag gee (“Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. ” (Fil. 3: 21)), wanneer ons, ons krag in God vind (“Ten slotte: Vind jou sterkte in die Here en in sy geweldige krag.”(Ef. 6: 10); (“Maar Hy het vir my gesê: “My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Daarom sal ek my baie liewer op my swakhede beroem, sodat Christus se krag my kan beskut.” (2 Kor. 12: 9)).

Laat ons dus elke dag bid soos Jesaja dat God elke dag ons krag sal wees (“Here, wees ons genadig! Op U wag ons. Wees elke oggend ons krag, ja, ons verlossing in ‘n tyd van nood.” (Jes. 33: 2)). Dan sal ons ook elke aand soos die Psalmdigter kan sê dat God ons krag is (“My krag en sterkte was die Here; Hy het my tot hulp gekom.” (Ps 118: 14)).

Stof tot nadenke: Reg vir die Wederkoms?

Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.

Joh. 14: 18

Ons vier so gereeld elke jaar Jesus Christus se eerste koms, soos ons ook weer op die oomblik doen. Dis ‘n wonderlike tyd van feesvier, geskenke uitdeel, en tot die besef kom dat Jesus Christus dit alles vir ons as mense gedoen het omdat God die Vader ons so lief gehad het (“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.” (Joh. 3: 16-17)). Maar besef ons dat ons ons moet reghou vir die wederkoms? Christus se geboorte het reeds oor die tweeduisend jaar gelede plaasgevind. Jesus Christus gee ons egter die versekering dat Hy weer na ons sal terugkeer (“Julle het gehoor dat EK gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader gaan, omdat die Vader groter as Ek is.” (Joh. 14: 28)).

Daar is dus geen twyfel dat Jesus Christus weer gaan kom nie. Ook Jakobus verwys daarna, en maan ons om geduldig te wees, en nie verkeerde dinge te doen nie (“Wees geduldig, broers, tot met die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag met geduld op die waardevolle opbrengs van die aarde, tot die vroeë en laat reëns geval het. Wees dan geduldig, staal julle harte, want die wederkoms van die Here is naby. Moenie oor mekaar kla nie, broers, sodat julle nie geoordeel word nie. Kyk, die regter staan voor die deur.” (Jak. 5: 7-9)).Daar is ook verwysings na wat alles hier op aarde aan die gebeur sal wees, wanneer die eindtyd nader kom (“Baie vals profete sal verskyn en hulle sal mense mislei. En omdat wetteloosheid sal toeneem, sal baie se liefde afkoel. Wie egter volhard tot aan die einde, dié sal verlos word. Hierdie evangelie van die koninkryk sal oor die hele wêreld verkondig word as getuienis vir al die nasies. En dan sal die einde kom.” (Matt. 24: 11-14)).

Ons word gemaan om gereed te wees, maar is ons reg vir hierdie grootste gebeurtenis? (“Daarom moet julle gereed wees, want die Seun van die Mens kom op ‘n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.” (Matt. 24: 44)). Dit gaan gebeur wanneer ons dit nie verwag nie. Ons moet dus elke dag gereed wees vir Jesus Cristus se wederkoms, te midde van moontlike haat en nyd van die wêreld se kant (“Julle sal ook deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Daar sal beslis geen haar van julle koppe val nie. Red julle lewens deur te volhard.” (Luk. 21: 17-18)). Ons moet volhard in geloof. Ons moet nie twyfel nie en ons elke dag in verootmoediging voor God plaas, want die tyd van die wederkoms is nie vir ons om te weet nie (“Toe hulle bymekaar was, het hulle Hom gevra: “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?” Maar Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tye en spesifieke geleenthede te ken wat die Vader in sy eie mag bepaal nie.”” (Hand. 1: 6-7)). Ook Openbaring wys ons daarop dat die wederkoms onverwags sal wees (“”Kyk, Ek kom soos ‘n dief! Gelukkig is die een wat wakker bly en sy klere byderhand hou, sodat hy nie naak loop, en die mense sy skaamte sien nie.”” (Open. 16: 15)).

Ons moet gedurig bedag wees op die vals profete wat hulle sal voordoen as Jesus Christus, maar volgens Matteus sal daar geen twyfel wees, in die hele wêreld, wanneer die werklike wederkoms van Jesus Christus is nie (“Onmiddelik na die verdrukking van daardie dae “sal die son verduister word, en die maan sal sy lig nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.’ Dan sal die teken van die Seun van die mens aan die hemelruim verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rouklaag, en hulle sal die Seun van die Mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en groot heerlikheid. Hy sal sy engele stuur met luide trompetgeskal, en hulle sal sy uitverkorenes uit die vier windrigtings versamel, van die een uithoek van die hemele tot by die ander.”” (Matt. 24: 29-31)).

Laat ons dus volhard in die geloof en as kinders ons laat lei deur God die Vader, die Seun en die Heilige Gees. (“En nou, kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn, en nie met sy wederkoms deur Hom in die skande gestel word nie. As julle weet dat Hy regverdig is, weet julle ook dat elkeen wat doen wat reg is, uit Hom gebore is.” (1 Joh. 2: 28-29)). Laat ons in nederigheid en verwondering leef oor die grootsheid en almag van die Alfa en die Omega, wat in die nuwe Jerusalem vir ons van lewende water sal laat drink (“Hy wat op die troon sit, het gesê: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En Hy het ook gesê: “Skryf neer dat hierdie woorde betroubaar en waar is. Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel! Ek is die Afa en die Omega, die Begin en die Einde. Dié wat dors is, sal Ek laat drink uit die fontein van lewegewende water – verniet! Wie oorwin, sal hierdie dinge beëerf, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. Maar vir die lafhartiges, ongelowiges, losbandiges, moordenaars, hoereerders, towenaars, afgodedienaars en al die leuenaars – hulle deel is die brandende poel van vuur en swael; dit is die tweede dood.”” (Open. 21: 5-8)). Mag ons as oorwinnaars volhard en die stryd voltooi, nie uit eie krag nie, maar in totale afhanklikheid van die genade van God!

Stof tot nadenke: Waardering en Oordeel…

Verder, laat die vrede van Christus in julle harte reegeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. En wat julle ook al doen, in woord of dad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader dank. ”
Kol. 3: 15-17

Waardering is ‘n eerlike vorm van dank betoon, vir dit wat jou werklik intens roer. Menige van ons het al die ervaring van vreugde beleef wanneer iemand met ‘n opregte hart waardering toon vir iets wat jy gedoen het. Dit maak enige moeite wat moontlik gepaard gegaan het met waarvoor jy bedank word, dubbel en dwars die moeite werd. Dit moet natuurlik nie die motief wees om enigiets te doen nie. Die begeerte om iets te doen vir ander, moet ‘n intense drang binne-in jou wees, wat jy nie kan erkentlikheid verwag nie, selfs al vind mens plesier daarin wanneer daar waardering is, vir enige nietige en geringe of groot en sigbare daad wat jy gedoen het. Wanneer ‘n mens in die Christelike geloof leef, weet ons dat dit die Heilige Gees is wat ons dring om die regte en goeie dinge te doen, soos Johannes die Doper wat reeds van voor sy geboorte met die Heilige Gees gevul was (“Inderdaad, hy sal groot wees in die oq van die Here. Hy sal glad nie wyn drink nie, en hy sal reeds van voor sy geboorte af met die Heilige Gees verul wees.” (Luk. 1: 15)). Ons kan dus geen erkentlikheid vir dit wat ons doen, goeds moeds, net vir onsself toe-eien nie.

Ons moet dus in opregte waardering leef vir dit wat Jesus Christus vir ons hier op aarde kom moontlik maak. Ons moet nie een jota of titel afwyk van die leer van Jesus Christus nie (“Aangesien julle dus CHristus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid. Pasop dat niemand julle meevoer deur filosofie en leë bedrieëry, wat gegrond is op menslike tradisie en teorieê oor die kosmiese elemente, en nie op Christus nie.” (Kol. 2: 8-8)). Hoe ongelooflik is die Woord van God nie. Reeds in die tyd wat die Bybel geskryf is, is daar voorsien dat mense ons sal probeer afrokkel van God deur praatjies oor die kosmiese elemente. Hoe baie van ons aardse mense laat hulle nie wegvoer deur hierdie leuens van die leuenaars nie (“Hulle word beïnvloed deur die skynheiligheid van leuenaars, wie se gewete toegeskroei is. Hulle verhinder mense om te trou, en laat hulle sekere kossoorte vermy, terwyl God dit geskep het vir gelowiges, diegene wat die waarheid insien, om dit met dankbaarheid te geniet. Want alles wat God geskep, is goed, en niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie, omdat dit die woord van God en gebed geheilig word.” (1 TIm. 4: 2-5)).

Teenoor hierdie waardering en dankbaarheid is daar die oordeel, die oordeel wat maak dat onsself onder die oordeel plaas (“Daarom is daar vir jou, o mens, wat oordeel, wie jy ookal is, geen verontskuldiging nie. Met die oordeel wat jy oor die ander persoon uitspreek, veroordeel jy immers jouself, omdat jy wat oordeel, dieselfde doen. Ons weet dat God se oordeel na waarheid oor mense kom wat sulke dinge doen. Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring?” (Rom. 2: 1-3); “Die oordeel is immers sonder ontferming oor hulle wat nie ontferming betoon het nie. Ontferming triomfeer oor die oordeel.” (Jak. 2: 13)). Ons moet hierdie veroordelende kwaad uit ons lewens ban, en ons lewens vul met die goeie, soos Christus vir ons kom wys het (“Geliefdes, moet julle nie wreek nie, maar laat ruimte vir die oordeel. Daar staan immers geskryf: “Aan My kom die wraak toe; Ek sal vergeld, sê die Here. Maar: “As jou vyand honger is, gee hom iets om te drink. Deur dit te doen, stapel jy vurige kole op sy hoof. Moenie dat die kwaad jou oorwin nie, maar oorwin die kwaad met die goeie.” (Rom. 12: 19-21): (“En as julle Hom wat nie volgens die uiterlike oordeel nie, maar ooreenkomstig elkeen se optrede, wel as Vader aanroep, tree dan met ontsag op in die tyd van julle vreemdelingskap. Julle weet tog dat julle nie met iets vergankliks, soos silwer of goud, losgekoop is uit julle sinlose leefwyse, watdeur julle voorvaders aan julle oorgelewer is nie, maar dat julle losgekoop is met die kosbare bloed van Christus – Hy wat soos ‘n lam is, vlekloos en sonder liggaamsgebrek.” (1 Pet. 1: 17-19)).

Laat ons dus in opregte waardering en met dankbaarheid mekaar aanvaar, elkeen met sy eie genade gawes, en laat ons die Skepper Vader, die Seun en die Heillige Gees, loof en prys vir sy grootse Liefde en Genade (“Daarom, aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar het, totn eer van God. Ek sê vir julle dat Christus ‘n Dienaar van die besnedes geword het ter will van die waarheid van God, sodat Hy die beloftes aan die vaders kon bevestig, en die nasies God oor sy ontferming kan verheerlik, soos daar geskryf staan: “Daarom sal ek U loof onder die nasies, en tot eer van u Naam sal ek ‘n lofpsalm sing.” En daar staan ook: “Wees bly, nasies, saam met sy volk.“ En weer: “Loof die Here, alle nasies! Prys Hom alle volke!”” (Rom. 15: 7-11); (“Want dit gebeur alles ter will van julle, sodat die genade, wat steedsmeer mense insluit, die dankbaarheid oorvloedig kan maak tot eer van God.” (2 Kor. 4: 15)).

Stof tot nadenke: Seëninge…

Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel.
Eff. 1: 3

Elkeen van ons se persepsie van seëninge is verskillend. Volgens die Supertaal internet tuisblad, beteken dit ‘dit is God wat Sy guns oor iets uitspreek; Goddelike bystand, ‘n heilswens’. Hulle reken ook dat dit is tot mens se voordeel en bring voorspoed en geluk. Elkeen van ons is uniek, soos ons deur God reeds in die moederskoot bestem is om te wees. Ons idees oor wat ‘geluk’ en ‘voorspoed’ bring verskil, na aanleiding van ons uiteenlopende persoonlikhede, waartoe ons gevorm is. Geluk en voorspoed word dikwels gemeet aan die hier en nou. Die oombliklike genieting, aanvaarding en alles word so dikwels gekoppel aan rykdom en aansien.

Hierdie persepsies van ons oor seëninge, verskil egter hemelsbreed met wat die Bybel vir ons voorhou. Die seën van God word dikwels deur reën en strome van lewende water beskryf. (“Ek sal hulle en die gebied rondom my heuwel tot ‘n seën maak. Ek sal die reënbuie op hulle tyd laat val; dit sal die reënbuie wees wat seën bring.” (Eseg. 34: 26-); (“Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nagelag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei soos gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 3-4); (“Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos’n boom wat by die water geplant is en wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.” (Jer. 17: 7-8); (“Want grond wat die reën indrink wat telkens daarop val, en ‘n bruikbare oes voortbring vir hulle om wie se ontwil dit bewerk word, ontvang God se seën.” (Heb. 6: 7)).
.

Hy wil hê dat dit met ons goed moet gaan (“Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” (Num.6: 24-26)), maar daar is ook heelwat verwysings na wat ons vir ander mense moet beteken, sodat die seën van die Vader ook na ander kan versprei. Ook sy belofte aan Abraham het ingesluit dat hy en sy volk tot seën vir ander sal wees. (“Betoon meelewing met die behoeftes van die heiliges; lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers: ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” (Rom. 12: 13-14); (“Betoon meelewing met die behoeftes van die heiliges; lê julle toe op gasvryheid. Seën julle vervolgers: ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.” (Rom. 12: 13-14); (“Ek sal hulle en die gebied rondom my heuwel tot ‘n seên maak. Ek sal die reënbuie op hulle tyd laat val; dit sal die reënbuie wees wat seën bring.” (Eseg. 34: 26-); (“Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet julle vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat. Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.” (Luk. 6: 27-28)).

Die grootste seëning wat ons as mens kon ontvang het, was dat Jesus Christus vir ons sondes kom sterf het, sodat ons die seëninge van God nie sal verbeur nie (“God het, nadat Hy sy Dienskneg Jesus laat opstaan het, Hom heel eerste na julle gestuur om julle te seën, deurdat Hy elkeen van julle sal laat wegdraai van julle booshede.” (Hand. 3: 26); (“Amen, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie. Hy neem hulle toe in sy arms en seën hulle terwyl Hy sy hande op hulle lê.” (Mark. 10: 15-16); (“So noem ook Dawid die mens geseënd vir wie God regverdiging toereken, sonder werke: “Gelukkig is hulle wie se wettelose dade vergewe, en wie se sondes bedek is; Gelukkig is die mens vir wie die Here die sonde hoegenaamd nie toereken nie.”” (Rom. 4: 6-9)). Hierdie grootste seëning van alle tye bring vrede in ons gemoed (“Want Ek sal water uitgiet op dorre aarde, waterstrome op droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou nageslag, en my seën op jou nakomelinge. Hulle sal groei soos gras, soos rivierwilgers langs waterstrome.” (Jes. 44: 3-4); (“Geseënd is die man wat op die Here vertrou, en wie se vertroue die Here is. Want hy sal wees soos ’n boom wat by die water geplant is en wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.” (Jer. 17: 7-8)). Dis alleen in DIe Vader, die Seun en die Heillige Gees waar ons krag vandaan kom, omdat ons met geestelike seëninge (Eff. 1: 3) geseën is deur Jesus Christus se kruisiging, opstanding, Heilige Gees uitstorting en Hemelvaart.

Stof tot nadenke: Elke dag dankbaar…

Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.
1 Tess. 5: 16-18

Deur ons lewens, met al die helder wonder dae , maar ook met al die donker en pyn gevulde dae, moet ons elke dag dankbaar wees, volgens 1 Tess. 5: 16-18. Dit is iets wat nie altyd maklik vir ons mense kom nie. Ons kyk so dikwels vas teen die negatiewe omstandighede van ons eie situasies. Of dit persoonlike insidente, familie moeilikhede, regerings onmoontlike praktyke of internasionale oorlogswolke is. Ons word so malik weggedryf van hierdie dankbaarheids-lewensuitkyk deur al die aardse probleme. Die donkerwole verdring so maklik die son wat helder skyn daaragter.

Tog maan die Bybel ons, om tog nie te vergeet van die son agter die donker wolke van die wêreldse bestaan nie. In Kol. 4: 2 kry ons ‘n herinnering daar aan om te volhard in gebed (“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid”), en in Heb. 12: 28 (“Daarom, terwyl ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op ‘n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag”). Ons kan God elke dag dank, soos Paulus, vir wat ons reeds ontvang het (“Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met ‘n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink.” (2 Tim. 1: 3)). Ons kan elke dag dankbaar wees vir nog ‘n dag in hierdie wonderskone skepping van God ((“God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en kyk, dit was baie goed.” (Gen. 1: 31)).

Ons kan elke dag dankbaar wees vir die mense wat in ons lewens geplaas word (“Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.” (Kol. 3: 14-17)). Ons moet dankbaar wees dat ons in Jesus Christus gewortel is, en deur Hom word ons versterk in moeilike tye en omstandighede (“Aangesien julle dus Christus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedigis n dankbaarheid.” (Kol. 2: 6-7)).

As ons ons oë op Hom gerig hou sal ons soos die Psalmdigter kan jubel en standvastig in God se liefde skuiling vind (“Regverdiges, jubel oor die Here! ‘n Loflied pas by opregtes. Dank die Here met begeleiding van liere; besing Hom met begeleidingvan tiensnarige harpe. Sing vir Hom ‘n nuwe lied, speel mooi op snaarinstrumente met uitroepe van vreugde.” (Ps. 33: 1-3); (“My hart is standvastig, o God, my hart is standvastig. Ek wil sing, ek wil lofsing. Word wakker, my gemoed! Word wakker, harp en lier. Ek wil dagbreek wakker maak. Ek wil U dank onder die volke, my Heer, ek wil U besing onder die nasies; want groot, tot aan die hemel reik u trou liefde; tot by die wolke is u waarheid. Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid oor die hele aarde.” (Ps 57: 8-12)). Dan sal ons ook in die gryse ouderdom nog dankbaar kan wees oor die Ewige Rots (“Regverdiges – soos palmbome skiet hulle op, soos seders van Libanon groei hulle hoog. Hulle is geplant in die huis van die Here; in die voorhowe van ons God blom hulle. In die gryse ouderdom gedy hulle nog steeds; hulle is weelderig en blaarryk, sodathulle kan verkondig: “Regverdig is die Here, my rots, en daar is geen ongeregtigheid by Hom nie”” (Ps. 92: 13-16)).

Laat ons dankbaar wees in nederigheid, en ten volle bewus wees van ons nietigheid soos in Jesus se woorde: (“Die Fariseër het gaan staan en só oor homself gebid, ‘God, ek dank U dat ek nie soos andermense is, wat roof, onreg doen en egbreuk pleeg nie, en ook nie soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer per week, en ek gee ‘n tiende van alles wat ek verdien’ Die tollenaar het egter op ‘n afstand bly staan, en wou selfs nie eers na die hemel opkyk nie, maarhet op sy bors geslaan en gesê, ‘O God, wees my, die sondaar genadig! Ek sê vir julle, hierdie man, eerder as die ander een, het nasy huis gegaan as iemand wie se saak met God reggestel is. Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, maar elkeen wat homself verneder, sal verhoog word.’” (Luk. 18: 11-14)).

Dit is deur genade alleen, en met die hulp van die Heillige Gees, dat ons elke dag dankbaar kan wees, selfs onder moeilike omstandighede en te midde van elkeen se eie uniekheid (“Aan God die dank dat julle wel slawe van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die vorm van leer waaraan julle onderwerp is; vrygemaak van die sonde, het julle slawe van die geregtigheid geword.” (Rom. 6: 17-18): (“Die een beskou een dag belangriker as die ander; vir ‘n ander weer is alle dae eenders. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle van sy standpunt oortuig wees. Die een wat ‘n bepaalde dag uitsonder, sonder dit vir die Here uit. En die een wat eet, doen dit tot eer van die Here, want hy dank God daarvoor; ook die een wat nie eet nie, doen dit tot eer van die Here, en hy dank God daarvoor.” (Rom. 14: 5-6); (“”Die dood is verslind in oorwinning.” Dood, waar is oorwinning? Dood, waar is jou angel? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde lêin die wet. Maar aan God die dank, wat aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.” (1 Kor. 15: 54-57)).

Ons kan in sekerheid en dankbaarheid leef, want die dood is oorwin. Ons kan elke dag met blydskap die Hemelse Vader dank omdat ons die genadegawe ontvang het om deel te wees van Sy erfdeel van die lig (“Met blydskap moet julle die Vader dank, omdat Hy julle geskik gemaak het om deel te hê aan die heiliges se erfdeel in die lig.” (Kol. 1: 11-12); (“Die lof, die heerlikheid en die wysheid, die ddank en die eer, die krag en die sterkte kom ons God toe vir ewig en ewig.” (Open. 7: 12)).

Stof tot nadenke: Die omvang van God se Liefde

Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.
Joh. 3: 16-17

Almal van ons wat Christene is ken Joh. 3: 16 uit ons koppe uit. Dit is waaraan ons vashou! Soms wonder mens of elkeen van ons besef wat die omvang van God se liefde vir ons is. Elkeen van ons het ‘n eie unieke pad gestap tot waar ons God ontmoet het, maar besef ons werklik wat hierdie liefde van God behels?

Dwarsdeur die Ou Testament word God se troue liefde genoem, en hou al die skrywers, profete en gelowige konings vas aan hierdie troue liefde van God ((“Die Here, die Here, ‘n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid, wat troue liefde vir duisende bly handhaaf, wat skuld, oortreding en sonde vergewe, …” (Eks. 34: 6-7); (“Loof die Here, alle nasies, roem Hom, alle volke, want magtig oor ons is sy troue liefde, ja, die trou van die Here is vir ewig. Halleluja!”(Ps. 117: 1-2); (“Jy moet weet dat die Here jou God inderdaad God is, die betroubare God wat die verbond in troue liefde in stand hou vir duisende geslagte lank, vir hulle wat Hom liefhet en sy gebooie nakom;…” (Deur. 7: 9); (“Die Here is geduldig en oorvloedig in troue liefde. Hy skeld sondeskuld en oortreding kwyt,…” (Num. 14: 18)).

In die boek “In Jesus se Voetspore” wat deur die Christen akteur, Bruce Machiano, in die negentigerjare geskryf is, nadat hy Jesus moes speel in die film Mathew, kom hy te staan voor hierdie vraag. Hy wou die rol so getrou as moontlik vertolk, en het van God gebid om hom insig te gee in hoe Hy gevoel het, wanneer hy die massas mense moes toespreek, of ongelowiges op markpleine gesien het. Vir hom was dit ‘n openbaring dat hy gevul was met ‘n matelose hartseer en meegevoel met die mense om hom. Dit was ‘n fisieke onoorkomelike hartseer wat hom gevul het en hy het besef dat God en Christus se liefde een van totale begrip in die pyn en leiding van mense was. Dat dit hulle fisiek pynig met die verlies van elke mens wat nie tot inkeer sal kom nie.

Kan ons regtig ten volle verstaan hoe lief God ons het? Besef ons regtig wat Jesus Christus in daardie laaste dae voor die kruisiging moes deurgaan? Om verraai en verloën te word deur geliefdes, onskuldig aangekla te word, geskop, geslaan, misvorm en verag te word deur hierdie mense vir wie hy so lief was, dat Hy bereid was om deur sulke pyniging te gaan? Hierdie almagtige, drie-enige God wat ‘n intense meegevoel teenoor ons mense het (“Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. ” (Eff. 2: 4), (“Ag Here, is dit nie wat ek gesê het toe ek nog in my land was nie? Daarom het ek vroegtydig na Tarsis gevlug, want ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, geduldig en oorvloedig in troue liefde, ‘n God wat berou het oor die onheil.” (Jona 4: 2);(“In sy liefde en medelye was dit Hy wat hulle vrygekoop het. Hy het hulle opgetel en hulle gedra, al die jare, van lank gelede af.” (Jes. 63: 9)).

Dit is ‘n liefde wat ons nie maklik kan nadoen in intensiteit nie, maar tog vra God van ons dat ons medelye met mekaar moet hê (“Dit is hoe almal sal weet dat julle my dissipels is – as julle liefde teenoor mekaar het.” (Joh. 13: 35); (“Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde.” (Joh. 15: 9); (“Die liefde doen die naaste geen kwaad nie, daarom is die liefde die vervulling van die wet.” (Rom. 13: 10);(“Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Wie nie liefhet nie, het God nie leer ken nie, want God is liefde. Hierin is die liefde van God aan ons geopenbaar dat God sy unieke Seun na die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan leef. Hierin bestaan die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het, en sy Seun gestuur het as versoening vir ons sondes.” (1 Joh. 4: 7-10)).

Met hierdie wete dat dit God self is wat die liefde in ons wek deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees, kan ons ook die Vader loof vir Sy liefde en meelewing in ons alledaagse bestaan (“Prys die Here, want Hy is goed; ja vir ewig duur sy troue liefde.” (1 Kron. 16: 34); (“’n Goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou – troue liefde omring hom.” (Ps. 32: 10); (“U, Here moet tog nie u ontferming van my weerhou nie. Laat u troue liefde en waarheid my altyd veilig hou,…” (Ps. 40: 12); (“Here, U troue liefde vul die aarde; leer my u voorskrifte.” (Ps. 119: 64); (“Wie ook al bely dat Jesus die Seun van God is, God bly in hom, en hy in God. Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het. God is liefde. En wie in die liefde bly, bly in God, en God in hom. Hierin het die liefde onder ons tot vervulling gekom:…” (1 Joh. 4: 15-17)).

Stof tot nadenke: Wie is in beheer?

U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!
Ps. 139: 16-17

Ons is deur ons lewe gedurig bewus dat iemand in beheer is. Dit is egter so dikwels mense wat in beheer is, op hierdie aarde. Wanneer ons gebore is en ons kom in hierdie vreemde wêreld in, raak ons as klein kindertjies bewus daarvan dat ons ouers in beheer is. Wanneer ons heel klein is, is dit wonderlik om so totaal te kan vertrou op die ouers aan wie ons toe vertrou is. Almal is egter nie in hierdie kleinmens wêreld, so bevoorreg om deur liefdevolle ouers groot gemaak te word nie. En word in ontnugterende toestand groot. Wanneer ons tieners en naskoolse jongmense is, raak ons bewus van onderwysers, skoolhoofde, dosente, en werkgewers, wat in beheer is van ons lewens. Dikwels met relatief goeie gevolge, maar ook dikwels word ons teleurgestel deur die persone in beheer. Veral wanneer ons meer van hulle verwag het. Wanneer mens dink dat die mense in beheer dieselfde waardestelsel as mens het, wat na beide kante toe kan werk, goed of sleg, raak mens teleurgestel met dit waarmee jy gekonfronteer word. Selfs wêreldwye regeringsmagte kan mens so teleurstel, dat jy wonder of daar nog iemand in hierdie wêreld onder die son vertrou kan word.

In hierdie onsekerhede, kan ons as mense net vashou, soos die Psalmdigter, aan die wete dat God altyd in beheer is van elkeen van ons se lewe. Hy ken ons van voor ons geboorte af. Hy het ‘n plan met elkeen van ons, in Sy groot raadsplan. In die boek “In Jesus se Voetspore” wat deur Bruce Marchiano geskryf is oor sy ervarings, lank voor en tyens die verfilimg van die film ‘The Gospel according to Matthew’. Hy is as jong student een middagete ingelig deur ‘n dosent, ‘n gelowige Christen, “Bruce, God het iets groots vir jou lewe beplan. Ek weet nie wat dit is nie, maar dis baie, baie groot”. Hy was verstom hieroor, want die man het hom glad nie geken nie. Jare later in sy lewe en tydens ‘n laagtepunt in sy akteurs bestaan, besluit hy telkens om nie gehoor te gee aan die roepstem van God nie. Hy het geweet wat God van hom verwag, maar wou net soos Jona, nie luister nie. Hy is op wonderbaarlike wyse, uiteindelik nie regtig die keuse gegee om te weier nie. Hierdie ervaring het hom aanleiding gegee tot sy hoofrol in bogenoemde film waar hy die rol van Jesus moes vertolk. Die regiseur, wat biddend gesoek het na ‘n Christen akteur om die rol te vertolk, het baie gou besef dat Bruce oor sy pad gebring is in antwoord op gebede. In sy boek noem hy onomwonde dat die belofte van Ps. 139: 16 nie net op hom van toepassing is nie, maar op elkeen van ons wat deur die loop van ons lewens besef, dat God alleen in beheer is.

Van ons begin tot ons einde. Hy berei ons voor vir die pad wat elkeen van ons, in ons uniekheid, van voor ons geboorte, moet stap. Hy hou sy hand oral om ons, of dit nou goed of minder goed gaan. Hy is lief vir elkeen van ons en ons moet besef dat niks ons kan skei van die liefde van Christus nie, soos Paulus dit so mooi stel (“Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8: 37-39); (“Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.” (Eff. 3: 18-19)).

Stof tot nadenke: Hardloop en wegkruip…

Niemand kan in ‘n geheime plek wegkruip sonder dat Ek hom sien nie, sê die Here. Ek is oral in die hemel en op die aarde, sê die Here. ”
Jer. 23: 24

So dikwels in die Bybel lees ons van mense en volke wat wegvlug, soos bv. in die verhaal van Lot uit Sodom en Gomorra (“Nadat hulle vir Lot-hulle buite die stad gebring het, sê een van die mans vir hom: “Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie! Moenie êrens in die vlakte vertoef nie, vlug berge toe, anders word jy omgebring.” (Gen. 19: 17)), of Moses wat gevlug het uit Egipteland as gevolg van ‘n moord wat hy gepleeg het (“Toe dit by die farao uitkom wou hy vir Moses doodmaak, maar Moses het van hom af weggevlug en in Midian gaan woon.” (Eks. 2: 15)). Van mense kan daar weggevlug word, soos dit duidelik uit die verhale van Jakob en Dawid blyk. Jakob wat gevlug het na sy bedrog teen sy broer (Gen. 27 en 28), en Dawid wat moes vlug vir sy lewe (“Maar sy vrou Mikal het hom gewaarsku: “As jy nie vannag vlug nie, word jy môre doodgemaak.” (1 Sam. 19: 11); (“Daarna het Dawid in die woestyn in bergskuilings gaan woon. Hy het in die berge in die Sifwoestyn gewoon. Saul het hom die hele tyd gesoek, maar God het hom nie in Saul se mag oorgegee nie. Toe Dawid besef dat Saul steeds daarop uit is om hom dood te maak, is hy na Goresa toe in die Sifwoestyn.” (1 Sam. 23: 14-15)).

In ons hedendaagse lewe is dit nie meer so maklik om weg te hardloop nie, te vlug of weg te kruip nie. Die ontwikkeling van nasporings tegnologie in die vorm van kameras, sateliet toestelle, waarvan onder andere selfone en slimfone met hul sosiale media; oefen apparate wat hartklop, ens. meet, motors met nasporings toestelle as gevolg van diefstalle, maak dit bykans onmoontlik om jou posisie geheim te hou of te kan wegkruip. Almal van ons gebruik Google of ander toepassings op ons fone en rekenaars. Die gebruik van kunsmatige intelligensie kan selfs jou stem of jou gesig opspoor. Die kunsmatige intelligensie word selfs geraadpleeg om besluite te neem! Dit laat mens wonder of ons nie in die vorm van hierdie ‘wonderlike tegnologie’, tred verloor met die feit dat dit deur mense ontwikkel is nie? Die kunsmatige intelligensie doen menige iterasies (herhalende berekeninge deur beskikbaar e data) deur gebruik te maak van die internet, wat beide met waarheid en met leuens gevul word. Die leer van die blikbrein is dus nie noodwendig gebaseer op 100% waarheid nie. Ook in die die proses word woorde omgeskakel na getalle, wat dan kan veroorsaak dat die finale antwoord nie noodwendig 100% akkuraat is nie. Dit het die bekommernis laat ontstaan dat ons as mense heel moontlik weer aan ‘n toring van babel bou (“Die Here het hulle daarvandaan oor die hele aarde versprei, en hulle het opgehou om die stad. Daarom is die Babel genoem, want daar het die Here die taal van die hele aarde verwar. Daarvandaan het die Here hulle oor die hele aarde versprei.” (Gen. 11: 8-9)), of ‘n afgod laat skep het deur mense (“Hy het dit van hulle ontvang, dit verwerk en daarna in die vorm van ‘n bulkalf gemaak. Toe sê die volk: “Hier is jou God wat jou uit Egipte bevry het, Israel!”” (Eks. 32: 4); (“Samaria, jou goue kalf is afstootlik! My toorn het losgebreek teen Samaria. Hoe lank sal hulle voortghaan om onrein te bly, as hulle dan deel is van Israel? En daardie ding, dit is deur ‘n ambagsman gemaak, dit is nie ‘n god nie! Van die kalf van Samaria sal daar net splinters oorbly.” (Hos. 8: 5-6)), omdat ons nie altyd voel asof God naby is om hierdie aardse lewe te beheer nie (“”As jy ooit die Here jou God vergeet en ander gode aanhang en hulle dien en vereer, verklaar ek vandag dat jy beslis tot niet sal gaan. Omdat jy dan nie gehoorsaam is aan die woord van die Here jou God nie, sal jy net so omkom soos die nasies vir wie die Here laat omkom het.”” (Deut. 8: 19-20)). Mag ons die perspektief behou!

Ons as volgelinge van Christus moet weet dat God ons altyd onder oë het. Dat ons nooit van hom kan wegvlug nie, soos die verhaal van Jona maar te duidelik aan ons uitwys (“Maar Jona het klaargemaak om na Tarsis toe te vlug, weg van die Here af. Jona is af Joppe toe, en daar het hy ‘n skip gekry wat op vertrek was Tarsis toe. Hy het vir die reis betaal en aan boord gegaan om saam met die bemanning Tarsis toe te gaan, weg van die Here af. Maar die Here het ‘n kwaai storm oor die see laat opkom. Daar was ‘n baie sterk wind op die see, en die skip wou uitmekaar breek.” (Jona 1: 3-4)). Ons moet tog besef dat ons nie van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees kan wegvlug nie, soos die Psalmdigter dit so goed stel (“Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.” (Ps. 139: 7-12)).

Ons hoef ook nie bekommerd te wees, selfs in moeilike omstandighede nie, want God is altyd in beheer, soos ook duidelik uit die verhaal van Dawid wat gevlug het vir sy lewe. Daar het God uitkoms gegee deur ‘n aanval van die Filistyne om die land te verower (“Saul het aan die een kant van die berg langs gegaan, en Dawid en sy manne net aan die ander kant. En toe Dawid bang voor Saul wegvlug, terwyl Saul en sy manskappe al vir Dawid en sy manne begin omsingel om hulle te vang, kom daar ‘n boodskapper by Saul en sê: “Maak gou en kom, want die Filistyne het die land ingeval. Saul het opgehouiom Dawid te agtervolg en het die Filistyne tegemoet gegaan. Daarom noem hulle die plek Skeidingsrant.” (1 Sam. 23: 26-28)).

Ons moet weet dat God ons so lief het dat Hy nie sy Seun gespaar het nie, maar reeds lank voor die tyd vir ons beloof het dat Hy vir Jesus Christus sou stuur (“So sê die Here my God: Ek gaan in Sion ‘n klip neersit, ‘n uitgesoekte klip, ‘n hoekklip wat fondament aan fondament sal sluit. Wie op My vertrou, hoef nie te vlug nie. Ek maak geregtigheid die maatstaf, regverdigheid die toets.” (Jes. 28: 16-17)). Ons kan dus voluit leef vir Hom en hardloop soos mense wat nie onseker is oor waarheen ons oppad is nie (“Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en nie self kwalifiseer nie.” (1 Kor. 9: 26-27)).

Stof tot nadenke: Goed en sleg…

Maar Josef het hulle geantwoord” “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het. Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.””
Gen. 50: 19-21

Deur die lewe ervaar elkeen van ons goeie en slegte dinge. Dinge wat soms ‘n blywende indruk, en dikwels ‘n traumatiese effek nalaat. Besef ons hoekom hierdie dinge met ons gebeur? Hoe verwerk ons die wanneer die goeie en die slegte dinge in ons lewens gebeur? Wat maak ons met die vreugdes? Wat maak ons wanneer mense se aksies ons vertroue tot op die been stroop? Voel ons dan soos Jeremia wat voel of daar geen uitkoms is nie? (“Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan. Hy het my die donker in gejaag, my laat loop op ‘n pad sonder lig. Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. Hy het my hele liggaam laat wegteer, my bene gebreek.” (Kla. 3: 1-4)). Of bely ons soos dieselfde Jeremia dat ons volkome vertrou op God? (“…deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra;” (Kla. 3: 22-26))

In Matteus word ons herinner dat wat ookal met ons gebeur, of dit nou goed of sleg is, dit is as gevolg van wat in ‘n ander se hart aangaan. (“Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart.” (Matt. 12: 35)). Ons aanvaar dus dat dit die gevolg van mense se oortuigings is, wat die goeie laat gebeur, en ons aanvaar dat dit is omdat sodanige mense onder leiding van die Heilige Gees die goeie in mens se lewe inbring. Op dieselfde wyse aanvaar ons dat mense wat slegte dinge in mense se lewe inbring, onder leiding van die kwaadstoker is.

Tog wonder mens of dit nie alles deel van God se raadsplan met jou lewe is nie. Wanneer mens nie in toeval glo nie, beteken dit noodwendig dat wat gebeur, gebeur met ‘n plan, waarvan jy dalk nie weet nie. Josef se lewe is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Josef se broers wou hom doodmaak, uit jaloesie. Een broer het skuldig gevoel en verhoed dat hy vermoor is, deur voor te stel dat hy as slaaf verkoop word. Watter traumatiese ervaring moes dit nie vir hom gewees het nie? Tog vergewe hy sy broers later in sy lewe, en toon hy die insig dat dit deel van God se plan was, sodat sy familie veilig deur die droogtetyd kan kom (Gen. 50: 19-21).

Ook in en deur die lewe van Daniël wys God ons hoe Hy in beheer van dinge is wat gebeur. Hy gee koning Nebukadneser ‘n, vir hom onverklaarbare, droom. ‘n Droom wat hom so onstel dat hy selfs dreig om almal wat dit nie vir hom kan uitlê nie, sal laat doodmaak. Daniël wat aan God glo, en volgens sy voorskrifte handel, vra sy vriende om saam met hom vir God te vra vir hulp, daar waar die enigste hulp vandaan sal kom. (“God het aan hierdie vier jongmanne wat verstand gegee en insig in alles wat geskryf is, en ook wysheid. Daniël kon enige gesig of droom uitlê.” (Dan. 1: 17); (“Daniël het gesê: ”Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort, Hy wat tye en omstandighede verander, wat konings aanstel, wat aan die wyse manne die wysheid gee en die verstand aan dié wat insig het, wat ondeurgrondelike en verborge dinge openbaar en wat weet wat in die duisternis is; by Hom is die lig. Ek loof en prys U, God van my voorvaders, omdat U aan my wysheid en mag gegee het. U het aan my bekend gemaak wat om aan die koning te sê.” (Dan. 2: 20-23)). In die proses red Daniël nie net homself nie, maar ook die ander persone wat nie die droom kom uitlê nie. En dit alles lei tot die besef van die grootheid en almag van God.

Dit laat ons met die wete dat of daar nou goeie of slegte dinge deur ons lewe gebeur, dat God altyd in beheer is (“Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan, maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.” (Hand. 14: 16-17)). Hy wat selfs nasies toelaat om hul eie koers te gaan. Ons kan met die sekerheid leef dat God se plan met elkeen van ons, wat in Hom glo, in sy hand is (“As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer!” (Luk. 11: 13)), en dat Hy vir ons net die goeie wil gee. Maar, deur ons sondige natuur, is dit soms nodig om ons, net soos met die werk van die pottebakker, met seerkry, sny en vervorming, uiteindelik in die volmaakte produk te omvorm. Dis dan wanneer ons reg is om onder leiding en in ootmoed altyd die wil van God te vra soos Dawid (“Omdat ek vyande het, Here, leer my tog wat reg is en help my om u wil te doen.” (Ps. 5: 9)). Dis dan wanneer ons die goeie kan geniet wat God vir ons gee (“Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou huisgenote gee, jy en die Leviete en die vreemdelinge wat by jou woon.” (Deut. 26: 11)).

Dit is op God alleen wat ons ons oë gevestig moet hou, deur die goed en die sleg, want by Hom is daar nie plek vir die kwaad nie (“U is nie ‘n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie.” (Ps. 5: 5)). Op Hom alleen kan ons vertrou (“God is nie ‘n mens nie, dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie nie uitvoer nie?” (Num. 23: 19)), want Hy is almagtig, ewig, getrou, en verander nie van gedagte nie. Sy raadsplan is reeds uitgevoer sodat ons deel van Sy koninkryk kan wees, deur Sy liefde, die kruisdood van Jesus Christus, en die nabyheid en leiding van die Heilige Gees.

Stof tot nadenke: Seisoen van Skepping…

“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewase wat saad gee, bome wat op land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.
Gen. 1: 11

Die Suid Afrikaanse Raad van Kerke het in 2007 besluit om die Seisoen van Skepping permanent deel van die kerklike kalender te maak. Dit is ‘n jaarlikse viering wat van 1 September tot 4 Oktober strek. Dit het dus so pas tot ‘n einde gekom. Daardie wonderlike seisoen, waar die nuwe lewe wat orals te siene is en deur die natuur amper uitgeskreeu word, deur die voëlgesang en nuwe blare aan bladwisselende bome. Dit was een van God se skeppingsdade en dit is so gepas om dit met dankbaarheid te vier en raak te sien. Nuwe nessies wat gebou word. Die nuwe lewe van jong voëls en klein diertjies wat oral te sien is. Dit is ‘n baie gepaste herinneringe aan God se Skepping wat elke dag vir ons ten toon gestel word net soos in die visoene van Johannes (“En ek het die hele skepping – in die hemel, op die aarde en onder die aarde, op die see, en alles wat daarin bestaan – hoor uitroep: “Aan Hom wat op die troons sit, en aan die Lam, kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die sterkte, vir ewig en ewig.” (Open. 5: 13)).

Ons verloor so dikwels die wonderlike en asemrowende mooi van die natuur om ons, as gevolg van die vernietigende effekte van mense se verkeerde oordele wat lei tot oorlog , woede, haat, selfsug en gierigheid wat die vernietiging van alles wat mooi is tot gevolg het (“Waar kom al die oorlë en gevegte vandaan? Kom dit nie van julle begeertes wat in julle ledemate oorlog voer nie? Julle begeer, maar julle besit niks nie; julle pleeg moord, en is vol jaloesie, en julle kan niks bereik nie. Julle veg en maak oorlog, en tog het julle niks, omdat julle nie bid nie.” (Jak. 4: 1-2); (“Woede is wreed en toorn oorweldigend, maar wie kan staande bly teen jaloesie?” (Spr. 27: 4); (“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê,’ en ‘Jou vyand moet jy haat’. Maar Ek sê vir julle : nJulle moet julle vyande liefhê en bid vir hulle wat julle vervolg,…” (Matt: 5: 43-44); (“Want waar afguns en selfsug heers, kom wanorde en allerlei gemene dade voor.” (Jak. 3: 16); (“Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ‘n mens se lewe word nie bepaal deur die oorvloed van sy besittings nie.” (Luk 12: 15)).

Daarom kan ons net met danksegging voor God staan omdat ons elke jaar in die lente seisoen herinner word aan watter absolute skoonheid daar in hierdie wêreld is. Ons kan stil raak voor God in verwondering oor Sy skepping wat so presies, so herhaalbaar en georden is. Dit strek van die Sterrehemel, tot by alles in en om die aarde, wat dit vir ons moontlik maak om hier te leef, op hierdie tydelike woonhuis en wonderskone skepping van God. Hy wat die skeppingsdrang gehad het om iets mooi te maak. (“Want sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, word van die skepping van die wêreld af in sy werke begryp en is sigbaar.” (Rom. 1: 20)). Hy wat dit wat Hy geskep het so lief het dat Hy alles sal doen om ons as mense te laat besef hoe geseënd ons is om ‘n kykie in hierdie wonderwêreld mee te maak.

Die Vader wat ons so lief gehad het dat Hy bereid was om selfs Sy Seun, Jesus Christus, as Verlosser te stuur. (“Die Seun is die beeld van die onsigbare God, die Eersgeborene oor die hele skepping; want deur Hom het God alles geskep: alles in die hemel en op die aarde, die sigbare en die onsigbare dinge, of dit koninklike of heerende magte, owerhede of gesagvoerders is – alles is deur Hom geskep. Hy het voor alles bestaan, en in Hom hou alles in stand.” (Kol. 1: 15-16)). Hy wat ons nooit alleen laat nie, want die Heilige Gees is hier by ons om ons te lei en te leer. Hy maak ons bewus van die mooi om ons, en help ons om deur al die pyn en leiding van hierdie wêreld te kyk en Hom raak te sien in al die wonderlike plant en diere lewe. Hy wat ons telkens laat besef dat dit Hy is wat voorsien. In alles se behoeftes, van die kleinste organismes tot by die mens. Ons kan net dankbaar wees dat God ook na ons om sien (“Maar iewers het iemand dit uitdruklik bevestig en gesê: “Wat is die mens dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U na hom omsien?”” (Heb. 2: 6)).

Met hierdie wete kan ons saam met Paulus getuig dat niks ons sal kan skei van die Liefde van God, en die verlossing deur Jesus Christus nie (“Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here” (Rom. 8: 38-39)). Ons kan in ootmoed en dankbaarheid elke skeppings gawe waardeer en geniet, want dit is ons daaglikse herinnering dat ons ‘n Almagtige God aanbid!

Stof tot nadenke: Hoe deursigtig is ons?

Ten slotte: Wees almal eensgesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig, mense wat nie kwaad met kwaad vergeld of skeldtaal met skeldtaal nie; maar inteendeel, wees mense wat seën, omdat julle daartoe geroep is, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.
1 Pet. 3: 8-9

Wat verstaan ons onder deursigtigheid? Is dit iemand wat nie raakgesien word nie, omdat hy te gering is om as belangrik geag te word? Is dit die nastreef na eerlikheid en opregtheid, deur te streef om nie dinge agter ‘n ander se rug te doen of te bespreek nie? Wat een mens as vernuftige beplanning beskou, kan dalk deur ‘n ander as ‘n gekonkel agter die rug van ander beskou word, omdat daar geen deursigtigheid ter sprake is nie? Ons word so menigmaal gemaan om eensgesind te wees, maar hoe bereik ons dit as daar ‘n gebrek aan deursigtigheid is? (“Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges.” (Rom. 12: 16); (“Immers, wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil beleef – laat hy sy tong weerhou van wat sleg is, en sy lippe daarvan om bedrog te spreek, en laat hy afwyk van die kwaad, en die goeie dinge doen, laat hy vrede soek en dit najaag; want die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore is oop vir hulle gebedsversoeke, maar die aangesig van die Here is teen dié wat verkeerde dinge doen.” (1 Pet. 3: 10-12)).

Die eensgesindheid waarna in die Bybel verwys word, is toegespits op ons geloof in die Drie-enige God, Die, vader, Seun en Heilige Gees. Dit is die een ding wat ons bymekaar moet hou, ter wille van eenparigheid en vertoue binne die geloofsgemeenskap (“En mag die God wat volharding en bemoediging bewerk, gee dat julle onder mekaar eensgesind sal wees, ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle eenparig, ja, uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring.” (Rom. 15: 5-6); (“Ek pleit by julle broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, dat julle almal eenstemmig sal wees, en dat daar nie verdeeldheid onder julle sal wees nie, maar dat julle volkome eensgesind mag wees, met dieselfde denkwyse en dieselfde oortuiging.” (1 Kor. 1: 10)).

Die skep van vertroue binne die geloofsgemeenskap word egter dikwels gebaseer op ons ervaring van medegelowiges. Hoe bou ons aan daardie vertrouensverhouding, wat so noodsaaklik is ter will van die uitbreiding en uitleef van die evangelie? (“Ten slotte, broers, wees altyd bly, streef na vervolmaking, aanvaar vermaning, wees eensgesind, leef in vrede – en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” (2 Kor. 13: 11)). Dit is slegs moontlik indien die geloofsverhouding tussen medegelowiges op die waarheid gebaseer is soos Salomo so goed weergee (“Wat reg is, kenmerk al die woorde uit my mond, niks daarin is geslepe of verdraai nie;…” (Spr. 8: 8); (“Verkry waarheid, en moet dit nie verkwansel nie, ook wysheid, vermaning en insig.” (Spr. 23: 23)).

Indien ons nie hierdie soeke na waarheid en opregtheid deel van ons alledaagse bestaan maak nie, kan ons nie eensgesindheid in die alledaagse bereik nie. (“So is regverdigheid teruggedwing, en bly geregtigheid ver weg staan. Ja, op die dorpsplein struikel die waarheid, en openhartigheid kan nie daar kom nie. So gebeur dit dat trou ontbreek. Wie afwyk van die kwaad, word beroof. Die Here sien dit, en dit is verkeerd in sy oë dat daar geen regverdigheid is nie.” (Jes. 59: 14-); (“”Jy mag nie jou broer in jou hart haat nie. Wys jou volksgenoot openhartig tereg. Jy mag nie ‘n misstap teen hom bly hou nie. Jy mag nie haatdraend wees en ‘n wrok koester teen kinders van jou volk nie. Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.” (Lev. 19: 17-18)). Want ons as mense vra baie vinnig wat se eerlikheid is daar in die ander! (“Of beplan ek wat ek beplan uit menslike swakheid, sodat, wat my betref “ja, ja” tegelyk “nee, nee” kan wees?” (2 Kor. 1: 17)). Soos Paulus ook aan die Korinthiërs geskryf het.

Maar Petrus wys daarop dat indien, die lyding wat ons ervaar as mense, wanneer ander ons benadeel, sleg praat of agteraf beswadder, deur God gewil word, dan is dit beter dat ons ly omdat ons goed doen, eerder as dat ons kwaad doen (“Maar selfs al sou julle ly ter wille van wat reg is, gelukkig is julle. Moenie hulle intimidasie vrees of ontsteld raak nie. Inteendeel, eerbiedig Christus as Here in julle harte, altyd gereed om julle te verantwoord teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis, oor die hoop wat in julle leef. Doen dit egter met beskeidenheid en respek, met ‘n goeie gewete, sodat, wanneer julle beswadder word, dié wat smalend is oor julle goeie leefwyse in Christus, beskaamd kan staan. Dit is immers beter, as dit God se wil sou wees, dat julle ly omdat julle goed doen, as dat julle ly omdat julle kwaad doen.” (1 Pet. 3: 14-17)).

Laat ons dus altyd soek om die goeie na te jaag, ongeag die gevolge. Laat ons ja, ja wees! (“Laat die woord ‘ja” by julle werklik ‘ja wees, en julle ‘nee’ ‘nee’. Meer as dit is uit die bose. ” (Matt. 5: 37). In die alledaagse lewe, maar veral as dit gaan oor ons geloof in Jesus Christus (“…sodat julle eenparig , ja, uit een mond, aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, die lof sal bring. Daarom, aanvaar mekaar, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.” (Rom. 15: 6); (“Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heillige Gees. ” (Rom. 15: 13)).

Stof tot nadenke: Die Hemelse Koninkryk

Toe Jesus op ‘n keer deur die Farisieërs gevra is wanneer die koninkryk van God kom, het Hy geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelike waarneembare tekens nie. Mense sal nie sê, ‘Kyk, hier is dit!’ of ‘Daar is dit !’ nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde.
Luk. 17: 20-21

Van die vroegste tye was ons as mense saamgesleur met die konsep van ‘n koninkryk. Die idee van ‘n aardse koninkryk. Dit kom uit in bybelverhale en kinderverhale, en daar is min mense wat nie een of ander tyd in hulle jongmens lewe graag ‘n prins of prinses wou wees nie. Die prag, praal en wysheid wat deur Salomo versinnebeeld is, het ons as mense tot ‘n groot mate laat glo dat dit is hoe die lewe moet wees. (“Koning Salomo het tweehonderd grootskilde gemaak, met geplette goud daarop. Met seshonderd sikkel goud het hy elke skild oortrek. Hy het ook driehonderd kleinskilde gemaak, met geplette goud daarop. Elkeenvan hierdie skilde het hy met drie mina goud oorgetrek. Die koning het dit in die saal, bos van Libanon, geplaas. Die koning het ‘n groot troon van ivoor gemaak en dit met bladgoud oorgetrek. Daar was ses trappe vir die troon, en die sitplek het ‘n rug met ‘n ronde bokant en armleunings aan elke kant gehad. Twee leeus het langs die armleunings gestaan. Twaalf leeus het daar op die ses trappe gestaan, ses aan elke kant.” & “So iets is nog nooit vir enige koninkryk gemaak nie; So het koning Salomo, wat rykdom en wysheid betref, groter geword as al die konings van die aarde.” (1 Kon. 10: 16-20 & 23)).

God het dit egter op ‘n heel ander manier vir ons tot ‘n werklikheid laat kom. Hy het aan Israel beloof dat hulle vir hom priesters en ‘n heilige (toegewyde) nasie sal wees (“Vir My sal julle ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees.” (Eks. 19: 6)). Wanneer die nasie egter nie aan die verwagtinge van God voldoen nie, kan daar baie vinnig, en langdurig ‘n skeiding kom. (“Hy sê toe vir Jerobeam: “Neem vir jou tien stukke, want so sê die Here, die God van Israel, ‘Kyk, Ek gaan die koninkskap uit die hand van Salomo skeur, en ten stamme aan jou gee. Maar die een stam sal syne wees, ter wille van ny dienskneg Dawid en ter wille van Jerusalem, die stad wat Ek gekies het uit al die stamme van Israel. Dit is omdat hulle My verlaat het en in aanbidding buig voor Astarte, die godin van die Sidoniërs en voor Kemos, die god van Moab, en voor Milkom, die god van die Ammoniete. Huule het nie op my paaie gebly deur te doen wwat reg is in my oë, en my vaste voorskrifte en bepalings uit te voer soos Salomo se vader Dawid nie. Ek sal nie die hele koninkryk uit sy hand neem nie, maar hom as leier aanstel solank hy leef, ter will van Dawid, my dienskneg, wat Ek gekies het, hy wat my wette en vaste voorskrifte nagekom het.” (1 Kon. 11: 31-34)).

Dit is God wat nasies ten gronde laat gaan, of besluit om hulle voorspoed te laat beleef. (“Een keer dreig Ek om ‘n nasie en ‘n koninkryk uit te ruk, af te breek en ten gronde te laat gaan.” (Jer. 18: 7); (“’n Ander keer sê Ek oor ‘n nasie en ‘n koninkryk dat Ek dit sal bou en plant. Maar as hy doen wat verkeerd is in my oë deur nie te luister na my stem nie, sal Ek jammer wees oor die goeie wat Ek gedink het om aan hom te doen.” (Jer. 18: 9-10)). Dit word duidelik gestel dat ons aan God se liefde en voorskrifte moet vashou (“”Nie elkeen wat vir my sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele.”” (Matt. 7: 21)). Want daar word duidelik genoem dat nie elkeen sal ingaan in die koninkryk nie.

God het die belofte van die uitvoering van Sy Plan duidelik aan sy dienaars uitgewys deur die belofte van Jesus Christus wat sou kom (“Wanneer jou tyd aangebreek het om na jou voorvaders te gaan, sal Ek jou nakomeling ná jou, een van jou eie seuns, na vore laat tree, en Ek sal sy koningskap vestig. Hy is die een wat vir My ‘n huis sal bou, en hy sal vir My ‘n seun wees. My troue liefde sal Ek nie aan hom onttrek soos wat Ek dit aan jou voorganger onttrek het nie. Ek sal hom vir altyd in my huis en koninkryk aanstel, en sy troon sal altyd bestendig wees.” (1 Kron. 17: 11-14)). Dit is wat ons redding sal wees en ook die enigste wyse om in die koninkryk van die hemele in te gaan, wanneer ons vas glo dat Jesus Christus die versinnebeelding en uitvoer van die hemeles konkryk is soos duidelik in Lukas 17 asook in Matteus herhaaldelik gestel word (“”Bekeer julle want die koninkryk van die hemele is op hande.”” (Matt. 3: 2); (“Van toe af het Jesus met sy verkondiging begin en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele is op hande.” (Matt. 4: 17)).

Dit is so ‘n vir ons as mense ‘n wonderlike konsep, in so ‘n mate dat ook die bose daarvan wil besit neem (“Maar sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe ly die koninkryk van die hemele onder geweld en probeer geweldenaars dit in besit neem.” (Matt. 11: 12)). In Matteus 13 vertel Jesus verskeie gelykenisse om die begrip van hoe die koninkryk van die hemele is vir die mens wat dit ontdek (bv. “Die koninkryk van die hemele is soos ‘n skat wat in die veld begrawe lê. ‘n man het dit ontdek en weer toegegooi. Uit blydskap verkoop hy alles wat hy het en koop daardie grond.” (Matt. 13: 44)). Wanneer ons dit ontdek het, sal ons alles in ons vermoë doen om daaraan vas te hou. Maar Jesus stel duidelik dat ons soos kindertjies in Hom moet glo, anders sal hierdie onvervangbare skat buite ons bereik bly (“…en gesê: Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.” (Matt. 18: 3)).

Mag ons elkeen so vashou aan hierdie koninkryk van die hemele, wat deur God, die Vader, die Seun, Jesus Christus en die Heilige Gees se bystand, vir elkeen van ons, ‘n moontlikheid en werklikheid geword het.

Stof tot nadenke: Laat almal tuis voel.

Hy het geen onderskeid getref tussen ons en hulle nie, want Hy het hulle harte deur geloof gereinig.
Hand. 15: 9

Hoe laat ons mense tuis voel in die gemeenskap van gelowiges? Ons is tog deur die geloof een familie in Jesus Christus. (“Want deur die geloof is julle almal kinders van God in Christus Jesus, want julle wat in Christus gedoop is, het Christus soos ‘n kleed aangetrek.” (Gal. 3: 26-27)). Doen ons moeite om ander gelowiges, wat dalk nuut of vreemd is in die gemeente, te laat tuis voel? Of is dit maar effens moeilik omdat ons dalk self nie heeltemal tuis voel nie? Of is ons al so ingeburger, dat ons voel dis elkeen vir homself, daardie persoon kan maar sy eie plekkie oop stoei in hierdie geloofs-familie?

Ons sien soms mense wat die moed van die oortuiging het om tog die dag te kom tee drink, en wat eenkant staan, omdat hulle heel moontlik teruggetrokke of te skaam is, om sommer by ‘n klompie mense, wat mekaar duidelik goed ken, in te skakel. Dit is nie elkeen van ons wat dit kan doen nie. Verloor ons hulle dan dalk permanent aan die geleentheid, wat juis is sodat ons mekaar beter kan leer ken? Elkeen van ons het lewensverhale wat ons uitgebring het waar ons vandag is, in hierdie een geloofsgemeenskap. Daar is soveel kosbaarhede wat ons dikwels mis, omdat ons nie die moeite doen om mense te leer ken nie, en daarmee bedoel ek nie net op ‘n “Hallo, hoe gaan dit?” sosiaal verpligte vraag nie, maar om regtig die mens agter die vreemdeling se wese te leer ken. Of om mense op hulle baadjie te takseer, omdat jy na iemand anders se verkeerde oordeel oor ‘n persoon, geluister het.

Paulus maan ons deur die briewe aan die Effesiërs dat ons mekaar met nederigheid, sagmoedigheid en liefde moet verdra (“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is: deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede -.” (Eff. 4: 1-3)). Dit wys daarop dat ons soms moiete kan hê om iemand voor die voet net te aanvaar, en ons kan ook kwaad word oor verkeerde dinge wat gedoen, word, maar ons moet nie dat dit die eensgesindheid in hierdie geloofs familie benadeel nie. (“Daarom, vermy die leuen, en praat elkeen die waarheid met sy nasate, want ons is lede van een liggaam. Word kwaad, maar moenie sondig nie. Laat die son nie ondergaan oor julle woede nie.” (Eff. 4: 25-26); (“Laat vaar alle bitterheid en woede, en gramskap en geskreeu en gelaster, saam met elke vorm van kwaad. Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in Christus julle ook vergewe het. ” (Eff. 4: 31-32); (“Nie ‘n enkele afbrekende woord moet uit julle mond kom nie, maar eerder ‘n woord wat goed is vir noodsaaklike opbou, sodat dit voordeel mag bring vir diegene wat dit hoor.” (Eff. 4: 29)).

Ons moet elke dag besef dat ons deel van hierdie wonderlike geloofs-familie van Jesus Christus is, nie omdat ons dit verdien nie, maar uit genade (“Want daarin word geopenbaar dat die geregtigheid van God geheel en al op geloof berus, soos daar geskryf staan: “Die regverdige op grond van geloof sal leef.” (Rom. 1: 17); (“Maar nou, in Christus Jesus, het julle, wat destyds ver weg was naby gekom deur die bloed van Christus. Hy is immers ons vrede – Hy wat albei één gemaak het, en die middelmuur van skeiding, die vyandskap, deur sy liggaam afgebreek het.” (Eff. 2: 13-14); (“En Hy het vrede as goeie boodskap aan julle kom verkondig, aan julle wat ver was, en ook vrede aan diegene wat naby was. Want deur Hom het ons albei toegang tot die Vader deur een Gees. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar julle is medeburgers van die heiliges, en lede van die huisgesin van God.” (Eff. 2: 17-19))

Ons is almal emosionele en sensitiewe mense; sommige wys dit, en ander kan dit baie goed wegsteek. Ons moet elke dag onthou dat ons ander moet behandel soos ons self graag behandel wil word, want dit wat jy uitdeel, kry jy gewoonlik terug, soms in ‘n groter mate, as wat jy uitgedeel het.