Is jy?
Wat ’n snaakse opskrif vir die laaste dag van hierdie 9 weke! Dié rare opskrif sluit aan by die titel van hierdie Bybelstudieboek – Nege weke van Transformasie. Jy sien, die wesenlike vaag is of jy deur die afgelope 9 weke iets van ’n transformasie in jou eie lewe ervaar het?
Het jy verander?
Het jy nuwe insigte ontwikkel?
Het jy die Here beter leer ken in hierdie tyd?
Het jy sy stem gehoor?
Is jy getransformeer?
Is jy ?
Daarom wil ek vra dat jy nou genoeg tyd sal deurbring deur met Hom hieroor te praat. Sê vir Hom wat jy beleef het. Praat met Hom oor jou vreugdes, bekommernisse, vrese en dalk ontnugterings van die afgelope 9 weke.
Vandag gaan dit oor 45 stellings.
Martin Luther se bekende 95 Stellings het eintlik die begin van die Reformasie ingelui. Ons het deur die loop van die 9 weke elke dag ’n stelling geformuleer waardeur ons probeer het om die dag se studie saam te vat. Mag hierdie 45 stellings ook ’n voortgaande reformasie in jou eie lewe inlui!
Blaai na bladsy 169 – daar sal jy die 45 stellings te siene kry. Ek wil voorstel dat jy in die toekoms gereeld daarheen sal blaai, ’n paar minute sal gebruik om daardeur te lees en sodoende weer jou geheue verfris. Só sal hierdie materiaal deel van jou geestelike pad bly en nie in die vergetelheid verdwyn, as maar net nog ’n Bybelstudieboek waardeur jy gewerk het nie. Dit sal ook jou ervaring van die afgelope 9 weke lewendig hou. Blaai asseblief daarheen en lees die 45 stellings. Doen dit rustig, met konsentrasie en bedink elke stelling opnuut. (Sien Bylaag 1)
Ek wil hê jy moet hierdie 9 weke afsluit deur 2 dinge te doen:
Luister na snit 15 op die CD – die snit se titel is Ek het ’n droom.
Maak jou oë toe as jy luister en konsentreer op wat jy hoor.
Sien Bylaag 3 : Ek het ‘n droom
Ten slotte wil ek vra dat jy in die blok hieronder iets van jou ervaring van die afgelope 9 weke in enkele kort sinne neerskryf. Wat het met jou gebeur? Wat sal jy onthou? Wat was vir jou die ingrypendste ervaring?
Praat met die Here …
WENK: op bladsy 174 is ’n groot afdruk van die model wat hierdie 9 weke se studies aanmekaar knoop. (Sien Bylaag 2)
Gebruik een ekstra dag om dit deur te werk. Oorweeg dit gerus om die Model by ’n groepgesprek te bespreek
Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!
Inhoudsopgawe
Kopiereg
Dr. Frans Hancke.
Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).
Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie
Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za