Omgeebediening
Die bediening is verantwoordelik vir barmhartigheidsdiens binne en buite die gemeente soos die behoefte bepaal.
Daar is verskillende fokuspunte:
ABBAS: Gemeentelede wat eensames en siekes ondersteun waar familie en kerkraadslede nie kan nie.
Maandelikse hulppakkies met kruideniersware, groente, ens. word veral aan behoeftige gemeentelede uitgedeel, asook enkeles buite die gemeentegrense.
Toebroodjies aan die Laerskool Vorentoe: Dit word daagliks voorsien deur gemeentelede en ander betrokkenes aan leerlinge uit behoeftige gesinne.
Klerekas: Klere, beddegoed, handdoeke ens. deur gemeentelede geskenk word uitgedeel waar daar nood is.
Kwartaallikse omgeevergaderings en –gesellighede.
Indien u op welke wyse by hierdie bediening wil betrokke raak, kontak ons gerus.


