Ons ondersteun Ockert en Michele Potgieter en hulle gesin al vir ‘n klompie jare en het ook ‘n kleuter, Ivan Popa, van Raduga Kleuterskool “aangeneem”. Ockert het sy PhD. in die Regte behaal en was senior lektor by RAU toe hy die roeping ontvang het om na die dorpie Reni te gaan. Die oggend toe hy wakker word het hy gaan kyk waar die dorpie is – hy sien toe dit is in die Oekraine. Hy en Michele is getroud, hy het bedank en hulle het so 23 jaar gelede na Reni gegaan om met hulle God gegewe opdrag te begin. Hulle het oor die tyd ‘n sterk ondersteuningsbasis opgebou regoor die wêreld met gemeentes, individue, groepe en organisasies. Hulle fokus is om die liefde van Jesus Christus wyd te verkondig en te demonstreer. Hulle het ‘n onwrikbare geloof dat alles wat hulle doen en begin binne die Here se Wil is en dat Hy die Groot Voorsiener is. Daar was storms deur die jare, groot uitdagings en kort- kort dreigemente van uitsetting, maar hulle het telkens deur die genade, genade onbeskryflik groot deur ons Hemel Vader, deur elke storm en aanval gekom.
Verskeie projekte en aktiwiteite is geloods waarvan die volgende die belangrikste is:
- Raduga Kleuterskool waar jaarliks ongeveer 75 kleuters van Jesus se liefde geleer, gevoed en voorberei word op die lewe na die kleuterskool. Hierdie kleuters word finansieel ondersteun deur “aanneemouers”. Ongelukkig word meer “aanneemouers” benodig.
- ‘‘n Weeshuis vir groter kinders wat geen heenkome het.
- Berading by die aborsie kliniek voordat enige aborsie gedoen word
- Sondag kerkdienste.
- Gemeenskapsprojekte soos Love Reni en Masada Kinderkamp.
Ockert en Michele besoek jaarliks SA om te kom rus, ondersteuners te besoek en hul visums te hernu. Hierdie jaar het hulle op 20 September aangekom. Michele se pa is op 21 September oorlede en op 23 September is ‘n gedenkdiens in Pretoria gehou. Hulle het op 1 Oktober in ons omgewing aangekom en in Kleinbrakrivier tuisgegaan. Ockert het op 2 Oktober siek geword, op Saterdag 9 Oktober is hy in die hospitaal opgeneem en Hemel Vader het hom kom haal op 11 Oktober. Dit het as ‘n groot skok gekom. Michele getuig soos volg “Ockert het sy lewensreis volhardend voltooi, onwrikbaar in sy geloof en het gewys wat liefde vir mekaar beteken en het soveel mense na Jesus gelei”. Sy gedenkdiens en begrafnis was op 16 Oktober in George
Michele en hul een seun het besluit om terug te gaan na Reni en gaan voortgaan met die werk wat hulle saam begin het. Hulle plaas hulle vertroue in die Here Jesus om hulle met wysheid en insig te seën. Hulle plaas hulle vertroue in die HerenJesus nom hulle met wysheid en insig te seën.
Ivan, Michele het sy matriek voltooi en wil graag by sy broers in Amerika wees, maar as die deure nie vir hom oopgaan nie, sal hy moontlik saam met Michele na Oekraïne terugkeer. Michele se enigste dogter Mari-Alena is aan die begin van Desember 2024 gediagnoseer met graad 4 kanker (Burkitt limfoom) en ontvang chemoterapie behandeling in die Tygerberg hospital. Michele bly tans in RSA aan sodat sy Mari-Alena kan bystaan en help. Mari-Alena getuig soos volg “Faith, for me, has never felt more real. Faith is the substance of things not seen (Hebrews 11:1). It’s holding on to hope, even when things don’t make sense. God has carried me in ways I never imagined, and I’m trusting Him to keep carrying me through whatever comes next.” Enige bydraes tot haar mediese uitgawes kan gemaak word na Capitec Bank, tgv Marialena Behandeling en Nasorg, rekeningnr 2333274073, Spaarrekening.
Gebedsversoeke, videos en foto’s kan op hul Faceboek profiel Ockert Michele Potgieter besigtig word. Maandelikse nuusbriewe word ook ontvang en is by die Kerkkantoor beskikbaar.
Kontak en bankbesonderhede: Epos: nuwedag@gmail.com, Kontak nr: Op WA +380938126060
Bank: Capitec Rekeningnaam: Mev M Potgieter, Takkode: 470010, Rekeningnr: 1554335599, Soort rekening: Spaar


