Ons ondersteun Amos, Lynda en kinders wat van Noord Afrika afkomstig is en vanaf Frankryk hul evangelisasiewerk doen. Albei was Moslems wat hulle bekeer, vir Jesus aangeneem het en deur Afrika tot in SA gevlug het vir hul eie veiligheid. Omdat bekeerde Moslems geen heenkome in hul eie land het en deur die gemeenskap en familie verwerp word, het hulle ‘n “Huis van Hoop” in Frankryk begin. Die huis is oud en nie werklik geskik om in te bly en hulle werk vanaf te doen nie, maar oor die jare het verskeie uitreikgroepe hulle besoek en gehelp om die huis op te knap en beter in te rig. Hulle doen wonderlike werk en dra die evangelie entoesiasties uit d.m.v. uitreike, video’s, audio bybels en ander lektuur wat hulle self genereer. Hulle gereelde nuusbriewe bevat baie getuienisse van bekeerdes asook foto’s en gebedsversoeke.
Bank besonderhede
ABSA Bank, Campus Crusade for Christ, Reknr: 1500231366, Takkode: 632005, Verwysing: PT80204 Amos.