Die intensie is om ‘n fasiliteit daar te stel wat sal toesien dat toepaslike verhoudingsgedrewe inisiatiewe tydens alle gemeentelike aksies kan plaasvind. Dit noodsaak ook die daarstel van ‘n gemeentelike vaardigheidsdatabasis waarin alle beskikbare gemeentelikevaardighede noukeurig registreer word. Hierdie vaardighede word met die behoefte-eise van die gemeente/gemeenskap in verband gebring terwyl die Bybelse boodskap van Liefde oorgedra en gedemonstreer word.
Hierdie aksie is nog nie begin nie, maar vereis die beskikbaarheid van ‘n IT-vaardige individu vir die suksesvolle implementering hiervan.