| こんにちは Konnichiwa Nuusbrief Goeie dag liewe vriende, soos altyd is dit ‘n wonderlike plesier om hier vanuit Japan aan julle te skryf. Hier in Sapporo, Japan, is dit herfs. Dit word elke dag kouer en kouer. Ons probeer die meeste daarvan maak om die omgewing waar ons woon te geniet, want binnekort sal dit in ‘n wit wonderland van sneeu verander tot April volgende jaar. Ons deel graag hierdie gedeelte uit Jeremia met u. “Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie. Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie. Geeneen is soos U nie, o Here! U is groot, en u Naam is groot in krag. Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.” Jeremia 10:3-7 Afrikaans 53/vertaling Tydens ‘n onlangse oggend stiltetyd het ek hierdie gedeelte gelees. Dit was interresant om die gedeelte te lees met Japan in gedagte, omdat ons hierin Japan gereeld afgodsbeelde soortgelyk aan waarna Jeremia verwys sien. Afgode gemaak met mensehande, versier met mensehande en afgode wat nie kan praat, hoor of self beweeg nie. Soortgelyk aan die omliggende nasies van Israel in die Ou Testament, aanbid die Japannese hierdie afgodsbeelde. Hulle aanbid hulle soms met die grootste en diepste vertroue dat hierdie beelde die mag besit om hul lot te verander. Dit is moeilik om te sien, maar ons vind bemoediging uit die woorde van Jeremia en beaam wat hy sê: Daar is niemand soos U nie, Here, U is groot en U naam is groot in mag. Die Skepper van hierdie aarde, is nie met mense hande gemaak nie, maar heers oor die hele aarde. Hy is op die troon en Hy roep mense na Homself. Mag Hy gesoek word deur Japannese mense terwyl Hy nog gevind kan word. Dankie dat u die tyd neem om ons nuusbrief te lees.Taalstudies ![]() Nadine is tans besig met die intermediêre kursus en ek begin binnekort met die intermediêre kursus. Deel van die intermediêre kursus is die aanvullende kursus oor Christelike leefwyse. In hierdie kursus leer ons hoe om in Japannees te bid, hoe om ons getuienisse in Japannees te deel asook belangrike Bybelse terminologie. Ons maak goeie vordering met ons Japannese taalstudies, alhoewel situasies soos om na die ginekoloog te gaan, dokumente vir die hospitaal in te vul en Nadine se geboorteplan te moet bespreek, alles in Japannees, steeds baie uitdagend is. Alhoewel dit nie perfek is nie, kon ons al hierdie dinge doen daarom is ons dankbaar. Ons is dankbaar dat daar nie ‘n gebrek aan selfvertroue om te praat by ons aanwesig is nie, wat reeds ‘n groot oorwinning en genade is. Ons het sekerlik alreeds ons name teveel geplank om enigsins verder skaam te wees. Verlede Sondag moes ons terugvoer voor die kerk gee sonder enige voorbereiding en ons het dit net eenvoudig gedoen. Ten spyte van grammatites foute, kon ons die boodskap oordra. Center Visit ![]() ![]() Vanaf einde Augustus tot middel September was ons op wat ‘n centre visit genoem word. Vir 2 weke het ons na Kanto (’n gebied wat Tokio insluit) en Tohoku (noordelike deel van Honshu-eiland) gereis. Ons het Japannese kerke besoek, met Japannese dominees vergader en tyd saam met mede-sendelinge deurgebring. Die doel van ons Centre visit was om ander dele van Japan te besoek waar OMF werk en ‘n voorsmakie te kry van moontlike toekomstige bedieninge waarby ons graag betrokke wil wees. Daarna moes ons ‘n verslag geskryf het wat terugvoer gee oor ons besoeke. Deel van die verslag was vrae soos, wat is ons sterkpunte, swakpunte, bedieningsbelangstellings, wil ons in die stad of platteland bedien. Wil ons saam mede-sendelinge werk of saam met ‘n Japannese dominee. Ons moes ook ‘n visieverklaring vir ons toekomstige bediening in Japan ingesluit het. Ons deel graag ons visieverklaring/ vision statement met jullle: “By God’s grace we want to be used my Jesus to make Japanese friends, enter their world in creative ways, see them come to know Jesus and help them to grow in their understanding of the Bible so that they can impact their families and the wider community for the Gospel.” Dit het ons regtig laat dink oor wat ons wil doen, of dit kreatiewe bediening, dissipelskap-bediening of kerkplanting of evangelisasie is, is ons opgewonde terwyl ons oor die toekoms dink. ![]() Kunitachi Christ Church Bybelstudie in Tokyo Dit was ‘n baie bemoedigende Bybelstudie. Een van die dames wat die Bybelstudie bygewoon het, het groot belangstelling getoon om ‘n Christen te word. Hulle het baie vrae vir ons gehad, want hulle het nog nooit vantevore sendelinge ontmoet nie. ‘n Paar moeilike teologiese vrae soos waarom ‘n liefdevolle God swaarkry in die wêreld toelaat, is gevra. Ons het ons bes probeer om hierdie vrae te beantwoord, maar dit het ons begeerte hernu om ons Bybelse Japannese terminologie te verbeter. Leah het haar 3de verjaarsdag op die 16de September gevier. Omdat sy 3jaar oud geword het, kon sy met kleuterskool begin het. Sy het begin Oktober met Japannese kleuterskool begin. Ons het baie vir haar gebid, omdat sy ‘n heeltemal ander omgewing betree. Ons self weet hoe moeilik dit kan wees om vanaf die bekende SA na Japan toe moes kom en aanpas. By die kleuterskool word alles in Japannees gedoen. Daar is geen Engels nie. Daarom was ons ‘n bietjie bekommerd oor hoe sy dit sou ervaar. Maar deur die genade van die Here is haar ervaring so positief. Sy kan nie wag om kleuterskool toe te gaan nie. Sy hardloop elke oggend met groot vreugde weg om op die bus te klim. Meeste van die tyd groet sy ons nie eers nie, so opgewonde is sy. Ons is so dankbaar.Baba SeuntjieGeskryf deur Nadine Ek is nou 36 weke swanger. Tot dusver was my swangerskap gesond en dit gaan goed. Ons klein babaseuntjie weeg 2.7 kg. Sy verwagte geboortedatum is rondom die 20ste November. Ons maak vordering met die voorbereiding van wat ons vir hom nodig het. Omdat daar geen tradisie soos babatees in Japan is nie, sal ons slegs die minimale baba benodighede aankoop wat ons vir hom nodig het. Eintlik is dit ‘n seëning, want woonstelle in Japan is klein en ons probeer om eenvoudig en minimalisties te leef juis omdat spasie beperk is. As die Here wil, sal hy in die Sapporo-maternity women’s hospital gebore word. Japanese hospitale vereis dat vroue 5 dae in die hospitaal moet bly na geboorte. My kraamverlof begin die 7de November, wat my bietjie tyd sal gee om te kan rus en laaste voorbereidings te doen. Bid asseblief soos die verwagte datum nader kom vir ‘n gesonde geboorte.2026 Begroting Geskryf deur ElmarSeptember is gewoonlik die maand waarin alle OMF-sendelinge se begrotings deur die finansiële span van OMF Japan hersien word. Ons is so dankbaar dat ons goed ondersteun is sedert ons na Japan gekom het. Ons wil julle bedank vir julle getroue ondersteuning en ons wil Jesus eer vir Sy voorsiening. As gevolg van redes soos die byvoeging van ‘n klein baba en Leah se kleuterskool, moet ons ondersteuning met 10% per maand toeneem. Bid asseblief dat die Here hierdie groei in ons inkomste sal moontlik maak. Hy is so getrou! ![]() Kosbare tyd saam met mede-OMF sendelinge van Kanada.Gebedsversoeke Bid asseblief vir: *Ons Japannese taalstudies. * Ons gesondheid, liggaamlik en geestelik. *Nadine se swangerskap. Bid asseblief vir ‘n gesonde kraam. * Bid asb vir Elmar wat sy Japanese lisensie die 7de November moet doen. *Bid asseblief dat Leah aanhou sal aanpas by Japannese kleuterskool. * Bid asseblief vir die Japannese nasie en die bekering van siele in Japan. Baie dankie dat jy ons nuusbrief gelees het, ons roeping na Japan ondersteun en vir ons bid. Baie liefde, Elmar, Nadine en Leah ![]() |
| Kontak besonderhede: Elmar: 079 991 3321 Nadine: 084 396 8648 Bankbesonderhede: OMF International SA Standard Bank 200873954 Verwysing: Durand/ JOU NAAM |
PAARL-Skool
Ondersteuningsdienste by Paarl Skool
Die skool akkommodeer leerders van 5-18 jaar oud en bied ‘n Voorskoolse, Grondslag-, Intermediêre, Senior, Funksionele en Werkvoorbereidingsfase wat aangepaste onderrigmetodes en assesseringstegnieke gebruik, wat lei tot positiewe en suksesvolle leerervarings. Ongelukkig kom baie kinders uit benadeelde agtergronde, en hul ouers kan nie bekostig om hul skool-, bus- of koshuisgelde te betaal nie.
Lees meer “PAARL-Skool”Die Woord binne die stilte – Bybel vir Dowes
Beste Bybelvennoot
Hierdie September, tydens Dowebewustheidsmaand, het die Bybelgenootskap Die Woord binne die Stilte fondsinsamelingsveldtog geloods – ’n projek wat help om die Engelse Bybel vir Dowes gratis aan Dowes te voorsien deur skole en organisasies wat die dowe gemeenskap dien.
Lees meer “Die Woord binne die stilte – Bybel vir Dowes”Nasionale Biddag vir Dowes – 07 September 2025, Nasionale Instituut vir Dowes
Nasionale Biddag vir Dowes – 07 September 2025 Op hierdie Biddag vir Dowes eer ons die taal van die hande, die krag van stille geloof, en die skoonheid van gebede wat verder strek as woorde. Ons bid vir Dowes en persone met gehoorverlies. Mag vrede, liefde, hoop en begrip die dowe gemeenskap vandag en altyd omring.
On this Prayer Day for the Deaf, we honor the language of hands, the power of quiet faith, and the beauty of prayers heard beyond words. We pray for the Deaf and persons with hearing loss. May peace, love, hope and understanding surround the Deaf community today and always.
Lees meer “Nasionale Biddag vir Dowes – 07 September 2025, Nasionale Instituut vir Dowes”Sending aan die Melaatse: Nuus om trots te maak!
Hallo
U kan trots voel oor u kranige span van die Sending aan die Melaatse wat die afgelope klompie dae betrokke was om mense te red uit die kloue van melaatsheid.
Elena van den Berg het haastig uit Durban vertrek om meer as 150 km af te lê na Empangeni waar sy “Bheka” moes opspoor, wie op 21-jarige ouderdom, uiteindelik met melaatsheid gediagnoseer is. Ek sê uiteindelik, want hy het reeds op skool simptome van melaatsheid gehad.
Frontiers-SA 5 Dag Gebedsgids tydens HAJJ
HAJJ
Een keer per jaar kom sowat 2-3 miljoen Moslems van regoor die wêreld in Mekka, Saoedi-Arabië, bymekaar vir ‘n 5-dae lange pelgrimstog genaamd die Hadj. As een van die vyf pilare van Islam, word elke Moslem wat finansieel daartoe in staat is, vereis om hierdie reis te onderneem. Gedurende die tyd in Mekka voer mans en vroue ‘n reeks godsdienstige rituele en simboliese rituele uit terwyl hulle God soek en vergifnis vra vir hul sonde. Baie Moslems beskou hul hadj-ervaring as die geestelike hoogtepunt van hul lewens.
Gebruik en deel asseblief hierdie PDF-kopie van die gebedsgids om te bid vir hierdie verlore siele wat werklik die Een Ware God soek. Mag al die pelgrims deur ervaring weet en verkondig, net soos koning Dawid: “Daar is niemand soos U nie, HERE, en daar is geen God behalwe U nie, soos ons met ons eie ore gehoor het.” (2 Kron. 17:20)
Lees meer “Frontiers-SA 5 Dag Gebedsgids tydens HAJJ”Frontiers SA Prayer Calendar 28 Feb-29 March 2025
About Frontiers
With love and respect, inviting all Muslim peoples to follow Jesus.
The goal of Frontiers is to see the Great Commission fulfilled among all Muslim peoples of
the world.
“How then will they call on him in whom they have not believed? And how are they to
believe in him of whom they have never heard? And how are they to hear without someone preaching? And how are they to preach unless they are sent?” -Romans 10:14–15
Sendingnuus uit Suid-Asië
NEWS FROM SOUTH ASIA
Friends,
It’s a beautiful autumn Saturday outside. In our corner of world the sun took its sweet time to rise over hazy hills this morning. The birds began their melodious songs outside our window, and the dogs ceased their raspy barking in the distance. The buses started their early morning descents into the city, and all around our neighbours ventured out for their “marning waalks.” One of us left early to the market. The other one turned to the piano to start practicing Christmas songs, as our team has two turns during Advent.
Lees meer “Sendingnuus uit Suid-Asië”10de Tsabong Missionale Konferensie – DRCB Tsabong
Bid asseblief saam met ons in die komende dae dat God die harte, gedagtes en lewens van mense sal aanraak. Spreker Dr. Frans Hancke.
Sendingnuus: Operasie Mobilisasie
Operasie Mobilisasie:
Onderhoud van dr. Phil Loots (RSG) met die Direkteur van Operasie Mobilisasie – Andre van der Bergh
Engaging Frontiers : Engaging cousins – Online Seminar

Getuienis – Riaan Naude
Sendingnuus – Gerrie en Arlene Coetzee
Goeie dag vriende
Ons vertrou dat 2024 vir julle almal goed begin het!
Hiermee ons eerste nuusbrief vir die jaar.
Baie dankie vir almal se getroue lees, ondersteuning en gebede.
Groete in Christus
Gerrie en Arlene
Lees meer “Sendingnuus – Gerrie en Arlene Coetzee”Sending: Gerrie en Arlene Coetzee – Nuusbrief Einde 2023
Die doel van die EMT (ETHNOS MISSION TRAINING kursus) waarby ons as deel van die
opleidingspan betrokke is, is beide om die studente bewus te maak van God se oproep op mense om
Sy boodskappers te word, en ook om hulle te help om te verstaan wat van hulle persoonlik in hulle
verhouding met God verwag word voordat hulle ook soos Jesaja kan se: “Hier is ek! Stuur my!” .
Arbeidsbediening Kaapstreek of IMSA (Industrial Ministry SA – Cape Region)
With this edition of the Industrial Ministry in South Africa (IMSA) newsletter for Western Cape you receive a new format of the IMSA family newsletter. We hope to in future publish the newsletter more frequently throughout the year in electronic format to keep members of the IMSA Family informed about what is happening elsewhere in our region. However, it is our intention to print several hard copies for those people who do not have access to
electronic media.
DRINGENDE GEBED NODIG VIR CHRISTENE IN PAKISTAN
Ons familie in Pakistan is in pyn gedompel na die geweld van bende-aanvalle op minstens 20 kerke en 93 huise wat aan Christene behoort.
Sondag, 20 Augustus, het groepe Christene in Jaranwala, Pakistan, buite bymekaargekom vir hul kerkdiens. In plaas daarvan om in banke of op stoele te sit, het hulle langs gebrande mure gesit. In stede van aanbidding in ʼn kerk met sierglas vensters en pragtige argitektuur, het hulle bymekaar gekom tussen gebreekte glas en hope rommel. En in stede daarvan om terug te keer huis toe vir ʼn familie-ete, kon talle gelowiges nie huis toe gaan nie – hulle huise lê in puin.
Botswana: 9de Tsabong Missionale-konferensie – ds. TC du Toit
Die 9de Tsabong Missionale-konferensie het plaasgevind op Saterdag, 12 Augustus 2023, in Tsabong. Hierdie jaarlikse konferensie, waarmee ‘n aangevang gemaak is in 2013, is ‘n jaarliksegeleentheid, met uitsonderings in 2020 en 2021 weens die uitdagings wat deur die Covid-pandemic en sy nasleep veroorsaak is.
Dr. Frans Hancke, die Uitvoerende Direkteur van DiePLAN Assosiasie, het vir die 8ste keer as die spreker opgetree. Hy was reeds, nog voor die aanvang van hierdie jaarlikse byeenkomste, sedert 2010 betrokke by die DRCB (Dutch Reformed Church in Botswana) Gemeente in Tsabong.
Lees meer “Botswana: 9de Tsabong Missionale-konferensie – ds. TC du Toit”Tsabong se MissionaleJaarlikse Konferensie – 12 Augustus in Botswana
I’m forwarding (below) the information of the upcoming Tsabong Missional Conference of 12th of August 2023. Please pray along with us for this event.
Lees meer “Tsabong se MissionaleJaarlikse Konferensie – 12 Augustus in Botswana”Atlete vir Christus 2023 – afsluiting by NG Kerk Groot-Brakrivier
Atlete vir Christus is ’n uitreikaksie van Kruiskerk/Moederkerk, Stellenbosch. Die span bestaan uit ’n groep Maties wat met entoesiasme en liefde Jesus se Naam verkondig, onder meer by ouetehuise en in gevangenisse. Hulle leuse is “Ons hardloop, sing en gesels Christus”. Elke jaar samel hulle fondse in vir die getuienis- en toerustingswerk wat Bybel-Media in Suid-Afrikaanse tronke doen.
Lees meer “Atlete vir Christus 2023 – afsluiting by NG Kerk Groot-Brakrivier”Sending aan die Melaatse: 67 Minute vir Sending
| Mandela Dag 18 Julie 2023 Hello Vriende Suid-Afrikaners word uitgenooi om 67 minute opsy te sit vir Mandela Dag op Dinsdag, 18 Julie. Hier is ‘n voorstel hoe u daardie 67 minute kan gebruik om die Sending aan die Melaatse te help – ek noem dit 67 Minute vir Sending: Die Sending aan die Melaatse is ‘n begunstigde van die My Village Card program. Telkens wanneer die kaart by deelnemende handelaars gebruik word, ontvang die benoemde begunstigde ‘n deel van die koste van die transaksie. Daar is geen koste vir die gebruiker nie. Die kaart is gratis en die waarde van die transaksie word nie geraak nie. Gebruik asseblief u 67 minute om hierdie boodskap aan u familie en vriende te stuur, en nooi hulle gerus uit om by My Village aan te sluit. Sodra hulle op die webtuiste aangeteken het, kan hulle die Sending aan die Melaatse (Leprosy Mission) as begunstigde benoem. Hier is die skakel om aan te sluit: https://www.myschool.co.za/portal/register ![]() My doelwit is om ons My Village familie met 2 000 mense te laat groei.Sal u my help tydens u 67 Minute vir Sending om ‘n stap nader aan daardie teiken te kom? Met opregte dank, Pieter Laubscher Uitvoerende Direkteur Sending aan die Melaatse Suidelike Afrika 073 470 3185 Bankbesonderhede: Eerste Nasionale Bank, Balfour Park, Takkode: 212217, Rekeningnommer: 51471056974 |
| Kopiereg © 2023 Sending aan die Melaatse. Alle regte voorbehou. |






Geskryf deur Elmar

