‘Seisoen van Konflik’ : ‘n Seisoen van Geleenthede’

Seisoen van Konflik - Seisoen van Geleentheid! Mike Burnard

Die NG Kerk – Groot-Brakrivier het op 30 Mei 2026 ‘n interessante ontbyt gereël in die Kerksaal. Die spreker, Mike Burnard, is ‘n kenner in die Sendingveld. Hy is al vir vyftig jaar besig in die uitdra van die Koninkryk se Evangelie internasionaal.

Hy is ‘n dinamiese spreker wat die ernstige onrus in die Midde-Ooste vanuit ‘n Konkryks perspektief beskou. Die gehoor is daarop gewys dat mens nie polities na al die gebeure moet kyk nie, maar met ‘n bril vanuit ‘n Verlossings perspektief.

Daar is honderde duisende mense wat sterf in die onsinnige geweld van die oorlog. Die Heilige Gees is egter werksaam in die Midde Ooste, soos blyk uit die beskikbaarheid van die Woord van God en verhale van talle bekeerdes. Ontwortelde mense wat by Christene in die areas ‘n lawende heenkome vind.

Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike ontbyt wat keurig voorberei is deur die Gasvryheidsbediening. Dank aan die Getuienisbediening se span wat die oggend geïnisieer het.

Mike Burnard

Vir die afgelope 50 jaar het Mike en Helen die voorreg gehad om Christene te dien in lande in Afrika, die Arabiese Wêreld, die Midde Ooste, Asië, die Sub-kontinent, Europa en die Amerikas.

Mike was vir 25 jaar betrokke by Geopende Deure, ‘n bediening wat Christene in geslote lande dien deur bystand en hulp te verleen. Mike was ook die stigter van INcontext International, ‘n media bediening wat die Kerk bystaan om wêreldgebeure vanuit ‘n sending en Koninkrykskonteks te interpreteer.

In 2020 aanvaar Mike die beroep as Sending Konsultant en Analitiese Strateeg by dia-LOGOS. Mike se fokus in die kapasiteit bevestig sy liefde en passie vir die vervolge kerk en wy hy homself sedertdien toe as dienskneg van Christene in geslote lande. Mike en Helen is ook die outeurs van verskeie boeke wat Christene uitdaag tot ‘n lewe van transformasie en toewyding.

Kontak besonderhede:

DIALOGOS Webtuiste
TheThirdWay Webtuiste

Nadine en Elmar Du Rand – こんにちはKonnichiwa Nuusbrief

Nadine en Elmar Du Rand NG Kerk Groot-Brakrivier

こんにちは
Konnichiwa Nuusbrief

Goeie dag liewe vriende,
soos altyd is dit ‘n wonderlike plesier om hier vanuit Japan aan julle te skryf. Hier in Sapporo, Japan, is dit herfs. Dit word elke dag kouer en kouer. Ons probeer die meeste daarvan maak om die omgewing waar ons woon te geniet, want binnekort sal dit in ‘n wit wonderland van sneeu verander tot April volgende jaar.

Ons deel graag hierdie gedeelte uit Jeremia met u.

Lees meer “Nadine en Elmar Du Rand – こんにちはKonnichiwa Nuusbrief”

PAARL-Skool

PAARL-SKOOL

Ondersteuningsdienste by Paarl Skool

Die skool akkommodeer leerders van 5-18 jaar oud en bied ‘n Voorskoolse, Grondslag-, Intermediêre, Senior, Funksionele en Werkvoorbereidingsfase wat aangepaste onderrigmetodes en assesseringstegnieke gebruik, wat lei tot positiewe en suksesvolle leerervarings. Ongelukkig kom baie kinders uit benadeelde agtergronde, en hul ouers kan nie bekostig om hul skool-, bus- of koshuisgelde te betaal nie.

Lees meer “PAARL-Skool”

Nasionale Biddag vir Dowes – 07 September 2025, Nasionale Instituut vir Dowes

2025-09-07 Biddag vir dowess

Nasionale Biddag vir Dowes – 07 September 2025 Op hierdie Biddag vir Dowes eer ons die taal van die hande, die krag van stille geloof, en die skoonheid van gebede wat verder strek as woorde. Ons bid vir Dowes en persone met gehoorverlies. Mag vrede, liefde, hoop en begrip die dowe gemeenskap vandag en altyd omring.

On this Prayer Day for the Deaf, we honor the language of hands, the power of quiet faith, and the beauty of prayers heard beyond words. We pray for the Deaf and persons with hearing loss. May peace, love, hope and understanding surround the Deaf community today and always.

Lees meer “Nasionale Biddag vir Dowes – 07 September 2025, Nasionale Instituut vir Dowes”

Sending aan die Melaatse: Nuus om trots te maak!

Melaatse Sending - Opleiding Geleentheid in Durban

Hallo
 U kan trots voel oor u kranige span van die Sending aan die Melaatse wat die afgelope klompie dae betrokke was om mense te red uit die kloue van melaatsheid.

Elena van den Berg het haastig uit Durban vertrek om meer as 150 km af te lê na Empangeni waar sy “Bheka” moes opspoor, wie op 21-jarige ouderdom, uiteindelik met melaatsheid gediagnoseer is.  Ek sê uiteindelik, want hy het reeds op skool simptome van melaatsheid gehad.  

Lees meer “Sending aan die Melaatse: Nuus om trots te maak!”

Frontiers-SA 5 Dag Gebedsgids tydens HAJJ

Hajj Five Day Prayer Guide.

HAJJ

Een keer per jaar kom sowat 2-3 miljoen Moslems van regoor die wêreld in Mekka, Saoedi-Arabië, bymekaar vir ‘n 5-dae lange pelgrimstog genaamd die Hadj. As een van die vyf pilare van Islam, word elke Moslem wat finansieel daartoe in staat is, vereis om hierdie reis te onderneem. Gedurende die tyd in Mekka voer mans en vroue ‘n reeks godsdienstige rituele en simboliese rituele uit terwyl hulle God soek en vergifnis vra vir hul sonde. Baie Moslems beskou hul hadj-ervaring as die geestelike hoogtepunt van hul lewens.

Gebruik en deel asseblief hierdie PDF-kopie van die gebedsgids om te bid vir hierdie verlore siele wat werklik die Een Ware God soek. Mag al die pelgrims deur ervaring weet en verkondig, net soos koning Dawid: “Daar is niemand soos U nie, HERE, en daar is geen God behalwe U nie, soos ons met ons eie ore gehoor het.” (2 Kron. 17:20)

Lees meer “Frontiers-SA 5 Dag Gebedsgids tydens HAJJ”

Frontiers SA Prayer Calendar 28 Feb-29 March 2025

Ramadan Prayer Guide 2025 Frontiers SA

About Frontiers

With love and respect, inviting all Muslim peoples to follow Jesus.
The goal of Frontiers is to see the Great Commission fulfilled among all Muslim peoples of
the world.

“How then will they call on him in whom they have not believed? And how are they to
believe in him of whom they have never heard? And how are they to hear without someone preaching? And how are they to preach unless they are sent?” -Romans 10:14–15

Lees meer “Frontiers SA Prayer Calendar 28 Feb-29 March 2025”

Sendingnuus uit Suid-Asië

snow covered mountain

NEWS FROM SOUTH ASIA

Friends,

It’s a beautiful autumn Saturday outside. In our corner of world the sun took its sweet time to rise over hazy hills this morning. The birds began their melodious songs outside our window, and the dogs ceased their raspy barking in the distance. The buses started their early morning descents into the city, and all around our neighbours ventured out for their “marning waalks.” One of us left early to the market. The other one turned to the piano to start practicing Christmas songs, as our team has two turns during Advent.

Lees meer “Sendingnuus uit Suid-Asië”

Sending: Gerrie en Arlene Coetzee – Nuusbrief Einde 2023

Gerrie en Arlene

Die doel van die EMT (ETHNOS MISSION TRAINING kursus) waarby ons as deel van die
opleidingspan betrokke is, is beide om die studente bewus te maak van God se oproep op mense om
Sy boodskappers te word, en ook om hulle te help om te verstaan wat van hulle persoonlik in hulle
verhouding met God verwag word voordat hulle ook soos Jesaja kan se: “Hier is ek! Stuur my!” .

Lees meer “Sending: Gerrie en Arlene Coetzee – Nuusbrief Einde 2023”

Arbeidsbediening Kaapstreek of IMSA (Industrial Ministry SA – Cape Region)

With this edition of the Industrial Ministry in South Africa (IMSA) newsletter for Western Cape you receive a new format of the IMSA family newsletter. We hope to in future publish the newsletter more frequently throughout the year in electronic format to keep members of the IMSA Family informed about what is happening elsewhere in our region. However, it is our intention to print several hard copies for those people who do not have access to
electronic media.

Lees meer “Arbeidsbediening Kaapstreek of IMSA (Industrial Ministry SA – Cape Region)”

DRINGENDE GEBED NODIG VIR CHRISTENE IN PAKISTAN

Ons familie in Pakistan is in pyn gedompel na die geweld van bende-aanvalle op minstens 20 kerke en 93 huise wat aan Christene behoort.


Sondag, 20 Augustus, het groepe Christene in Jaranwala, Pakistan, buite bymekaargekom vir hul kerkdiens. In plaas daarvan om in banke of op stoele te sit, het hulle langs gebrande mure gesit. In stede van aanbidding in ʼn kerk met sierglas vensters en pragtige argitektuur, het hulle bymekaar gekom tussen gebreekte glas en hope rommel. En in stede daarvan om terug te keer huis toe vir ʼn familie-ete, kon talle gelowiges nie huis toe gaan nie – hulle huise lê in puin.

Lees meer “DRINGENDE GEBED NODIG VIR CHRISTENE IN PAKISTAN”

Botswana: 9de Tsabong Missionale-konferensie – ds. TC du Toit

Die 9de Tsabong Missionale-konferensie het plaasgevind op Saterdag, 12 Augustus 2023, in Tsabong. Hierdie jaarlikse konferensie, waarmee ‘n aangevang gemaak is in 2013, is ‘n jaarliksegeleentheid, met uitsonderings in 2020 en 2021 weens die uitdagings wat deur die Covid-pandemic en sy nasleep veroorsaak is.

Dr. Frans Hancke, die Uitvoerende Direkteur van DiePLAN Assosiasie, het vir die 8ste keer as die spreker opgetree. Hy was reeds, nog voor die aanvang van hierdie jaarlikse byeenkomste, sedert 2010 betrokke by die DRCB (Dutch Reformed Church in Botswana) Gemeente in Tsabong.

Lees meer “Botswana: 9de Tsabong Missionale-konferensie – ds. TC du Toit”

Atlete vir Christus 2023 – afsluiting by NG Kerk Groot-Brakrivier

Atlete vir Christus

Atlete vir Christus is ’n uitreikaksie van Kruiskerk/Moederkerk, Stellenbosch. Die span bestaan uit ’n groep Maties wat met entoesiasme en liefde Jesus se Naam verkondig, onder meer by ouetehuise en in gevangenisse. Hulle leuse is “Ons hardloop, sing en gesels Christus”. Elke jaar samel hulle fondse in vir die getuienis- en toerustingswerk wat Bybel-Media in Suid-Afrikaanse tronke doen.

Lees meer “Atlete vir Christus 2023 – afsluiting by NG Kerk Groot-Brakrivier”