Besef jy dat God op hierdie oomblik besig is om sy ewigheidsplan deur jou lewe tot uitvoer te bring? Skakel af – wees ontvanklik vir die werking van sy Gees en laat Hy jou insig gee (Spr 9:10; Luk 24:45) in die ontdekking van die ewige skat in sy Woord.
Spr 9:10;
10Die begin van wysheid
is ontsag vir die Here,
en kennis van die Heilige is insig.
Luk 24:45
45Daarop het Hy hulle verstand daarvoor geopen om die Skrifte te verstaan,
Lees Gen 12:1-3; Ps 67
Gen 12:1-3
21Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys.
2“Ek sal jou ‘n groot nasie maak;
Ek sal jou seën en jou naam groot maak,
sodat jy ‘n seën sal wees.
3Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.
En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”
Ps 67
671Vir die •musiekleier. Met snarespel. ‘n Psalm. ‘n Lied.
2Mag God ons genadig wees
en ons seën;
mag Hy die lig van sy aangesig
by ons laat skyn. •Sela
3Mag U pad op die aarde bekend wees,
u verlossing onder al die nasies.
4Mag volke U prys, o God,
mag al die volke U prys.
5Mag nasies bly wees en jubel,
want U oordeel volke billik;
en nasies, mag U hulle
op die aarde lei. Sela
6Mag volke U prys, o God,
mag al die volke U prys.
7Die aarde het sy opbrengs gelewer.
Mag God, ons God, ons seën.
8Mag God ons seën,
sodat al die uithoeke van die aarde
vir Hom ontsag sal hê.
DIEPER DELF: Vgl ook Jes 45:23; Ps 119:175.
Jes 45:23
23By Myself sweer Ek,
uit my mond gaan ‘n belofte
oor geregtigheid,
en dit sal nie herroep word nie:
Voor My sal elke knie buig,
elke tong sal plegtig verklaar,
Ps 119:175
175Hou my lewend
sodat ek U kan loof
en laat u beslissings my help.
Skryf die gedagte neer wat in beide hierdie Skrifgedeeltes uitstaan. (Let veral op die sodat in Ps 67:3; Joh 3:16.)
PS 67:3 (1935/1992 Vertaling)
3sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,
sy reddende krag onder alle nasies.
Joh 3:16
16Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
God se plan – ons kan dit God se sending noem – het ten doel dat die ganse skepping Hom (as God) sal loof en eer. Hierin speel die mens ’n sentrale rol. In die Ou Testament roep God vir Abram (Abraham) en sluit met hom ’n verbond om ’n seën vir die nasies te wees
Gen 12:1-3
121Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys.
2“Ek sal jou ‘n groot nasie maak;
Ek sal jou seën en jou naam groot maak,
sodat jy ‘n seën sal wees.
3Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.
En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”
Soos Abraham, moes sy nageslag, die volk Israel, ook tot ’n seën vir die nasies wees. Dit het in die Ou Testament hoofsaaklik op drie maniere na vore gekom:
- Deurdat mense na Israel aangetrek moes word
omdat die kragtige teenwoordigheid en dade
van die Here daar ’n sigbare werklikheid was.
DIEPER DELF: Lees gerus ook: Sag 8:20-23; Ps 87:4-6; 106:8; Deut 28:1-12; 2 Kron 6:32-33; Jes 55:5.
Sag 8:20-23
20“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Daar sal weer volke en inwoners van baie stede hierheen kom. 21Die inwoners van een stad sal na ‘n ander stad gaan en sê, “Kom, laat ons dadelik gaan om die Here se guns te soek en die Here, Heerser oor alle magte, te raadpleeg. Ek gaan ook!” 22Baie volke en magtige nasies sal kom om die Here, Heerser oor alle magte, in Jerusalem te raadpleeg en die Here se guns te soek.’
23“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Dit sal in daardie dae wees dat tien mense uit al die tale van die nasies die kleed van ‘n Jood gryp en vashou terwyl hulle sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.” ’ ”
Ps 87:4-6
4“Ek sal Rahab en Babilonië noem
onder dié wat My erken,
ja, Filistea en Tirus saam met Kus
onder dié wat daar gebore is.”
5En oor Sion sal daar gesê word:
“Man vir man is in haar gebore,
en die Allerhoogste self
hou haar in stand.”
6Die Here teken in die •boekrol
van volke op:
“Hierdie een is daar gebore.” Sela
Ps 106:8
8En tog het Hy hulle verlos
ter wille van sy Naam,
om sy mag bekend te maak.
Deut 28:1-12
281“As jy aandagtig luister na die stem van die Here jou God deur al sy gebooie wat ek vandag vir jou voorskryf, nougeset na te kom, sal die Here jou God jou verhoog bo al die nasies van die aarde. 2Al hierdie seëninge sal jy ontvang, en dit sal jou deel word as jy luister na die stem van die Here jou God:
3“Geseënd sal jy wees in die dorp en geseënd sal jy wees in die veld! 4Geseënd die vrug van jou liggaam, die vrug van jou grond en die vrug van jou diere – die aanteel van jou beeste en die aanwas van jou kleinvee! 5Geseënd jou mandjie, en jou knieskottel!
6“Geseënd sal jy wees wanneer jy terugkeer en geseënd sal jy wees wanneer jy uittrek. 7Die Here sal jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan. Met een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie sal hulle voor jou uit vlug.
8“Die Here sal vir jou seën stuur – in jou graanskure en in alles waaraan jy jou hand waag. Ja, die Here jou God sal jou seën in die land wat Hy vir jou gaan gee.
9“Die Here sal jou vestig as ‘n heilige volk vir Hom, soos Hy aan jou met ‘n eed beloof het. As jy die gebooie van die Here jou God nakom en sy paaie volg, 10sal al die volke van die aarde sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal ontsag vir jou hê. 11Op die grond wat die Here aan jou voorvaders met ‘n eed beloof het om aan jou te gee, sal die Here aan jou ryke oorvloed skenk met die vrug van jou liggaam, die vrug van jou diere en die vrug van jou grond. 12Die Here sal vir jou sy goeie skatkamer, die hemel, oopmaak om die reën van jou land op tyd vir jou te gee en al jou handewerk te seën. Jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal self nie hoef te leen nie.
2 Kron 6:32-33
32“En ook die buitelander wat nie deel van u volk Israel is nie, maar uit ‘n ver land kom ter wille van u groot Naam, u sterk hand en uitgestrekte arm – wanneer hy dan kom en in die rigting van hierdie tempel bid, 33moet U self hoor uit die hemel, die plek van u verblyf. U moet dan optree volgens alles waaroor die buitelander U aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, en vir U ontsag mag hê soos u volk Israel, en sal besef dat dit u Naam is wat uitgeroep is oor hierdie tempel wat ek gebou het.
Jes 55:5
Kyk, jy sal ‘n nasie roep
wat jy nie ken nie;
en ‘n nasie wat jou nie ken nie,
sal na jou toe hardloop,
ter wille van die Here, jou God,
ter wille van die Heilige van Israel,
omdat Hy jou verheerlik het.”
- Deur as volk van die enige ware God só te leef dat ander jaloers sou raak en dan ook tot God aangetrokke sou word.
DIEPER DELF: Lees gerus: Deut 4:5-8; 6:1; Jes 49:1, 3, 6; 1 Kon 8:58-61; 10:1,9; Mal 3:16-18.
Deut 4:5-8
5“Kyk, ek leer julle die vaste voorskrifte en beslissings soos die Here my God my beveel het, sodat julle daarvolgens kan leef in die land waarheen julle op pad is en wat julle in besit gaan neem. 6Kom dit na en voer dit uit, want daaruit sal dit vir die nasies duidelik wees dat julle wysheid en insig het. Wanneer hulle al hierdie vaste voorskrifte hoor, sal hulle sê, ‘Wat ‘n wyse en verstandige volk is hierdie groot nasie nie!’ 7Want watter ander groot nasie het ‘n god wat so na aan hulle is soos die Here ons God aan ons is wanneer ook al ons Hom aanroep? 8Watter ander groot nasie het vaste voorskrifte en beslissings wat so regverdig is soos hierdie hele wet wat ek vandag aan julle gaan voorhou?
Deut 6:16
1“Dit dan is die gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here julle God my beveel het om julle te leer, dat julle dit kan uitleef in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem –
Jes 49:1, 3, 6;
491Luister na my, eilande,
gee aandag, afgeleë nasies!
Die Here het my reeds geroep
toe ek in die moederskoot was;
Hy het reeds my naam genoem
toe ek in my moeder se liggaam was.
3Hy het vir my gesê:
“Jy is my dienskneg, Israel,
deur wie Ek my heerlikheid toon.”
6Hy het gesê: “Dit is nie genoeg
dat jy vir My ‘n dienskneg is
om die stamme van Jakob op te rig nie,
om dié wat bewaar gebly het van Israel,
te laat terugkeer nie.
Ek gee jou as ‘n lig vir nasies,
sodat my heil sal strek tot aan
die uiteindes van die aarde.”
1 Kon 8:58-61
58sodat Hy ons harte na Hom sal wend om al sy paaie te volg en sy gebooie, vaste voorskrifte en bepalings na te kom wat Hy ons voorouers beveel het. 59Mag hierdie woorde van my waarmee ek voor die Here smeek, dag en nag by die Here ons God wees, sodat Hy die reg van sy dienskneg en van sy volk Israel sal handhaaf, volgens die eis van elke dag, 60sodat al die volke van die aarde mag besef dat die Here, dat Hy, God is, niemand anders nie. 61En mag julle harte volkome by die Here ons God wees, deur sy vaste voorskrifte te volg en sy gebooie na te kom soos dit vandag is.”
1 Kon 10:1,9
1Die koningin van Skeba het die berigte oor Salomo bly hoor, iets wat die Naam van die Here tot eer gestrek het. Sy het toe gekom om hom met raaisels te toets.
9Die Here u God moet geprys word, Hy wat u so goedgesind is om u op die troon van Israel te plaas. Omdat die Here Israel altyd liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te laat geskied.”
Mal 3:16-18
16Daarop het dié wat vir die Here ontsag het, met mekaar geredeneer. Die Here het goed geluister en dit gehoor. Dit is toe in sy teenwoordigheid in ‘n gedenkboek opgeteken tot voordeel van diegene wat ontsag vir die Here en respek vir sy Naam het.
17“Hulle sal aan My behoort,” sê die Here, Heerser oor alle magte, “hulle sal my persoonlike eiendom wees op die dag wat Ek voorberei. Ek sal deernis met hulle hê, soos ‘n man deernis het met sy seun wat vir hom werk. 18Dan sal julle weer die verskil sien tussen regverdiges en wetteloses, tussen wie God dien en wie Hom nié dien nie.
3. Deur God se getuies te wees vir die nasies
DIEPER DELF: Lees gerus 1 Kron 16:8, 23-31; Ps 40:4; Jes 6:8; 43:10-12; 49:1-6
1 Kron 16:8
8Prys die Here, roep sy Naam uit;
maak onder die volke
sy dade bekend!
1 Kron 16:23-31
23Sing vir die Here, o ganse aarde!
Verkondig sy verlossing
van dag tot dag!
24Maak onder die nasies
sy majesteit bekend,
onder al die volke
sy wonderdade.
25Want groot is die Here
en besonder lofwaardig;
Hy is ontsagwekkend, meer as alle gode.
26Ja, al die gode van die volke
is niksbeduidend,
maar die Here
het die hemel gemaak.
27Luister en glans
is voor Hom;
krag en blydskap
is in sy heiligdom.
28Gee erkenning aan die Here,
familiegroepe van volke!
Gee erkenning aan die Here
vir sy heerlikheid en krag!
29Gee erkenning aan die Here
vir die heerlikheid van sy Naam!
Bring offers en kom
in sy teenwoordigheid!
Buig in aanbidding voor die Here
in sy glansryke heiligheid!
30Bewe vanweë sy teenwoordigheid, o ganse aarde!
Ja, die wêreld staan vas,
dit wankel nie.
31Laat die hemel bly wees,
en die aarde juig.
Mense onder die nasies sê:
“Die Here regeer!”
Ps 40:4
4Hy het ‘n nuwe lied in my mond gelê,
‘n lofsang vir ons God.
Baie sal dit sien, en ontsag hê,
ja, hulle sal op die Here vertrou.
Jes 6:8
8Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê:
“Wie sal Ek stuur
en wie sal vir ons gaan?”
Ek sê toe:
“Hier is ek, stuur my!”
Jes 43:10-12
10“Julle is my getuies,”
is die uitspraak van die Here,
“my dienskneg wat Ek uitgekies het,
sodat julle My kan ken,
in My kan glo,
en kan insien dat dit Ek is.
Voor My is daar nie ‘n god gevorm nie,
en ná My sal daar nie een wees nie.
11Ek, ja, Ek is die Here,
en daar is geen verlosser
buiten My nie.
12Ek is die Een
wat dit bekend gemaak het;
Ek het verlos
en dit aangekondig –
Ek, nie ‘n vreemde onder julle nie.
En julle is my getuies,”
is die uitspraak van die Here,
“dat Ek God is.
Jes 49:1-6
491Luister na my, eilande,
gee aandag, afgeleë nasies!
Die Here het my reeds geroep
toe ek in die moederskoot was;
Hy het reeds my naam genoem
toe ek in my moeder se liggaam was.
2Hy het my mond
soos ‘n skerp swaard gemaak,
in die skaduwee van sy hand
het Hy my weggesteek.
Hy het my ‘n geslypte pyl gemaak,
in sy pylkoker het Hy my versteek.
3Hy het vir my gesê:
“Jy is my dienskneg, Israel,
deur wie Ek my heerlikheid toon.”
4Ek het egter gedink:
Tevergeefs het ek my
moeg gemaak.
Verniet, vrugteloos het ek
my kragte ingespan.
En tog, die beslissing oor my
lê by die Here,
my beloning is by my God.
5Maar nou, die Here het gepraat
– Hy wat my in die moederskoot
al gevorm het as ‘n dienskneg
vir Hom –
sodat ek Jakob na Hom
kan terugbring,
sodat Israel vir Hom
byeengebring kan word.
In die oë van die Here word ek geëer;
my God het my krag geword.
6Hy het gesê: “Dit is nie genoeg
dat jy vir My ‘n dienskneg is
om die stamme van Jakob op te rig nie,
om dié wat bewaar gebly het van Israel,
te laat terugkeer nie.
Ek gee jou as ‘n lig vir nasies,
sodat my heil sal strek tot aan
die uiteindes van die aarde.”
Die tong-in-die-kies opskrif (Hulle was ’n volslae mislukking) is net gedeeltelik waar, want God ( Missio Dei ) het gesorg dat vele ander na Hom gesoek – en Hom gevind het (Ps 33:10-11; Jona 1:1-2; 3:5, 8-10; 4:10-11)!
Ps 33:10-11;
10Die Here verydel
die raadsplanne van nasies,
Hy dwarsboom die planne van volke.
11Die raadsplan van die Here
bestaan vir ewig,
die planne wat Hy bedink,
van geslag tot geslag.
Jona 1:1-2;1
1Die woord van die Here het tot Jona, die seun van Amittai, gekom: 2“Staan op, gaan na die groot stad Nineve en spreek hulle aan, want die kwaad wat hulle doen, het opgestyg tot voor My.”
Jona 3:5, 8-10;
5Die mense van Nineve het toe in God geglo en ‘n vasdag uitgeroep, en hulle het almal, belangrik en onbelangrik, rouklere aangetrek.
8Mens en dier moet met ‘n roukleed bedek wees. Die mense moet God ernstig aanroep en elkeen moet hom bekeer van sy slegte gedrag en van die geweld wat aan sy hande kleef. 9Wie weet, dalk draai God terug en het Hy berou; dalk draai Hy om, weg van sy brandende toorn, sodat ons nie vergaan nie.”
10God het gesien wat hulle doen, dat hulle teruggedraai het van hulle verkeerde pad. God was jammer dat Hy gesê het Hy gaan ‘n ramp oor hulle bring, en Hy het dit toe nie uitgevoer nie.
Jona 4:10-11
10Toe sê die Here: “Jy is besorg oor die kasterolieplant waarmee jy geen moeite gedoen het nie en wat jy nie laat groei het nie, wat oornag opgekom het en oornag tot niet is. 11Maar Ek, Ek mag nie besorg wees oor Nineve nie, die groot stad waarin daar meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat die verskil tussen regs en links nie ken nie, en ook nog baie diere?”
Tog sou ons moes bely dat Israel as Ou Testamentiese sendelinge, dikwels meer ’n struikelblok in God se pad, as ’n instrument in sy hand was. Meer nog, God openbaar Homself nooit in die Ou Testament as ’n stamgod van die volk Israel nie! Die lewende Skeppergod is nie ’n stamgod nie. Reg van die begin af bemoei Hy Hom met sy héle skepping en álle mense. Hy openbaar Hom egter as die Verbondsgod wat met sy uitverkorenes (uit elke stam, volk en nasie) in ’n besondere verhouding tree. Op dié manier word sy mense deel van sy Plan om Hom so bekend te stel dat elke knie sal buig en elke tong bely dat Hy die Here is (Jes 49:3; 45:23; Eseg 24:24-27; 37:28; 39:7; Rom 14:11; Fil 2:10-11).
Jes 49:3;
3Hy het vir my gesê:
“Jy is my dienskneg, Israel,
deur wie Ek my heerlikheid toon.”
Jes 45:23;
23By Myself sweer Ek,
uit my mond gaan ‘n belofte
oor geregtigheid,
en dit sal nie herroep word nie:
Voor My sal elke knie buig,
elke tong sal plegtig verklaar,
Eseg 24:24-27;
24‘Esegiël sal vir julle ‘n teken wees: Net soos hy gedoen het, moet julle doen. Wanneer dit gebeur, sal julle besef dat Ek, die Heer, die Here is.’ ”
25“ ‘En jy, mensekind, die dag wanneer Ek hulle bergvesting van hulle wegneem, hulle pragtige bron van vreugde wat so kosbaar is in hulle oë, hulle hartsverlange, ook hulle seuns en dogters, 26op daardie dag sal een wat ontkom het, beslis by jou aankom met ‘n berig vir jou persoonlik. 27Op daardie dag sal jou mond oopgaan teenoor die een wat ontkom het; jy sal kan praat, en jy sal nie meer stom wees nie. So sal jy vir hulle ‘n teken wees, en hulle sal besef dat Ek die Here is.’ ”
Eseg 37:28;
28Die nasies sal besef dat Ek die Here is wat Israel heilig, wanneer my heiligdom vir altyd tussen hulle sal wees.
Eseg 39:7;
7My heilige Naam sal Ek bekend maak midde-in my volk Israel. Ek sal my heilige Naam nie weer laat ontwy nie. Die nasies sal besef dat Ek die Here is, heilig in Israel.
Rom 14:11;
11Want daar staan geskryf:
“So seker as wat Ek leef,
sê die Here,
voor My sal elke knie buig
en elke tong sal My as God bely.”
Fil 2:10-11
10sodat in die Naam van Jesus
elke knie sal buig –
van diegene in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde –
11en elke tong sal bely,
“Jesus Christus is die Here!”
tot eer van God die Vader.
As jy God se Ou Testamentiese sendelinge, die volk Israel, moes beoordeel – hoeveel sou jy hulle uit 10 gee, vir hoe hulle as sendelinge gevaar het?
Het jy dalk ook nog altyd gedink dat die Ou Testament net oor die volk Israel gaan? Onthou, God het nie verander nie! Bedink sy ontsaglike grootheid as Skeppergod en praat met Hom daaroor. Skryf jou gewaarwordinge neer
BEOORDELING: Skryf die punt uit 10 neer wat jy aan God se Ou Testamentiese sendelinge toeken.
DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 40-49
Vgl ook die Nuwe Testamentiese tekste wat bogenoemde Ou
Testamentiese tekste bevestig: Rom 9:30-10:4; Gal 3:8, 26-29; 1 Pet 2:9; Op 1:4-6; 7:9-10
Rom 9:30-10:4
30Wat sal ons dan sê? Dat die heidene die •geregtigheid wat hulle nie nagejaag het nie, verkry het, naamlik die regverdiging deur die geloof, 31terwyl Israel, wat geregtigheid deur die wet nagejaag het, die eis van die wet nie kon nakom nie? 32Waarom nie? Omdat hulle dit nie op grond van geloof wou verkry nie, maar op grond van hulle dade. Hulle het oor die struikelblok gestruikel, 33soos daar geskryf staan:
“Kyk, Ek sit in Sion ‘n klip neer
waaroor ‘n mens kan struikel,
ja, ‘n rots wat jou kan laat val;
maar wie in Hom glo,
sal nie beskaamd staan nie.”
101Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle verlos mag word. 2Ek kan inderdaad vir hulle getuig dat hulle God met ywer dien, maar sonder insig. 3Omdat hulle die •geregtigheid wat van God af kom, nie begryp nie, en probeer om hulle eie geregtigheid tot stand te bring, het hulle hulle nie onderwerp aan die geregtigheid wat van God af kom nie. 4Die einddoel van die wet is immers •Christus, tot regverdiging van elkeen wat glo.
Gal 3:8
8En omdat die Skrif dit vooruit gesien het dat God die heidene op grond van geloof regverdig sou verklaar, het die Skrif die evangelie reeds vooraf aan Abraham verkondig: “In jou sal al die nasies geseën word.”
Gal 3:26-29
GELOWIGES AS KINDERS EN ERFGENAME VAN GOD
26Want deur die geloof
is julle almal kinders van God
in •Christus Jesus,
27want julle wat in Christus gedoop is,
het Christus soos ‘n kleed aangetrek.
28Daar is nou nie meer Jood of Griek,
nie meer slaaf of vryman,
nie meer manlik en vroulik nie;
want julle almal is één
in Christus Jesus!
29En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en, ooreenkomstig die belofte, erfgename.
Op 1:4-6
4Johannes,
aan die sewe •gemeentes in Asië:
Genade vir julle en vrede van Hom
wat is en wat was en wat kom,
en van die sewe Geeste
wat voor sy troon is;
5en van Jesus •Christus,
die betroubare getuie,
die •Eersgeborene uit die dood
en die heerser oor die konings van die aarde.
Aan Hom wat ons liefhet,
en ons deur sy bloed
van ons sondes verlos het,
6wat ons ‘n koninkryk gemaak het,
priesters vir God, sy Vader –
aan Hom kom die heerlikheid
en die sterkte toe,
vir ewig en ewig. •Amen.
Op 7:9-10
9Hierna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n baie groot skare, wat niemand kon tel nie. Hulle was afkomstig uit elke nasie en stam en volk en taal, en het voor die troon gestaan, en voor die Lam. Hulle het lang wit stolas gedra, met palmtakke in hulle hande. 10Hulle het met ‘n harde stem uitgeroep:
“Die verlossing behoort aan ons God,
wat op die troon sit,
en aan die Lam!”
Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!
Inhoudsopgawe
Kopiereg
Dr. Frans Hancke.
Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).
Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie
Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za