Week 3 Dag 11 – n Merkie: Ons is die Plan – 9 Weke van Transformasie

Jy sal nou baie eerlik met jouself en die Here moet wees. In die kerk is daar sienings en uitsprake oor die Heilige Gees wat ligjare van mekaar verskil. By die een pool is daar mense wat weinig ruimte vir die Heilige Gees laat – ons sou selfs kon sê Hy word in die proses ontken, misken en bedroef . By die ander pool kry ons gelowiges wat glo dat hulle so in en deur die Gees lewe
dat die realiteite rondom hulle geïgnoreer kan word. Tussen hierdie ekstreme beskouings, bevind die res van die Christendom homself.

Dink na / Besin

Nou kom ons by die vraag: Waar is jy geplaas? As ek jou vra om met ’n merkie op die lyn hieronder aan te toon waar jy jouself sien, waar sou jy die merkie maak? Doen dit …

Skryf / Vul in
Week 3 Dag 11Heilige Gees se rol
Week 3 Dag 11 Heilige Gees se rol

Hierdie week gaan jy bid, lees, dink en leer oor die Heilige Gees. Die rede is eenvoudig: Jesus maak ’n baie sterk uitspraak oor die Heilige Gees. Hy verbind die Heilige Gees met die krag wat ons nodig het om ’n verskil te maak. Hy sê ook dat sy mense nog groter dinge (Joh 14:12 12Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan.) sal doen omdat Hy “na die Vader gaan”. Dit word weer ten nouste verbind met die uitstorting van die
Heilige Gees. Ook Paulus sê sonder om te skroom: “As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie” (Rom 8:9b).

Gebed
Gebed

Nou wil ek vra dat jy sal bid, maar ook skryf wat jy ervaar. Praat met die Here oor jou verhouding met die Heilige Gees – wie Hy vir jou is.


Skryf / Vul in

Skryf kernwoorde neer wat betrekking het op jou verhouding met, verstaan en beskouing van die Heilige Gees.


Lees die Skrif

Lees Matt 12:31-32; Mark 1:8; Luk 11:13; Joh 14:12; Hand 1:1-8

Matt 12:31-32;
31Daarom sê Ek vir julle, elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar lastering teen die Gees sal nie vergewe word nie. 32En wie iets teen die •Seun van die Mens sê, dit sal hom vergewe word. Maar wie iets teen die Heilige Gees sê, dit sal hom nie vergewe word nie, nóg in hierdie bedeling, nóg in die een wat kom.”

Mark 1:8;
8Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”

Luk 11:13;
13As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!”

Joh 14:12;
12Amen, amen, Ek sê vir julle: Wie in My glo, hy sal ook die werke doen wat Ek doen, en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader gaan. 

Hand 1:1-8

11Die eerste berig, Teofilus, het ek geskryf oor alles wat Jesus begin doen en waaroor Hy onderrig gegee het, 2tot die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees opdragte gegee het aan die •apostels wat Hy uitgekies het. 3Aan hulle het Hy, ná sy lyding, deur talle tekens getoon dat Hy leef, toe Hy oor ‘n tydperk van veertig dae aan hulle verskyn en met hulle oor die sake van die •koninkryk van God gepraat het.

4Terwyl Hy met hulle saamgeëet het, het Hy hulle beveel: “Moenie uit Jerusalem weggaan nie, maar bly wag op die Vader se belofte wat julle van My gehoor het. 5Want Johannes het wel met water gedoop, maar oor nie baie dae nie sal julle met die Heilige Gees gedoop word.”

JESUS SE HEMELVAART

6Toe hulle bymekaar was, het hulle Hom gevra: “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?” 7Maar Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tye en spesifieke geleenthede te ken wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

Skryf / Vul in

Jy het netnou jouself beoordeel ten opsigte van jou siening van die Heilige Gees. As jy bogenoemde Skrifgedeeltes in aanmerking neem, hoe sou jy volgens die Bybel die Heilige Gees se belangrikheid beskryf?


Week 3 Dag 11 Sonder die Heilige Gees is geen Transformasie moontlik
Week 3 Dag 11 Sonder die Heilige Gees is geen Transformasie moontlik
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 58 -68
Lees gerus wat sê Rom 8:1-17, 26-27 van die Heilige Gees se rol in die kind van God se lewe.

Rom 8:1-17,

‘N LEWE ONDER BEHEER VAN DIE GEES

81Daar is dan nou geen veroordeling vir diegene wat in •Christus Jesus is nie. 2Die wet van die Gees wat in Christus Jesus die lewe gee, het jou immers vrygemaak van die wet van die sonde en die dood. 3Dit waartoe die wet, verswak deur ons sondige aard, nie in staat was nie, het God gedoen: Deur sy eie Seun vanweë die sonde in die gestalte van ‘n sondige mens te stuur, het Hy die sonde in die mens veroordeel, 4sodat die vereiste van die wet in ons vervul kon word, ons wat nie volgens ons sondige aard leef nie, maar volgens die Gees. 5Wie volgens hulle sondige aard leef, bedink immers die dinge van hulle sondige aard, maar diegene wat volgens die Gees leef, bedink die dinge van die Gees. 6Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede. 7Die denke van ons sondige aard is vyandskap teen God; dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8Wie in hulle sondige aard bly, kan God nie tevrede stel nie.

9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie. 10Maar as Christus in julle is, is die liggaam, as gevolg van die sonde, wel dood; daarenteen, op grond van die regverdiging, is die Gees lewe. 11As die Gees van Hom wat Jesus uit die dood opgewek het in julle woon, sal Hy wat Christus uit die dood opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

12Daarom dan, broers, het ons ‘n verpligting – maar nie teenoor ons sondige aard, om daarvolgens te leef nie. 13Want as julle volgens julle sondige aard leef, sal julle sterf. Maar as julle deur die Gees die praktyke van die liggaam doodmaak, sal julle leef. 14Almal wat deur die Gees van God gelei word, hulle is kinders van God. 15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 16Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is. 17Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Rom 8:26-27

26So kom die Gees ons ook in ons swakheid tot hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie. 27Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die •heiliges intree.

Wenk

WENK: Skryf op ’n kaartjie: “Vir my is die Heilige Gees ”
Voltooi die sin. Dra die kaartjie hierdie week met jou saam, lees dit en bekyk dit gereeld. Dalk sal jy dit teen die einde van die week anders wil bewoord. (Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za