Gesinskamp 2024

Die nuwe jaar het afgeskop met soveel opwinding. Ds Charne Viljoen het by ons aangesluit en ons is opgewonde om saam met haar te bedien en om ons kinders/jeug te help om self bedienend te wees. Daarom het ons die gesinskamp/jeugkamp by Harkerville gereël, waar almal welkom was om aan te sluit.

Vrydagmiddag, 15 Maart het almal by die kerk ontmoet en saam vertrek na Harkerville. Daar gekom, was die kinders in ekstase oor wie slaap waar en oor aandete. Elkeen kon hul eie burger bou. Die saal was gevul met besige lyfies en skaterlag. Ds Charne het die kinders betrek met bordspeletjies en die opwinding was groot. 

Saterdagoggend, na ontbyt, het almal, van groot na klein, die pragtige natuurskone staproete strand toe, aangedurf. Dit was n belewenis en selfs klein Emma het die roete saam met pappa voltooi.  

Terug by die kamp met al die moë lyfies, maar nie te moeg om so bietjie volleyball teen die ouers te speel of die yskoue water van die sprankelende swembad aan te durf nie, het die kinders baljaar, met mammas wat n veilige ogie hou. Terwyl die pappas in die agtergrond besig was om n lekker worsie te braai vir die worsbroodjies. 

Die aand was gevul met n kampvuur in die saal, pappas wat braai en mammas wat die slaaie en broodjies gereed kry. Na aandete was die saal opgehelder met samesang, begely deur oom Charles. 

Die volgende oggend, na ontbyt het almal vertrek. Dit was beslis n belewenis en ons sien uit na die volgende kamp!
Vicky Barnard 

Kategese afsluiting 2023

Die Kategese afsluiting is op luisteryke wyse tydens die diens van Sondag 12 November 2023 gevier. Die jongmense van verskillende ouderdoms groepe het hul getrouheid-sertifikate vir die jaar ontvang, en die jaar met ‘n lekker kuier om die braaivleisvure en op die springkasteel op die kerkterrein afgesluit.

Daar is ook op gepaste wyse afskeid geneem van Pauline wat vir vele jare die Jeugbediening gelei het. Sy word opgevolg deur Vicky wat van volgende jaar die leiding by die Jeugbediening sal oorneem.

Mag julle almal ‘n geseende Kerstyd saam met familie en vriende beleef.

Belydenis van geloof 2023

Die NG Kerk Groot-Brakrivier se gemeente verwelkom die nuwe lidmate wat vandag hulle geloof by die erediens bely het. Hulle is elkeen ondersteun deur hulle familie.

Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle bely wat julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk deel te neem, en bowenal om te volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en daad te verheerlik. Dit beteken dus dat deur die openbare belydenis van geloof, julle verklaar dat dit julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarin
te groei. Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.

Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.

Rom. 12: 12

Jan Kriel Kinderhuis: Gee ‘n kind ‘n kans / Give a Child a Chance!

  
Donateurnommer: 107949 
Beste Vriende Die winter is hier en die Kaap is lekker nat en koud! Gelukkig is die meeste sport en aktiwiteite vir die kwartaal klaar en Jan Krielers is reeds druk besig met eksamen. Lees gerus in die meegaande nuusbrief meer oor hoe ons leerders én oud-leerders presteer, die eerste Food Jam @ Jan Kriel en hoe donateurs se bydraes Jan Krielers veilig hou.
 Kliek hier om die Nuusbrief in pdf-formaat te lees.Click here to read the Newsletter in pdf format. 
Lekker lees!
 https://mcusercontent.com/b84c1a1168a726c71c39070ef/images/ae42228a-5d12-9da2-7a97-ea003aa59a80.png 
Ds. André van Wyk
Direkteur: Jan Kriel Instituut 
https://mcusercontent.com/b84c1a1168a726c71c39070ef/images/167e59c9-b26b-1718-d499-b7144295eb14.png   
“Jan Krielskool het my kind die vrymoedigheid gegee om uit haar dop te kruip, om ander se hindernisse te verstaan en ook haar eie te aanvaar. Dit is vir my asemrowend dat een skool leerders met so ʼn verskeidenheid van hindernisse kan ondersteun”
Lees meer…  
 
Hierdie jaar is die eerste Food Jam @ Jan Kriel aangebied en dit was ‘n besonderse geleentheid! Tiaan Langenegger, Elmarie Berry, Martjie Malan en Fayruza Abrahams het die gaste prakties kom leer om self die heerlikste disse voor te berei. Van pasta tot vis, eiervrug, lam en ‘everything in between’. Jan Kriel se spesiaal ingerigte kombuise (vir ons leerlinge se gasvryheidstudies) is perfek toegerus vir sulke ‘Master Classes’. Food Lover’s Market het al die bestanddele geborg en Delheim Wynlandgoed kon die kosmaak en lekker eet met die beste wyne afrond. Food Jam @ Jan Kriel is beslis weer op 2024 se agenda!  
 
As Jan Kriel School celebrated its 86th birthday this year and have buildings dating back to 1950, a fire system upgrade is not only necessary but very important. Not many schools have the privilege of supportive donors who carry our learner’s educational and safety interest at heart. Read more…  
 Hoofmeisie van 2019, Sunra Mostert het Maart 2023 haar BA Graad in die Geesteswetenskappe by Stellenbosch Universiteit ontvang met Sielkunde as hoofvak. Sy is tans besig met haar honneurs in Sielkunde. Super trots!  
 
Sedert 1 Maart 2023 het SARS nuwe vereistes vir Artikel 18A kwitansies en belastingserifikate ingestel. Stuur vir ons ʼn epos aan info@jankriel.co.za met die nodige inligting of voltooi die aanlynvorm HIER. Navrae kan gerig word aan Suzette Goldie per epos of by 021 903 0434. Die volgende informasie is nou verpligtend in u belastingkorting wil eis-Individue: Volle naam, ID-nommer, selfoonnommer, inkomstebelastingnommerBesighede: Geregistreerde besigheidsnaam en registrasienommer, kontaknommer  
 
n Kans op toepaslike en sinvolle onderrig, ‘n kans op terapie wat help om leerhindernisse te verstaan en te oorwin en ‘n kans op spesialis-ondersteuning om individuele uitdagings te oorkom. Sal jy ook hierdie kanse in jou testament wil verseker? Jou nalatenskap laat hierdie liefdeswerk aanhou om vir baie kinders hoop en nuwe lewenskanse te gee. Verder word alles wat aan Jan Kriel bemaak is vrygestel van boedelbelasting. Kontak Ds. André van Wyk by 021 903 0434 ofinstituut@jankriel.co.za vir meer inligting. Ons getuig ook in dankbaarheid van die volgende bemakings wat onlangs ontvang is:Mev. MJ Crous (Durbanville)    Dr. PW Etsebeth (Kockspark)    Christa le Roux (Strand) https://mcusercontent.com/b84c1a1168a726c71c39070ef/images/167e59c9-b26b-1718-d499-b7144295eb14.png   Vanjaar se funksie was ʼn reuse sukses! Jan Kriel se matriekklas het absoluut pragtig gelyk in hul formele drag en Eensgezind se funksie-lokaal skep die perfekte agtergrond vir ʼn aand van feesviering en herinneringe. Stylvol met heerlike kos en keurige versierings, dit was beslis ʼn onvergeetlike aand!  
 
Jan Kriel has 16 busses that run daily to ensure 250 learners get safely to school and back home. One of the furthest routes belongs to driver Frank, going all the way to Table View. He gets up at 4.30am to get to his first stop at 6.00am. One of his learners, travels by MyCity bus from Atlantis at 5.45am to get on board with Frank at 6.30am.One way Frank overcomes delays is having a WhatsApp group with a live location of the bus. He comments that he has wonderful cooperation from the parents. Together with Sarel Marais, responsible for getting everyone on the road in the mornings, our bus drivers are truly a necessary and very valuable asset to the learners of Jan Kriel.“It’s not just about getting the learners on the bus, they should feel safe, relaxed and happy”  
 “I thought my disability was a punishment until God started to use it as a talent and it became my success in life”Sumarie Jordaan (Hoofmeisie van 2018) het in 2019 bekend geraak met haar liedjie, ‘Verander jou Siening’. Sedertdien leef sy steeds haar roeping uit om die wêreld te wys mense met gestremd-hede is nie ‘disabled’ nie, net ‘differently-abled’. Sumarie is tans ‘n finalis in die Me Dowe SA kompetisie- Jan Kriel staan beslis breëbors! Kyk gerus haar onderhoud hier
HIER en hou haar Facebook-blad dop: Sumarie Jordaan – Ms Deaf South Africa 2023 Finalist  
 
Jan Krielskool streef daarna om elke leerder se potensiaal te ontwikkel. Ons wil die leerders holisties bou en ontwikkel. Met hierdie holistiese benadering ingedagte, wil ons graag ons leerders se leierseienskappe ontwikkel en erkenning gee daaraan. Ons kan met trots sê dat ons vanjaar begin het met ‘n prefekte-stelsel in graad 6. Ons sien baie uit daarna om hierdie leiers te betrek deur vir hulle verantwoordelikhede te gee, asook deel te maak van verskeie projekte in die laerskool. 
 
        
Our mailing address is: 
PO Box 650, Kuilsriver, Western Cape, 7579. Copyright © 2023 Jan Kriel Instituut, All rights reserved.

Kategese bydrae: Begin van die Lydenstyd

Die Lydenstyd begin met As-Sondag. Die kinders het kruise gemaak met al die kleure wat verteenwoordigend is van die Lydenstyd. Die grys kleur op die kruise herinner ons aan ons tydelike en verganklike lewens. Wat maak ons met hierdie kosbare lewens wat God ons geskenk het? Die pers kleur versinnebeeld die Koninklikheid van Christus. Die groen kleur is ‘n herinnering aan die palmtakke van Christus se intog in Jerusalem. Swart dui op die kruisiging; rooi op die bloed wat Christus vir ons laat vloei het. Die heel belangrikste kleur, wit, wys op die opstandiging en die oorwinning van die dood. Ons kan weet dat Christus die spesiaal vir elkeen van ons gedoen het.

Kategese opening 2023

Kategese Opening - NGK Groot-Brakrivier

Die jaar skop weg vir ons kategese met ‘n heerlike braai en kenmekaar geleentheid vir ons ouers, kinders en kategete. Ds. Danie Goosen het ‘n kort, treffende boodskap vir die Jeug gegee oor groei en hoe ons as Christene ook water nodig het, soos die plante, waarsonder niks kan groei nie. Daarna het Isabella Wolmarans, wat hard geywer het in die kerk se tuin die afgelope jaar, die kinders geneem om oor die plante in die tuin te gesels en hoe ons ook soos plante groei in God se tuin.

Ons Kategete vir die jaar is:

Mona de Wet
Tanya Heath
Susan Smith
Carmi Kriel
Ben Erasmus
Vickt Barnard
Sune Barnard
Stefan Barnard
Ds Danie Goosen
Pauline Richards
Heidie Erasmus

Kategese – Die Wapenrusting van God

Kategese - Wapenrusting

Ons eerste termyn het goed afgeskop. Lokale 3, 4 en 5 is Sondae vanaf 09h00 beskikbaar vir Junior Kategete. Seniors is in die bovertrekke bokant saal. Kinderkerk sal op volumes hanteer word.
Belydenisklas is by Ds Danie
Navrae kan aan my(Pauline) gerig word by +27 79 557 8591

Tema vir die Jaar
Ons tema vir die jaar is die wapenrusting. Ons het reeds dit so aan die kinders verduidelik en elke groep hanteer dan hul hulpmiddels.

Modelle
Ouers kan gerus die kinders motiveer om by die huis met die modelle wat ons uitgedeel het, aan te gaan elke dag.

Kategese Datums
Die kerkkalender dui die datums vir kategese aan vir ouers om maklik in te skakel.

Dink Jeug
Dink Jeug is ook n app wat die ouers op die web kan aflaai vir tuisonderrig en ook om seniors se dagstukkies te bespreek. Die sinode bied dit aan en is baie gebruikersvriendelik.

DinkJeug Familie App
Laai die app af op Google Play of Apple iStore.


Blikkie Projek
Ons het n blikkie projek by die kategese en word elke kind gemotiveer om elke Sondag soos hul kan n blikkie onbederfbare kos na lokaal 5 te bring. Ons omgeebediening vind baat daarby en gee dit uit aan minderbevoorregte gesinne in ons omgewing.

Hartlike Groete

Pauline

Belydenis van geloof 2021

Belydenis van geloof 2021

‘n Hartlike woord van welkom aan ons nuwe belydendelidmate.

Om belydenis van geloof af te lê, beteken dat julle* met die mond bely wat
julle ook met die hart glo, naamlik dat Jesus die Here is. Dit is ‘n belofte wat
julle maak om alleen op Hom te vertrou, om te lewe volgens sy Woord, getrou
deel te neem aan die erediens en aan alle aktiwiteite van sy kerk, om te
volhard in die gebed en om God op alle terreine van die lewe deur woord en
daad te verheerlik.
Voorts beteken die openbare belydenis van geloof dat julle verklaar dat dit
julle opregte voorneme is om in hierdie belydenis te volhard en steeds daarin
te groei.

Lees meer “Belydenis van geloof 2021”