Entrepreneurskap

Daar word ‘n fasiliteit beplan waar die individu sy/haar entrepreneurskap prakties binne die Bybelse boodskap van Liefde kan uitleef. Twee vlakke van implementering word voorsien, naamlik die teoretiese ordening van entrepreneurskap en die praktiese uitvoering van entrepreneurskap. Menslike hulpbronne/vrywilligers vanuit die gemeente is krities om hierdie projek volhoubaar te maak.

Hierdie projek is nog nie geloods nie. Ons het wel ‘n vraelys opgestel om inligting te bekom watter vaardighede/talente in ons gemeente beskikbaar is en wie tyd wil afstaan om daardie kennis/vaardighede oor te dra.