Week 6 Dag 29 – Die Ferrari en die Caterpillar – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Gebed

Adoniram Judson het gesê: “Baie mense bid met hul lippe vir dinge waarvoor hulle hart geen begeerte het nie.” Neem genoeg tyd om seker te maak dat jy met jou hart bid wanneer jy die Here vra om jou nou deur sy Woord en Gees aan te raak.

Lees die Skrif

Lees Luk 4:38-5:11 ’n paar keer deur.

Luk 4:38-5:11

GENESINGS IN SIMON SE HUIS

38Nadat Jesus die •sinagoge verlaat het, is Hy na Simon se huis en het daar ingegaan. Simon se skoonmoeder was siek met ‘n hoë koors, en daarom het hulle Hom gevra om iets vir haar te doen. 39Hy het oor haar gebuk en die koors bestraf, en dit het haar verlaat. Sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40Teen sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelê en hulle gesond gemaak. 41Daar het ook demone uit baie mense uitgegaan, terwyl hulle skreeu: “U is die •Seun van God!” Maar Hy het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om te praat nie. Hulle het immers geweet dat Hy die Christus is.

VERTREK UIT KAPERNAUM

42Teen dagbreek het Hy vertrek en na ‘n verlate plek gegaan. Die skares het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, het hulle Hom probeer verhinder om van hulle af weg te gaan. 43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

44En Hy het voortgegaan om in die •sinagoges van Judea te preek.

ROEPING VAN DIE EERSTE DISSIPELS

51Op ‘n dag, toe Jesus langs die Meer van Gennesaret staan en die skare Hom verdring om die woord van God te hoor, 2sien Hy twee bote langs die meer lê. Die vissermanne het al uitgeklim en was besig om hulle nette uit te spoel. 3Jesus het in een van die bote geklim, die een wat aan Simon behoort, en hom gevra om ‘n klein entjie van die land af weg te roei. Hy het gaan sit en die skare van die skuit af onderrig.

4Toe Jesus klaar gepraat het, sê Hy vir Simon: “Gaan uit na die diep water, en laat sak julle nette daar om vis te vang.”

5“Meester,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg en niks gevang nie, maar op u bevel sal ek die nette weer laat sak.”

6En toe hulle dit doen, het hulle soveel vis gevang dat die nette wou skeur. 7Hulle het vir die makkers in die ander boot beduie om hulle te kom help. Toe hulle daar aankom, het hulle albei bote so vol gemaak dat dit begin sink het.

8Toe Simon •Petrus dit sien, val hy voor die knieë van Jesus neer en sê: “Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige mens.”

9Verwondering het hom en almal saam met hom aangegryp oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. 10Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” 11Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 43:10, 12; Mark 13:10; Joh 15:26-27; Rom 10:13-17; 1 Kor 4:13, 15.

Jes 43:10, 12;

10“Julle is my getuies,”
is die uitspraak van die Here,
“my dienskneg wat Ek uitgekies het,
sodat julle My kan ken,
in My kan glo,
en kan insien dat dit Ek is.
Voor My is daar nie ‘n god gevorm nie,
en ná My sal daar nie een wees nie.

12Ek is die Een
wat dit bekend gemaak het;
Ek het verlos
en dit aangekondig –
Ek, nie ‘n vreemde onder julle nie.
En julle is my getuies,”
is die uitspraak van die Here,
“dat Ek God is.

Mark 13:10;
10En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.

Joh 15:26-27;
26“Wanneer die Parakleet kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27En julle moet ook getuig, omdat julle van die begin af by My is.

Rom 10:13-17;

13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”

14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

16Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” 17Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.

1 Kor 4:13, 15.

13word ons belaster, antwoord ons beleefd. Soos die vullis van die wêreld het ons geword, soos die skuim van die samelewing – tot nou toe.

 15Want selfs al het julle ‘n menigte opvoeders in •Christus, het julle nie baie vaders nie. Deur die evangelie het ek in Christus Jesus julle vader geword.

Skryf / Vul in

Fokus nou biddend op die volgende verse en skryf neer wat die Here vir jou hierdeur sê:
Luk 4:43; 5:10 Mark 1:15-17; Joh 20:21

Luk 4:43;
43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

Luk 5:10
10Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” 

Mark 1:15-17;

15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.

16Terwyl Hy langs die See van Galilea loop, het Hy Simon en Andreas, die broer van Simon, nette in die see sien uitgooi, want hulle was vissers. 17Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.” 

Joh 20:21
21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” 


Hou in gedagte dat Petrus na alle waarskynlikheid teenwoordig was met die genesing van sy skoonmoeder en moontlik selfs ook deel was van die skare mense wat Jesus gevolg het, toe Hy sy uitspraak gemaak het (Luk 4:38-44).
Luk 4:38-44
38Nadat Jesus die •sinagoge verlaat het, is Hy na Simon se huis en het daar ingegaan. Simon se skoonmoeder was siek met ‘n hoë koors, en daarom het hulle Hom gevra om iets vir haar te doen. 39Hy het oor haar gebuk en die koors bestraf, en dit het haar verlaat. Sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40Teen sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelê en hulle gesond gemaak. 41Daar het ook demone uit baie mense uitgegaan, terwyl hulle skreeu: “U is die •Seun van God!” Maar Hy het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om te praat nie. Hulle het immers geweet dat Hy die Christus is.

42Teen dagbreek het Hy vertrek en na ‘n verlate plek gegaan. Die skares het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, het hulle Hom probeer verhinder om van hulle af weg te gaan. 43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

44En Hy het voortgegaan om in die •sinagoges van Judea te preek.

John Piper skryf: “Mission is not the ultimate goal of the church – worship is. Mission exists because worship doesn’t!” Daarom is die lof en aanbidding van God en sending so intiem verweef dat sending altyd uitloop op aanbidding van God!

So gesien, is die bestaansdoel van die Kerk ten nouste verbonde aan die bestaansdoel (roeping en gestuurdheid) van Jesus as Hoof van sy Liggaam, die Kerk. Soos dit uit Luk 4:43 blyk, was daar by Jesus géén twyfel oor die rede waarom Hy deur God na die wêreld gestuur is nie – om “ die evangelie van die Koninkryk van God te verkondig.” Net so is daar géén onduidelikheid waarvoor Hy weer vir Petrus, Jakobus en Johannes in Luk 5:10 roep nie: “Van nou af sal jy mense vang.” Wanneer jy met die God van die Bybel te doen het, het jy ook altyd met mense te doen. Hy het sy Seun uit liefde vir die mense gestuur (Joh 3:16) en daarom kan dit nie anders dat God se wêreld ook die fokus van sy Kerk en daarom ook van my en jou sal wees nie. Ons is immers sy Kerk!

In 1952 het die bekende Willingen konferensie sterk standpunt ingeneem, deur te verklaar dat ’n gemeente geen aandeel in Christus het as sy nie deel het in Christus se sending (gestuurdheid) na die wêreld nie!

Skematies sou ons dit so kon voorstel:

Week 6 Dag 29 Missio Dei
Week 6 Dag 29 Missio Dei

Ons sal almal verstom wees om ’n laaigraaf in die voorste wegspringplek van ’n Formule1- renbaan langs ’n Ferrari te sien. Die eenvoudige rede: ’n Laaigraaf het ’n totaal ander bestaansdoel as ’n Ferrari. Die eienskappe waarmee die laaigraaf ontwerp is, is totaal onvanpas op die renbaan. Hierdie kragtige stuk toerusting is ontwerp en gebou om groot hoeveelhede grond effektief te verskuif.

Net so pas dit die Kerk nie om met ander dinge besig te wees as waarvoor die Here haar primêr byeengeroep, gestuur en deur sy Heilige Gees toegerus het nie. Die spreek in verstaanbare tale op Pinksterdag (Hand 2:1-21, veral 2:11, 18) is juis ’n bevestiging daarvan dat God sy Kerk met die Heilige Gees toerus om die evangelie (Goeie Nuus) aan alle volke en tale te bring.

Hand 2:1-21, veral 2:11, 18

UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES

21Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Onverwags het daar uit die hemel ‘n geluid soos dié van ‘n kragtige stormwind opgeklink, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3Tonge, asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. 4En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander tale begin praat, soos die Gees aan hulle gegee het om hardop uit te spreek.

5Destyds het daar vroom Jode uit elke nasie onder die hemel in Jerusalem gewoon. 6Toe daardie geluid opklink, het die menigte saamgedrom, en was verward, omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word. 7Verstom en verbaas het hulle gevra: “Kyk, is almal wat daar praat, dan nie Galileërs nie? 8Hoe hoor elkeen van ons hulle dan praat in die taal waarmee ons grootgeword het? 9Ons – Parte en Meders en Elamiete, inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en Asië, 10Frigië en Pamfilië, Egipte en streke van Libië in die omgewing van Sirene, en Romeine wat hier vertoef, 11Jode en proseliete, mense van Kreta en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God praat.” 12Almal was verstom en verward, en het mekaar gevra: “Wat beteken dit tog?” 13Ander weer het spottend gesê: “Hulle is vol soetwyn.”

PETRUS SE TOESPRAAK

14Daarop staan •Petrus op, verhef sy stem en spreek hulle toe: “Jode, en julle almal wat in Jerusalem woon – dit moet julle weet, luister goed na my woorde: 15Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie; dit is immers nog net die derde uur van die dag. 16Wat hier gebeur, is deur die profeet Joël aangekondig:

17“ ‘En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God:
‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort –
julle seuns en julle dogters sal profeteer,
en julle jongmense sal visioene sien,
en julle ou mense sal drome droom.
18Ja, ook oor my slawe en slavinne
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal profeteer.
19En Ek sal bo in die hemel wonders bewerk
en tekens onder op die aarde:
bloed en vuur en rookwolke.
20Die son sal verander in duisternis
en die maan in bloed,
voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.
21Dan sal elkeen wat die Naam
van die Here aanroep, verlos word.’

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Joh 20:21; Hand 1:8; 1 Kor 1:23-24; Jud 1; Op 7:9.

Joh 20:21;
21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Hand 1:8;
8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

1 Kor 1:23-24;
23Ons egter, verkondig ‘n gekruisigde •Christus. Vir die Jode is dit ‘n struikelblok en vir die nie-Jode ‘n dwaasheid. 24Maar vir diegene wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 

Jud 1;

11Judas, dienskneg van Jesus •Christus, en broer van Jakobus, aan die geroepenes, diegene wat hulle in die liefde van God die Vader bevind, en vir Jesus Christus bewaar is:

2Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle gegee word.

REDE VIR DIE SKRYWE

3Geliefdes, alhoewel ek vas van plan was om aan julle oor ons gemeenskaplike verlossing te skryf, word ek nou genoodsaak om aan julle te skryf en julle aan te spoor om te stry vir die geloof, wat eens en vir altyd aan die heiliges oorgelewer is. 4Want sekere mense oor wie die oordeel reeds lank tevore opgeteken is, het julle geledere binnegesypel, goddeloses, mense wat God se genade in losbandigheid laat ontaard, en ons enigste Vors en Here, Jesus •Christus, ontken.

WAARSKUWING TEEN DIE DWAALLEER

(2 Pet 2:1-17)

5Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het, 6en dat Hy die engele wat hulle nie aan hulle magsgebied gehou het nie, maar hulle woonplek verlaat het, met ewige boeie in die duisternis in bewaring hou, vir die oordeel van die groot dag. 7So ook dien Sodom en Gomorra, en die omliggende stede, wat op ‘n soortgelyke manier as daardie engele ontug gepleeg en agter vreemde liggame aangeloop het, as waarskuwende voorbeeld, omdat hulle die straf van ewige vuur ondergaan.

8En tog doen hierdie mense, op grond van hulle droomvisioene, dieselfde: Hulle besoedel hulle liggame, verwerp gesag, en belaster die glansryke hemelwesens. 9Selfs Migael, die aartsengel, toe hy van die Duiwel verskil, en met hom oor die liggaam van Moses geargumenteer het, het dit nie gewaag om ‘n lasterlike oordeel uit te spreek nie, maar gesê: “Mag die Here jou straf!” 10Hierdie mense belaster egter alles wat hulle nie ken nie, en dit wat hulle instinktief verstaan, soos redelose diere, veroorsaak hulle ondergang. 11Wee hulle, want hulle het die pad van Kain geloop, en hulleself vir vergoeding aan die bedrog van Bileam oorgegee, en hulle sal, soos met die verset van Korag, omkom.

12Hierdie mense is skandvlekke
by julle liefdesmaaltye;
hulle vier skaamteloos saam met julle fees;
hulle sorg net vir hulleself.
Hulle is wolke wat nie reën bring nie,
en deur winde voortgedryf word,
bome in die laatherfs wat sonder vrugte staan,
twee maal dood, ontwortel,
13woeste seegolwe wat hulle eie skandes
laat opskuim,
dwaalsterre vir wie
die somber duisternis
vir ewig gereed gehou word.

14Henog, uit die sewende geslag ná Adam, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: “Kyk, die Here kom met sy heilige tienduisende, 15om oor almal die oordeel te vel, en om alle mense te straf vir al hulle goddelose dade wat hulle in hulle goddeloosheid verrig het, en vir al die vermetele dinge wat goddelose sondaars teen Hom uitgespreek het.” 16Hierdie mense, dit is hulle wat mor, foutvind, en hulle drange uitleef; hulle is grootmond, en vlei mense vir eie gewin. 17Maar julle, geliefdes, onthou wat die •apostels van ons Here Jesus •Christus reeds vroeër gesê het. 18Hulle woorde aan julle was: “In die laaste tyd sal daar spotters wees wat hulle eie drange na goddelose dinge uitleef.” 19Dit is hierdie mense wat skeuring bring; hulle is gerig op die aardse dinge; hulle het nie die Gees nie.

OPROEP OM VAS TE STAAN IN DIE GELOOF

20Maar julle moet, geliefdes, deur julleself op te bou in julle allerheiligste geloof, en deur in die Heilige Gees te bid, 21julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die ontferming van ons Here Jesus Christus, met die oog op die ewige lewe, verwag. 22Ontferm julle ook oor diegene wat twyfel, 23maar red ander deur hulle uit die vuur te ruk. Oor nog ander moet julle julle met eerbied ontferm, terwyl julle selfs die onderkleed verafsku wat deur die liggaam besoedel is.

LOFPRYSING

24Aan Hom wat die mag het om julle daarvan te bewaar dat julle struikel, en om julle onberispelik en jubelend voor sy heerlikheid te stel, 25aan die enigste God, ons Verlosser, deur Jesus •Christus ons Here, behoort die heerlikheid, majesteit, krag en mag – van voor alle tye, en ook nou, en tot in alle ewigheid. •Amen.

Op 7:9.
Hierna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n baie groot skare, wat niemand kon tel nie. Hulle was afkomstig uit elke nasie en stam en volk en taal, en het voor die troon gestaan, en voor die Lam. Hulle het lang wit stolas gedra, met palmtakke in hulle hande. 

Skryf / Vul in

Dink bietjie na oor die volgende: Dink jy dat die gemeente waarvan jy deel is, God se bestaansdoel vir sy Kerk verstaan? Indien nie, wát dink jy is die doel wat hierdie gemeente vir haarself het?


Nader aan jou eie vel:
Op watter maniere getuig jou eie lewe daarvan dat jy Jesus in sy roeping navolg?


Skryf neer watter aanpassings die Here van jou vra.


Gebed

Praat met die Here hieroor …

Week 6 Dag 29As die gemeente nie hul bestaansdoel verstaan nie
Week 6 Dag 29As die gemeente nie hul bestaansdoel verstaan nie
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 91-106
Lees gerus Gen 12:1-3 (12:3c); Jes 42:1-4; 61:1-3; Matt 4:19; 13:47; Mark 1:14-15; Joh 6:37-40; 9:4; 12:26; 20:21; Hand 10:38; 2 Tim 2:4.

Gen 12:1-3 (12:3c);

121Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys.
2“Ek sal jou ‘n groot nasie maak;
Ek sal jou seën en jou naam groot maak,
sodat jy ‘n seën sal wees.
3Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.
En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”

Jes 42:1-4;

1“Kyk, hier is my dienskneg
wat Ek ondersteun,
my uitverkorene in wie
my binneste vreugde vind.
Ek het my Gees op hom laat kom;
hy sal reg vir die nasies laat deurbreek.
2Hy sal nie om hulp roep
en nie uitroep nie.
Hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie.
3‘n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,
‘n dowwe lamppit sal hy nie uitdoof nie;
in getrouheid sal hy reg laat deurbreek.
4Hy sal nie weifel
en nie geknak word nie,
totdat hy reg op die aarde gevestig het;
op sy lering wag die eilande.”

Jes 61:1-3;

611Die Gees van my Heer,
die Here is op my,
omdat die Here my gesalf het.
Hy het my gestuur
om ‘n goeie boodskap te bring
aan magteloses,
om dié met gebroke harte
se wonde te verbind,
om dié wat weggevoer is
se vrylating aan te kondig
en bevryding vir dié wat geboei is,
2om die genadejaar
van die Here aan te kondig,
ons God se dag van wraak,
om almal wat rou, te troos,
3om te voorsien vir hulle
wat oor Sion rou,
om vir hulle •tulbande te gee
in plaas van stof,
vreugde-olie in plaas van rou,
klere vir lofprysing
in plaas van ‘n verslae gees.
Hulle sal genoem word:
terebinte van geregtigheid,
geplant deur die Here
om Hom te verheerlik.

Matt 4:19;
19Hy sê vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak!” 20Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Hom gevolg.

Matt 13:47;
47“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n treknet wat in die see uitgewerp is en van elke soort vis gevang het.

Mark 1:14-15;
4Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het. 15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”

Joh 6:37-40;
37Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My kom, en Ek sal die een wat na My kom, nooit verstoot nie; 38want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil uit te voer nie maar die wil van Hom wat My gestuur het. 39En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: Dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie ‘n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar hulle op die laaste dag sal opwek. 40Want dit is die wil van my Vader: Dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo die ewige lewe sal hê, en Ek sal elkeen van hulle op die laaste dag laat opstaan.”

Joh 9:4;
4Ons moet die dade doen van Hom wat My gestuur het terwyl dit nog dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.

Joh 12:26;
26As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Joh 20:21;
21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Hand 10:38;
38hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Hy het die land deurreis, goed gedoen en almal wat onder die mag van die Duiwel was, genees, omdat God met Hom was. 

2 Tim 2:4.
4‘n Soldaat raak nie verstrik in sake van die alledaagse lewe nie, sodat hy sy bevelvoerder tevrede kan stel. 

Sien Figuur 5 van Bylae 2, p 172

Week 6 Dag 29 Figuur 5
Week 6 Dag 29 Figuur 5
Wenk

WENK: Dink wat jy prakties kan doen om daartoe mee te werk dat jy, jou gesin, jou kleingroep en jou gemeente, God se bestaansdoel uitleef tot sy eer.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za