Rentmeesterskapbediening

Rentmeesterskapbediening

Die bediening is verantwoordelik vir die oorsig oor die bestuur van die finansies van die gemeente. ‘n Begroting word jaarliks opgestel en deur die kerkraad goedgekeur en vorm die basis van die inkomste- en uitgawebestuur. 

Die skriba stel maandelikse finansiële state op wat gebruik word om inligting aan die Bestuurspan, kerkraad en gemeente oor te dra soos en wanneer nodig. Die jaarlikse finansiële state word deur eksterne ouditeure ge-oudit en is aan gemeentelede beskikbaar ter insae. Die rentmeesterskapbediening werk nou saam met die ander bedieninge om te help verseker dat die uitgawes binne die raamwerk van die begroting plaasvind en dat regstellings ingestel word waar nodig.