Diensverhoudingebediening

Diensverhoudingebediening

Die doelwit van Diensverhoudingebediening is die begeleiding en ondersteuning van alle betaalde personeel van die NG Gemeente Groot-Brakrivier asook die fasilitering van die personeel dat hulle in ’n geloofsgemeenskap bly waarin God aanbid word en in onderlinge vrede met mekaar saamwerk.

Die geestelike versorging van die bedienaars van die Woord asook opleiding en aanpassing van alle personeel in ’n snel veranderende wêreld is ’n prioriteit.

Daar word ook daarna gestrewe om die visie van die gemeente lewendig te hou.