Die Dankfees onder leiding van Ruan Viljoen en die Basaar sameroepers, was ‘n groot sukses. Daar is vooraf gereël en georganiseer om alle bestanddele, bydraes en medewerkers betrokke te kry.
Die fees naweek het reeds op Vrydagaand, 24 Oktober, ‘n aanvang geneem. Die humoristiese SS Konsert, wat deur Johan Smit gereël is, is met gelag en vrolikheid ontvang. Die ‘Dunk’ ‘n Dominee het groot byval gevind.
Saterdagoggend is daar reeds van vroeg af gereed gemaak vir die dag. Dit was ‘n wonderlike saamwerk dag, waar nuwe kennisse gemaak is en heerlik saam gewerk is. Al die verskillende stalletjies was in gereedheid gebring en het lekker vroeg reeds mense kon help.
Daar is heerlik aangekoop, gekuier en gesels onder die sambrele te midde van ‘n klam Saterdagoggend. Almal het in afwagting gewag vir Die ‘Dunk’ ‘n Dominee geleentheid, wat vanaf die Kerk se onderdak trappe aanskou is.
Die naweek is afgesluit met ‘n Nagmaal Erediens tydens Herforming Sondag, gelei Deur Ds. Charnè Viljoen. Die was voorwaar’ n onvergeetlike naweek.
Dankie vir elkeen wat vooraf beplan, bygedra en gedurende die dag saam gewerk het om die dag so groot sukses te maak.
Kom “Dunk” ‘n Dominee!!! Saterdag 25 Oktober 2025. “Dunk” ‘n Dominee….
KOOP jou KANS om getrek te word vir die “Dunk ‘n Dominee” teen slegs R10.00 per kans. Hoe meer kanse jy koop, hoe meer kanse het jy om op Saterdag 11:00 die kans te hê om een van ons Dominees te “DUNK!”.
Dit beloof om groot pret te wees!
Die kaartjies is genommer en sal “RANDOMLY” gekies word deur ‘n APP. As jou Kans getrek word is dit jou beurt. As jy nie daar is nie, sal jy gebel word om steeds deel te wees van die PRET! Hoe meer kaartjies jy koop, hoe groter jou kans om getrek te word.
Kaartjies is beskikbaar Vrydag tydens die Konsert, asook Saterdag tot 10 uur.
Die GROOT DUNK vind plaas om 11:00. NG Kerk Groot-Brakrivier.
Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK/ ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word. 📞Pieter v/d Merwe – Kontak ons vorm.
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Kontak ons vorm.
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Kontak ons vorm.
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. ONS BENODIG ASB KOUE- OF GEBAKTE POEDINGS, BOKSE VLA, HANDE OM TE HELP SKEP. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Kontak ons vorm.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Ons benodig asb 8 pakke 1kg “mixed vegetables”. Skenkings kan asb by die kerkkantoor afgegee word. R40 vir ‘n lekker groot porsie.
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie – Kontak ons vorm.
🥪 Jaffles – R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – Kontak ons vorm 📞 Corrie Pieters –Kontak ons vorm.
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Ons benodig skenkings van koeke, terte ne ander gebak.☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon – Kontak ons vorm.
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. Ons benodig asb
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster –Kontak ons vorm.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL – Treintjie – R5 per rit, “Dunk Tank” – R5 vir 2 gooie, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes, lekkers en oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath –Kontak ons vorm
🥩Vleistafel– Ons benodig asb skenkings van vleis. Indien u hier wil betrokke raak of op die dag help met die bemanning van die tafel, is u welkom om vir Adolf Jonker te kontak – Kontak ons vorm
🍴 Lewerkoekies – Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 20 Oktober. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Kontak ons vorm.
Die gemeente fees van 3 Mei was ‘n heerlike saamwerk en saamkuier geleentheid. Die dag is geopen met ‘n gebed deur Ds Danie Goosen.
Die tafels met hul interessante name soos, ‘Kole & konfyt’, ‘Skatte & snaaksighede”, ‘Soet sondes’, ‘Kerrie ‘n bietjie’, ‘Stok & smul’, ‘Koek & klets’, ‘Strooi & rol’, ‘Kraakvars natuurlekkers’ en ‘JAM’ was genoeg om die aptytwekkers aan te skakel. Al die gebak, gebraai, vars groente en vleis, die wit olifant tafel, boeke; asook die kinders se Jam (Jesus and Me) tafels was keurig versier. In die agtergrond was die musiek’ n wonderlike toevoeging om van die dag ‘n reuse sukses te maak.
Die kinders kon heerlik speel, en die ‘Sea Rescue’ span het die kinders ingelig oor strand veiligheid. Daarna moes die kinders vasskop en toutrek teen die pulley en draad koord van hulle voertuig. Dit was verseker ‘n ongelyke stryd.
Dit was ‘n gesellige oggend midde in al die vooraf beplanning en harde werk wat daarmee gepaard gegaan het. Die Gemeente fees span kan net bedank word vir die heerlike oggend.
3 Mei 2025 09:00 – 12:00 Hope kindervermaak Vleis verkope teen goeie pryse Basaar gunstelinge Kom kuier vanaf 09:00 tot 12:00 saam en geniet die lekker atmosfeer geskep deur plaaslike kunstenaars. 10 Langstr Groot-Brakrivier.
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kudu Kerrie Mince R35. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word.📞 Amelia le Roux 📞 Kevin van Tonder
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R17 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke 📞Corita du Preez
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie –
🥪JAFFLES: R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – 📞 Corrie Pieters –
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. ☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. 📞 Elsabé Richards – 📞 Piet Terblanche
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster .
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Treintjie – R5 per rit , “Soft Play” – eenmalige R10, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters
Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Ons neem nie vooraf bestellings nie, maar Groenkloof kan met die kerkraad gesels om hulle aankope by die fees af te haal.
Die Gemeente se Oktober 2024 dankfees is Vrydagaand 25 Oktober afgeskop met die SSSSS (Sop, Sjerrie, Sap, Stoepstories en ander Stuitighede) Konsert. Dr Gerrie van Deventer het die geleentheid op gepaste wyse geopen. Dit was ‘n interessante variasie wat die uniekheid van ons mense beklemtoon.
Saterdag het die kerk terrein gewoel en gewerskaf van vroeg af, om die Pretdraf aan die gang te sit, en alles reg te kry vir die dag. Daar is heerlik saam gewerk, gebak, gebraai, gekuier, gespeel, geeet, koffie, tee en koeldrank gedrink. Deur dit alles is ons met heerlike musiek oorlaai.
Die dag was ‘n wonderlike feestelike geleentheid, met die groot verskeidenheid produkte en nuwe aktiwiteite vir die kinders. Dankie vir elkeen wat so hard gewerk het, en almal wat die dag bygewoon het om dit so ‘n lekker onthou dag te maak.
Die naweek is Sondag afgesluit, op gepaste wyse, deur die erediens. Die Nagmaal is bedien, met hulp van die jeug, en die inlei van die dankseisoen deur Ds Viljoen.
Lus vir saam lag en speel? Omkring die datum van 25 Oktober 2024 om 19:00 vir ons immergewilde Sop, Sap, Sjerrie, Stoepstories en ander Stuitighede konsert (SSSSS)
Vrydag 6 September 2024 het die bekende Tenoor, Jannie Moolman, die Bariton, Riaan Hunter, en die Junior en Senior kore van die Laerskool Vorentoe, die Groot-Brakrivier se mense, oud en jonk, meegesleur deur die lewe van Gé Korsten.
Gé Korsten, die legendariese sanger en akteur, wat in die vyftigerjare sy elektriese besigheid in Suid Afrika begin het, het vinnig en groot opgang gemaak in die musiek- en filmwêreld, en was internasionaal bekend.
Sommige van die ouer garde was terugvoer na hul jong dae met heimwee, trane en soet herinneringe. Die stem van Gé, was ‘n bekende in elke liewe huis.
Die afsluitings Lied, Jerusalem, was met oorgawe deur almal saam gesing, sodat dit sekerlik ver deur Groot-Brakrivier weerklink het. Dit was ‘n onvergeetlike aand.
Die Gemeentefees van 27 April 2024 was ‘n feestelike geleentheid. Dit was ‘n lekker geleentheid van saam werk en kuier onder die skaduryke tente en sambrele. Dit dag is baie goed bygewoon, en daar was ook heerlike eetgoed en aktiwiteite vir die kinders.
Die verskillende tafels het ingesluit pannekoek, nageregte, kerrie en rys in die saal; op die stoepe was daar die groente, roosterkoek, tee en koek, die wit olifant tafel, tweedehandse boeke en jaffels te koop.
Die sosaties is altyd ‘n treffer, en mens is bereid om rustig in die tou te staan vir hierdie heerlikheid. Deur dit alles heen het ons die heerlike boeremusiek orkes in die agtergrond gehad.
Baie dankie vir teetuin en koektafel se helpers. Jul is voorslag. Dan al die baksters dankie alles was baie lekker. Alles is uitverkoop so daarom se ek dit moes lekker gewees het anders sou daar oor gewees het. Jul vrouens is voorslag baie baie dankie Marie Snyman
Dankie vir almal se ondersteuning en die goeie opkoms van die Gemeentefees.
Die dankfees, waarvan die organisasie reeds twee maande voor die tyd begin het onder leiding van Ds. Goosen, was ‘n groot sukses.
Die fees is afgeskop meet ‘n gesellige SSSSS (sop, sap, sjerrie, stoepstories en ander stuitighede) Konsert, onder leiding van Johan Smit en geopen deur Hynn Engelbrecht, in die kerksaal. Die verskeidenheid van items en grapperige stories en oorhoofse projeksies, was goed ontvang. Dit was lekker om ander talente, as wat mens gewoonlik sien, hier tot uiting te sien kom. Die konsert se laaste item was wonderlike getuienis van die bekende Desire Gardner, wat vertel het hoe sy as jong kind deur geloofs genesing gesond geword het, en sy het ons ook gewaarsku om tog nooit ‘n eier in die mikrogolf gaar te maak nie. Dit was ‘n gesellige saamkuier, om nie te mis volgende jaar nie.
Die dankfees van Saterdag was heerlik, met al die stalletjies, die heerlike tente waaronder mense kon skuil en die verskuiwing van verskillende stalletjies teen die moontlike impak vn die voorspelde reën . Die mense het reeds vroeg begin regmaak, poedings uitskep, groente en vleis aflaai, roosterkoeke bak, sosaties braai, kerrie inskep, worsbroodjies maak, jaffels en allerhande heerlike gebak by beide die koektafel en die teetuin, en defnitief nie die minste nie, die groep pannekoek bakkers, wat deur tien emmers deeg moes werk (1800 pannekoeke), in vergelyking met die ses emmers van vroeër jare. Die boeke tafel en die wit olifant tafel het ook lekker snuffel moontlikhede geskep, vir wie dit ‘n belangrike aktiwiteit is.
Die kindertafel, teetuin en buite tente was heerlike kuierplekke waar mens met bekendes kon sit en gesels, in hierdie ‘besige’ tye waar daar nie altyd tyd is vir kuier nie. Daar was selfs ‘n ‘selfie’ punt, waar mens die oggend kon verewig. Deur die hele loop van die oggend het die vrolike klanke van Miggel-hulle se boerorkes vanuit die kerksaal oor die hele terrein weerklink, en menige voete het gejeuk.
Die naweek is afgesluit, met ‘n goeie opkoms, met die dankbaarheids nagmaal in die kerk, waar die preek deur Ds. Danie Goosen uit Luk. 17: 11-19 met die tema “Regstellende aksie?” ons herinner het daaraan dat ons nie moet vergeet om dankbaar te wees vir die gawes wat ons ontvang nie. Terwyl die preek deur Ds. Gerrie van Deventer by Groenkloof (asook die YouTube opname) met die tema “Die brood van die lewe” ons daaraan herinner dat Christus alleen die brood van die lewe is.
Na die diens is nuwe intrekkers in gesellige luim ontvang met tee ‘met koekies’ om hulle te verwelkom in die gemeente. Dit was ‘n heerlike kenmekaar geleentheid.
Die Betuurspan en die kerkraad van NG Kerk Groot-Brakrivier wil die kerkkantoor personeel, hele gemeente asook almal uit die gemeenskap wat betrokke was by die reëlings, harde werk voor en tydens die fees, asook die ondersteuning wat ons geniet het, almal bedank vir hul betrokkenheid en sukses van die Dankfees.
Kom kuier saam by ons Oktober gemeentefees. Ons begin die naweek met ‘n vrolik en prettige Vrydagaandkonsert. Saterdag kan u kom saam kuier om ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete; of kuier saam om die pannekoektafels en sosatie braai vleisvuur. Vir die kinders sal daar ook pret aktiwiteite wees.
Ter voorbereiding word lyste met die oog op die gemeentefees gesirkuleer in die gemeente. Ons tema vir die jaar is dankbaarheid. Daar sirkuleer ook “dankbaarheidskoevertjies” waarin u enige bydrae kan insit. Die naweek word afgesluit met ‘n dankbaarheidsdiens in die kerkgebou. Geldelike bydraes kan by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening gedoen word. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
Pannekoektafel: Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asseblief Piet Snyman – 082 297 3476.
Gebak: Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.
Kindertafel: Ons benodig asb geldelike bydraes en/of spesiale lekkergoed en speelgoed vir die jeug se basaartafel. Ook vrywilligers wat kan help met insamelings en by die tafel. Alle skenkings kan asseblief by die kerkkantoor of by De Kaap Eiendomme vir Pauline afgegee word. Pauline Richards – 079 557 8591.
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asseblief ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
SAMEROEPERS
KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Corita du Preez – 084 265 9487. Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
JAFELS: @ R20 elk: Daar sal jafels op die dag beskikbaar wees, maar om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
WIT OLIFANT: Bring asseblief enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
POEDING: 350ml @ R15 elk: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui asseblief net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerkkantoor of kontak Ina Blom – 083 651 4517.
Die fondsinsameling van die NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeentefees was ‘n groot sukses, te midde van koue, klam weer. Die gemeente het heerlik gekuier om die tafels waar allerlei verkoop is. Daar was heerlike koffie, tee en allerlei gebak by verskeie punte te koop. Vars groente van die plaas en die sosaties en roosterkoek was soos altyd ‘n heerlikheid en selfs die nageregtafel het uitverkoop.
Die pannekoek-bakkers het soos altyd vlytig gewerk en moes byhou by die pannekoek rollers. Die koektafel en jafeltafel het vroeg reeds uitverkoop, en die Wit olifant vertrek en boeke tafel was ‘n lekker afwisseling.
Vir die kinders was daar heerlike aktiwiteite soos springkasteel, gesigverf, ballon-gedraaide diertjies en vele meer.
‘n Ieder en elk, oud en jonk, het hulleself geniet in die ware Gees van die Gemeentefees.
Kom geniet ‘n koppie koffie of tee en iets lekkers te ete en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes is altyd welkom by die kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Kindertafel:
Ons benodig asb. speelgoed, kinder storieboeke, lekkers en gekookte kondensmelk vir die kindertafel – die donasies kan by die kerkkantoor of De Kaap Eiendomme afgegee word. Ons benodig ook mense wat bereid is om lekkernye te maak vir die tafel asb. Ons het nog niks ingekry nie en sal enige hulp waardeer. Pauline Richards – 079 557 8591.
Pannekoektafel: Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoek, asook donasies (suiker, meel, olie en kaneel), wat by die kerkkantoor kan afgegee word. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman – 082 297 3476.
Gebak:
Ons benodig produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Liana – 084 764 6155.
Enige bestanddele is baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb. ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
S AMEROEPERS
1. KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30. Barbara Gericke – 082 411 1222 / Corita du Preez – 084 265 9487.
Kontak ons indien u wil help deur maalvleis te skenk.
2. JAFELS: @ R20 ELK: Daar sal jafels beskikbaar wees. Om teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit waardeer indien u asseblief u bestellings per WhatsApp of sms by Annatjie Janse van Rensburg – 082 871 0927 of Corrie Pieters – 082 327 9527 plaas.
8. WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011.
9. KINDERTAFEL: Pauline Richards – 079 557 8591.
10. POEDING: 350ml@ R15 ELK: Kontak Dirk Visser – 082 416 3281 of Dorette Visser – 072 400 1991 indien u ‘n poeding wil skenk of graag wil help. Dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.
11. BOEKE: Enige ou boeke sal waardeer word. Bring dit asseblief solank na die kerk of kontak Ina Blom – 083 651 4517.