Kommunikasie

Die bediening is verantwoordelik vir die kommunikasie binne en buite die gemeente om te verseker dat inligting rakende verskillende bedieninge en aksies van die N.G. Grootbrakrivier gemeente vir gemeentelede beskikbaar is. 

● Die bediening verseker die weeklikse opdatering van die webblad (https://www.nggrootbrak.co.za) rakende alle aktiwiteite in die gemeente en die verskillende bedieninge. 

● Ondersteun taalversorging waar nodig. 

● Ondersteun admistratiewe funksie rakende alle aksies in die gemeente.  

Indien u betrokke wil raak by hierdie bediening, kontak ons gerus