Rene en Karina, die organiseerende gemeente lede, se mikpunt vir 2025 was om 100 truitjies te kry om in die gemeenskap, in en om Groot-Brakrivier, te versprei. Daar is ‘n versoek in die afkondigings van April 2025 geplaas en skenkings wat op daardie stadium reeds ontvang is, is tydens ‘n Teedrink in die sysaal vertoon, om die belangstelling van almal wat daarvan hou om te brei, aan te wakker.
Lees meer “Die Truitjie Projek van 2025 se uitkomste: Groot dankie!”Truitjieprojek 2025 – Omgeebediening
Ons wil graag hierdie jaar weer truitjies uitdeel, waar daar behoefte is.
Ons mikpunt is 100 Truitjies.
Indien u sou belangstel om te help brei vir Peuters en Kleuters, kan die voltooide truitjies voor 15 Junie 2025 by die kerkantoor afgelewer word.
Kontak persone:
Rene Voster
Karina Smit
Truitjies vir die Kindertjies
Vrouens in die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente het so 3jaar gelede begin om truitjies te brei vir kleuterskoolkinders, toe ‘n vriendin eendag ‘n tas vol truitjies by Tannie Stienie Smit afgelaai het. Haar motto in die lewe is “Gee dat ek elke dag vir iemand iets kan beteken”. Sy en haar suster Kitty Rossouw, brei nou gereeld. Hulle brei truitijies met enige afval wol wat hulle kry. Daar is reeds truitjies in Friemersheim omgewing versprei; asook deur Maria Smart, wat by die VGK, Groot-Brakrivier betrokke is. Sy weet waar daar groot behoefte is vir truitjies in die omgewing.
Lees meer “Truitjies vir die Kindertjies”Omgeebediening: Kospakkieprojek
Die NG Kerk Groot-Brakrivier voorsien al vir meer as 20jaar maandelikse kospakkies aan gisinne; tans bykans veertig gesinne. Die gesinne sluit beide mense in die Gemeente asook in die groter Groot-Brakrivier gemeenskap in. Vir die projek is daar beide finansieële skenkings asook skenking vanaf gemeentelede. Die verdere maandelikse behoefte vir die pakkies word aangevul uit die begroting van die Omgeebediening van die gemeente deur aankope by plaaslike besighede.
Lees meer “Omgeebediening: Kospakkieprojek”Omgeebediening: Groente-pakkies
Tydens die grendeltyd van 2000 tot 2022 het ‘n weldoener in die NG Kerk Groot-Brakrivier begin om by 20 punte in die gemeenskap, waar daar behoefte was, groentepakkies te voorsien. Tydens April het die weldoener ‘n versoek aan die omgeebediening gerig om voort te gaan tydens die vyf maande wat die persoon uitstedig sou wees.
Lees meer “Omgeebediening: Groente-pakkies”
