Missie Japan Nuusflits – 18 Mei 2022

Missie Japan Carina

Om ’n sendeling in Japan te wees

Carina vertel meer

Carina van der Watt is die op-en-wakker vrou aan die sy van dr Stephan van der Watt, predikant en dosent in pastoraat aan die Kobe Reformed Theological Seminary
 
Vrypos wou meer weet oor haarself, hul bediening en hul lewe in Japan sedert hul gesin in 2009 daar begin werk het
 
“Ek was ses maande swanger met ons tweede-oudste kind, Cornelius, met ’n woelige 18-maande oue peuter, Annlie, toe ons by die Reformed Church of Japan(RCJ) aangesluit en in Tokushima, Shikoku saam met ’n plaaslike Japannese gemeente begin werk het,” vertel Carina. Hulle was ses jaar daar in diens en hul drie seuns is ook daar gebore.
 
“In hierdie tyd is daar nie veel van my verwag nie,” vertel Carina, “aangesien ek óf swanger óf pap babatjies gehad het. Aangesien daar geen buitehulp in Japan is nie, is die gemeenskap gewoonlik baie simpatiek teenoor ’n ma. Daar was dus nie ‘buite’-verwagtinge nie. Ek het egter wel saam met Miwasan (die dogter van ’n baie betrokke ouderling in die kerk) van Tokushima ’n groep vir mammas en kinders gestig sodat die ma’s elke tweede Sondag die erediens kon bywoon terwyl ons ander ’n boodskap vir die kinders gebring het. (Die ma’s kon dus die opsie hê om soms die erediens en soms die boodskap vir die kinders by te woon.) Gedurende daardie tyd was daar dikwels 20 tot 30 nie-Christene wat dit bygewoon het. Ek het ook in Tokushima baie gaste ontvang.”
 
In 2015 is die Van der Watts na die hawestad, Kobe, waar Stéphan pastoraat klasgee.  “Vandat ons in Kobe is, word daar egter van my verwag om ’n aktiewe lidmaat in die kerk te wees,” vertel Carina. “Die Japannese kerk het baie min lidmate. Ek huiwer egter om te sê dit is ’n rolverwagting. Ek dink almal doen, volgens hul talente of wat fisies moontlik is, hul bes in die kerk in Japan. Die meeste van die rolle wat ek vervul, is wat ekself óf geskep, óf die belangrikheid daarvan terdeë besef het. Ek het dus nooit spesifiek gevoel iets word van my, as Stéphan se vrou, verwag nie. Ons reis wel soms saam met hom as gesin as hy ander gemeentes besoek en af en toe moet ek selfs ’n aanbieding doen.”
 
Dit is seker nie aldag maklik om in ’n ander kultuur jou voete te vind en in die bediening te staan nie. Carina vertel: ”’n Mens is nooit seker of jy reg optree nie. Daar is soveel ongeskrewe reëls in Japan. Natuurlik kan ’n mens jouself voorberei en behoort jy as sendeling dit ook heelhartig te doen, maar nie eers die boeke berei jou ordentlik voor vir die fyner nuanses van optrede in Japan nie. Na amper 13 jaar hier sal ek en Stéphan nog steeds laggend met mekaar spot as ons onvanpas opgetree het; ek is gewoonlik die een wat meer hiermee sukkel. Die enigste antwoord is om laag te buig, en vir jouself na die tyd te lag. 
 
“Elke keer as ons na ‘n lang tyd in Japan weer in die Weste kom, is onsself verbaas (en verlig) oor die gevoel van vryheid en die moeitelose interaksies met ander mense; selfs in ’n land soos Suid-Afrika met die baie verskillende rasse en kulture. Japannese wat na ander lande reis, merk dit ook baie duidelik op en hul optrede verskil partykeer dramaties van hul optrede in Japan. Ons, wat met moedersmelk die Westerse vryheid ingekry het, sukkel soms om reëls blindelings te volg, veral as dit soms langdradig of onlogies blyk te wees.  
 
“Dit is ook bykans onmoontlik om in Japan ordentlik oor die weg te kom as jy nie Japannees kan praat nie. Die taal bly een van die moeilikste uitdagings, want Japannees word beskou as die moeilikste taal om aan te leer vir ’n Westerling.  Daar is soveel vlakke van taalgebruik in Japannees en boonop het dié taal kanji sowel as twee aparte fonetiese alfabette – hiragana en katakana. Taalgebruik verander volgens die situasie waarin jou jouself bevind. Dit wissel van formeel, informeel, mans, vroue en nog vele meer. Ook is daar baie set phrases. Hoe langer jy hier bly, hoe meer besef jy dat die pad nog lank en swaar is.”
 
Daar is natuurlik ook baie positiewe aspekte ten opsigte daarvan om in ’n ander kultuur jou lewe te moet lei. Carina vertel: “Aan die ander kant is Japan, na al die jare, vir my steeds diep-fassinerend. Dit verras my dat ek, al het ek al soveel oor Japan gelees en bestudeer, met elke nuwe gesprek, boek en dag net nog nuwer dinge van Japan leer. Ek besef dan net dat Japan wêrelde van Suid-Afrika verwyderd is.  
 
“Ek is so bly dat die Heilige Gees, te midde van krapperige kultuurverskile en soms ’n tam lyf en siel, my toenemend lief maak vir die kerk in Japan en ek met meer passie en toewyding doelgerig my lewe vir die Here hier kan gee. Ek is opnuut dankbaar vir hedendaagse tools wat dit vir my moontlik maak om daagliks Japannees te kan leer met behulp van lesse oor die internet. Ek is regtig diep dankbaar vir al die hulpbronne in ons moderne wêreld tot beskikking van ‘n sendeling.”
 
Vra jy vir Carina wat vir haar soms swaar is in die sendelingskonteks en wat vir haar moed gee, antwoord sy as volg: “Dit is vir my soms swaar as ek na al die balle wat ek in die lug probeer hou, kyk. Daar is so baie dinge wat ek wil doen en moet doen en nog graag sou wou doen, en daarom voel ek dikwels oorweldig – sommige daarvan is verseker selfopgelegd! Dit is ’n alleenwerk met min terugvoering en met min geleenthede om asem te skep of om bemoedig te word. Die kultuur in Japan is een van BAIE HARD WERK, min vakansies, en min geleenthede om te ontsnap.
 
“Ironies genoeg is dit egter juis in hierdie klaarblyklike swaarkry waar my nuwe moed ook gebore word. Die Here het nog altyd voorsien. En ek leer en leer en leer… om minder bekommerd te wees oor môre en net te fokus op vandag en wat vandag van my verwag word. Ek sukkel nog baie. Ek protesteer nog baie. Maar ek weet ook, al stry ek soms daarteen, dat dit juis hier is wat die Here die hardste in my werk. 
 
“Ek word ook baie bemoedig deur te lees of te praat met ander sendelinge wat ook dieselfde as ons in Japan ervaar. En ’n sterk koppie swart koffie, ’n gegeurde kers, vroeg na vyf in die oggend, terwyl almal slaap en ek kan Bybel lees en dink, is vir my broodnodig. En soos wat my Japannees ook beter raak, skep ek nuwe moed omdat soveel nuwe deure juis nou oopgaan en vir my geleenthede gee waarvoor ek in die verlede nog nie reg was nie.”
 
Carina is lief vir donker-geroosterde koffie en lees en beplan graag. “Ek voel baie energiek as ek iets beplan of voorberei en in die proses konneksies maak tussen teenoorgestelde velde wat ek weet vir iemand miskien ’n liggie sal laat opgaan of ‘n vars perspektief sal gee. Hoe langer ek Japannees leer en myself in die kultuur ingrawe, hoe meer passievol raak ek oor nuwe moontlikhede om met Japannese te kan praat oor die Groot Vrae van die lewe. Dit beteken vir my baie as ek weet ’n ontmoeting in my huis, of ’n aanbieding by die kerk, het iemand diep aangeraak of getroos of laat nadink.” 
 
Dis belangrik dat ons as gemeentes, en veral vroue in gemeentes, Carina sal ondersteun. “Ek dink die meeste vroue weet sommer instinktief waarmee ek as ma en vrou worstel,” sê Carina. “Die meeste vroue moet daagliks baie verwagtinge balanseer en uiteenlopende rolle inneem, terwyl hulle ook ’n tuiste wil skep waar daar liefde, sekuriteit, genade en warmte is – nie net vir hulle eie gesin nie, maar ook vir vriende en buitestaanders. 
 
“Daarom is dit regtig baie bemoedigend om te weet julle bid vir my – met empatie. Ek het deur die jare soms in nuusbriewe baie eerlik oor my eie worstelinge gedeel. Die reaksie was altyd betekenisvol en vol versekering dat julle verstaan en dat julle vir my bid. Baie dankie vir julle deernis. Asseblief bly bid. 
 
“Ek hoop om in die toekoms nog meer direk inligting met julle te deel en miskien sal julle my toelaat om ’n brug te wees tussen julle in Suid-Afrika en die vroue en mans en kinders in die Japannese kerk.”
 
Gedeel met toestemming van Mariëtte Odendaal (skrywer) en
NG Kerk Vrystaat 
– 
https://www.ngkerkvrystaat.co.za/blog/afr/om-n-sendeling-in-japan-te-wees.php

Copyright © 2022 Mission Japan, All rights reserved.

Mission Japan

Kita Ku

Shobu Ga Oka 3-1-3

Kobe City, Hyogo Prefecture 651-1306

Japan

Japan: Elmar en Nadine einde April 2022

Elmar en Nadine Baba
Konnichiwa Nuusbrief  
こんにちは Liewe ondersteuner,Soos ons paasfees gevier het, was ons net weerens herrinner aan die kosbare kruis van Jesus. Die boodskap van die kruis wek ‘n dieper verlange om weer terug te keer na Japan in ons harte op. Na amper drie jaar wat ons in Japan gewoon het, is ons meer as ooit oortuig van ons roeping asook die dringendheid van arbeiders op die sendingveld. Ons is gereeld in kontak met mede-sendelinge wat in Japan woon. Dit maak ons opgewonde om te hoor van al die werk wat die Here besig is om in Japan te doen. Sendelinge het nuwe en kreatiewe bedienings waardeur hulle Japanese mense uitnooi om Jesus te leer ken as hulle Heiland. In die konteks van Japan is dit uiters belangrik om op kreatiewe maniere evangelisasie werk te doen aangesien die meerderheid van Japannese mense selde of selfs nooit die ingang van ‘n kerk betree nie.
 Ons verlang om terug te keer na Japan maar dit is ook ons gebed dat die Here hierdie tyd in SA sal gebruik om ons selfs meer voortebrei vir die sendingveld. 

In hierdie nuusbrief deel ons graag WONDERLIKE nuus met jou, vertel jou meer oor al ons bedrywighede en ons vordering met ons studies.    Nadine is swanger!! ナディーンは、妊娠しています。

Inderdaad is die weë van die Here volmaak (Psalm 18:30). 31 Desember 2021, die laaste dag van die jaar 2021 vind ons uit dat Nadine swanger is. Ons kon nie die nuwe jaar met beter nuus ingaan nie. Opnuut besef ons die Here se tydsberekening is volmaak. Ons kon nie vir ‘n beter tyd om verwagtend te wees gevra het nie. Terwyl ons in Suid-Afrika is en ons familie naby is kan ons nou vir die koms van hierdie kindjie voorberei. Net die Here en Sy perfekte tydsberekening kon hierdie wonderlike gebeurtenis laat geskiet het. Op die 28ste Maart vind ons uit dis ‘n dogtertjie. Die begeerte van ons hart is vir ons geskenk. Dit gaan goed met Nadine en sy is nou in die 2de trimester. Die baba dogtertjie sal DV vroeg September gebore word.

“Elke baba kom met ‘n hemelse beursie” is die woorde van ‘n tannie aan ons. In hierdie afgelope 4 maande het ons alreeds soveel wonderwerke i.v.m. mediesefonds logistiek, bybetalings en benodighede vir ‘n baba gesien. Ons bid elke aand dat hierdie kindjie alreeds sal weet dat sy deur ‘n mamma en  pappa maar selfs meer deur die Koning van alle konings geliefd is. Baie oggende in my stilltety bid ek “Here Jesus stel ons net instaat om hierdie kleine dogtertjie heen te wys na die kruis van Golgota”. 
Bid asseblief saam vir haar ontwikkeling sowel as vir Nadine se gesondheid.    Studies  
勉強
1 Februarie 2022 het ons eerste kwartaal vir die jaar afgeskop. Ek en Nadine het 3 vakke elk. Hierdie semester leer ons oor die leer van sonde, die leer van die Heilige Gees, hermeneutiek en eskatologie. Sienende dat SATS ‘n aanlyn teologiese instansie is, moet ons baie navorsing doen en het ons ‘n magdom van leeswerk. Ons het soms aanlyn lesings, maar nie gereeld nie. Dit beteken dat die meeste van ons dae gevul is met die lees van teologiese vakkundige artikels en boeke oor die betrokke onderwerp. Daarna moet ons gereeld opstelle skryf en eksamens voltooi. Ons sien hierdie teologiese studies as nog ‘n manier waarop die Here ons toerus vir die bediening in Japan. Ons moet ons graad voltooi voor ons kan teruggaan Japan toe, siendende dat dit ‘n vereiste is vir ons visums deur OMF. Daarom is ons gemotiveer om te “ganbarimasu” 頑張ります wat beteken om te volhard of jou beste te gee in Japannees. Ons laaste eksamen is die 26ste April en ons nuwe kwartaal begin die 1ste Mei.   Die vrou in die sendingveld
Geskryf deur Nadine
Ek het die wonderlike voorreg gehad om gedurende ‘n vrouebiddag oor die vrou in die sendingveld te kon getuig. Dit was regtig spesiaal om my ervaring van vrou-wees in die sendingveld te kon deel. Ek het gesels oor al my ervarings vandat ek op 18 die eerste keer die sendingveld betree het asook my ervaring om in Japan as sendeling te woon. Ek kon die seëninge van sendeling wees deel, asook die talle uitdagings waarmee sendelinge gekonfronteer word. Ek is dankbaar dat ek ‘n verteenwoordiger van sendelinge kon wees en ook moontlik ander dames kon herrinner om vir sendelinge te bid.   Betrokkenheid by gemeentes  Fotos van onlangse geleenthede  Nadine se magie groei.  Ruhan (Elmar se broer), Danielle (Niggie), Chane (Niggie), Nadine en Elmar Dankbaar:
*Nadine se swangerskap.
*Die Here se voorsiening vir die baba (babaklere ens).
*Ons is dankbaar vir nuwe gemeentes wat oop is om ons te ontvang.                    

Gebedsversoeke
Bid asseblief vir die volgende:

Bid asseblief vir die baba se groei en Nadine se gesondheid.
Ons Teologiese studies.
Ons Japannese aanlyn taalstudies.
Ons gesondheid.
Bid asseblief vir ons finansiële ondersteuning.
Bid vir meer oopdeure om gemeentes te besoek.
Bid assblief dat die Here in hierdie jaar diep werk in en deur ons lewe sal doen. 
Die redding van Japannese siele.
       Ons wil net opreg baie dankie sê aan elkeen wat finansieël ons ondersteun. Ons skuif van Missie Japan na OMF het baie onsekerheid ingehou, maar ons prys ons getroue Here vir nuwe ondersteuning wat ingekom het. Om ‘n sendeling te wees is nie aldag maklik t.o.v. finansies nie. ‘n Mens is gereeld onseker oor jou eie begroting, maar ons is so dankbaar dat die Here wie ons geroep het getrou is. Hy sorg en Hy voorsien. Ons loof die Here dat Hy mense oproep en instaat stel om finansieël betrokke te wees by SY werk. As u vir ons finansieël bydra onthou asseblief om E&N as verwysing te gebruik. 
FacebookInstagram ShareShare ForwardForward

Missie Japan – 20 April 2022

Missie Japan 2022-04
Missie Japan Nuusflits – 20 April 2022Lees hierdie e-pos via die internet
      
Annlie saam met ander jongmense by ‘n onlangse RCJ kerk kamp ‘n Ontevrede Sendeling?  KLIEK HIER OM NA HIERDIE NUUSFLITS TE LUISTER  Beste Ondersteuner
 
So ‘n vae gevoel van ontevredenheid … wat laag-laag lê. Dit krap hier, en skaaf daar… jy probeer dit peil en die bron daarvan vind. Jy probeer dit weg “entertain”… maar dit kruip altyd weer terug.   
 
Ontevrede … onvergenoegd. Maak nie saak wat die bron daarvan is nie … dit gebeur meestal omdat ons op onsself fokus. Ek fokus op wat EK ontvang. Die produk van MY werk – wat EK vermag het. Of die terugvoer wat EK kry nadat ek baie tyd en moeite in iets ingesit het. En wanneer die uitset skraal blyk te wees en wanneer die terugvoer meestal afwesig is, of ek nie ontvang wat ek dink ek behoort te ontvang nie, dan is ek ontevrede en onvergenoegd.
 
Hier in Japan is dit moeilik om nie te trap in die strik van klagtes nie. Sjoe, ‘n mens sien min vrug. Dit lyk asof nie veel gebeur nie. In elk geval nie (sigbaar) bó die oppervlak nie. In die kerklike bediening is die getal deelnemers meestal klein. Mense se terugvoer is gedemp. Japannese is nie juis bekend vir hulle groot emosionele reaksies of hul toegeneentheid tot die Christendom nie. Dis hoe dit was van vóór Covid af.
 
En nou?
 
Miskien moet julle dit sien voor julle dit sal glo, want in Suid-Afrika (soos in talle ander Westerse lande) het meeste mense besluit: dis sommer nonsens, ons gaan nou weer kuier soos in die ‘goeie ou dae’. Maskers waai; mense braai saam en speel saam en kuier lekker in groot groepe. 
 
Hier in Japan is daar nog baie huiwering. Covid-19 is nog daagliks in die nuus met presiese getalle en waarskuwings dat die nuwe XE variant blykbaar nog vinniger versprei. Aktiwitete word nog gereeld onverwags afgestel. Baie afsprake is nog op Zoom. As jou werk enigsins ‘n konneksie met die mediese wêreld het, word daar van jou verwag om glad nie na restaurante te gaan nie ensovoorts.
 
Ons Van der Watts, met Westerse bloed wat sterk deur ons are bruis, tesame met ons Janaurie Covid-infeksie vuurdoop, het weer baie mense in ons huis. Amper weekliks kry ons gaste, maar met die groot verskil dat almal hul maskers heeltyd ophou. Letterlik. Tydens ete word dit vinnig afgehaal, maar tussen die hoofgereg en die koffie is die masker dadelik weer op.  
 
Onthou jy nog hoe jy gevoel het gedurende die ergste tye van Covid inperkings? Die sterk behoefte aan interaksie. Die ewe skielike diep besef dat isolasie op die lang termyn lei na ‘n amper hopelose en ‘n magtelose eensaamheid. Ons het mekaar nodig. Ons het lewende warm-bloedige mense om ons nodig wat ons nie-virtueel kan aanraak, vashou. Nietemin is selfopgelegde isolasie (of sosiale druk isolasie) steeds baie mense in Japan se realiteit. 
 
Ohnishi sensei – wat vir twee jaar in Suid-Afrika (Bloemfontein) studeer het, saam met sy vrou Miho en drie dogters – kuier by ons. Hy en Miho san is baie bekommerd oor die Japanese kerk. Die emosionele en geestelike nood wat in die kerk ervaar word was natuurlik voor Covid al daar, miskien net meer onsigbaar. Die kerk is immers baie klein, met min jong mense. Maar nou het die pandemie al die angs, eensaamheid en isolasie soos ‘n groot golf oor almal laat spoel.
 
Natuurlik het Covid-19, asook die individualistiese tydsgees, ook ‘n negatiewe effek op Suid-Afrikaanse gemeentes. Maar die getalle in Japannese kerke is reeds so klein. Mense voel ontmoedig en magteloos. Predikante is moeg. Stéphan begin onlangs weer gereeld by kerke oraloor Japan preek – waar daar nie leraars is nie, of waar hulle uitgeput en onder druk is. Japanese predikante het een Sondag per jaar af. Op daardie Sondag (wat hulle af is), sal hulle steeds baie duidelik en pertinent vir hulle gemeente vertel waar hulle wel ‘n erediens gaan bywoon. Want eredienste beteken gemeenskap. En bemoediging.
 
En ek dink dis miskien op hierdie punt wat ek ‘n nuwe vlaag van ontevredenheid begin ervaar het. Ons het al in baie nuusbriewe eerlik gedeel dat Christene in Japan maklik geïsoleerd voel. Wag! Geïsoleerd klink heeltemal te abstrak. Ons voel ALLEEN. Die geleenthede raak al hoe minder. Daarom bid ons. En ons wag en wonder hoe God opnuut wel deure sal oopmaak. Dis waar dat ons al ‘n geruime tyd met baie groter vrymoedigheid weer baie gaste ontvang. Maar dit bly ‘n gesukkel om mense selfs in die kerk in hierdie Covid-versigtheid te bereik, wat nog van diegene ‘buite’ die kerk.
 
Verlede week, op die Sondag voor Jesus gekruisig is, preek Kawase sensei – ‘n Japanese predikant wat nou saam met sy vrou en sy vier kinders na Hongarye as sendeling gestuur word. As ons aan die sendingveld in Japan dink is die Groot Opdrag (Matt. 28) op ons harte. Ons dink ook aan die veld wat ryp is vir oes, maar die arbeiders min (Matt. 9:37). En verder, hoe lieflik die voetstappe is van die een wat die goeie boodskap bring (Jes. 52:7). Ons wonder hoe mense kan glo as hulle nog nooit die evangelie gehoor het nie (Rom. 10:14).  Elke liewe gedeelte in die Bybel wat sending aanraak eggo vir Japan. Hier waar mense dink paasfees is letterlik ‘n fees van hase en eiers, en Kersfees is Santa-san (Kersvaderse verjaardag. Hoekom dan, as Japan self so dringend sendelinge nodig het, stuur hulle een van hul eie predikante na Hongarye as sendeling om die Gereformeerde Kerk in Hongarye te ondersteun?  
 
Kawase sensei kan dit beter verduidelik. Die Japanese kerk (en ons en julle) is OF ‘n pyp OF ‘n emmer. Die lewende water van Jesus kan óf opgegaar word in ‘n emmer, en as dit oorloop doelloos vermors word … OF dit kan soos deur ‘n pyp die lewende Woord vrylik laat vloei na ander. 
 
Die Japanese kerk, en ons wat hier probeer om ook ‘n pyp te wees vir die enigste water wat jou nooit weer sal laat dors raak nie, is so breekbaar. Skraal. Weerloos. Maar tog lê hierin, in die swakheid wat vir die wêreld na onsin klink, die krag van sy opstanding.
 
En om te keer dat ons raak soos die Israeliete wat begin kla het oor die sonder-afwisseling-manna-elke-dag, die Israeliete wat onvergenoegd vergeet het van wat God reeds gedoen het en wat hy belowe het vir hul toekoms, praat ons hard met onsself (of/en laat ons toe dat die Heilige Gees ons bemoedig en lei):
 
Want, in die gee, in die dankbare vertroue dat wat ek nou het, genoeg is … en dat God weet van ons stofwees en van ons drome vir Japan en vir Suid-Afrika, lê ons elkeen se vrede. Deur te vertrou en te glo: Die Here voorsien (Genesis 22:14).  En in die gee en die soeke om tydig en ontydig die boodskap te verkondig, loop die lewende water en spoel die onvergenoegheid weg. Want om te gee (ook in die klein Japannese kerk), ontvang jy terselftertyd vrede, en word jy die geleier van Jesus se vrede en van sy kruisdood wat nie verniet was nie.  
 
Ek vermoed Christina Rosetti verduidelik dit baie beter as wat ek sukkelend probeer doen. 

A Better Resurrection
I have no wit, no words, no tears; 
My heart within me like a stone 
Is numb’d too much for hopes or fears; 
Look right, look left, I dwell alone; 
I lift mine eyes, but dimm’d with grief 
No everlasting hills I see; 
My life is in the falling leaf: 
O Jesus, quicken me. 
 
My life is like a faded leaf, 
My harvest dwindled to a husk: 
Truly my life is void and brief 
And tedious in the barren dusk; 
My life is like a frozen thing, 
No bud nor greenness can I see: 
Yet rise it shall—the sap of Spring; 
O Jesus, rise in me. 
 
My life is like a broken bowl, 
A broken bowl that cannot hold 
One drop of water for my soul 
Or cordial in the searching cold; 
Cast in the fire the perish’d thing; 
Melt and remould it, till it be 
A royal cup for Him, my King: 
O Jesus, drink of me. 
 
Dankie, Here, dat U steeds deur alle omstandighede ons vorm en verander om vir U bruikbaar te word.
 
Groete,
Carina

——————————————
 
Galasiërs 6: 9-10: Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.  

——————————————    Van links bo na regs onder:
1. Stéphan preek RCJ Tajimi se Paasfees erediens 
2. Ons nuwe leraar (ds. Nishibori) saam met sy vrou en seun eet by ons
3. Gesellige kuier saam met die Ohnishi gesin
4. Annlie kuier saam met twee vroue uit ons gemeente
5. Annlie speel gitaar by ons Paasfees (buitelug) Kinderdiens  MAAK ‘N BYDRAE VIR MISSIE JAPAN  GEBEDSVERSOEKE
Bid asseblief saam vir die Here se sorg en leiding met:Maandag, 24 April kom ‘n groep vroue na ons huis waar ek ‘n powerpoint aanbieding sal doen oor die geskiedenis van brood, die simboliek van brood in die Bybel, en dan sal ons almal saam brood bak (meeste Jappanese het nog nooit brood gebak nie).’n Sport(s)- en Braaivleisdag wat ons beplan vir jong mense uit gemeentes in ons omgewing. Die tema: Wysheid voor jy Grys word.  FacebookWebsite
Copyright © 2022 Mission Japan, All rights reserved.
Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy op ‘n manier betrokke is by Missie Japan.

Our mailing address is:Mission JapanKita KuShobu Ga Oka 3-1-3Kobe City, Hyogo Prefecture 651-1306Japan
Add us to your address book

Missie Japan Nuusflits – 13 April 2022

Missie Japan Kobe
GEMEENTES BYEEN in Groot Lydensweek 
Beste Ondersteuner,
 
Lente-groete uit Kobe! Net ‘n paar gedagtes van hier voor jy die Paasweek ingaan. 
 Die RCJ (Reformed Church in Japan) Westelike Ring se 34 gemeentes vergader vandag, in Groot Lydensweek. Baie verhale en gebeure word gedeel. ‘n Jong nuwe leraar is aangestel by ‘n gemeente wat vier jaar lank moes wag om hom te kon beroep. ‘n Ander gemeente getuig van hulle pyn en worsteling na hul predikant se bediening gestop moes word omdat hy internet preke misbruik het. In sy plek kom ‘n nuwe leraar wat self deur erge swaarkry is a.g.v. (verbale/emosionele) magsmisbruik in sy vorige gemeente. Maar hy getuig aangrypend voor almal van die Here se krag in sy broosheid en van sy terugkeer na ‘n jaar van diep geestes-ongesteldheid. Dan is daar ‘n gemeenteleier wat juig oor haar nuwe aanstelling as leke prediker nadat die pandemie haar bediening ontwrig het. En ‘n jong vrou wat vertel van haar werk onder studente op universiteits-kampusse, waar sy ruimtes skep vir jongmense om hulle geloofsvrae te deel.  Verder vertel ‘n kollega van sy werk in ‘n geloofsgemeenskap wat sukkel om te oorleef, met net 20 lidmate ná 20 jaar van bediening deur 4 verskillende leraars wat baie golwe en uitdagings deurleef het. ‘n Ander kollega word binnekort deur ons ring uitgestuur as sendeling (met sy vrou en 4 kinders) na Hongarye, midde-in die tergende onsekerheid van die oorlogstryd wat voortsleep in Oekraïne. Hierdie inisiatief en roeping rig en verenig die RCJ (met ‘n totaal van 140 gemeentes) tans op ‘n unieke manier, deur gebed en konkrete ondersteuning. Nóu ter wille van wêreldsending en God se Koninkryk veel wyer as wat voorheen ooit gedroom is. Nog ‘n ander samewerkende sendeling word beroep na ‘n sukkelende sendingpos waar sy voorganger (hulle is albei van Korea) handdoek ingegooi het, ná baie jare van vasbyt. Dis nie ‘n doodloopstraat nie, maar wel ‘n nuwe begin met vars potensiaal. Soos wat die uitstuur van 12 gestuurde leraars – ‘n spesifieke kategorie van opgeleide leraars in die RCJ – na hulle onderskeie sendingposte, aan die einde van die ringsvergadering, kragtig bevestig het. Kerklike bediening en die werk van gemeente leraars / leiers is – wêreldwyd – vol slaggate en steil bulte, ook hiér in die Weste van Japan, waar atoombomme en aardbewings tot onlangs toe nog verwoesting gesaai het. Reuse rampe het die volgelinge van Christus hier onherroeplik verander. Maar dié swaarkry het ook volharding gekweek en die volharding, egtheid van geloof. Die resultaat is onbeskaamde hoop, al lyk die realiteit na mislukte menslike pogings. Die hoop vloei voort uit Godself, wat Sy liefde in ons harte uitgestort het deur die geskenk van die Heilige Gees (Romeine 5:3-5). Dáárom hou ons klein, veerkragtige gemeentes hier geduldig aan met getuig, bewus van ons feilbaarheid en broosheid, maar ook oortuig: die Here hou Sy kerk self in stand. Met Paasfees om die draai is ons ringsvoorsitter se boodskap uit Lukas 22 meer werklik en nodig as ooit. Ons bly opstaan as ons val, want soos vir Petrus, tree die lewende Christus deur Sy Gees steeds onverpoos ook vir elkeen van ons in …
”Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister. Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie.” (vers 31-32) Die opstandingskrag van Christus bring nuwe lewe in afgematte en kis gewerkte gemeente leiers. Daarsonder sterf die kerk uit. Daardeur leef ons voort, met verwagting, volharding en onblusbare hoop.
Mag jy die opgestane Christus opnuut ontmoet hierdie Paasfees.
Stéphan 

 Foto’s van links bo na regs onder:
1. Ds. Yuzuru Kawase – ons nuwe sendeling na Hongarye – bedank die vergadering vir hulle bystand 
2. Kampus jeugwerker vra vir ondersteuning
3. Gestuurde leraars word opnuut uitgestuur
Copyright © 2022 Mission Japan, All rights reserved.
Jy ontvang hierdie e-pos omdat jy op ‘n manier betrokke is by Missie Japan.

Our mailing address is:
Mission Japan
Kita Ku
Shobu Ga Oka 3-1-3
Kobe City, Hyogo Prefecture 651-1306
Japan

Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022

Missie japan 18-3-2022

SAAM OP WEG 
soos kleipotte in ‘n gebroke wêreld

Beste Ondersteuner
 
Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van ‘n akademiese kwalifikasie. Dis ‘n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor ‘n integrasie van leer en lewe. Daar was botstil dae (soos by verlede week se plegtigheid), maar ook stormdae (soos met dié groep studente se inhuldiging in April 2018). Só sit ek en dink terwyl ek sien hoe sewe studente ná 4 jaar van harde werk met dankbare harte hulle pad by KRTS voltooi. Dis die sewende keer dat ek die voorreg gehad het om hiervan deel te wees … ‘n klein entjie se saamstap by dié sewentigste gradeplegtigheid van die RCJ kweekskool se geskiedenis. 
 

Lees meer “Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022”

Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022

Cariena Lodewyk by RCJ Tokyo bay Maart 2014

SENDELING IN JAPAN

Wat beteken dit?

Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan? 
Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)

 
Beste Ondersteuner

Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022”

Konnichiwa Nuusbrief 

Konnichiwa Nuusbrief 
Liewe ondersteuner,
Ons skryf hierdie nuusbrief nie uit ‘n koue Japan nie, maar hier vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika. Terwyl ons harte verlang om weer in Japan te wees, is ons dankbaar vir elke oomblik saam ons geliefde familie en vriende. Ons koester hierdie tyd en sien dit as ‘n geskenk uit die Here se Hand. Ons sien ook uit na toekomstige geleenthede waar ons met julle, ons ondersteuners, kan tyd saam spandeer. Ons bid dat hierdie tyd in Suid-Afrika mag dien as ‘n tyd waarin ons dieper verhoudings met u kan bou. 

In hierdie nuusbrief wil ons baie graag groot nuus met u deel. Ons deel graag met u ‘n brief spesifiek gerig aan u, inligting oor waar onsself nou in Suid-Afrika bevind en waarmee ons tans besig is.

Brief aan u, ons ondersteuner.
“Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe”
Spreuke 16:9

“En Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, sterke God, Ewige Vader en Vredevors”.
Jesaja 9:5b

Hierdie twee verse het die afgelope paar maande vir ons dieper betekenis gekry. In ons menswees kan ons soms ons hele lewe vooruit wil beplan, maar soms gebeur dinge wat die koers en rigting van ons lewe baie duidelik in ‘n ander rigting stuur. Die Here is ons Wonderbare Raadsman. As ons terug kyk op die afgelope paar maande kan ons duidelik sien hoe die Here, ons Raadsman op ‘n baie spesifieke manier, ons leiding oor ons toekoms gegee het. Die Here is immers die Een wat die toekoms ken en daarom is Hy die Een wat ons in al Sy weë kan lei. 

Ons het met van julle, ons ondersteuners, telefonies gekommunikeer rondom die besluit wat ons geneem het om van sending organisasie te verander. Graag wil ons deur hierdie brief vir u verduidelik waarom ons tot hierdie beslissing gekom het. Ons wil baie graag oop en eerlik met u, ons ondersteuners, wees. Julle is die mense wat die Here gebruik om ons in staat te stel om ons roeping in Japan uit te leef, daarom is dit vir ons belangrik om met u ons ervaring te deel.

Ons dink dit is belangrik om te beklemtoon dat ons roeping na Japan nogsteeds so sterk is soos die dag toe ons dit ontvang het. Ons begeer met ons hele harte om te sien dat meer Japannese mense Jesus as Verlosser en Saligmaker sal aanneem. Dit is slegs hierdie sterk oortuiging van ‘n roeping wat ‘n sendeling op ‘n sendingveld soos Japan kan hou. Soos ons al verskeie kere geskryf het is Japan ‘n baie moeilike sendingveld daarom is dit uiters belangrik om in jou roeping vas te kan staan. Daarom kan ons u verseker dat ons roeping na Japan in geen manier verander het nie, inteendeel het ons roeping net versterk.

Die besluit om van organisasie te verander was ‘n besluit wat ons in geen opsig ligtelik opgeneem het nie. Ons kan eerlik getuig dat ons uitgeroep het na die Here om ons te lei. 

Ons deputasie in SA en die AGM
As gevolg van verskeie redes, insluitend dat ons Teologiese graad studies nog onvoltooid is nie, was daar onsekerheid oor ons toekomstige bediening in die RCJ (die kerk) in Japan. Tydens ons deputasie verlede jaar het Missie Japan 3 opsies in verband met ons toekoms in Japan aan ons voorgehou.

Opsie 1: Keer terug na Japan, voltooi ons SATS-graad studies, voltooi 3 vakke by die RCJ kweekskool en raak betrokke by bediening in die Tokushima Gemeente.
Opsie 2: Keer terug na Suid-Afrika, voltooi beide ons graad studies, N3 Japannese taaleksamen en wees betrokke by ‘n plaaslike gemeente in Laudium.
Opsie 3: Ons verander na ‘n ander organisasie wat meer in lyn is met ons missionale metodologie.

Hierdie 3 opsies is verder bespreek by die AGM wat in Oktober 2021 plaasgevind het. Opsie 1 was nie meer ‘n opsie nie omdat die Shikoku Ring (met wie Missie Japan ‘n ooreenkoms gehad het) Missie Japan ingelig het dat hulle Ring nie die fondse het vir ons behuising in Tokushima nie. Ons het baie begrip vir ‘n sukkelende Ring (veral in Japan aangesien daar so min lidmate is wat die kerk kan ondersteun), maar ons voel wel teleurgesteld in die feit dat hulle ons eers na die voltooiing van ons twee jaar taalstudie ingelig oor hul finansiële behoeftes tydens ons deputasie in SA. Dit was nie die enigste rede waarom opsie 1 nie uitgewerk het nie. Missie Japan het besluit dat dit vir ons beter sou wees om eers ons SATS-studies onder minder druk hierin SA te voltooi. Alhoewel dit vir ons baie moeilik was om terug te keer na SA veral nadat soveel tyd en energie in ons taalstudies ingegaan het, het ons saamgestem dat dit beter sou wees om ons SATS-studies in SA te voltooi.

Gedurende die tweede dag van die AGM, moes beide ek (Elmar) en Nadine ‘n verslag in verband met ons twee en ‘n half jaar in Japan aan die lede van Missie Japan voorhou. In die verslag was ons baie oop en eerlik oor die uitdagings wat ons beleef het in Japan. Ons is beide baie bewus van ons swakhede. Ons getuig gereeld dat ons soos krom stokke in die Hand van die Here voel. Ons is net eenvoudige sendelinge wat so graag begeer om vir die Here te werk. 

Gedurende die gesprekke tussen die Missie Japan lede was ons nie altyd deel van die gesprekke nie, maar van die komiteelede het aan die einde van die aand ons voorberei dat die vergadering gelei voel om aan te beveel dat ons eerder van organisasie moet verander. Dit het gekom as ‘n groot skok. Ons het glad nie verwag dat nadat ons twee en ‘n half jaar in Japan gewerk het, Missie Japan aan wou beveel dat ons van organisasie moes verander het nie. 
Alhoewel die vergadering duidelik vir ons gesê het dat die besluit op ‘n mespunt geneem was, het Missie Japan die volgende dag die oorweging wel verander dat hulle nogsteeds ‘n pad saam met ons wou stap. . Dit was ‘n geweldige emosionele tyd vir ons. Tussen die vergadering in Oktober het ons vir ‘n maand terug Japan toe gegaan (wat ook ‘n moeilike tyd was, omdat ons eerlik kan sê ons harte is in Japan).In 2019 moes ons ontwortel word uit SA en nou moet ons weer ontwortel geword het uit Japan en terugkeer na SA.

In Desember het ons tyd uitgesit om die Here te vra om ons te lei oor ons toekoms in Japan. Die AGM was regtig vir ons ‘n keerpunt, waarin ons begin bevraagteken het of Missie Japan, maar meer die RCJ die voertuig was waarmee ons Japan toe mos gaan. Ons het eerlik voor die Here ons harte en toekoms oopgelê. Ons het gesê: “Here as ons in Missie Japan moet aanbly dan sal ons U gehoorsaam”, maar ons het ook gesê, “Here as U wil hê ons moet skuif na ‘n ander organisasie dan sal ons dit ook doen”. Ons het die hele Desember geneem en die Here gesoek. Natuurlik moet ons as kinders van die Here altyd die Here raadpleeg, maar ons wou veral hê die Wonderbare Raadsman moes ons in hierdie besluit lei sodat ons geen besluit uit emosie, teleurstelling of uit die vlees maak nie. 

Nadat die Missie Japan kantoor weer heropen het in Januarie het ons Bloemfontein toe gegaan, sodat ons, ons oorwegings met Missie Japan se sekretaris Dr. Nico Mostert kon gaan bespreek het. Daarna het ons ‘n afspraak met OMF (die nuwe sending organisasie) gehad wat gelei het na ons finale besluit om Missie Japan te verlaat. Ons het in ‘n brief wat verduidelik hoekom ons die besluit geneem het aan al die lede van Missie Japan lede gestuur. Intussen het ons verskeie vergaderings met Missie Japan lede gehad en beplan ons om Vrydag, die 4de Februarie, met die RCJ lede van Shikoku Ring te vergadering sodat ons ook aan hulle sorgvuldig ons besluit kan verduidelik.

Ons besluit is gebaseer op die volgende: Roeping
In die begin van die brief het ons gesê, ‘n sendeling se roeping is die fondasie wat ‘n hom op ‘n moeilike sendingveld sal hou, dus is dit baie belangrik dat ‘n sendeling se roeping moet ooreenstem met die stuur liggaam. In 2018 het ons aansoek gedoen by Missie Japan om jeug sendelinge in die Shikoku Ring te word. Die behoefte van die RCJ het in die tyd wat ons in Japan was verander na ‘n behoefte aan leke-predikers. Terwyl ek (Elmar) nie sal omgee om by gemeentes  te preek nie, voel ek en Nadine nie geroepe om leke-predikers te wees nie. Daar is vir ons ‘n duidelike onderskeid tussen ‘n roeping vir die kerk en ‘n roeping buite die kerk. In die Japanese konteks is daar net 1% Christene, wat beteken dat die behoefte aan sendelinge wat uitgaan met die doel om die Evangelie te verkondig geweldig groot is. 

Ons skryf hierdie brief met eerlikheid en opregtheid. Ons is baie dankbaar is vir alles wat Missie Japan en elke lid van die komitee vir ons gedoen het. Ons wil graag deur hierdie brief ons ervaring van gebeure aan u ons ondersteuners deur gegee het. Dit is ons gebed dat die Here die regte geestelike werkers vir die behoeftes van Missie Japan en die RCJ sal stuur. Die oes is so groot en die arbeiders so min. Mag die Here van die oes, arbeiders vir die sendingveld stuur.

Ons rig ‘n versoek deur hierdie brief om te vra dat u as ons ondersteuners asseblief biddende en soos die Here lei sal oorweeg om voort te gaan om ons te ondersteun. Indien die Here u so lei, kan u vanaf Februarie maand enige finansiële bydraes na die nuwe rekening oorplaas. 

Neem asseblief kennis van die volgende:1.    Ons e-pos adresse het verander. Ons Missie Japan epos adresse werk nie meer nie.
Elmar e-pos adres:                       durandelmar226@gmail.com 
Nadine se e-pos adres:              nadine.bezuidnhout@gmail.com
2.    Ons bankbesonderhede het verander na:
Naam van Rekening:           Aksie 1:8
Bank:                                            ABSA
Rekeningnommer:               5260146779
Verwysing:                               Naam E&N  Vriendelike groete,
Elmar en Nadine    OMF (Overseas Missionary Fellowship) is gestig in 1865 deur die bekende sending Hudson Taylor. Die sending het eers bekend gestaan as “China Inland Mission”. OMF is ‘n Evangeliese sendingorganisasie met ‘n groot hart vir die onbereikte Asiatiese mense. Die sending se hoofkantoor is in Singapoer. OMF Japan werk alreeds 70jaar in Japan en het sendelinge van verskeie lande. Binne OMF se sendingstruktuur is daar baie ruimte om jou roeping uit te kan leef. Daar is verskeie kreatiewe bedieninge wat gebruik word om binne gemeenskappe in Japan verhoudings te bou en die Evangelie te verkondig. Ons is diep oortuig dat ons, ons roeping binne OMF sal kan uitleef en dis ons gebed dat die Here hierdie nuwe voertuig vir ons roeping tot Sy eer sal gebruik. Ons is ook diep bewus, dat die gras nooit groener is aan die anderkant nie, maar temidde van toekomstige uitdagings sien ons uit na die pad wat vir ons voorlê.
Lees gerus meer oor OMF op hulle webwerf: https://omf.org/about-us  

Ons aansoekvorms vir OMF is ingedien en ons het alreeds 2 onderhoude gehad. Ons aansoek sal deur die OMF SA kantoor sowel as die OMF Japan kantoor oorweeg word en DV as ons goedgekeur word sal ons dan indiens geneem word deur OMF. Ons sal u ophoogte hou.  Die woonstel wat ons huur in Johannesburg.  1 Februarie het beide van ons met 3 vakke by SATS (South African Theological Seminary) begin. Ons beoog om so gou as moontlik ons graad-studies te voltooi sodat ons so gou as moontlik na Japan toe kan terug keer. Ons eer die Here vir Sy voorsieining in ons studie behoeftes. ‘n Studie hulpfonds het vir ons studiebeurse aangebied. Hulle betaal ten volle ons studie uitgawes.

Ons beplan om in hierdie jaar ondersteunende gemeentes sowel as nuwe gemeentes te besoek. Ons sien uit daarna om julle te kan besoek. Ons hou ook ons Japannese taal instand deur weeklikse klasse en beoog om kontak te maak met enige Japannese mense wat in Johannesburg of Pretoria woon. 
Ons huur tans ‘n twee slaapkamer woonstel in Johannesburg. Ons huur ook ‘n voortuig vir die beoogde jaar wat ons in SA sal wees..  Fotos van onlangse geleenthede  Nadine, Suzette (sussie) en Mia (susterskind)   Elmar, Albie (broer) en Armin (broerskind)   Dankbaar:
*Die voorsiening vir ons teologiese studie uitgawe.
*Ons nuwe woonstel. (Na 2 maande vop die pad en in verskillende huise is ons dankbaar vir ‘n huis van ons eie.)
*Familie, vriende en ondersteuners wat ons bystaan en help met    die aanpassing in SA. 
*Meubels, ons woonstel is amper volledig gemeubeleerd deur       ondersteuners en familie se vrygewigheid.                 
*Voertuig                            

Gebedsversoeke
Bid asseblief vir die volgende:

Die oorskuif van organisasie en al die administrasie..
Ons verhouding met Missie Japan en die RCJ.
Ons Teologiese studies.
Ons Japannese aanlyn taalstudies.
Ons gesondheid.
Bid assblief dat die Here in hierdie jaar diep werk in en deur ons lewe sal doen. 
Die redding van Japannese siele.
     

Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022

IETS VAN ALLES
in 2022
Beste Ondersteuner
 
As gedeelde vreugde verdubbel, en gedeelde smart halveer, wat gebeur met gedeelde Corona?! Die afgelope week was dit ons gesin se beurt om uit te vind (saam met Carina se broer Nico en sy vriendin wat tydelik by ons oorbly). Ons was almal tegelyk redelik plat, maar is baie verlig om weer aan die gang te wees, al is dit nog bietjie wankelrig. Die sesde infeksie-vlaag is besig om ‘n piek te bereik in Japan, met 85000 nuwe gevalle vandag. Ons dien nog die laaste dae van verpligte isolasie uit, maar sien weer kans vir wat kom. Intussen werk ons aanlyn voort …
 
Vanjaar het eintlik op meer as net die virus se noot onstuimig begin vir ons klompie hier in Kobe. Die ander brander wat ons onverwags getref het, was die skielike bedanking van ons mede-sendelinge, Elmar en Nadine Du Rand. Lees meer daaroor hier. Dié nuus het ons diep getref en ons verwerk nog daaraan. Hierdie week moet dit alles ook, onder leiding van Missie Japan se bestuur, sorgvuldig verduidelik word aan ons Japannese kollegas.
 
Buiten die ontwrigting van die bogenoemde gebeure, kyk ons terug na ‘n betekenisvolle Desember-Januarie. Soos gewoonlik was dit nie ‘n stil tyd van die jaar vir ons nie. Die Corona knyp was ligter rondom Kersfees, wat meer ruimte gebied het vir allerlei ontmoetings. Ons het die koue verdryf met gesellige kuiers saam met vriende en familie, en die vreugde van Christus se koms gevier met koekies uitdeel, kerssangdienste, ballet-uitvoerings en veel meer. 
 
Vroeg in Januarie het die werk by KRTS op volspoed uit die blokke gekom. Dit is goed om weer intensief by die studente hier betrokke te wees. In die wyer kerk is daar ook op verskeie fronte nuwe inisiatiewe, te midde van die pandemie, of dalk juis as gevolg daarvan. Ek is dankbaar om daarvan deel te wees. 
 
Byvoorbeeld, die RCJ se diakonale werk het uitgekring na aktiewe ondersteuning van ons Christen broers en susters in die oorlog geteisterde Myanmar. Verder het een van ons kollegas en sy gesin in die Westelike ring waarvan ons deel is, ‘n roeping ontvang na Hongarye. Saam met Resonate Global Mission is ons besig om hulle skuif na Budapest later vanjaar haarfyn te beplan. Laas week was ek ook deel van ‘n ekumeniese vergadering met kerke in Nederland, wat ‘n lang verhouding het met die RCJ, en soek na geleenthede vir samewerking op ‘n breër vlak. Kortom: ons bly wyer kyk na hoe die Here globaal werk, terwyl ons ons gewig hier plaaslik ingooi. 
 
Ons sien ook uit om in die volgende maande aktief kontak te hou met ondersteuners, in opvolg van ons 2021 besoek aan Suid-Afrika. Laat weet gerus wanneer ons bv. ‘n WhatsApp oproep kan doen tydens ‘n erediens of by ‘n kleingroep geleentheid, of selfs een-tot-een. Ons maak graag so! 
 
Baie dankie vir jou volgehoue belangstelling en ondersteuning, dit dra ons.
 
Vrede en vreugde, 
Stéphan, Carina en gesin
Van links bo na regs onder:
1. KRTS eindjaar afsluitingsete 
2. Kersgeskenke uitdeel saam met Carina se broer, Nico en sy vriendin Akari
3. Ballet uitvoering by Kersfees geleentheid vir kinders
4. ‘n Nuwe gemeentelid word gedoop by Kita Kobe gemeente se kersfees erediens
5. Annlie slaggereed om haar gebakte Kersfees koekies uit te deel
MAAK ‘N BYDRAE VIR MISSIE JAPAN
Van links bo na regs onder:
1. 2022 se voornemens in Kanji skrif 
2. Skep iets nuuts by Kita Kobe Kersfees partytjie vir kinders
3. Erediens saam met RCJ Tokushima gemeente
4. Jarelange vriende uit Tokushima kuier by ons
5. Vroeg oggend sneeu voor ons huis 
GEBEDSVERSOEKE
Bid asseblief saam vir die Here se sorg en leiding met:
1. Ons gesondheid en volledige herstel ná die Corona virus
2. Nuwe ritme en diepte in ons werk en bedieninge
3. Die keuring en toelating van nuwe studente by KRTS.
4. Wysheid vir die opkomende vergadering met Shikoku ring 
5. Die Du Rands op hulle nuwe pad, voortaan los van Missie Japan.  

Opvolg: Ellmar en Nadine van Missie Japan:

Missie Japan

Goeie middag almal

Hiermee die brief rakende Elmar en Nadine, soos ons bespreek het in ons vergadering vir julle inligting en voorbidding asb. Ek is in gesprek met Missie Japan aangesien hierdie brief baie eensydig is. Ons gaan voort om hulle te ondersteun aangesien hulle passie nog steeds is om sendingwerk in Japan te doen ( dit het geensins verander nie) en om die Evangelie na die die 99% nie-Christene in Japan te neem. Sodra ek hul nuwe bankrekening ontvang het sal ek dit aan die kerkkantoor stuur.

Groete en lekker naweek.

Emile

Lees meer “Opvolg: Ellmar en Nadine van Missie Japan:”

Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)

Konnichiwa Nuusbrief

 Liewe ondersteuner,In Japan is daar ‘n gebruik om te sê 久しぶり (hisashiburi) vir iemand wat jy vir ‘n lang tydperk nie gesien het nie. Aangesien ons elkeen van julle lank terug gesien het sê ons aan julle elkeen Konnichiwa, 久しぶり Hisashiburi.
In hierdie brief wil ons baie belangrike nuus met julle deel. Hierdie nuusbrief sluit in ‘n brief vanuit die Missie Japan kantoor sowel as ‘n video waarin ons meer verduidelik.

Lees meer “Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)”

TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika

Missie Japan - Twee wêrelde

Beste Ondersteuners
 
Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n besondere lang onafgebroke 4 jaar in Japan – boonop midde-in die derde golf van Covid-19 – was dit bykans onmoontlik om nie konstant melodramatiese vergelykings te tref nie.

Lees meer “TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika”

Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg

(Liquidambar) Herfsblare in ons buurt

Beste Vriende

Wanneer ons in Suid-Afrika is mis ons Japan: die opregte toewyding van ons broers en susters in die RCJ, goedkoop sushi, warmwater bronne … Maar wanneer ons in Japan is verlang ons harte intens na Suid-Afrika: na ‘n drafpaadjie langs die river met ‘n uitsig op die branders, uit-volle-bors lofsange in die kerk, sit om die braaivleis vuur met regte hout (nie steenkool soos in Japan nie). Maak nie saak in watter land ons is nie, ons is altyd vol verlange na die ander. Asof ons nooit werklik tuis is nie.

Lees meer “Missie Japan 17 Nov 2021: Weg en Terug en weg”

Missie Japan: Konnichiwa Nuusbrief – 29 June 2021

Sendingaksie Japan

Konnichiwa Nuusbrief  Liewe ondersteuner,
Met die toename van Covid-19 in Suid-Afrika, dink en bid ons voortdurend vir u. Ons hoor van meer en meer mense waarvan ons weet wat weens Covid-19 siek geword het. Dit is kommerwekkend dat die daaglikse hoeveelheid infeksiestelling teen so ‘n tempo styg. Ons is bewus daarvan dat Suid-Afrika na vlak 4 geskuif is en besef dit hou verskeie uitdagings in.

Lees meer “Missie Japan: Konnichiwa Nuusbrief – 29 June 2021”

MISSIE JAPAN

Liewe medewerkers
29 MAART 2019 – “D-DAY”

Dit is met ‘n blye hart dat ons vandag met jou enkele verwikkelinge rondom Elmar en Nadine se vertrek na Japan wil deel.
In Desember 2018 het die kerk in Japan namens Elmar en Nadine, aansoek gedoen vir hulle verblyfpermit. 

Vroeër hierdie maand is ons in kennis gestel dat hulle vir drie jaar toelating ontvang het, waarna hulle weer vir ‘n verlenging sal kan aansoek doen. 

Hierdie is besonderse goeie nuus vanuit Japan! Nou moet daar nog net aansoek gedoen word vir visums en dan is hulle oppad.
Elmar en Nadine vertrek op 29 Maart 2019 vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe na Japan en land op 30 Maart 2019 by die Kansai Internasionale Lughawe in Osaka, Japan. Kort na hulle aankoms begin hulle met taalstudie wat vir ten minste twee jaar sal duur.

Sedert Mei 2018 het Elmar en Nadine verskeie gemeentes, kleingroepe en individue dwarsoor Suid-Afrika besoek. Nuwe verhoudinge is gevorm, 
bestaande verhoudinge is versterk en hulle roeping na Japan is dieper gevestig. Goeie finansiële ondersteuning, sowel as gebedsondersteuning is ook 
oor hierdie tydperk opgebou, waarvoor almal by Missie Japan baie dankbaar is.

Februarie 2019

Beste,

Hoe het jou nuwe jaar begin? Hiermee net ‘n paar eerste indrukke uit Kobe …

Ware geluk … en goeie nuus

Japan gaan groot met nuwejaar, veral as dit kom by poskaarte. Etlike biljoene nuwejaarskaartjies is oor en weer gestuur om 2019 in te lui met goeie wense. Ons het ook vanjaar weer ons kwota ontvang (sien foto bo), hierdie keer meestal met ‘n bosvark prentjie op. Die rede: 2019 is die jaar van die bosvark – volgens die Chinese kalender se 12-jaar siklus van diere – wat ook in Japan nagevolg word. 

Vir miljoene Japannese wat in hierdie 12e jaar gebore is beteken dit blykbaar dat daar groot geluk(lees: welvaart) wag. Vir miljoene ander vorm dit deel van die eindelose tapisserie van Japan as ‘land van die duisend gode’, waarin bosvarke vanjaar opnuut opgehemel word as goddelike wesens. En vir nog ander: ‘n (godsdienstige) geleentheid om geld te maak, want bosvarke pryk nou van klere- tot koffiewinkels en wie weet waar nog orals.

As ek in ‘n supermark inloop dié tyd van die jaar (tot en met 3 Februarie), hoor ek onophoudelik die refrein: “oni wa soto, fuku wa uchi”. Letterlik vertaal: Bose geeste uit, goeie geluk(“good luck”) in. Dit hou verband met die setsubun fees waar die gooi van bone gebruik word in ‘n reinigings-ritueel, om bose geeste af te weer en die goeies te verwelkom. Lees hier meer. Daarmee saam is onlangs naby ons huis (op skoolgronde) weer ‘n ander fees gevier, genaamd dondo yaki. ‘n Reuse vuur word gemaak, waarin o.a. allerhande gelukbringers verbrand word, uit dankbaarheid vir die geluk wat hulle gebring het in 2018. Lees en kyk hier verder. 

Hierdie rituele maak ‘n skrefie oop op die radikaal anderse konteks waarin ons leef en werk. Hier waar ons deel is van ‘n minderheid binne ‘n minderheid. Met ander woorde, as deel van 1% Christene in Japan, en daarby as die enigste ses westerlinge in ‘n buurt van ongeveer 8000 mense, in ‘n buitewyk van Kobe. Dis hiér waar die Here ons geplant het en gebruik, om die geskenk van die evangelie – goeie nuus – te deel, Dié geskenk het niks met “good luck” te doen nie, maar getuig dat die losprys vir ons diepste geluk reeds betaal is. 

Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. (2 Kor.4:7). Daarom vra ons: bid asb. saam vir ons, en vir die krag van God deur ons gebrokenheid. Hieronder is meer details oor waarvoor om saam te bid.

Vrede en vreugde, 
Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan