NG Kerk Groot-Brakrivier

Jesus vir my, Jesus vir ons, Jesus vir almal!




Koninkrykstyd

Eredienstye 09:00

LEEF Kerk
Sondae
17:00

NUWE EREDIENS-ERVARING

Leef Kerk Alternatiewe Erediens NG Kerk Groot-Brakrivier
Leef Kerk Alternatiewe Erediens NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons nooi jou hartlik uit na iets nuuts by ons gemeente !
Buiten vir ons oggend erediens ‘n Sondag, skep ons nou ook ’n ruimte waar ons op ’n ander manier saam kan wees…’n ruimte vir gesprek en gemeenskap.

Kom sit Sondae 17:00 saam om tafels,
Deel ’n koppie koffie of tee,
Lees saam uit die Woord,
Gesels oor wat dit werklik vir ons lewens beteken.

Hier is daar plek vir vrae, stories en om mekaar beter te leer ken in die lig van God se Woord. Of jy nou al lank deel is van ons gemeente, of net nuuskierig is – jy is meer as welkom.

ELKE SONDAG IN DIE KWARTAAL om 17:00,
BEHALWE LANGNAWEKE EN VAKANSIES

Ons sien uit daarna om saam met jou aan tafel te wees.


Wie is ons?

Wie is ons?

Jesus vir my, Jesus vir ons, Jesus vir almal

Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus.
Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterkpunte.

Ons Waardes:

Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid

Die gemeente strek vanaf Tergniet in die weste tot by Hersham in die ooste. Na die noordekant val die plaaswyke Gonnakraal, Sorgfontein, Vlakte, Langhoek en Voorbrug ook binne ons grense.
326 lidmate woon buite die gemeentegrense, nl. in Danabaai, Mosselbaai, Hartenbos, Reebok, Klein-Brakrivier, Fraai-Uitsig, Pienaarstrand, Outeniquastrand, Glentana, George en Heroldsbaai.
Ons gemeente bestaan uit ongeveer 1400 belydende- en 210 dooplidmate (kinders). Hulle is ingedeel in 25 blokke, wat elk bedien word deur ‘n ouderling, diaken en ‘n paar dienswerkers.

Gereelde Items en Reekse

Gereelde Items en Reekse

  • Nuusflitse Week 44+ van 2026

    Nuusflitse Week 44+ van 2026
    Sondag 25 Oktober 2026 Nagmaal Kleuterkerk in die konsistorie. GEEN Kategese.
    Woensdag 28 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
    Woensdag 28 Oktober 2026 : Blokbyeenkoms Blok 26 & 27 (Tergniet-Oos & Tergniet-Wes) by Maja Wagener, Luckhoffstraat 02
    Woensdag 28 Oktober 2026 : Blokbyeenkoms Blok 9 (Agter Polisiestasie) by Kosie & Corrie Reinecke, Fouriestraat 4
    Sondag 1 November 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Kategese.09:00
    Woensdag 11 November 2026 – Kersfunksie – Ondersteuningsbediening

Bybel dagstukkies
Bybel dagstukkies
  • Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 Oktober 2026 – God antwoord gebed

    30 Oktober

    Liewe vriend,

    Op jou moeilikste dag is God nie met vakansie nie — Hy wag dat jy Hom roep. Hier is God se Woord net vir jou.

    Tema: God antwoord gebed

    Teks: “Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.” (Ps. 86:7)

    • God se liefde vir jou is sterk, en aan sy trou is daar geen einde nie. (Ps. 117:2)
    • God hoor elke gebed, ook dié wat net ’n sug of ’n traan is.
    • Moenie wag tot alles verkeerd loop voor jy bid nie — maak gebed deel van elke dag.
    • Dink vandag aan ’n keer toe God jou gebed beantwoord het en vertel dit vir iemand.

    Gebed:

    Liewe Vader, dankie dat U my gebede hoor — ek roep met vertroue na U.

    In die Naam van Jesus Christus, die Here.

    Amen.
    Vorige dagstukkies 2026
    Vorige dagstukkies 2025

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Wat doen ons : Aktiwiteite

Wat doen ons: Aktiwiteite

Waarna luister ons: Praise & Worship