NG Kerk Groot-Brakrivier

Jesus vir my, Jesus vir ons, Jesus vir almal!




Koninkrykstyd

Eredienstye vanaf 6 September 2026 09:00

Eredienstye 09:00 vanaf SEPT - MEI NG Kerk Groot-Brakrivier

LEEF Kerk
Sondae
17:00

NUWE EREDIENS-ERVARING

Leef Kerk Alternatiewe Erediens NG Kerk Groot-Brakrivier
Leef Kerk Alternatiewe Erediens NG Kerk Groot-Brakrivier

Ons nooi jou hartlik uit na iets nuuts by ons gemeente !
Buiten vir ons oggend erediens ‘n Sondag, skep ons nou ook ’n ruimte waar ons op ’n ander manier saam kan wees…’n ruimte vir gesprek en gemeenskap.

Kom sit Sondae 17:00 saam om tafels,
Deel ’n koppie koffie of tee,
Lees saam uit die Woord,
Gesels oor wat dit werklik vir ons lewens beteken.

Hier is daar plek vir vrae, stories en om mekaar beter te leer ken in die lig van God se Woord. Of jy nou al lank deel is van ons gemeente, of net nuuskierig is – jy is meer as welkom.

ELKE SONDAG IN DIE KWARTAAL om 17:00,
BEHALWE LANGNAWEKE EN VAKANSIES

Ons sien uit daarna om saam met jou aan tafel te wees.


Wie is ons?

Wie is ons?

Jesus vir my, Jesus vir ons, Jesus vir almal

Ons as gemeente is saam die liggaam van Christus.
Ons elkeen is ‘n unieke lid met sy/haar passie, gawes, talente en sterkpunte.

Ons Waardes:

Aanvaarding
Deernis
Eensgesinde blydskap in Christus
Gasvryheid
Mededeelsaamheid

Die gemeente strek vanaf Tergniet in die weste tot by Hersham in die ooste. Na die noordekant val die plaaswyke Gonnakraal, Sorgfontein, Vlakte, Langhoek en Voorbrug ook binne ons grense.
326 lidmate woon buite die gemeentegrense, nl. in Danabaai, Mosselbaai, Hartenbos, Reebok, Klein-Brakrivier, Fraai-Uitsig, Pienaarstrand, Outeniquastrand, Glentana, George en Heroldsbaai.
Ons gemeente bestaan uit ongeveer 1400 belydende- en 210 dooplidmate (kinders). Hulle is ingedeel in 25 blokke, wat elk bedien word deur ‘n ouderling, diaken en ‘n paar dienswerkers.

Gereelde Items en Reekse

Gereelde Items en Reekse

  • Nuusflitse Week 43+ van 2026

    Sondag 18 Oktober 2026 : Erediens om 09:00 GEEN Kleuterkerk. Kategese 09:00
    Sondag 18 Oktober 2026 : LEEFKerk 17:00
    Woensdag 21 Oktober 2026 – Kooroefening by die orrel om 16:45
    Woensdag 21 Oktober 2026 Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik
    Woensdag 21 Oktober 2026 Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 22 (Seester Tergniet) Edwin & Aletta de la Harpe, Kreefslot 5)
    Vrydag 23 Oktober 2026 18:00 Potjie, Vuur en Vermaak
    Saterdag 24 OKTOBER 2026 DANKFEES
    Sondag 25 Oktober 2026 : Nagmaal om 09:00 Kleuterkerk in konsistorie. Geen Kategese
    Woensdag 11 November 2026 – Kersfunksie – Ondersteuningsbedieing

    Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 18 – 25 Oktober 2026

Bybel dagstukkies
Bybel dagstukkies
  • Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Oktober 2026 – Die Here is groot

    17 Oktober

    Liewe vriend,

    Wanneer jy God se hulp raakgesien het, kan jy nie anders as om bly te wees nie. Hier is God se Boodskap vir jou, vir vandag.

    Tema: Die Here is groot

    Teks: “Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: ‘Die Here is groot!’” (Ps. 40:17)

    • Alles wat God gemaak het, staan vandag nog vas — die hele skepping luister na Hom. (Ps. 119:91)
    • Blydskap is nie net ’n gevoel nie; dis ’n keuse om te onthou hoe groot God is.
    • Sê dit vandag hardop: “Die Here is groot!” — en kyk hoe dit jou dag verander.
    • Deel iets goeds wat God gedoen het met ’n vriend.

    Gebed:

    Liewe Vader, dankie dat U so groot is — ek wil heeldag oor U bly wees.

    In die Naam van Jesus Christus, die Here.

    Amen.
    Vorige dagstukkies 2026
    Vorige dagstukkies 2025

    © NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Wat doen ons : Aktiwiteite

Wat doen ons: Aktiwiteite

Waarna luister ons: Praise & Worship