Hierdie projek is verlede jaar begin onder leiding van mev. Aletia Nortje in samewerking met die gemeente en CurtainsUp in George. Die fokus is om dames vaardighede aan te leer sodat hulle opgelei kan word om komberse te maak en sokkies te brei om ‘n inkomste daaruit te maak of om die gemeenskap daarmee te bedien. Dit werk tans baie goed en het ons ook 4 naaimasjiene vanaf die gemeente ontvang wat aan 4 dames geskenk is. Hulle dankbaarheid was iets om te aanskou.
Die droom is die voorsiening en vervaardiging van alle noodsaaklike items wat gedurende die winter benodig word. Die oogmerk is dus om entrepreneurskap te ontwikkel en sodoende inkomste te genereer, terwyl ‘n noodsaaklike diens in die gemeenskap gelewer word.


-
Wolwedans Handewerk Maart 2023
Wolwedans deel met ons van die wonderlike naaldwerk produkte wat hulle hierdie maand gemaak het.
-
Wolwedans: Naaldwerkprojek terugvoer 8 Februarie 2023
Hier bygaande vind u sommige van die artikels wat in die afgelope tyd deur in Wolwedans geskep is vanuit die bydraes wat ons gemeente gemaak het.
U bydrae dra elke dag to tot die ontwikkeling van ons gemeenskap en dra daartoe by dat ons stelselmatig elkeen kan bereik deur die u Welwillendheid.
-
Getuienisbediening: Naaldwerk Projek
Die klaargemaakte produkte word dikwels uitgedeel in die gemeenskap. Van die naaldwerksters reken dat die Here hulle voorsien het van die materiaal en naaimasjien en wil dus graag eerder die items gratis lewer aan hulle eie gemeenskap waar daar ‘n groot behoefte is – dit ten spyte van hul karige SASSA toelae. Dit is ‘n inspirerende les waar ons elkeen van kan leer.
-
Getuienisbediening: Handewerk vanuit Wolwedans.
Ellie van Wolwedans wys vir ons van haar handewerk wat sy gemaak het uit die laslappies en wol wat sy ontvang het uit die skenkings van die gemeente.
-
Wolwedans uitreik 4 Mei 2022
Ons het woensdag weer vir 80 mensies bedien met ‘n boodskap, sop en brood en Hiermee van die dames se handewerk om te waardeer. Ons het ook verneem van ‘n sterfgeval asook een man wie se regtervoet geamputeer is. Met die kouer weer is baie van die ou mensies meer vatbaar vir wintersiektes
-
Wolwedans besoek 6 April 2022
Gister se uitreik na Wolwedans was geseend en kon ons weer vir 80 gesinne bedien met die Goeie Boodskap, sop en brood, danksy die goeie ondersteuning van ons gemeentelede met die deurlopende voorsiening van sop. Hiermee ook fotos van waarmee die dames van die naaldwerkprojek tans besig. Groete in Jesus
-
Wolwedans besoek 9 Maart 2022
Wolwedans besoek op 9 Maart 2022 Die uitreik was baie suksesvol en het ons ‘n boodskap oor Lydenstyd oorgedra en droë sopbestanddele (3 pakkies elk) en brood uitgegee vir 80 gesinne. Die oumas het ook gewone sop ontvang. Hiermee ook fotos waar van die dames hulle handewerk vertoon het:
-
Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022
Baie dankie weereens vir almal se bydrae om Wolwedans te help opbou. U skenkings dien ‘n dubbele doel: Die ontvangers is vry om die skenkings te gebruik vir skeppings en produkte om ‘n eie geldjie te verdien (hou in gedagte Wolwedans het ‘n besondere hoë werkloosheidsyfer) Die skenkings of eie skeppings kan aan ander wat …


