
Lofprysing en aanbidding
Luister na snitte 5 (ONS SING VIR U ‘N LIED VAN VREUGDE) en 6 (JA MY SIEL IS STIL: PS 62) op die ingeslote CD, volg die woorde en bespreek die vraag wat volg.
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
’n Liefdeslied wat U moet hoor
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Ons harte sing ’n jubelkoor (x3)
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Ons eer en loof U Heer
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Aanbid U meer en meer (x3)
Hallelu! (x2) Halleluja! }x2
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Almagtig is u Naam
Ons sing vir U ’n lied van vreugde
Ons prys U almal saam (x3)
Hallelu! (x2) Halleluja! }x2
Ja my siel is stil tot Hom
My vesting tot Hy eendag kom
Hy alleen my rots, my heil
Stil tot my Heer
’n Vesting wat vir ewig staan
’n Toevlug waar ek ook mag gaan
Hy’s my redding, ook my krag
Stil tot my Heer
Wees net maar stil tot God my siel
Stil tot Hom
Vind rus in Hom alleen
Stil tot my Heer

Hoe sou mense met verskillende spiritualiteite na dié twee liedjies luister? Wie sou watter een verkies? Sou een meer Bybels korrek wees as die ander?
Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:
Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:
Wat het jy geleer of ontdek?
Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?
Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?

Gebedsonderwerpe:
Boublokvrae of -stellings:
- Kan ongelowiges ’n verskil maak? Hulle het dan nie die Heilige Gees nie ?
- Heiligmaking is ’n progressiewe proses – is dit soos julle dit beleef?
- Hoe verstaan en beleef julle God se Koninkryk?
- Waarom sien ons vandag nie meer sulke opspraakwekkende
manifestasies van die Heilige Gees soos in die vroeë Kerk nie? - Waarom is verskillende denominasies altyd haaks oor die gawes wat die Heilige Gees gee?


Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!
Inhoudsopgawe
Kopiereg
Dr. Frans Hancke.
Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).
Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie