Gebedsgids – Januarie 2025

Gebed

Woensdag, 1 Januarie – Feesvieringe

Almal vier fees vir die begin van die nuwe jaar en bid ons dat die vieringe tot eer van Jesus sal wees wat elke jaar vir ons nuut maak en nuwe kanse gee.

Donderdag, 2 Januarie – Drie-eenheid aanbid

Vandag is ons aan die begin van die nuwe jaar en bid ons dat die Here, Jesus en Heilige Gees deur die jaar aanbid sal word elke dag. Bid ook dat die mense die Here sal vereer soos die Wet sê.

Vrydag, 3 Januarie – Leraars

Kom ons begin vandag en dink daaraan om elke dag ons Leraars aan die Here op te dra dat Hy Sy boodskap wat Hy wil oordra aan die gemeente aan hulle sal openbaar en maak hulle getrou om die boodskap uit te dra soos God dit wil.

Saterdag, 4 Januarie – Mans in ons samelewing

Ons bid dat die mans geinspireer sal word om in moeilike tye Priester, Koning en Profeet in hulle huise te wees en dat hulle ‘n voorbeeld sal stel aan hul jong kinders en hul vroue so lief soos hulself te hê.

Sondag, 5 Januarie – Huis JJ Watson Tehuis vir Bejaardes

Bid vandag dat die mense sal insien wat hulle vir ons bejaardes doen en bid dat mense ook hul geldinsamelingsfunksies by Blikkiesdorp sal ondersteun vir ekstra fondse.

Maandag, 6 Januarie – Werksgeleenthede

Bid vir werksgeleenthede vir ons broodwinners waar daar dalk groot nood is of werksverlies in die onsekere tye waarin ons leef.

Dinsdag, 7 Januarie – Gevangenes

Mag ons vandag bid vir alle gevangenes dat hulle deur die sendingwerk van ons gemeentelede ook die Gees van God sal aanvaar en God sal leer ken en Hom sal aanvaar as Hul Heer en Meester.

Woensdag, 8 Januarie – Geestestoestand

Lê vandag alle persone wat sukkel met depressie en ander geestestoestande aan die voete van die Here dat hulle die regte medikasie en hulp sal kry sodat hulle ook beter sal voel en weer lus sal hê vir die lewe.

Donderdag, 9 Januarie – God se Liefde

God het die mens so Lief gehad dat Hy sy Enigste Seun vir ons sondes gegee het. Bid en dank God dat Hy ons so Lief het en dat Hy sal gee dat ons dit ook aan ander sal vertel.

Vrydag, 10 Januarie – Natuur

“Jesus, U het die wêreld so goed gemaak dat alles mooi was in U oë. Die mens pas egter nie die wêreld op nie en bid ons dat hulle bewus sal wees van wat U gemaak het en dat hulle dit weer sal versorg.”

Saterdag, 11 Januarie – Boere

Laat ons vandag aan ons boere landwyd dink wat elke dag met die natuur moet saamwerk om vir ons kos op die tafel te gee. Bid vir hulle vir moed en uithouvermoë.

Sondag, 12 Januarie – Spesiale offer vir Jan Kriel Instituut

Hier word kinders met spesiale sorg gehelp om aan te pas in die daaglikse lewe en ons bid dat mense bewus sal wees van die behoeftes en uitgawes by so ‘n skool.

Maandag, 13 Januarie – God se sorg

Ons bid vandag dat ons vir God sal vertrou vir Sy sorg vir al ons behoeftes en dat ons sal onthou Hy sorg vir die veld en so sal Hy ook vir die mens voorsien.

Dinsdag, 14 Januarie – Onsekerheid

Wag jy vir ‘antwoord van God en is onseker? Bid en lê jou probleem aan God voor en wag dan getrou vir Sy antwoord. God het Sy eie tyd, maar wees gerus dat God sal antwoord. 1 Pet. 5: 7

Woensdag, 15 Januarie – Skole heropen

Bid vandag vir ons leerkragte dat hulle uitgerus en met moed die nuwe jaar sal aanpak en met passie en insig die leerders sal leer en lei.

Donderdag, 16 Januarie – Kinders

Ons kinders is so spesiaal en bid ons vandag dat daar vir elke kind se behoefte ‘n uitkoms sal wees en dat hulle sal besef dat hul hul beste moet gee om te vorder.

Vrydag, 17 Januarie – Polisiemag

Jesus, ons wil vandag kom intree vir elke polisiebeampte en bid dat U hulle sal beskerm waar hulle elke dag in gevaar hul werk onverskrokke moet verrig en ons landsburgers beskerm.

Saterdag, 18 Januarie – Huwelike

“Jesus, ons bid vandag vir elke getroude egpaar en wil ons vra dat U hulle sal bystaan om mekaar met sorg en liefde en respek sal behandel en mekaar te ondersteun”.

Sondag, 19 Januarie – Spesiale Offer: Gemeente Instandhoudingsfonds

Daar is altyd ietsie te doene by die Gemeente se geboue en vandag sê ons dankie vir elkeen se bydrae om dit mooi te maak en in stand te hou.

Maandag, 20 Januarie – Radio Feba

Radio Feba doen ‘n wonderlike werk om die Here se woord uit te dra d.m.v. radio en bereik so verafgelëe plekke soos China. Bid vir hulle vir fondse maar ook dat hul die woord op so ‘n manier kan versprei sonder om vervolg te word.

Dinsdag, 21 Januarie – Bybelstudie in ons gemeente

Bybelstudie in ons gemeente word goed bygewoon en bid ons dat die groepe sal uitreik na die wie dalk nog nie weet waar hulle moet bywoon nie en ons bid dat hulle sal leer tot eer van die Here.

Woensdag, 22 Januarie – Eensames

Kom ons bid vandag aan alle mense wat alleen is en iemand aan die dood afgestaan het. Ons bid dat hulle God se teenwoordigheid en liefde sal aanvoel deur die optrede van ons ander lidmate

Donderdag, 23 Januarie – Gesondheid

God is ons Geneser. Sy helende Hand salf ons wonde, dra ons laste en droog ons trane af. Bid vir goeie gesondheid uit God se wonderwerkende Hand en glo en dank Hom vir Sy genesing onbeperk.

Vrydag, 24 Januarie – Geloof

Bid sonder ophou vir onwankelbare geloof in Jesus en dat die ongelowiges tot Jesus gelei sal word en sal glo dat Hy ons enigste Redder is.

Saterdag, 25 Januarie – Roeping

Wat is jou roeping. Gaan sit by Jesus se voete en vra dat Hy vir jou wys waar Hy wil hê dat jy jou talente moet gebruik tot eer en verheerliking van Sy Naam en tot die uitbreiding van Sy koninkryk.

Sondag, 26 Januarie –Alta du Toit skool

Die skool maak leerders wat nie in die gewone skool aanpas nie, gereed vir die wêreld daar buite en vier hulle vanjaar hul 60ste verjaardag. Bid dat hulle gesëend sal wees met bydraes om die skool se sake te vlot.

Maandag, 27 Januarie – Beskerming

In Heb. 13:5 sê die Here dat Hy ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie. Bid dat ons na Hom toe sal gaan vir skuiling en beskerming en dat ons nie bedreig sal voel nie.

Dinsdag, 28 Januarie – Sending

Kom ons vou ons hande saam en dra al ons sendelinge aan die Here op. Ons vra dat Jesus hulle sal lei maar ook versorgers sal stuur sodat hulle nie moed verloor nie, maar die roeping moedig sal uitleef en die Woord van God versprei aan die ongelowiges.

Woensdag, 29 Januarie – Prys God

Kom ons sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en ons dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.

Donderdag, 30 Januarie – Troeteldiere

Bid vandag vir die sorg van ons troeteldiere en dat mense nie hul diere sal verwaarloos nie, maar sal versorg met liefde en omgee.

Vrydag, 31 Januarie – Kinders in ander lande

Ons bid vandag vir ons kinders wat ‘n lewe in ander lande maak en nie elke dag hul geliefdes kan sien nie, maar alleen in’n vreemde wêreld is. Help hulle om te onthou, God is altyd daar, maar dat hul geliefdes ook net ‘n oproep ver is vir ondersteuning.

Gebedsgids vir Desember 2024

Gebed Foto deur Ivan Samkov: https://www.pexels.com/photo/woman-in-gray-knit-sweater-praying-6436311/

Sondag, 1 Desember – Kinders in verwaarlosing

Talle huishoudings in behoeftige areas word deur kinders so jonk as 9 jaar daagliks alleen gelaat. Bid vir daardie kinders en vra dat meer kinderhuise beskikbaar sal kom om ook aan ouerlose kinders sorg te bied. Bid dat mense mildelik sal bydra tot die kindersorg.

Maandag, 2 Desember – Eerste Advent week

Die 1ste kers van hoop word aangesteek om saam met Christene oor die wêreld ons harte en denke voor te berei vir die koms van God se Seun – Jesus Christus, ons Verlosser. Bid dus die week elke dag vir die Hoop op ons Verlosser.

Dinsdag, 3 Desember – Jesaja 9 : 5 – Wonderbare Raadsman

Bid vandag en juig dat Jesus gekom het as ons Raadsman en staan stil en bedank Hom dat Hy ons lei in ons vrae.

Woensdag, 4 Desember – VGK Greenhaven en Wolwedans

Bid dat die mooi verhouding met die VGK sal uitbou in onderlinge vertroue en samewerking. Dank vir wonderlike groei in die sop-projek waarin die VGK Greenhaven en Wolwedans-inwoners wat nie lede van VGK is nie, almal voordeel trek. Bid dat die liefde vir Jesus die saambindende faktor sal wees.

Donderdag, 5 Desember – Sending en Getuienis

Here, gee asseblief aan ons gemeente ‘n sendingsvisie. Ons bid vir elke sendeling, ook vir die werk van ons Getuienis-aksie. Ons pleit ook dat U elke kind van U se oë en harte sal oopmaak, sodat ons elke getuienis- geleentheid sal aangryp.”

Vrydag, 6 Desember – Werkloses en Armes

Ons stap só maklik verby! Kom ons bid vir elke werklose: dat werk op een of ander manier geskep sal word. Kom ons kyk daardie bedelaar op straat in sy/haar oë en groet vriendelik! Dit gee nie geld nie, maar tog ‘n gevoel van menswaardigheid.

Saterdag, 7 Desember – Voorbereiding vir Woordverkondiging

Bid vandag spesifiek vir die predikante wat DV môre die Woord vanaf die kansels sal verkondig: dat elkeen deur die Heilige Gees vervul sal wees en dat elke hoorder ook ‘n dader sal word.

Sondag, 8 Desember – BADISA

Badisa.org.za – Gaan loer gerus wat hulle alles doen en lees die stories op die web. Gee van jou gawes vandag vir hierdie saak en bid dat dit almal se harte sal aanraak om betrokke te raak.

Maandag, 9 Desember – Tweede Advent week

Die tweede kers wat aangesteek word is vir Vrede want Jesus het in Joh. 14:27 gesê dat ons nie ontsteld moet word nie omdat Hy Sy Vrede vir ons gee. Dink in die week aan die Vrede wat hy vir ons gee om nie ontsteld en bang te wees nie.

Dinsdag, 10 Desember – Jesaja 9:5 – Magtige God

God is Magtig en so ook Jesus as God. Bid hierdie week dat die mense die magtigheid van God sal respekteer en dank God dat Hy met ons bemoeienis maak al is ons klein.

Woensdag, 11 Desember – Kankerlyers

Vandag bid ons vir almal wat aan een of ander vorm van kanker ly. Bid vir krag om vas te staan in geloof en nie moedeloos te word nie; vir naasbestaandes wat bemoedig en hulle wat mediese hulp verleen.

Donderdag, 12 Desember – Jeugbediening

Die kerk se taak ten opsigte van die Jeug kan nie oorbeklemtoon word nie. Bid dat die Gees ons Jeugbediening sal lei om vars en nuut te dink om die Jeug se verbeelding aan te gryp. Bid ook vir die Jeug en waar skole nou sluit vir die vakansie.

Vrydag, 13 Desember – Verkeerspersoneel

Die paaie is die tyd van die jaar baie besig en ongelukke kom baie voor. Bid vir die verkeerspersoneel wat toesien dat wet en orde ook op die paaie gehoorsaam uitgevoer word.

Saterdag, 14 Desember – Owerhede

Wanneer ons na die Nuus-uitsending kyk of koerant lees, voel dit soms of ons leiers nie die wil van God soek nie. Kom ons bid ernstig dat ons leiers die Here sal leer ken en dat God ook in ons parlement verheerlik sal word.

Sondag, 15 Desember – Paarl skool

Hierdie skool vir serebraal gestremdes is al in wording vanaf 1970. Bid vandag vir hierdie kinders en onderwysers asook die personeel wat die boeke moet laat klop. Gee mildelik wat jou hart jou wys.

Maandag, 16 Desember – Derde Advent week

Die derde kers van vreugde word aangesteek en wil ons vir Christus loof vir sy koms en wil ons ook ons vreugde aan die wêreld verkondig met ons woorde en ons dade.

Dinsdag, 17 Desember – Jesaja 9:5 – Ewige Vader

God en Jesus is ons Ewige Vader en bid ons vandag om eer te betoon aan Hom wat ons liefhet en vir ons sorg.

Woensdag, 18 Desember – Gesondheid van sendelinge

“Here, ons bid dat U ons sendelinge sal bystaan en ons bid in die besonder vir Michelle van die Oekraine se dogter wat ernstig siek is. Raak hulle aan en stuur U genesende krag en omarm die families.

Donderdag, 19 Desember – Omgeebediening

Dank die Here vir ‘n gemeentelede wat dien in die Omgeebediening. Bid dat hulle elke behoefte waar ons gemeente moet help, sal raaksien en met deernis sal aandag gee. Elke een van u is welkom om kos/klere/geld by te dra. U kan verseker wees dat dit reg bestee word.

Vrydag, 20 Desember – Boere

Plaasboere gaan gebuk onder groot druk: aanvalle, droogtes,grondont- eiening, arbeidsonrus, ens. Bid dat die Here hulle op bonatuurlike maniere sal vertroos en verligting sal bring in die groot nood.

Saterdag, 21 Desember – Vertaling van die Bybel

Bid vir diekundiges wat werk aan die vertalings van die Bybel en bid dat die egtheid van die Skrif onaangetas sal bly – 2 Tim 3:16 Die hele Skrif is deur God geïnspireer …

Sondag, 22 Desember – Gemeente Instandhoudingsfonds

Ons is trots op ons kerk en die kerkgronde en bid ons dat daar genoeg fondse sal ontvang word om die geboue in ‘n goeie toestand te hou.

Maandag, 23 Desember – Vierde Adventweek

Die vierde kers is dié van liefde. Jesus het vir ons gewys wat liefde beteken. Kersfees is ‘n tyd van dink aan ander en deel met ander. Dit is ‘n tyd van liefde net soos God ons liefgehad het toe Hy sy kosbaarste besitting vir ons gegee het. Soos God liefde is, laat ons ook liefde wees.

Dinsdag, 24 Desember – Jesaja 9:5 – Vredevors

Wat beteken Vredevors vir jou? Bid vandag dat ons Jesus se vrede sal ervaar in ons eie lewe sowel as in die land.

Woensdag, 25 Desember – Kersfees

Vandag vier ons die koms van Jesus om vir ons sondes te sterf. Bid dat die materialisme rondom Kersfees sal taan en mense die ware betekenis van kersfees sal insien en vier.

Donderdag, 26 Desember – Familie/Welwillendheid

Raak stil en vra waar jy van jou goedheid en guns kan gaan deel en sit dan daad by die woord.

Vrydag, 27 Desember – Leiers met integriteit

Vra dat die Here leiers in ons land sal oprig wat nie voor Mammon sal buig, omkoopgeld sal aanvaar of op onwettige maniere rykdom sal bekom nie. Bid vir ‘n kreatiewe gees in mense om ‘n welvarende, hardwerkende samelewing te bou (1 Joh 3:17).

Saterdag, 28 Desember – Smokkelary op lughawens

Bid dat lughawepersoneel, veral sekuriteitsbeamptes, met integriteit geseën sal word sodat onwettige bedrywighede oopgekrap en stopgesit sal word. Dink veral aan die smokkel van dwelms.

Sondag, 29 Desember – Die Woord

Wat ‘n voorreg om sonder vervolging na ons kerk te mag gaan!

Dankie Here, dat ons die Bybel in ons eie taal kan lees. Ons bid vir die vertaling en verspreiding van die Bybel sodat baie ongelowiges tot geloof kan kom. Maak ons nog liewer vir U en vir U Woord.”

Maandag, 30 Desember – Loteryverslawing

Bid vir arm mense wat broodnodige kosgeld op Lotto-kaartjies uitgee met die hoop om skielik ryk te word.

Dinsdag, 31 Desember – Die Kerk as sout en lig

Bid dat God sy Kerk sal help om instrumenteel te wees in die verwydering van haat, bitterheid en wraak in mense se harte sodat Liefde sal seëvier.

Gebedsgids November 2024

Gebed

1 November – Vrydag – Geliefdes

Bid vandag vir jul geliefdes se welstand en sorg en vra dat Jesus hulle sal omarm waar hulle ook al is.

2 November – Saterdag – Eerlikheid

Spreuke 24:26 sê: iemand wat eerlik antwoord is ‘n ware vriend. Kom ons bid dat mense nie agter maskers wegkruip en medemense bedrieg nie en ‘n eerlike pad sal loop in hul daaglikse omgang met almal.

3 November – Sondag -Geopende deure

Kom ons bid vandag vir die getroue diens wat die mense van geopende deure lewer en so seker maak dat die Woord van die Here versprei word aan “Jood en nie-Jood”.

4 November – Maandag – Moed

Jesus het ons vooraf gewaarsku dat ons in hierdie wêreld sal swaarkry maar dat ons goeie moed moet hou, aangesien Hy klaar die wêreld oorwin het. Bid vandag dat mense nie moed sal opgee nie, maar end-uit sal bly glo en vertrou.

5 November – Dinsdag – Bejaardes

Ons bid vandag vir almal wat afgetree is en dalk nie meer dink dat hulle enige waarde het nie. Ons bid vir die besef dat hulle nou eers ‘n groot invloed is in die samelewing en van groot waarde vir die jonger geslag.

6 November – Woensdag – Beproewings

Die doel met beproewings is om ons geloof te toets. Vra die Vader dat ons ook hierin getrou sal bly en soek die Vader se hulp om ook daardeur te kom (1 Pet. 1:6-7).

7 November – Donderdag – Vriende

Mense is deesdae baie alleen en veral ook mense wat deesdae meer by die huis werk, verval in alleenheid wat weer erge depressie aanvuur. Bid dat mense sal uitreik na mekaar en vir mekaar sal omgee en ophelp in hul omstandighede.

8 November – Vrydag – Sorg

“Here, U het vir u volk in die woestyn gesorg. U het hulle gevoed, beskerm en bemoedig. Dankie vir die genade wat U gegee het aan diegene wat U van slawerny in Egipte bevry het. Dankie ook dat U ons elkeen elke dag van ons eie slawerny bevry”.

9 November – Saterdag – Nooddienste

Jesus, ons bid vandag vir die nooddienste en al die personeel dat hul onvermoeid hul dagtaak sal verrig en dat hul die nodige ondersteuning van hul familie en vriende sal ervaar om U liefde in hul werk uit te leef.

10 November – Sondag – Up with Downs

“Ons vra U vandag, Here, dat U die mense se harte ontvanklik sal maak om mildelik te gee vir hierdie skool vir die diens wat hulle in die samelewing lewer”.

11 November – Maandag – Geloof

God skryf ons lewensverhaal, maar ons sig is beperk. Volgens Heb. 11:1 moet ons glo en vertrou dat Jesus vir ons die beste verhaal sal skryf. Bid vandag dat ons onvoorwaardelik sal glo, al sien ons nie.

12 November – DinsdagAlkohol misbruik

Misbruik van alkohol is ‘n groot probleem en omdat dit sosiaal aanvaarbaar is en ook op die media gewys word, word die mens vinnig meegesleur en kort voor lank is hy verslaaf. Bid dat die persone wat hiermee worstel, verlos sal word van hul verslawing.

13 November – Woensdag – Vrede

Ons is in ‘n siek wêreld en somtyds wil dit ons oorweldig. God sê egter, Vrede laat Hy vir ons na (Joh 14:27). Hy wil ook hê dat ons Sy stem hoor en Hom volg. Bid vir mense wat oorweldig voel dat hulle die stem van God sal hoor en hom sal volg en op Sy krag sal staatmaak.

14 November – Donderdag – Nuwe ywer

Bid vir ‘n verdieping in aanbidding van God en dat die gelowiges wat al afgekoel het, weer met nuwe ywer God sal eer en verheerlik en gereeld tyd aan Sy Woord sal spandeer.

15 November – Vrydag – Oorsese kinders

Ons bid vandag saam met al die ouers wie se kinders ver is en in vreemde lande werk, somtyds onder moeilike omstandighede. Bid dat hul ook daar waar hulle is, die liefde van God sal ervaar en Jesus se Naam sal verkondig en dat die ouers ook berusting sal ervaar dat hul kinders veilig is.

16 November – Saterdag – Kanker

Kom ons steek ‘n kers aan en bid vir almal wat gemoeid is met mense wat kanker het. Bid vir die Here se leiding en liefde en ook vir die versorgers dat hul met onvermoeide krag en liefde die pasiënt sal behandel . Gee ook dat die mense mildelik sal bydra by die Spesiale offer môre.

17 November – Sondag – Beskermingsdienste

Kom ons bid vandag vir die Groot Brak polisiemag waar daar nou ‘n hernieude aanslag van inbrake in ons area is. Bid dat hul veilig sal wees en beskerming sal ervaar in hul gevaarlike taak om ons veilig te hou.

18 November – Maandag – Afhanklikheid

Jesus het gesê: Geseӫnd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. (Matt 5:3). Bid vandag dat ons ons afhanklikheid van God besef en dat ons in alles vir God sal raadpleeg en so die koninkryk sal beӫrf.

19 November – Dinsdag – Daaglikse behoeftes

Ons bid vandag, soos U ons geleer het, vir ons daaglikse brood en dat ons op U sal vertrou om te voorsien in ons behoeftes sonder dat ons tekort sal hê.

20 November – Woensdag – Leiers van die land

Ons bid vir die leiers van ons land dat hul ‘n verhouding met Christus sal ondervind en ons land met die nodige respek en kundigheid sal bestuur.

21 November – Donderdag – Begeertes en Besorgdheid

Kom ons bid dat God ons besorgdheid wegneem en dat ons met vrymoedigheid ons begeertes aan God kan gee deur ons gebed en met smeking en danksegging. Kom ons loof en eer God vir sy liefde en leiding in ons lewe.

22 November – Vrydag – Laster

In Luk.12:10 sê Jesus dat mense teen hom kan laster en vergewe sal word, maar nie die wat teen die Heilige Gees laster nie. Kom ons bid dat mense weer opnuut na hul woordeskat sal oplet en besef dat die Here se Naam Heilig is.

23 November – Saterdag Radio Feba

More is daar ‘n spesiale offer vir Radio Feba. Bid dat die mense sal sien watse reuse taak hulle aanpak en dat hulle vir die dienste sal bydra sodat hulle weer die onbereiktes kan bedien in die moeilike areas.

24 November – Sondag – Kerssangdiens

“Ons loof en prys U wonderlike Naam oor die hele aarde. Ons dans voor U aangesig in groot ontsag om U Naam te verheerlik.”

25 November – Maandag – God Immanuel met ons

Ons bid dat die genade van God, Immanuel, God met ons, altyd, onverdun sonder ophou, die mens oorskadu en bewaar en mag ons onthou om God daarvoor te bedank.

26 November – Dinsdag – Dankbaarheid te midde van…

Kyk vandag met ander perspektief na jou lewe en sien die goed en die mooi raak wat daar is ten spyte van jou omstandighede. Fokus op die Lig en dank God vir Sy Lig in jou.

27 November – Woensdag – Eer jou Vader en jou Moeder

Die Bybel en Bybelse wette is hieroor baie duidelik en God gee ons ook ‘n belofte. Bid vandag dat kinders hul ouers en ouer mense sal eer en mooi sal oppas.

28 November – Donderdag – Ore

God het vir ons ore gegee om te kan luister. Partykeer is dit al wat ‘n vriend in nood nodig het, dat iemand na hom sal luister. Bid dat ons vandag sal luister as die Heilige gees ons na ons vriend stuur wat ‘n omgee-oor nodig het.

29 November – Vrydag – Sabbatdag

Bid vandag dat die gelowiges weer die Sabbatdag sal heilig en intens met Jesus tyd sal spandeer om nog nader aan Hom te groei. Bid ook vir die mense wat op Sondae moet werk, dat hul ‘n spesiale tyd vir God sal afsonder.

30 November – Saterdag – Christene in Afrika

Duisende Christene in Nigerië en Sub-Sahara-Afrika word elke jaar weens hul geloog doodgemaak. Bid vir hierdie Christene dat hul sal uithou en ook dat mense hul nood sal raaksien en dat hul sal sien hoe om te help en ook dat die owerhede hierdie mense sal beskerm.

Gebedsgids en Katalogus van die Bybelgenootskap: Lente 2024

Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Gebedsgids – Lente 2024

29 Sep-5 Okt

Nieu-Seeland
Ons is in vennootskap met kerke, kapelaanskappe en ander organisasies om die hoop van die Bybel vir al die mense in Nieu-Seeland te bring. Bid dat ons meer as 100 000 Bybels, Nuwe Testamente, Evangelies en kinderboekies sal versprei.

Papoea-Nieu-Guinee
Bid vir ons Bybelverspreidingsprogram. Ons wil Christenskap in ons land versterk deur die Bybel in mense se hande te plaas sodat hulle meer van God kan leer.

Stille Suidsee
Bid vir die hedendaagse vertaling van die Bybel in Tongaans wat in 2025 voltooi moet word. Hierdie nuwe Bybel sal jonger generasies help om by God se Woord betrokke te raak en dit makliker te verstaan.

6-12 Okt

Oos-Timor
Bid vir Christene wat hier woon. Alhoewel hierdie land nie ’n Bybelgenootskap het nie, bid ons dat Bybelwerk wel hier sal plaasvind.

Indonesië
Bid dat ons Bybelleesplatform die jeug in ons land sal help om by die Bybel betrokke te raak en dat hulle so in hul geloof sal groei. Bid ook vir ons kerke wat deel is van hierdie projek.

Australië
Dank die Here vir die New Beginnings Bybel en die Read This Jeugbybel. Bid dat diegene wat hierdie Bybels ontvang, gelei sal word om dieper in God se Woord te delf. Ons is ook dankbaar vir die nuwe Bybelhulpmiddels wat vir die inheemse gemeenskappe beskikbaar is.

13-19 Okt

Hongkong
Dank die Here vir die Christengemeenskap in Hongkong. Bid vir die Bybelwerk wat hier plaasvind en dat God ons sal help om met sy werk voort te
gaan sodat meer mense die Bybel sal wil lees.

Taiwan
Die Bybelgenootskap wil die inwoners van Taiwan help om ’n verhouding met God deur die Bybel te bou. Bid vir God se seën oor al die vertalers en
individue wat hulle kennis en hulpbronnne gebruik om Bybelvertaling en -publikasie in die land te bevorder.

Filippyne
Bid vir die suksesvolle vertaling van die eerste Bikol Miraya Nuwe Testament. Bid veral vir die regte personeel en vennote om die projek finansieel en geestelik te ondersteun. Bid vir goeie kommunikasie en verhoudinge met plaaslike kerkleiers.

Mikronesië Vennootskap
Die klein bevolking van Mikronesië kon tot dusver nie daarin slaag om ’n plaaslike Bybelgenootskapkantoor te onderhou nie. Die Filippynse Bybelgenootskap behartig Bybelwerk in Mikronesië. Bid vir die sukses van ons doelwitte en projekte om Bybelmateriaal beskikbaar te stel en bekostigbaar te maak om Bybelbetrokkenheid te bevorder.

20-26 Okt

Bangladesj
Bid vir ons projek om die Bybel in Bangla Gebaretaal te vertaal. Hierdie projek is daarop gemik om die Gebaretaalbybel onder die Dowe gemeenskap te versprei, sodat hulle van Christus se lewe kan leer. Bid vir die koördineerder en hersieners wat vir die vertaalwerk verantwoordelik
is.

Indië
Die Bybelgenootskap van Indië se missie is om betrokke te raak by die vertaling, publikasie, druk en verspreiding van die Bybel asook die bevordering van Bybelbetrokkenheid deur die Woord van God. Bid vir ons missie en visie om in al die Bybelbehoeftes in ons land te voorsien en dat ons hulpbronne sal vermeerder.

Maledive
Bid dat ons land se leiers Christenskap en Christelike beginsels sal aanvaar. Bid dat diegene wat hulle geloof in die geheim uitleef, toegang sal kry tot ’n Bybel in hul taal en dat hulle eendag openlik hul geloof in Christus kan verklaar sonder vervolging.

Sri Lanka
Die projek Literacy for Sri Lankan Children & Youth is daarop gemik om ongeletterdheid onder jong Christene in ons land aan te spreek. Bid dat ons
’n donateur vir die voltooiing van hierdie projek sal vind en dat daar opgeleide professionele persone beskikbaar sal wees om die klasse te fasiliteer.

27 Okt-2 Nov

Honduras
Die gesinslewe in Honduras is in ’n krisis. Die Family Bible beskik oor die volledige Bybelteks, asook 500 bladsye bykomende kindermateriaal. Bid vir die sukses van hierdie projek en dat gesinne hoop sal vind in die Woord van God.

El Salvador
Bid vir ons God and the Gangs-projek wat daarop gemik is om ’n volledige Bybel onder 50 000 gevangenes in El Salvador te versprei. Ons land se gevangenisse huisves ’n aansienlik aantal gevangenes en baie van hulle het nog nooit toegang tot hul eie Bybel gehad nie. Bid dat almal wat God se Woord ontvang ’n persoonlike transformasie en rehabilitasie sal ondergaan.

3-9 Nov

Suriname
Die Bybelgenootskap wil die inheemse mense in Guyana met die Bybel bereik. Bid vir ons projek om die Ou Testament in Akawaio te vertaal. Bid vir goeie samewerking tussen die vertalers en hersieners van hierdie groepsprojek, asook vir wysheid vir almal wat betrokke is.

Guatemala
Grow and Learn is ’n projek wat poog om die skadelike gewoontes van kinders te verhoed deur hulle aan Bybelonderrig bekend te stel. Daar word elke jaar gepoog om 3 000 kinders in die stad se krotbuurte en armste gedeeltes van die platteland deur hierdie projek te bereik. Bid vir God se genade oor elke onderwyser en kind wat deel is van die projek.

10-16 Nov

Dominikaanse Republiek
Die Grow and Learn-projek is daarop gemik om die Sondagskoolbediening in verskillende stede te versterk. Bid dat God die nodige hulpbronne vir hierdie projek sal voorsien en vir die kinders wat daardeur geraak sal word.

Oos-Karibbiese Eilande
Bid steeds vir ons missie om die Woord van God te gebruik om sy teenwoordigheid onder Oos-Karibbiese inwoners te bekragtig. Bid dat ons sal kan voortgaan om die gemeenskappe getrou en doeltreffrend met Bybelmateriaal te voorsien.

Nederlands-Antille en Aruba
Bid vir ons missie om ’n Bybel vir elke inwoner beskikbaar te stel en dat dit gereeld gelees sal word as ’n bron van hoop. Bid dat alle kinders die Bybel ’n integrale deel van hul lewe sal maak voor die ouderdom van 15.

Puerto Rico
Bid vir die sukses van ons visie en missie om God te eer deur die verspreiding van sy Woord en om dit vir meer mense toeganklik te maak in verskeie formate. Bid dat meer mense in ons land die Bybel sal lees en dat dit lewens sal verander.

17-23 Nov

Kuba
Bid vir ons projek om die Bybel in Kubaanse Gebaretaal te vertaal. Met hierdie projek sal Dowe Christene in die Dowe gemeenskap insig te gee oor die lewe van Jesus. Bid vir al die dowe mense in Kuba en die dowe vertalers wat gereed is om met hierdie langtermynvertalingsprojek te begin.

Haïti
Haïti gaan tans gebuk onder toenemende geweld, politieke onstabiliteit en protesaksie. Bendegeweld is erger as ooit tevore. Die Bybelgenootskap is sedert Februarie 2024 gesluit en werknemers moet van die huis af werk. Bid vir ons projek wat poog om die personeelkoste te dek asook vir hul huidige behoeftes.

Wes-Indiese Eilande
Bid vir ons doel om ’n suksesvolle bron vir die Kerk te wees. Bid dat ons genoegsame Bybelmateriaal teen die beste pryse en in die gewenste tale
en formate aan ons inwoners, insluitende skole, kan verskaf.

24-30 Nov

Panama
Hoewel Spaans die land se hooftaal is, word verskeie tale in Panama gepraat. Die End-to-End Panama-projek wil die goeie nuus van Jesus met die inheemse bevolkings in hul moedertaal deel. Bid vir die personeel wat by hierdie projek betrokke is en die raadsleiers wat ons help met die
ontwikkeling daarvan.

Nicaragua
Ons End-to-End-projek wil God as die bron van vertroosting en hoop aan die mense van Nicaragua bekendstel. Die mense leef in angs weens sosio-ekonomiese faktore en die impak van natuurrampe. Bid vir diegene wat hulle werk verloor het en wie se verhouding met God onder druk is.

Costa Rica
Bid vir ons projek om Bybelgedeeltes in Spaanse braille vir volwassenes en kinders beskikbaar te stel. Bid vir die personeel wat aan hierdie projek werk en dat die Here vir hulle wysheid en krag sal gee om voort te gaan om met die siggestremde gemeenskap te werk.

1-7 Des

Kanada
Dank God vir al ons suksesvolle projekte en die teenwoordigheid van die Bybelgenootskap in ons land. Bid steeds vir ons visie en missie om die Bybel as die Woord van God te bevorder. Bid dat ons kan voortgaan met nuwe innoverende formate en bedieningskanale om selfs ’n groter groep mense te bedien.

Mexiko
Bid vir die Bybelgenootskap van Mexiko wat aan die uiteenlopende Bybelbehoeftes van ’n massiewe bevolking moet voorsien. Bid vir ons missie om die Woord van God vir alle vlakke van die samelewing beskikbaar te stel en dat die Bybel regoor Mexiko beskikbaar sal wees.

Verenigde State van Amerika
Bid dat die mense van Amerika die liefde van Jesus sal leer ken. Bid vir diegene met intense seer in hulle liggame, verstand en siel en dat God se Woord, asook ons Bybelgebaseerde Trauma Healing-projek, vir hulle genesing sal bring.

8-14 Des

Kazakstan
Kasakstan beslaan ’n enorme oppervlak van meer as 2,7 miljoen vierkante kilometer en het ’n bevolking van meer as 20 miljoen. Bid vir ons werk om die Bybel in geskikte formate te produseer sodat dit vir elke landsburger in hul taal toeganklik sal wees.

Kirgisië
Bid vir ons pogings om tot die geestlike ontwikkeling van die sowat 7 miljoen mense by te dra deur die Bybel en verstaanbare interkerklike Bybelvertalings beskikbaar te stel. Bid ook vir ’n verdraagsame gemeenskap waar enigeen die Bybel kan lees.

15-21 Des

Armenië
Bid vir ons projek om Armeniese skoolleerders deur middel van Bybellees te verenig. Ons Bybelvasvra-kompetisie vir skole regoor die land stel
kinders in staat om op ’n prettige manier meer omtrent die Bybel te leer terwyl hulle pryse kan wen en nuwe vriende kan maak. Bid dat die Woord van God vir alle tieners toeganklik en verstaanbaar sal wees en dat hulle met die liefde en vrede van God gevul sal word.

Azerbeidjan
Bid vir ons projek om ’n stel nuwe kinderboeke aan die plaaslike jeug bekend te stel. Hierdie boeke bevat stories uit die Nuwe Testament. Daar is
tans geen Christelike literatuur vir kinders in hul moedertaal nie. Hierdie boekies sal veral help om kinders in afgeleë streke sonder kerke van die Evangelie te leer.

22-28 Des

Pakistan
Die geletterdheidsyfer onder vroue in Pakistan is laag, veral Christenvroue wat in landelike gebiede woon. Ons Beacon in the Darkness of Illiteracy-projek sal hulle toerus sodat hulle die Bybel op hul eie kan lees en Jesus se onderrig kan volg. Ons beplan om deur hierdie projek 3 000 Christenvroue in 2025 te bereik.

Afganistan
As volgelinge van Jesus bid ons vir die veiligheid van ons Afgaanse broers en susters. Bid dat die Heilige Gees hulle met hoop, vrede en liefde sal
vul en dat hul geloof in Christus hul nie in ’n plek van vervolging of gevaar sal plaas nie.

29-31 Des

Georgië
Bid vir ons Bybelwerk en dat meer mense sal besef dat God se Woord vir almal bedoel is.

Russiese Federasie
Bid vir ons strategie vir voortdurende ontwikkeling binne verskeie aspekte van Bybelwerk en vir finansiële onafhanklikheid om ons visie en missie uit te voer.

Gebedsgids vir September 2024

Gebed


1 September – Sondag – Biddag vir Dowes
Ons offer vandag is vir die instituut vir Dowes en bid ons vir hulle wat die Bybel op ‘n ander manier verstaan en ook vir die hulp wat aan hulle verleen word om met hierdie gestremdheid te kan funksioneer in die samelewing.
2 September – Maandag- Lente
September is die begin van lente en sing die aarde hul lied en begin die bloeisels en groenigheid hul kleur te wys. Bedank die Skepper vir sy volgehoue sorg en lenteprag en fees van ‘n nuwe begin.
3 September – Dinsdag – Kerk projekte
Ons bid vir alle projekte wat in ons kerk geloods word en dat dit deur U geseën sal word. Ons dank U vir lidmate wat getrou is met die Kategese-klasse, projekte, sopkokers, nasorg-aktiwiteite, gebede groepe en bid vir kreatiewe idees, geduld en liefde om hierdie groot werk te doen.
4 September – Woensdag – Bybelvertaling
Daar is miljoene mense wat nog nie een woord van die skrif in hul eie taal gehoor of gelees het nie. Bid dat die Bybel binnekort in meer tale vertaal sal word en dat daar mense is wat dit daar buite sal deel.
5 September – Donderdag – Mediese personeel
Bring mediese personeel in hospitale, noodeenhede en nasorg fasiliteite in gebed na God. Bid vir hulle vir krag, akkurate diagnoses, geduld en liefdevolle sorg aan hul pasiënte.
6 September – Vrydag – Oorbesteding
Bid teen die neiging van oorbesteding en eerder te koop volgens ons behoeftes asook die behoeftes van die mense in nood.
7 September – Saterdag – Werksgeleenthede
Bid vir werksgeleenthede vir die studente wat hulle studies voltooi en hul grade, diplomas of sertifikate ontvang het. Bid ook dat hulle hul lewe en toekoms aan God sal toevertrou vir die regte geleenthede en leiding.
8 September – Sondag – Gemeente Instandhouding
Ons bid dat die leiers die regte besluite sal neem om ons kerk in stand te hou en ook om die fondse op die regte werk te spandeer en aktiwiteite te priotiseer. Ons bid ook dat die gemeente sal gee vir hierdie nodige werk.
9 September – Maandag – Gevangenes
Bid dat gevangenes, veral jongmense, ‘n persoonlike openbaring van die liefde van Christus sal ervaar. Ons bid dat hulle harte ontvanklik sal word en dat hulle gewillig sal wees om te leer en getrou aan die rehabilitasie projekte sal deelneem.
10 September – Dinsdag – Geestesgesondheid
Ons samelewing plaas baie druk op mense om te presteer. Ons bid vandag vir angs en spanning wat ervaar word a.g.v. die druk wat sosiale media plaas op die samelewing om onnatuurlik te presteer.
11 September – Woensdag – Verslawing
Ons bid vir soveel mense wat vasgevang is deur een of ander vorm van verslawing soos alkohol, dwelms, kos, tegnologie of slegte gewoontes. Vra vir die oortuiging van die Heilige Gees om hulle uit die duisternis na die lig te bring.
12 September – Donderdag – Ons dade
Kom ons bid vandag dat ons dade en ons woorde ooreenstem, laat ons met ons verlede breek en ‘n bewustelike keuse maak om ‘n verskil te maak daar waar ons is.
13 September – Vrydag – Verhoudings
Bid vandag vir huwelike, verhoudings tussen ouers en kinders en tussen kinders en kinders onder mekaar. Bid vir sagte harte in die daaglikse omgang met mekaar.
14 September – Saterdag – Oorlog
“Jesus, tree vandag in by die harte van mense in die oorloggeteisterde wêreldlande en lei hulle na ‘n vreedsame oplossing en algehele wêreldvrede. Mag ons vra dat U die leiers se optrede en denke verander.”
15 September – Sondag – Arbeidsbediening
Ons deurkollekte is vandag vir Arbeidsbediening en bid ons dat ons gemeente mildelik sal gee om ook hierdie onbaatsugtige diens te bevorder en so ook die Woord in die werksplek te versprei.
16 September – Maandag – Christene wȇreldwyd
Bid asb. vir alle Christene wat in die Midde- Ooste en Asië woon om steeds met vrymoedigheid van die liefde van Christus teenoor ander te getuig en dat hulle sal getrou bly aan U.
17 September – Dinsdag- Bedank God
Dank en loof God vir die kere wat hy jou gebede verhoor het en uitkoms gebied het toe jy dit aangevra het.
18 September – Woensdag – Sending
Ons bid vandag vir al ons sendelinge op ons dorp asook op die uithoeke van die aarde wat die woord van die Here verkondig dat hulle die krag sal ontvang om die goeie werk getrou te doen.
19 September – Donderdag – Onderrigwerk
Ons bid vandag baie ernstig vir die belangrike taak van opvoeders en vra dat probleme wat tans ondervind word, spoedig opgelos sal word, sodat leerders hulle volle potensiaal kan bereik. Ons bid ook vir ouers wat hieraan meewerk.
20 September – Vrydag – Skoolvakansie
Vandag sluit die skole en bid ons vir welverdiende rus vir die Leerkragte, die leerders en bid ook dat die matrieks ‘n laaste ruskans neem voor die groot eksamen wat voorlê.
21 September – Saterdag – Eer aan die Vader
Bid dat ons gemeente elke dag van die week en nie net Sondae, alle eer aan ons Hemelse Vader sal gee en besef dat Hy die middelpunt van alles en elkeen is.
22 September – Sondag – Kinders in ander lande
Here, ons bring vandag ons kinders wat in ander lande werk na U en vra dat U hulle daar waar hulle is sal ondersteun en lei en dat hulle positief sal bly en U woord sal uitleef daar waar hulle is.
23 September – Maandag – Geestelike leiers en Ring
Vandag bid ons in besonder vir ons geestelike leiers en leraars in ons Ring – vir hulle gesinne, hulle gesondheid en hulle huwelike.
24 September – Dinsdag – Erfenisdag
Vandag vier ons Erfenisdag en bid ons dat al die kulture in vrede sal saam leef maar ook dat hul mekaar se verskille sal verstaan en met ‘n oop gemoed saam in Suid Afrika sal werk en leef.
25 September – Woensdag – Wyksbyeenkomste
Elke Woensdag word Blok byeenkomste gereël waar ons in klein groepe bymekaar kom. Bid dat die nuwe intrekkers hier sal inskakel en deel van die gemeente sal word. Laat dit ook ‘n samesyn tussen die wykslede bewerkstellig.
26 September – Donderdag – Regering
Ons bid vandag vir ons Regering (Rom 13:1-7). Die owerhede is daar deur God se beskikking. Ons vra ernstig dat U Gees harte en lewens sal verander en dat magsug, hebsug, korrupsie en misdaad uitgeroei sal word.
27 September – Vrydag – Moslems
Vandag is dit die Moslems se “kerkdag”. Bid dat hul die woord sal hoor en tot inkeer sal kom. Ons bid ook vir die baie bekeerde Moslems wat nie in hul eie huise en families aanvaar word nie, maar daagliks vervolg word.
28 September – Saterdag – Radio Feba
Om die Goeie Nuus in Afrika te deel bring baie uitdagings. In lande soos Mali, Niger en Soedan het FEBA te kampe met meerderheid-Moslem gemeenskappe. Bid God se seën en beskerming af op FEBA Afrika, sodat Sy Woord die kontinent se onbereiktes kan bereik.
29 September – Sondag – Bejaardes
Ons deurkollekte is vandag vir BADISA-Huis JJ Watson en dink ons en bid vir ons vir bejaardes in ons gemeente asook die tehuise vir bejaardes. Bid dat hulle die nodige sorg sal ontvang met liefde en geduld en dat hulle behoeftes ook bevredig sal word.
30 September – Maandag – Gestremdhede
“Vader, ons lê ons vriende met gestremdhede voor U voete en vra dat U hulle die nodige geduld sal gee en sal wys op alles waarvoor hulle nog kan positief wees. Ons bid ook dat U hulle vriende se harte sal aanraak om hulle nood raak te sien.”
Gebed verander alles. Moenie angstig wees nie. Bid tot God. As God vir ons is, wie kan teen ons wees.

Gebedsgids – Augustus 2024 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed Foto deur Ivan Samkov: https://www.pexels.com/photo/woman-in-gray-knit-sweater-praying-6436311/

GEBEDSGIDSAUGUSTUS 2024

Donderdag, 1 Augustus – Vrouemaand

Hierdie maand is die fokus op die welstand van vroue in ons samelewing. Ons bid dat vroue nie net in hierdie maand , maar deur die jaar met respek en liefde behandel sal word.

Vrydag, 2 Augustus – Radio Feba

Radio Feba is ongeveer 75 jaar oud en werk in verskeie oorsese lande. Hulle bereik ongeveer 10 miljoen mense wêreldwyd. Bid dat mense deur gebed hierdie mense dra, maar ook geldelik bydraes lewer om hul werk verder te laat groei.

Saterdag, 3 Augustus – Mediese Personeel

Hulle versorg gemeentes se lidmate en hulle families tydens ernstige krisisse – medies en emosioneel – in die hospitale en in spreekkamers. Bid ook vir die hospitaalleraars asook ons gemeente se leraars om met groot liefde hierdie belangrike bediening te behartig.

Sondag, 4 Augustus – Bejaarde Sorg

Ons deuroffers gaan vir die Plaaslike Bejaardesorg en daarom dink ons aan al die bejaardes wat afhanklik is van versorging en ons bid dat die versorgers met liefde, passie en deernis hulle taak sal verrig.

Maandag, 5 Augustus – Beskerming

In Heb. 13:5 sê die Here dat Hy ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie. Bid dat ons na Hom toe sal gaan vir skuiling en beskerming en dat ons nie bedreig sal voel nie.

Dinsdag, 6 Augustus – Regering van Nasionale Eenheid (RNE)

Ons bid vir ons land en die leiers wat deel is van die RNE om gefokus te bly op die doelwitte wat gestel is om die lewe en omstandighede van die SA bevolking te verbeter.

Woensdag, 7 Augustus – Dankbaarheid

Kom ons staan vandag stil en maak ‘n lysie van dankbaarheid. Daar is altyd iemand met wie dit slegter gaan. Bid ook vir daardie persone.

Donderdag, 8 Augustus – God se Liefde

God het die mens so Lief gehad dat Hy sy Enigste Seun vir ons sondes gegee het. Ons dink vandag daaraan dat Hy ook die Heilige Gees vir ons gegee het om elke dag by ons te wees.

Vrydag, 9 Augustus – Nasionale Vrouedag

Kom ons bid vir gesonde verhoudinge waar vroue met die respek en deernis deur hulle gesinne, geliefdes asook in die werkplek behandel sal word.

Saterdag, 10 Augustus – Gesinsverhoudinge

Die gesin is die kern van die samelewing. Ons bid vir gesonde gesinsverhoudinge en ook ingryping waar verhoudinge skeef geloop het.

Sondag, 11 Augustus – Nuwe Geloofsgemeenskap ontwikkeling

Sending en evangelisasie is die heilshandeling van die Drie-enige God waardeur Hy uit die ganse menslike-geslag vir Hom ‘n gemeente deur sy Woord en sy Gees vergader. Die kerk is daarom in sy wese missionêr, en is sending en evangelisasie wesentlik deel van die dienswerk en getuienis van die kerk. Ons Sinodale Offer gaan vandag vir Nuwegeloofsgemeenskap ontwikkeling (NGGO).

Maandag, 12 Augustus – Dank vir Kos

Dank God vir dit wat jy het om te eet. Vra die Here om jou bewus te maak van diegene wat dit vir jou moontlik gemaak het om die kos op die tafel te kan hȇ (van die boer tot die sjef).

Dinsdag, 13 Augustus – Soeke na God

Dank die Here vir die feit dat ons nie deur aardse behoeftes/begeertes vrede vind nie. Vra die Here om jou bewus te maak van jou ware soeke na God.

Woensdag, 14 Augustus – Verlossing van Pyn en Hartseer

Lȇ jou seer voor God se voete neer. Dank God vir die feit dat Hy saam met jou treur oor die seer wat jy beleef/al beleef het.

Donderdag, 15 Augustus – Bewuswording van ander se se Omstandighede

Vra die Here om jou bewus te maak van omstandighede van ander om sodoende ‘n helpende hand uit te reik waar nodig en vra dat God jou sal lei na daardie persone in nood.

Vrydag, 16 Augustus – Polisiemag

Jesus, ons wil vandag kom intree vir elke polisiebeampte en bid dat U hulle sal beskerm waar hulle elke dag in gevaar hul werk onverskrokke moet verrig en ons landsburgers beskerm.

Saterdag, 17 Augustus – Prostitusie

Bid asseblief sonder ophou dat die gene wat in hierdie web vasgevang is, bevry sal word en bid dat huisgesinne nie deur hierdie optredes onherstelbaar vernietig sal word nie.

Sondag, 18 Augustus – Dwelm- en Alkoholverslawing

Ons bid vir diegene wat vasgevang is in die greep van dwelm – en alkoholverslawing. Dit is die siekte van ons tyd en ons vra dat God diegene sal bevry en hoop op ‘n beter lewe sal gee.

Maandag, 19 Augustus – Onsekerheid

Wag jy vir ‘n antwoord van God en is onseker? Bid en lê jou probleem aan God voor en wag dan getrou vir Sy antwoord. God het Sy eie tyd, maar wees gerus dat God sal antwoord. 1 Pet. 5:7.

Dinsdag, 20 Augustus – Standvastigheid

Bid vandag dat ons God se standvastigheid in ‘n wankelrige wêreld sal raaksien en Hom sal dank en eer daarvoor.

Woensdag, 21 Augustus – Eensames

Kom ons dink vandag aan alle mense wat alleen is en iemand aan die dood afgestaan het. Ons bid dat hulle God se teenwoordigheid en liefde sal aanvoel deur die optrede van ons ander lidmate.

Donderdag, 22 Augustus – Gesondheid

God is ons Geneser. Sy helende Hand salf ons wonde, dra ons laste en droog ons trane af. Bid vir goeie gesondheid uit God se wonderwerkende Hand en glo en dank Hom vir Sy genesing onbeperk.

Vrydag, 23 Augustus – Geloof

Bid sonder ophou vir onwankelbare geloof in Jesus en dat die ongelowiges tot Jesus gelei sal word en sal glo dat Hy ons enigste Redder is.

Saterdag, 24 Augustus – Roeping

Sal jy vandag jou drome net so los en Jesus volg? Bid vandag dat jy jou roeping van Jesus ontvang, sal uitleef en jou drome sal los vir Jesus se groot droom en roeping vir jou lewe.

Sondag, 25 Augustus – Kindersorg

Ons spesiale offer gaan vandag aan Kindersorg. Ons dink veral aan al die kinders wat onder moeilike omstandighede groot word en bid dat daar met sorg na hulle omgesien sal word.

Maandag, 26 Augustus – Politieke partye

“Here, ons wil die regering van die dag en al die politieke leiers wat ons verteenwoordig aan U opdra sodat hulle kan insien dat hulle gekies is om ‘n verskil in die mense se lewens te maak en nie op hul eie lewens gefokus mag wees nie.

Dinsdag, 27 Augustus – Plaaslike Sending

Kom ons vou ons hande saam en dra al ons sendelinge aan die Here op. Ons vra dat Jesus hulle sal lei maar ook versorgers sal stuur sodat hulle nie moed verloor nie, maar die roeping moedig sal voortleef en die Woord van God versprei aan die ongelowiges.

Woensdag, 28 Augustus – Prys God

Sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.

Donderdag, 29 Augustus – Skoliere

Kom ons raak stil en tree in vir al ons skoliere dat hulle hul kant sal bring en sal besef dat hulle nie leer vir hulself nie, maar om God se Naam te verheerlik en dat hulle ook God dank vir hul breinkrag waarmee Hy hulle geseën het.

Vrydag, 30 Augustus – Gevangenes

Mag ons vandag bid vir alle gevangenes dat hulle deur die sendingwerk van ons gemeentelede ook die Gees van God sal aanvaar en God sal leer ken en sal aanvaar as Hul Heer en Meester.

Saterdag, 31 Augustus – Leraars

Kom ons begin vandag deur daaraan te dink om elke dag ons Leraars aan die Here op te dra sodat Hy Sy boodskap wat Hy wil oordra aan die gemeente aan die Leraars sal openbaar en maak hulle getrou om die boodskap uit te dra soos God dit wil.

Gebedsgids Julie 2024

Gebed

GEBEDSGIDS – JULIE 2024

Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor (Jes 65:24).

Maandag 1 Julie – Volhard in gebed

Ons prys die Here vir soveel lewens en gesindhede van mense wat Hy elke dag verander as gevolg van volgehoue gebed. Dank Hom vir getroue bidders en hou aan om die Here te vertrou vir wysheid en insig om mense se geestelike behoeftes met liefde en begrip aan te spreek.

Dinsdag 2 Julie – Gevangenes

Bid vandag vir gevangenes in eensame opsluiting. Vra dat hulle die Here Jesus persoonlik sal ontmoet (Hand. 9:17), oortuig sal word van sonde en hul lewens aan Hom sal oorgee.

Woensdag 3 Julie – Uitvoering van die Groot Opdrag

Kom ons dank ons Hemelse Vader vandag vir instansies soos Radio-Kansel, Feba Radio, die Televisie, die Internet en ander moderne tegnologie wat meehelp om die Evangelie tot aan die uithoeke van die wêreld te verkondig – bid vir betrokke personeel en dat God se Koninkryk uitgebrei sal word deur suiwer Woordverkondiging.

Donderdag 4 Julie – Kinders in Sirië

Die krisis in Sirië raak reeds 5,5 miljoen kinders. Nagenoeg 1 000 kinders steek daagliks die grens na Libanon oor as vlugtelinge. Bid asseblief vir kinders wat sonder ouers en familie vlug. Pleit asseblief vir die vrede van God in die harte van hierdie kinders (Psalm 44:23).

Vrydag 5 Julie – Indië

Bid vir kerke (huisgemeentes) wat deur Hindu ekstremiste gesluit is. Bid dat die gemeentelede weer bymekaar sal kom om te aanbid of dat elkeen van hulle ‘n tuiste by ‘n nuwe geloofsgroep sal vind.

Saterdag 6 Julie – Bybelgenootskap van SA

Here baie dankie dat ons u Woord in ons eie taal het, daarmee kon grootword en vry is om dit met ander te deel. Seën die Bybelgenootskappe wêreldwyd. Gee wysheid aan hulle wat besig is met vertalings.”

Sondag 7 Julie – Woordverkondiging

Dankie Vader dat ons U Woord kan lees en bestudeer. Ons bid vandag vir die verkondiging en verspreiding van die Evangelie wêreldwyd. Maak ons gehoorsame hoorders en daders van die Woord.”

Maandag 8 Julie – Persoonlike Toewyding

Bid vir ‘n begeerte om heiligheid en gehoorsaamheid na te streef eerder as om tevrede te wees met ‘n skyn van geestelikheid. Bid vir reinheid en getrouheid in ons huweliksverhoudings. Bid dat ons as gelowiges waarlik Godvrugtig sal lewe.

Dinsdag 9 Julie – Every Home For Christ, Suid-Afrika (EHCSA)

Hierdie internasionale organisasie strewe om hul naam gestand te doen en werk saam met plaaslike gemeentes. Bid asseblief vir die uitreikspan se beskerming en veiligheid wanneer hulle die huise in die verskillende townships, voorstede en informele nedersettings besoek. Bid datgesinne gered sal word en dat elke Huis Christus as hoof sal hê.

Woensdag 10 Julie – Verslaafdes

Vader, dankie dat ons vir elke verslaafde kan bid. Hulle soek sekuriteit in afhanklikheidsmiddels en ander maniere van verslaafdheid. Open asseblief hulle oë om U raak te sien en te weet net in U is daar vrede, liefde en antwoorde op alle probleme.

Donderdag 11 Julie – Grootbrak se Leraars

Ons bid vir ons leraars en hul gesinne, mag hulle elke dag Jesus se liefde uitleef. Dankie dat U hulle hier geplaas het en hulle in U geanker is, dat hulle hul afhanklikheid van U besef. Seën hulle met U liefde en troue sorg. Laat hulle tot seën en inspirasie vir elke lidmaat wees.

Vrydag 12 Julie – Getuienis Naweek

Die Groot Opdrag wat Jesus vir sy Kerk in Hand 1:8 gee is dat ons sal getuig. Om ons opnuut weer in te lig en te inspireer het ons Getuieniskommissie hiérdie naweek gereël. Kom ons bid dat lidmate en besoekers erns sal maak om die uitstallings en byeenkomsteby te woon en dat die Here die naweek besonderlik sal seën. Bid ook vir die sprekers, dat hulle God se wil vir elkeen van ons bekend sal maak.

Saterdag 13 Julie – Getuienis Naweek

Loof en dank die Here dat ons in ‘n land woon waar ons die vryheid het om te getuig; van God se liefde en sy verlossingsplan in Jesus Christus; getuig wat Hy vir jou beteken en dat daar ‘n Ewigheid is om na uit te sien. Bid vir, en ondersteun ons gemeente se aksies om ons Here te gehoorsaam.

Sondag 14 Julie – Getuienis Naweek

Dank die Vader dat ons weer hierdie naweek opnuut bewus kon word van ons Here se opdrag om getuies te wees in ‘n stukkende wêreld. Kom ons bid dat ons met ons lewens getuies sal wees, dat ons woorde, dade en gesindheid, toonbeelde van God se liefde sal wees.

Maandag 15 Julie – Gebed vir Lewende lidmate

Here oortuig my van sonde, bekeer my van alle vorms van hoogmoed en selfsug. Gee dat ek U sal ken as die Amen, die Getroue en die Waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God. Verlos my van geestelike louheid en en maak my ontvanklik vir Christus se teregwysings” (Op. 3).

Dinsdag 16 Julie – Reddingsfokus – Mishandelde vroue

Dra vandag alle vroue wat in hulle huise mishandel word en te bang is om hulp te vra, op aan God. Vra dat die Here Jesus vir hulle ‘n uitweg uit hul situasie sal wys, hoe om te bid en Hom te leer ken as hul persoonlike Redder. Niks is vir ons God en Vader onmoontlik nie.

Woensdag 17 Julie – Landbou

Ons bid vir ons boere wat worstel met droogtes en arbeidskwessies. Dat daar genoeg kos geproduseer sal word en niemand honger sal ly nie. Seën elke werker met ywer en entoesiasme om te werk asof vir die Here. Vra vir gesonde verhoudings en wedersydse respek. Ons bid dat Jesus se liefde op elke plaas geleef sal word en U Vrede oor elkeen die wag sal hou. Bid vir die bewaring van plaasbewoners.

Donderdag 18 Julie – Blinde oë word oopgemaak in Indië

In die Noorde van Indië is ‘n mediese bediening besig om uit te reik na die armste onder die armes. Loof die Here vir duisende mense wat jaarliks gehelp word. Bid vir die pasiënte wat die Evangelie hoor en ‘n Bybel ontvang; ± 50% van hierdie pasiënte het tot geloof in Jesus gekom.

Vrydag 19 Julie – Irak

Christene word vervolg en gemartel omdat hulle aan Jesus behoort. Laat ons wat in ‘n land woon waar ons godsdiensvryheid het, met volharding bid vir ons broers en susters. Christene in Irak word deur ekstremiste, wat aan die IS behoort, gedwing om uit sekere gebiede te vlug. Ons bid dat hulle aan Jesus sal vashou en Sy wil sal soek vir hul lewens.

Saterdag 20 Julie – Liefdeloosheid

Woede en bitterheid vertroebel verhoudings met mense en bo-al met God. Bid vir Christene wat hiermee worstel, dat hulle Jesus se liefde sal ervaar wat hulle in staat sal stel om te vergewe. Jesus het gesê “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekar liefhê (Joh. 15:12).

Sondag 21 Julie – Studente Bearbeiding

Studente by al ons kolleges en universiteite word, benewens hul studies, met baie eksterne invloede en ander kwessies gekonfronteer. Dit is goed dat ons die bearbeiding finansieël ondersteun, maar ons gebede is nodig om hulle getrou en op die Christelike weg, koers te hou.

Maandag 22 Julie – Gesinslewe

Kom ons bid vir alle gesinne in ons geloofsgemeenskap. Mag daar gesonde verhoudings wees, ware liefde, wedersydse respek en eerbied vir mekaar. Bid dat gesinne saam die Here sal dien en so getuies vir Jesus Christus sal wees. Jos. 24:21 “Ons sal net die HERE ons God dien en net na sy stem luister.”

Dinsdag 23 Julie – Kerk van Christus wees

Bid vir ‘n nuwe insig in lidmate se verhouding met God en ons lewe voor sy aangesig – dat ons as lidmate van Grootbrak, Geesvervuld en geloofwaardig sal wees. In waarheid binne die wil van die Here en deur die krag van die Heilige Gees sal leef. Ander moet ons as Christus-volgelinge erken.

Woensdag 24 Julie – Evangelie aan Vreemdelinge

Dra vandag elke vreemde winkeleienaar of smous in jou omgewing aan die Here op. Vra vir die Here hoe jy hulle kan leer ken en hulle vertroue kan wen en om uiteindelik ook die evangelie aan hulle te kan bedien. Bid dat hulle oop sal wees vir die evangelie (Joh. 3:16).

Donderdag 25 Julie – Gebed vir Gevangenis-bedieninge

Bid vir alle projekte wat gerig is op die rehabilitasie en redding van gevangenes. Pleit dat die Evangelie van Jesus Christus altyd deel van sulke programme sal wees. Bid dat gevangenes hulle waarlik met die nuwe mens in Christus sal bekleë (Ef. 4:24).

Vrydag 26 Julie – Jemen – Arabië

Gelowiges in Jemen is veheug oor 50% meer dopelinge in 2023 as in 2022 en versoek dat ons sal volhard in voorbidding vir die Jemeense Kerk. Die leier vra dat ons sal bid dat hulle getrou sal wees terwyl hulle die Evangelie van Jesus Christus verkondig. Jemen is nr. 5 op die Wêreldwaarnemings-lys vir 2024 en die vlak van vervolging is uitermatig hoog.

Saterdag 27 Julie – Sewentig maal Sewe

Kom ons bely ons traagheid om mekaar te vergewe. Bid vir gewilligheid om te vergewe, dat die Here ons sal leer hoe om te vergewe soos Hy ons vergewe het, nie boek te hou nie (70 x 7).

Sondag 28 Julie – Getuienisbediening

Here hoe bevoorreg is ons nie, om vanmore en elke Sondag ongehinderd saam met mede-gelowiges in U teenwoordigheid te aanbid. Ons bid vir die verkondiging van U Woord oor die wêreld heen. Here help ons om die erediens op straat en oral waar ons mag wees te gaan voortsit.

Maandag 29 Julie – Getuienisvergadering

Vra die Here se seën op hierdie vergadering vanmiddag om 15:30. Bid vir die leiding van die Heilige Gees, sodat besluite, verdere projekte en aksies daartoe sal lei dat Grootbrak-gemeente waarlik ons leuse, “Jesus vir almal”, sal weerspieël. Dit is ons roeping as getuies vir Christus.

Dinsdag 30 Julie – Huwelike

Ons bid vir elke huwelik, dat Christus Jesus die fondament van elke huwelik sal wees. Bid vir liefde, respek en vertroue. Dat mans hulle vrouens sal koester, versorg en bederf. Mag elke vrou die kroon op haar man se kop hou. Onthou : Wat God dan saamgevoeg het mag geen mens skei nie (Mark 10:9).

Woensdag 31 Julie – Oorloë en Rampe

Bid vir ware vrede en herstel waar daar oorlog gevoer word of natuur-rampe dood en verlies veroorsaak. Vra vir beskerming van gelowiges en dat hulle deur hul liefde en omgee versoening en genesing sal bring. Mag leiers verstandig wees en na God draai vir oplossings.

Om in enige aspek van die Christelike lewe te groei neem tyd,

en die sleutel is om elke dag aan Jesus se Voete te sit.

-Cynthia Heald.

Radio FEBA: e-Gebedsfokus vir Mei 2024

Woensdag 1 Mei: “Hy sê toe vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.’” (Matteus 9:37-38 Afr83)

Donderdag 2 Mei: FEBA Oekraïne hou aan om die evangelie uit te saai te midde van verskriklike geweld. ‘n Missiel het onlangs ‘n gebou minder as ‘n kilometer vanaf FEBA se ateljee in Kiëf getref. Hou asseblief aan om vir Oekraïne te bid. Bid vir ‘n einde aan die oorlog en bid dat FEBA Oekraïne sterk sal bly staan in hul geloof.

Vrydag 3 Mei: Radio Nuru, FEBA Mosambiek se stasie in Cabo Delgado, is midde-in die jihadiste-konflik geleë. Ten spyte van die voortdurende bedreiging van geweld, hou die span aan om elke dag tot 17:00 uit te saai. Bid dat God FEBA Mosambiek sal bewaar en elke minuut van uitsaaityd sal seën.

Saterdag & Sondag 4-5 Mei: FEBA se uitsendings het al talle selfdoodpogings voorkom. Dié FEBA Kambodja-luisteraar het gedink sy skakel vir oulaas in op Krusa FM voordat sy ‘n oordosis sou neem. Sy vertel: “Ek het gehoor dat ander luisteraars ook soos ek teleurgesteld is en hulle het ongelooflike bemoediging ontvang… Ek het huilend gebid dat God my die krag sal gee om die lewe se uitdagings te trotseer en my sal leer om die lewe te waardeer soos Hy dit bestem het. Ek het die medisyne uit my hand laat val.” Bid dat diegene wat só ly, troos en hoop uit FEBA se uitsendings sal put.

Maandag 6 Mei: Het jy geweet? Daar is sowat 20 miljoen Moslems in Rusland en FEBA werk hard om na hulle toe uit te reik. Bid dat FEBA Rusland se pogings vrug sal dra. Bid ook vir die FEBA Rusland-span en hul luisteraars, wat in ’n harde en onderdrukkende politieke klimaat moet leef en bedien.

Dinsdag 7 Mei: “Ek was op pad om selfdood te pleeg, maar nadat ek na jul Hoop in Christus-program geluister het, het ek van plan verander. Ek het elke dag na jul stasie begin luister en nou is ek wedergebore.” (FEBA Mosambiek-luisteraar)

Woensdag 8 Mei: “Die Here is goed, Hy is ‘n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.” (Nahum 1:7 Afr83)

Donderdag 9 Mei: In Kazakstan het Moslemgebruike, soos die Ramadan-vas en gebede by die moskee, ‘n modegier onder jongmense geword. Tog is baie van hulle werklik op soek na die waarheid. Bid dat hulle Christus deur FEBA Kazakstan se sosiale media-uitsendings sal ontmoet en dat die ouer geslag ook hul harte vir God se Woord sal oopmaak.

Vrydag 10 Mei: Prys God vir die lewens wat deur FEBA Mali se uitsendings verander word. Baie luisteraars is Moslem en loop die gevaar om deur hul families verwerp te word as hulle Christus aanneem. Bid dat hierdie luisteraars vertroosting en krag by God sal vind en bid dat hul families ook vir Christus deur FEBA Mali se uitsendings sal ontmoet.

Saterdag & Sondag 11-12 Mei: Indië ondervind tans ‘n toename in die vervolging van Christene. Daar is onlangs ‘n wetsontwerp in Assam goedgekeur, wat dit onwettig maak om vir ‘n siek persoon te bid, terwyl Christen-skole opdrag gegee is om van Christelike simbole, soos die kruis, ontslae te raak. Anti-bekeringswette is tot dusver in 12 state in werking gestel. Dit is nou meer noodsaaklik as ooit om deur middel van media, Christus aan die mense van Indië te bring. Bid dat FEBA Indië die Goeie Nuus sal kan aanhou uitsaai en dat hul boodskap wetgewers se harte sal verander.

aandag 13 Mei: In Kirgisië kan jy jou plek in die samelewing, én jou werk, verloor as jy ‘n Christen word. Verlede jaar het video’s op sosiale media mense aangehits om Christene te vervolg. Ten spyte hiervan hou FEBA Kirgisië se bediening aan groei. Bid dat God die span en hul luisteraars sal beskerm, en dat FEBA Kirgisië se uitsendings meer luisteraars sal trek.

Dinsdag 14 Mei: “Ek het deur die radio ontdek dat Christenskap ‘n baie goeie geloof is… God weet hoe lief ek hierdie geloof het en hoe graag ek ‘n Christen wil word. My familie is egter almal Moslem en sal my haat as ek Islam afsweer ter wille van Christenskap. Bid asseblief vir my.” (FEBA Mali-luisteraar)

Woensdag 15 Mei: “Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen…” (Psalm 116:5-7 Afr83)

Donderdag 16 Mei: Het jy geweet? Vandag is die VN se Internasionale Dag vir Saamleef in Vrede. Baie van FEBA se luisteraars leef in samelewings wat deur oorlog of vervolging uitmekaar geskeur is, terwyl ander deur hul families verstoot word as hulle Christene word. Bid dat God FEBA se spanne en luisteraars sal vertroos en sal help om as vredemakers te dien.

Vrydag 17 Mei: FEBA Malawi se programme word vanaf Eswatini via kortgolf na Tanzanië uitgesaai, en FEBA Mosambiek se uitsendings bereik ook die Yao Moslems daar. Pastoor Amos Phiri van FEBA Malawi het onlangs 125 luisteraarklubs in die Tunduru-distrik gevestig! Bid dat FEBA se luisteraars in Tanzanië Christus deur die radio sal ontmoet.

Saterdag & Sondag 18-19 Mei: Sommige mense deel die Goeie Nuus ten koste van hulself. ‘n FEBA Bangladesj-luisteraar vertel: “Ek het onlangs 24 mense na jul luisteraar-byeenkoms gebring en 13 van hulle het Christus aanvaar. Die ander veroorsaak egter probleme. Hulle versprei gerugte oor my. Nou sê plaaslike leiers ek kan nie meer deel wees van die gemeenskap nie.” Bangladesj is meer as 90% Moslem, met 278 onbereikte mensegroepe. Bid dat God mense se harte sal oopmaak teenoor FEBA Bangladesj se uitsendings en dat Hy luisteraars wat verstoot word weens hul geloof, sal vertroos en beskerm.\

Maandag 20 Mei: In China probeer die regering godsdiens ten volle beheer. Kerke moet die regering se toestemming kry om dienste te hou, so huiskerke is tegnies onwettig. Laas Kersfees is Christene verbied om dit openlik te vier. Bid dat FEBA China se uitsendings gelowiges sal bemoedig en nie-gelowiges sal bereik, totdat almal gehoor het.

Dinsdag 21 Mei: “Ons het in ’n klein dorpie gewoon waar iedereen ‘n Boeddhis was. In daardie stadium het niemand nog ooit van Jesus Christus en Sy reddingsplan gehoor nie. Dit het verander toe ons aan jul radioprogramme bekendgestel is. Ek het ‘n Christen geword as gevolg van jul uitsendings. Dankie dat julle my na God toe gebring het.” (FEBA Mianmar-luisteraar)

Woensdag 22 Mei: “Geseënd is julle wanneer julle beledig word ter wille van die Naam van Christus. Dit is ‘n bewys dat die Gees aan wie die heerlikheid behoort, die Gees van God, op julle bly.” (1 Petrus 4:14 Afr83)

Donderdag 23 Mei: FEBA Etniese Bedieninge vervaardig programme vir 18 etniese minderheidsgroepe reg oor Suidoos-Asië, insluitende die Khmu, die Ifugao en die Belitung. Bid dat God vir die spanne die nodige vaardighede en wysheid sal gee om inhoud te skep wat luisteraars in staat sal stel om die waarheid van God se Woord deur FEBA se uitsendings te ervaar.

Vrydag 24 Mei: Bid vir FEBA Niger. Dis nie ‘n maklike land om in te evangeliseer nie en die nuutgevormde span het ‘n moeilike taak voor hulle. Bid dat God vir FEBA Niger sal inspireer met kreatiewe idees vir program-inhoud, en moed sal gee om die Goeie Nuus met vrymoedigheid te deel.

Saterdag & Sondag 25-26 Mei: Prys God vir die geleentheid om die evangelie in Pakistan te deel. FEBA Pakistan vervaardig inhoud vir verskeie aanlynplatforms, saai uit op FM- en AM-stasies, en hou byeenkomste vir dié wat meer oor die Christelike geloof wil leer. Pakistan is sewende op die lys van lande waar Christene dit die moeilikste het. Vervolging is algemeen en gaan soms oor in dodelike geweld. Bid dat die FEBA Pakistan-span veilig sal kan bedien en dat luisteraars hul harte vir die Goeie Nuus sal oopmaak.

Maandag 27 Mei: Suid-Afrika se nasionale en provinsiale verkiesings vind Woensdag 29 Mei plaas. Bid dat die verkiesing vry en regverdig sal wees, en dat God Sy hand van vrede en bewaring oor elke stemlokaal sal hou. Bid ook dat die toekomstige leiers Sy wil en wysheid sal soek.

Dinsdag 28 Mei: “Die Way of Life Punjabi-programreeks het ’n betekenisvolle impak op die bespreking van ernstige kwessies wat gereeld ons persoonlike en gesinslewe bederf. Die Woord van God het my lewe in 2024 verander en omskep. Hou asseblief aan bid dat hierdie nuwe geloof sterk sal groei in my en my gesin.” (FEBA Pakistan-luisteraar)

Woensdag 29 Mei: “Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe…” (Titus 2:11-12 Afr83)

Donderdag 30 Mei: Meer as 6,000 mense het aan die einde van 2023 deur FEBA Thailand se Kersprojek tot bekering gekom! Meer as 30,000 minderbevoorregte kinders het Kersgeskenke ontvang. Prys God vir Sy oorvloedige seën en bid dat elkeen van die mense wat betrokke was, kinders inkluis, God se Woord sal aanvaar.

Vrydag 31 Mei: Prys God vir die groei in FEBA Malawi se bediening. Hulle het die afgelope paar maande duisende nuwe luisteraars bygekry en honderde luisteraarklubs is gevestig. Tog staar hierdie luisteraarklubs en miljoene ander mense voedseltekorte in die gesig as gevolg van klimaatsverandering. Bid dat God ter wille van Sy kinders sal intree.

Gebedsgids May 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS MEI 2024

Woensdag, 1 Mei – Werkersdag

Vandag is meeste mense af en dink ons aan almal wat salarisse verdien en dank God dat Hy die Groot Voorsiener is van ons behoeftes en dat ons so gelukkig kan wees om ‘n werk te kan hê.

Donderdag, 2 Mei – Leraars

Kom ons begin vandag en dink daaraan om elke dag ons Leraars aan die Here op te dra, dat Hy Sy boodskap wat Hy wil oordra aan die gemeente aan hulle sal openbaar en hulle getrou maak om die boodskap uit te dra soos God dit wil.

Vrydag, 3 Mei – Radio Feba

Radio Feba is ongeveer 75 jaar oud en werk in verskeie oorsese lande. Hulle bereik ongeveer 10 miljoen mense wêreldwyd. Bid dat mense deur gebed hierdie mense dra maar ook geldelik bydraes lewer om hul werk verder te laat groei.

Saterdag, 4 Mei – Mediese Personeel

Hulle versorg gemeentes se lidmate en hulle familie tydens ernstige krisisse – medies en emosioneel – in die hospitale en in spreekkamers. Bid ook vir die hospitaalleraars asook ons gemeente se leraars om met groot liefde hierdie belangrike bediening te behartig.

Sondag, 5 Mei – Sinodale bid en dankdag

Ons deuroffers gaan vir die gemeenteondersteuning en dink ons ook daaraan om dankie te sê dat ons wel ons gemeente kan ondersteun en bid ons ook vir al ons lidmate en lê hulle probleme aan die voete van Jesus neer.

Maandag, 6 Mei – Beskerming

In Heb. 13:5 sê die Here dat Hy ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie. Bid dat ons na Hom toe sal gaan vir skuiling en beskerming en dat ons nie bedreig sal voel nie.

Dinsdag, 7 Mei – Voorbereiding

Ons dink vandag aan Jesus wat sy vriende (dissipels) voorberei het vir die tyd wat vir hulle voorgelê het om uit te gaan en dissipels te maak. Bid vandag dat ons saam met hulle, soos in die verlede, ons harte sal voorberei.

Woensdag, 8 Mei – Heilige Gees se werking

Kom ons staan vandag en die komende week stil en maak ‘n dankbaarlysie om bewus te raak van die werking van die Heilige Gees en wat Hy vir jou gedoen het.

Donderdag, 9 Mei – Hemelvaart

God het die mens so Lief gehad dat Hy sy Enigste Seun vir ons sondes gegee het. Ons dink vandag daaraan dat Hy ook die Heilige Gees vir ons gegee het om elke dag by ons te wees.

Vrydag, 10 Mei – Bybelgenootskap

Sondag het ons deurkollekte vir die Bybelgenootskap. Kom ons bid dat mense hul bydrae sal gee vir hierdie saak sodat meer Bybels in verskillende tale geskryf kan word asook genoeg fondse om die Bybels bekostigbaar te hou.

Saterdag, 11 Mei – Moedersdag

Môre is Moedersdag en wys ons liefde en waardering vir alle moeders en ook vroue wat ‘n groot rol in ons lewe speel. Lê vroue vandag aan die voete van Jesus neer.

Sondag, 12 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Dank die Here vir die gawe van slaap/rus. Vra God om jou te help om wakker te word met die bewustheid dat Hy reeds aktief in Sy koninkryk is.

Maandag, 13 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Dank God vir dit wat jy het om te eet. Vra die Here om jou bewus te maak van diegene wie dit vir jou moontlik gemaak het om die kos op die tafel te kan hê (van die boer tot die sjef).

Dinsdag, 14 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Dank die Here vir die feit dat ons nie deur aardse behoeftes/begeertes vrede vind nie. Vra die Here om jou bewus te maak van jou ware soeke na God.

Woensdag, 15 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Lê jou seer voor God se voete neer. Dank God vir die feit dat Hy saam met jou treur oor die seer wat hy beleef/al beleef het.

Donderdag, 16 Mei – Pinkster – Vind God in die gewone

Vra die Here om jou bewus te maak van oomblikke waar jy intensioneel kan lééf. Dank God dat Hy die dood oorwin het en ons deel maak van die ewige lewe.

Vrydag, 17 Mei – Polisiemag

Jesus, ons wil vandag kom intree vir elke polisiebeampte en bid dat U hulle sal beskerm waar hulle elke dag in gevaar hul werk onverskrokke moet verrig en ons landsburgers beskerm.

Saterdag, 18 Mei – Prostitusie

Bid asseblief sonder ophou dat die gene wat in hierdie web vasgevang is, bevry sal word en bid dat huisgesinne nie deur hierdie optredes onherstelbaar vernietig nie.

Sondag, 19 Mei – Pinksterfees

Vandag hou ons fees dat Jesus opgestaan het vir ons sondes en ook die Heilige Gees gegee het om ons elke dag te help. Vol van die Heilige Gees het die dissipels uitgegaan en ek en jy kan ook vol van die Heilige Gees lewe.

Maandag, 20 Mei – Onsekerheid

Wag jy vir ‘n antwoord van God en is onseker? Bid en lê jou probleem aan God voor en wag dan getrou vir Sy antwoord. God het Sy eie tyd, maar wees gerus dat God sal antwoord. 1 Pet. 5:7.

Dinsdag, 21 Mei – Standvastigheid

Bid vandag dat ons God se standvastigheid in ‘n wankelrige wêreld sal raaksien en Hom sal dank en eer daarvoor.

Woensdag, 22 Mei – Eensames

Kom ons bid vandag aan alle mense wat alleen is en iemand aan die dood afgestaan het. Ons bid dat hulle God se teenwoordigheid en liefde sal aanvoel deur die optrede van ons ander lidmate.

Donderdag, 23 Mei – Gesondheid

God is ons Geneser. Sy helende Hand salf ons wonde, dra ons laste en droog ons trane af. Bid vir goeie gesondheid uit God se wonderwerkende Hand en glo en dank Hom vir Sy genesing onbeperk.

Vrydag, 24 Mei – Geloof

Bid sonder ophou vir onwankelbare geloof in Jesus en dat die ongelowiges tot Jesus gelei sal word en sal glo dat Hy ons enigste Redder is.

Saterdag, 25 Mei – Roeping

Sal jy vandag jou drome net so los en Jesus volg? Bid vandag dat jy jou roeping van Jesus ontvang, sal uitleef en jou drome sal los vir Jesus se groot droom en roeping vir jou lewe.

Sondag, 26 Mei – Buitelandse sending

Ons sinodale offer vandag is vir Buitelandse sending en ons dra vandag ons sendelinge buite ons grense aan die Here op vir leiding, versorging en ook vir die gemeente se geldelike bydrae asook deurlopende gebede.

Maandag, 27 Mei – Politieke partye

“Here, ons wil die regering van die dag en al die politieke partye wat nou staan in die verkiesing aan U opdra vir die naderende verkiesing en dat alles rustig en kalm sal verloop”.

Dinsdag, 28 Mei – Plaaslike Sending

Kom ons vou ons hande saam en dra al ons sendelinge aan die Here op. Ons vra dat Jesus hulle sal lei maar ook versorgers sal stuur sodat hulle nie moed verloor nie, maar die roeping moedig sal voortleef en die Woord van God versprei aan die ongelowiges.

Woensdag, 29 Mei – Prys God

Sing ‘n nuwe lied vir God vir al sy seӫninge en dank Hom spesiaal vir ‘n wêreld so mooi waarin ons mildelik uit Sy Hand ontvang.

Donderdag, 30 Mei – Skoliere

Kom ons raak stil en tree in vir al ons skoliere dat hulle hul kant sal bring en sal besef dat hulle nie leer vir hulself nie, maar om God se Naam te verheerlik en dat hulle ook God dank vir hul breinkrag waarmee Hy hulle geseën het.

Vrydag, 31 Mei – Gevangenes

Mag ons vandag bid vir alle gevangenes dat hulle deur die sendingwerk van ons gemeentelede ook die Gees van God sal aanvaar en God sal leer ken en Hom sal aanvaar as Hul Heer en Meester.

Gebedsgids vir April 2024

Gebed

GEBEDSGIDS – APRIL 2024

Ef 6:18. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Maandag 1 April – Gesinsdag

Gesinne is vir God belangrik. In die Ou Testament vind ons baie voorskrifte dat kinders kennis en godsdienstige gebruike van God se weë met sy volk sal eerbiedig en oordra aan die volgende geslagte. Kom ons bid dat ook ons as gesinne saam die Here sal ken en dien.

Dinsdag 2 April – Die Owerheid

Plaas jou geloof in die Woord wanneer jy vir die “koning” en sy amptenare bid, dat die Here hulle sal lei in elke besluit wat hulle moet neem. Bid vir Christelike norme en waardes. “Die koning se hart is waterstrome in die hand van die HERE: Hy lei dit waarheen Hy wil” (Spreuke 21:1).

Woensdag 3 April – Skole Open

Here ons dra vandag almal in die onderwys aan U op. Ons bid dat elke skolier die geleentheid sal hê om sy of haar vermoëns optimaal te ontwikkel. Seën alle leerkragte en ander opvoeders met baie liefde, geduld en wysheid in hul taak. Ons pleit ook vir dissipline en wedersydse respek.”

Donderdag 4 April – Radio en TV Uitsendings

Kom ons dank ons Hemelse Vader vandag vir instansies soos Radio-Kansel, Trans Wêreld Radio, Feba Radio, die Televisie en ander moderne tegnologie wat meehelp om die Evangelie tot aan die uithoeke van die wêreld te verkondig – seën elkeen wat by hierdie bedieninge betrokke is.

Vrydag 5 April – Somalië

Hierdie land is tweede op Geopende-Deure se “Wêreldwaarnemingslys 2024” wat die intensiteit van vervolging weerspieël. Al wat vervolgde Christene vra is dat ons vir hulle sal bid. Bid vir Gelowiges wat alles waag om vir Jesus te volg; dat hulle sal volhard om Hom te dien.

Saterdag 6 April – Vergiffenis

As jy onvergewensgesind teenoor jou broer is, gaan lees weer Mat 18:21-35. Jesus sê dat ons sewentig maal sewe keer moet vergewe. Indien jy dit moeilik vind om iemand te vergewe, vra die Heilige Gees om jou te help en seën hom/haar elke keer as jy aan die persoon dink.

Sondag 7 April – Danksegging & Verootmoediging

As kinders van God wat duur gekoop is deur Jesus se offer van Homself en só ons redding en die Ewige Lewe verseker het; hoe kan ons nie in dankbaarheid en verootmoediging voor Hom buig nie? Ons offers vanoggend vir die Teologiese Kweekskool is deel van ons dankbaarheid.

Maandag 8 April – My Lewe voor God

Bid vir ‘n nuwe insig in ons verhouding met God en ons lewe voor Hom. Dat ons as lidmate van Grootbrak Geesvervuld, geloofwaardig sal wees, in waarheid binne die wil van die Here en deur die krag van die Heilige Gees sal leef. Dat ons ‘n biddende, sendende gemeente sal word en alle mense met die liefde van Chritus sal bejeën.

Dinsdag 9 April – Bendegeweld

“Here ons bid teen bendegeweld op die Kaapse vlakte. Open Bendelede se oë om U raak te sien en hul lewens aan U oor te gee. Bewaar asseblief die weerloses, vertroos waar sterftes voorgekom het en staan asseblief die gemeenskap en owerhede by om die bose te oorwin.

Woensdag 10 April – Bedienaars van die Woord

Ons bid vir ons leraars en hul dierbares. Mag hulle elke dag Jesus se liefde ervaar. Dankie dat hulle in U geanker is en hul afhanklikheid van U erken en bely. Seën en sorg vir hulle na liggaam en gees, sodat hulle kan volhard in hul roeping om U woord te verkondig en die gemeente te dien.

Donderdag 11 April – Bedelaars

Is dit nie bedoel dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ‘n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie? (Jes. 58:7) Bid vir wysheid as jy ‘n bedelaar teëkom, vra die Here wat jy moet doen en bid vir redding van oneerlike mense.

Vrydag 12 April – Sentraal Asië

Bid vir Tilana (skuilnaam). Haar Moslem-eggenoot het haar met stokke geslaan toe hy op haar Bybel afgekom het. Sy het vir haar lewe gevrees. Vra God om haar pyn te verlig, haar fisies en geestelik te genees en haar te vertroos. Bid vir die beskerming vir die evangelis wat haar na Jesus gelei het en wie ook deur haar man bedreig word. Bid vir al die Tilanas in Moslemlande.

Saterdag 13 April – Liefde vir Vreemdelinge

Bid dat gelowiges in SA sal uitreik na die vreemdelinge in ons midde, bv. Chinese, Nigeriërs, Somalies & Pakistanies. Vra dat ons met nederigheid, wysheid en baie liefde met alle mense sal omgaan; dat ons altyd Jesus deur ons gesindheid sal verteenwoordig.

Sondag 14 April – FEBA RADIO

Ons spesiale offers gaan vanoggend vir FEBA Radio wat hierdie maand hul Internasionale Raadskonferensie in Korea hou. Bid dat reëlings vir die byeenkoms vlot sal verloop, dat deelnemerrs veilig sal reis en dat God dié byeenkoms sal seën.

Maandag 15 April – Kinderbediening in SA

Dra in gebed alle kinderbedienings in SA aan ons Hemelse Vader op. Daar word nie genoeg gemaak van die mobilisering van kinders vir gebed nie. Kinders bid met ‘n eenvoudige geloof en sien wonderwerke gebeur. Hulle hoor ook maklik die stem van God.

Dinsdag 16 April – Landbou

Bid vir ons boere en hul werknemers. Vra dat daar genoeg voedsel geproduseer sal word en niemand gebrek sal ly nie. Dat elkeen betrokke, met ywer en entoesiasme sal arbei. Vra vir mooi verhoudings, billike vergoeding en winsgewendheid. Bid dat Jesus se liefde op elke plaas geleef sal word en dat Sy Vrede ervaar sal word. “Here gee asseblief reën waar dit nog droog is.”

Woensdag 17 April – Werkloosheid in SA

Die werkloosheidskoers in Suid-Afrika is geweldig en styg al meer. Dit is onrusbarend hoog vir enige nasie. Ons moenie ophou bid vir stabilileit in ons land en dat meer entrepreneurs na vore sal tree nie. Bid vir ekonomiese groei sodat meer werksgeleenthede beskikbaar sal raak, veral vir jongmense.

Donderdag 18 April – Morele waardes

‘n Gemeenskap se morele waardes word bepaal deur wat kinders aanleer wanneer hulle grootword. Bid dat gesinne se waardes op Bybelse beginsels sal rus en kinders sal opgroei met kennis van reg en verkeerd soos in die Woord van God vervat.

Vrydag 19 April – IRAN

Bid vir vier Iranse gelowiges wat in ‘n klopjag op ‘n huiskerk-byeenkoms gearresteer is. Vra vir ’n veilige en gepaste vrylating en dat hulle sal ervaar hoe God se hand aanhou beweeg in hul lewens. Bid dat daar groei in die Kerk van Jesus in Iran sal wees.

Saterdag 20 April – Beskermingsdienste

Bid vir manne en vroue wat die gemeenskap dien. Vir polisie-, brandweer-, noodhulp- en sekuriteitspersoneel. Vra vir insig, wysheid en geduld wanneer hulle voor probleme te staan kom. Bid vir hul veiligheid, beskerming asook die welstand van hul diebares. Vra vir seën en dat hulle Jesus sal ken en tot Sy eer sal optree wanneer hulle ander help.

Sondag 21 April – Mededeelsaamheid

Armoede en hooploosheid is algemene verkynsels in ons land en raak ons as Christene elkeen. Politici se beloftes bring nie oplossings nie. Bid dat elkeen wat ‘n inkomste het, dankbaar vir die voorreg sal wees en volgens Jesus se liefdesopdrag na ons naaste sal omsien.

Maandag 22 April – Getuies wees

As ‘n mens die verantwoordelikhede van Christen wees sou wou opnoem, moet dit sekerlik die opdrag om GETUIES te wees, beklemtoon. Dit was Jesus se opdrag in Joh. 1:8 en geld ook vir ons vandag. Bid vir die Getuienis-kommissie wat vanmidag byeenkom en vra vir seën op hul aksies en besluite. Mag elke lidmaat ‘n lewende getuie van Jesus Christus wees.

Dinsdag 23 April – Kerkraadslede

Bid dat Kerkraadslede met ywer hulle verantwoordelikhede sal uitleef en dat lidmate hulle as gestuurdes van die Here, hartlik en blymoedig sal ontvang en met hulle sal saamwerk om Grootbrak gemeente op te bou.

Woensdag 24 April – Bybelviering

Kom ons dank God vir die Bybel in ons eie taal. Pleit vir elke taalgroep wat nog nie ‘n Bybel in hul eie taal het nie. Bid vir hulle wat besig is met vertalings van Bybels of skrifgedeeltes oral op aarde. Vra vir toewyding, genade, wysheid, baie geduld en die leiding van die Heilige Gees.

Ook dat die Here in die finansiële behoeftes vir die werk sal voorsien.

Donderdag 25 April – Suid-Afrika se Jeug

Ons jongmense leef vandag in ‘n heel nuwe Wêreld met vele uitdagings, verantwoordelikhede en versoekings. Besluite oor studies en loopbane en die vrese dat werkloosheid dalk ‘n werklikheid is, staar hulle in die gesig. Bid dat ouers, onderwysers en ander mentors met wysheid en liefde die jonges op die regte pad sal lei: en die pad is in die Woord. Ps. 119:105.

Vrydag 26 April – LAOS

Vervolging van Christene in hierde land het sterk toegeneem. Laos is een-en-twintigste op die Wêreld-waarnemingslys van Geopende Deure. Bid saam met en vir plaaslike vennote terwyl hulle aan toenemende voorvalle van geweld aandag moet skenk.

Saterdag 27 April – Vryheidsdag & Gemeentefees

Jesus Christus het ons vrygemaak en as sy kinders is ons in Hom waarlik vry en niks of niemand kan ons hierdie vryheid ontneem nie! Dank die Here dat ons daaraan in hierdie politieke onstuimige tyd kan vashou. Vra ook vir seën en vreugde by vandag se Gemeente-fees.

Sondag 28 April – Die Christelike Afhanklikheids Diens C A D

Ons offers gaan vanoggend vir hierdie organisasie. Die CAD ondersteun substansafhanklikes en hul gesinne op fisiese, sielkundige, sosiale en godsdienstige gebied sodat hulle meer produktief en gelukkig kan wees. Bid vir hierdie instansie en die werk wat hulle doen. Mag Jesus se liefde mense verlos van die bose en Sy naam so verheerlik word.

Maandag 29 April – Siekes & Bejaardes

Hemelse Vader ons bid vir alle siekes en oues van dae, dat hulle sal weet U ken hul pyn en bekommernisse. Mag hulle u nabyheid ervaar en gee asseblief kalmte en genesing waar dit u wil is. Seën versorgers en besorgde dierbares; gee dat hulle met wysheid en geduld u liefde sal uitleef”.

Dinsdag 30 April – Nasionale Verkiesing

Suid-Afrikaners is tereg baie bekommerd oor die toestand in ons geliefde land en wat vir ons voorlê. Kom ons bid dat ons as gelowiges nie op “prinse” sal vertrou nie, maar op ons God wat alle mag in Hemel en op Aarde in sy hande het. Bid vir vrede, kalmte en ‘n geweld-vrye verloop van die verkiesing. Vra dat God vir ons ‘n regering sal gee met mense wat Hom erken en vrees.

Groot-Brakrivier se vroue verenig vir Wêreldbiddag 2024

Die geleentheid is bygewoon deur 120 vroue van die verskillende kerklike denominasies in Groot-Brakrivier. Dit was ‘n pragtige geleentheid wat ingelei is met die meesleurende Christelike musiek van Palestina, wat hierdie jaar vir die program verantwoordelik was.

Die Tema van die dag was ‘Ek smeek julle…verdra mekaar in liefde’, en dit was ‘n wonderlike ekumeniese geleentheid waar vroue van verskeie kerke saam die biddag aangebied en begelei het. Ds Charne Viljoen het die geleentheid gelei, en Victor van die VGK het die musiek begeleiding gedoen. Christen vroue van al die kerke (AGS, Congregational Church, St. Johns, NG Groot-Brakrivier, Searle Memorial en VGK ) het ook aktief deelgeneem aan die program.

Die geleentheid is afgesluit met koffie/tee en verversings in die kerksaal, wat deur ons gemeente voorsien is, en waar die vroue mekaar beter kon leer ken.

Dankie vir almal wat by die reëlings betrokke was, asook almal wat die dag bygewoon het. Mag dit julle lewe verryk het.

Gebedsgids – Maart 2024

Gebed

Gebedsgids Maart 2024

Vrydag 1 Maart: Ons Kerk

Ons kerke is by ‘n kruispad. Baie mense verlaat die kerk of woon nie meer eredienste by nie. Kom ons dra dit aan die Here op en bid vir herbesinning en ‘n omkeer.

Saterdag 2 Maart: Eensaamheid

“My God My God waarom het u My verlaat” was Sy woorde met Sy kruisiging. Eensaamheid kan erg wees en daar kan tye kom dat ons ook so mag voel. Kom ons bid tot die Here vir Sy alom teenwoordigheid en nabyheid.

Sondag 3 Maart: Misbruik van kinders (Markus 9:42)

Miljoene kinders van alle ouderdomme word dwars oor die wêreld misbruik en verniel. Hulle word seksueel misbruik, hulle word as slawe verkoop, op allerlei wyses mishandel en verniel. Ons dra die kinders se lot deur ons gebede aan die Here op.

Maandag 4 Maart: Verwoesting van die aarde

Adam en Eva is uit Eden uitgegooi oor ongehoorsaamheid. Ons bly steeds in ‘n Eden en verwoes dit deur ons onverantwoordelike optrede met betrekking tot besoedeling. Bid vir ‘n verandering in gesindheid wêreldwyd.

Dinsdag 5 Maart: Terneergedrukte mense

Vele mense om ons leef om een of ander rede as terneergedruktes. Kom ons dra hulle aan die Here op en vra vir vreugde in hulle lewens.

Woensdag 6 Maart: : Bekommerde mense

In ons gemeenskap kan vele bekommerde geliefdes wees. Bekommerd oor finansies, behuising, gesondheid, kinders, ouers ens. Kom ons dra hulle almal aan Vader op.

Donderdag 7 Maart: : Stop van bendegeweld

Bendegeweld is ‘n groot probleem in ons samelewing. Gepaardgaande daarmee ook baie misdaad en moord. Kom ons vra Vader vir vrede op hierdie gebied en dat Hy dit sal omskakel na iets wat Sy grote naam tot eer sal strek.

Vrydag 8 Maart: : Sending regoor die wêreld

Reg oor die wêreld is daar pragtige mense wat hierdie saak onderneem. In vele gevalle is hulle lewens en die wat hulle bedien in doodsgevaar. Kom ons dra hulle veiligheid en beskerming en sukses aan die Here op.

Saterdag 9 Maart: : Vroue

Ons rig ons gebede tot Vader om sy vleuels van liefde en beskerming oor die ganse vroulike geslag uit te sprei en hulle te seën vir die enorme positiewe bydrae wat vroue oor die wêreld, in die wêreld maak.

Sondag 10 Maart: Plaasmoorde

Ons land word geteister met plaasmoorde en sommige politici hits dit aan. Ons gaan Vader vra om drasties hier in te tree ter beskerming van ons land se boere, maar ook om die hele ingesteldheid van moordenaars en potensiële moordenaars en aanhitsers te verander.

Maandag 11 Maart: Hawelose mense

Dit is winter en snags bitter koud buite. Hawelose mense moet hierdie toestande op sypaadjies trotseer. Kom ons bid dat ons gemeente se program vrugte sal afwerp en dat ons sal help waar ons kan.

Dinsdag 12 Maart: Radelose mense

Vele mense in ons omgewing en in ons land is raadop met omstandighede wat hulle deel is. Dit mag hulle finansies wees, hulle kinders, hulle ouers, hulle vriende en dalk nog hulle kerk ook. Kom ons dra hulle aan die Here op vir verligting van hulle omstandighede.

Woensdag 13 Maart: Ekonomiese oplewering

Miljoene mense in ons land is werkloos. Miljoene se huislike ekonomie is aan flarde. Miljoene kan niks meer bekostig nie en ly gebrek. Ons gaan Vader deur ons gebede vra om ons land se ekonomie sodanig te verbeter dat hierdie tragiese omstandighede die hoof gebied kan word.

Donderdag 14 Maart: Werkskepping

Die Staat en nywerhede kan nie al die werkloses akkommodeer nie. Laat ons in ons gebede die Here vra om die werkloses sodanig met kennis, insig, ywer en entoesiasme te bemagtig dat hulle hul eie werk kan skep en sodoende ook ‘n bydrae tot die land se ekonomie kan lewer.

Vrydag 15 Maart: Ons skole

Dit is van groot belang dat ons jeug ‘n goeie skoolopleiding kry. Ongelukkig is dit nie oral die geval nie en is daar groot leemtes. Kom ons pleit ons Here om ons skolestelsel ter wille te wees en dit sodanig op te hef dat ons dankbaar trots sal wees op die kinders wat dit sal lewer en wat hierdie pragtige land van ons die toekoms sal kan inlei.

Saterdag 16 Maart: Ons Universiteite

Op ons universiteite is daar tans geweldig baie studente. Ons vra Vader om met elke jong mens daar te wees en ‘n verantwoordelikheid te kweek in die sin dat elkeen sal besef dat hy/sy een of ander toekomstige leier sal wees en so ‘n posisie met verantwoordelikheid sal moet beklee wat die Vader se naam ter ere sal wees.

Sondag 17 Maart: Ons plaaslike regerings

Met meeste plaaslike regerings gaan dit nie goed nie. Dienslewering en herstelwerk het tot stilstand gekom, korrupsie vier hoogty, miljarde rande word aan leweransiers geskuld en inwoners ly daaronder. Ons bid tot God om hier in te tree en ‘n verantwoordelikheid by amptenare te skep wat hierdie tragiek sal regstel.

Maandag 18 Maart: Vermiste mense

Gereeld word daar op sosiale media foto’s van volwassenes en kindertjies so jonk as 10 jaar en selfs jonger gesirkuleer wat op een of ander tragiese wyse vermis geraak het. Ons bid vir kalmte en hoop by families en gesinne, maar ook vir die ingesteldheid of vrees wat by die vermistes aanwesig mag wees. Ons vra vir Vader vir hulle veiligheid en spoedige terugkeer.

Dinsdag 19 Maart: Dwelmverslawing

Baie volwassenes, jong mense en jong-jong kinders is verslaaf aan dwelms. Ons kan maar net vir God vra om hulle van hulp te wees met genesing, want dit vra Goddelike krag om van die verslaafdheid ontslae te raak. Mag God se gramskap ook fel neerkom op hulle wat die dwelms verskaf sodat hulle eerder smokkelaars van Sy Woord sal word.

Woensdag 20 Maart: Bybelverspreiding

Die opdrag in Markus 16:15 is duidelik. Kom ons dra almal wat met hierdie taak besig is aan Vader op. Ons bid vir sukses maar ook vir hulle veiligheid.

Donderdag 21 Maart: Verdraagsaamheid

In ons pragtige land is daar ‘n groot mate van onverdraagsaamheid en veral tussen verskillende rasse. God het ons almal saam hier aan die Suidpunt van Afrika met ‘n doel geplaas. Bid God dat Hy deur Sy Heilige Gees ‘n gees van verdraagsaamheid tussen almal hier sal skep sodat ons nie Sy doel sal verydel nie.

Vrydag 22 Maart: Siekes en mense wat terminaal siek is

Jesus het vele siekes genees tydens Sy verblyf by ons. Ons vra Hom deur gebed om ook weer die siekes in ons midde te genees en hulle wat terminaal siek is, styf vas te hou en hulle te oorlaai met Sy liefde, krag en bemoediging, en as dit Sy wil is hulle ook met genesing te bevry van hulle bekommernis.

Saterdag 23 Maart: Beskermingsdienste

Die land se Beskermingsdienste verkeer onder groot druk. Ons dra hulle aan Vader op.

Sondag 24 Maart: Eerbiedwaardige optrede

Ons kan ons soms so skuldig maak aan ruwe en onbeskofte optrede teenoor ons medemens en naaste. Kom ons vra Vader deur gebed om Sy Heilige Gees in ons harte te vestig en dat ons gelei kan word tot eerbiedwaardige en vreugdevolle optrede.

Maandag 25 Maart: Gestremdes

Gestremdheid van watter aard ook al is nie maklik nie. Die gestremde asook hulle gesinne het ‘n swaar las om te dra. Ons smeek God in Sy almag om Sy genade oor gestremdes en hul gesinne in oormaat uit te stort.

Dinsdag 26 Maart: Onrus en oorloë in die wêreld

Die wêreld word geteister deur onrus en oorloë. Miljoene onskuldige mense en kinders word daardeur dood of vreesbevange gelaat. Kom ons vra die Heer om vrede te bring en die wat daarteen stribbel soos in die dae van Israel uiteen te jaag en te verstrooi.

Woensdag 27 Maart: Beskerming van gelowiges in die Midde-Ooste

Ons broers en susters in die Here in die Midde-Ooste het dit geweldig swaar. Word hulle geïdentifiseer, is dood hulle voorland. Ons bid tot God vir ‘n versoenende gees aldaar en dat Hy hulle sal beskerm om Hom vrylik te kan aanbid en dien.

Donderdag 28 Maart: Oues van dae

In ons omgewing is daar vele oues van dae. Hulle woon by kinders, of ouetehuise of sorg sentrums. Van hulle is ook enkellopend en woon alleen. Ons bid vir hulle en vir mekaar en vra ons Almagtige Vader vir Sy liefde en beskerming en dat die laaste jare met vreugde, lag en liefde gevul sal wees.

Vrydag 29 Maart: Klimaatsverandering

Klimaatsverandering is stadig besig om God se Skepping te verwoes. Die mens is direk daarvoor verantwoordelik deur die atmosfeer te besoedel. Kom ons bid vir kennis en ‘n ingesteldheid om dit te bekamp.

Saterdag 30 Maart: Ons land se jeug

U, Here het eenkeer gesê dat die een wat die kinders leed aandoen, dit vir hom beter sal wees om met ‘n meulsteen om die nek in die see gewerp te word. Kom ons bid vir hulle en dat God Sy vleuels van beskerming oor elkeen sal hou.

Sondag 31 Maart: Werkende mense

Ons dank en gebede gaan uit na werkende mense wat ons land in stand hou. Ons vra vir Vader om hulle te onderskraag, ook in so ‘n mate dat hulle Hom nooit sal vergeet nie.

Wêreld biddag vir vroue: 1 Maart 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

“Ek smeek jou… Aanvaar mekaar in Liefde”

Datum: 1 Maart 2024 ​

Tyd: 16:00

Plek: Nederduits Gereformeerde Kerk Groot-Brakrivier

Program geskryf deur: Ekumeniese Christen Palestynse vroue

Agtergrond

1 Maart 2024 ​

Hietdie program versoek ons om mekaar in liefde te aanvaar, ten spyte van alle probleme en ondrrdrukking. Die program is geskryf deur ‘n groep ekumenise Christen Palestynse vroue in antwoord op Eff. 4:1-7 (“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is: deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3 en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede – een liggaam en een Gees, soos julle ook deur julle roeping tot een hoop geroep is: een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in almal is. Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos Christus dit uitgedeel het.“). Ons het die gedeelte saam oordink vanuit die konteks en onmoontlike moeilike omstandighede van ons Palestynse Christen vroue. Ons hoop om ander vroue dwarsdeur die wereld te inspireer om mekaar te verdra in liefde ten tye van nood en swaarkry.

​Bybelstudie

“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is,* om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is:* 2 *deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3 *en julle daarop toe te lê om die eenheida wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede –” Eff 4:1-3 (2020 vertaling)

Effesiers word beskou as een van Paulus se“tronk briewe”, geskryf in Rome ongeveer 60-61 NC. Paulus het hierdie briewe geskryf om die Christen gemeenskap se geloof in Jesus Christus, die genade van God en die werk van die Evangelie te versterk. Hy het ook geskryf om hulle aan te moedig om vol te hou met hulle werk en in hul leefwyse, in onderdanigheid aan God en mekaar en in diens van God se verlossende genade. Die brief van Effesiers dra dus ‘n tema van vermaning en versekering.

Die eerste drie hoofstukke van Effesiers verduidelik God se verlossing en die gawe van Eenheid, terwyl die laaste drie hoofstukke die reaksie van die gelowiges op God se plan van verlossing beskryf. Hierdie jaar se Wereldbiddag program kom vanuit die eerste ses verse van hoofstuk vier. In hierdie verse, moedig Paulus die Effesiers aan om heilig te lewe in ootmoed, om mekaar te aanvaar en te verdra in nederigheid en liefde, om die gawe van eenheid wat God gegee het te kan behou. Paulus herinner die Effesiers dat God beide die nie-Jode en die Jode red en dus mense van uiteenlopende en versillende agtergronde saambring in die gedeelde belofte van verlossing deur Jesus Christus aan alle lede van Sy kerk. Paulus versoek die Effesiers dringend om ‘n lewe waardig aan die roeping wat hul ontvang het te lewe, as verenigde lede deur Christus se verlossings werk.

Hierdie roeping is nie maklik nie. Dit vereis geduld, self-verloening, en liefde. Paulus herinner die Effesiers om een te wees in gees deur die hoop wat hulle deel in Christus. En soos ons Christene versprei deur die wereld kan ons ook ons eenheid en hoop vind in hierdie teksverse. ​

Geskiedenis en Kultuur

Wie van julle het nog nie gehoor van hierdie klein stukkie land in die Midde Ooste, wat vir oor die 3000 jaar belangrik was vir drie monoteïstiese gelowe: Judaisme, die Christelike geloof, en die Islamitiese geloof.

Hoewel die streek baie ouer is, en vele name gehad het, afhangend van die volke wat verskillende tye in die land gevestig het. Die land is gevoed deur ‘n verskeidenheid van civilizations en strukture as gevolg van sy strategiese posisie tussen drie kontinente: Asia, Afrika en Europa.

In 1967, toe Israel die Palestynse gebiede beset het, het Western magte die streek die West Bank genoem, omdat dit op die westelike oewer van die Jordana Rivier gelee is. Na die Oslo Ooreenkomste van 1993-1995, was die Wes Bank verdeel in Areas A, B en C. Om te reis tussen hierdie areas van die Wes Bank, moet Palestyne deur kontrolepunte gaan.

Vanaf Julie 31, 2019, het 138 van die 193 Verenigde State (UN) lede state Palestina as staat aanvaar, en die Palestynse vlag wapper nou buite die Verenigde State.

Daar is ‘n persepsie/geloof deur die wereld heen dat die vroue van die Midde Ooste passief, stil en nie invloed het nie. Alhoewel, die rol van die vroue in Palestina (beide histories en in moderne tye) is aktief en invloedryk. Hulle is standvastig, sterk en moedig.

Alhoewel Palestynse vroue ‘n belangrike rol in die sosiale sisteem speel, is daar plek vir verbeterde toestande. Sommige van die Protestantse kerke het onlangs begin verbeter aangaande geslags kwessies, soos die ordening van Sally Azar as die eerste Palestynse vroulike pastoor in Palestinia getuig.

Meer oor die Kuns en Kunstenaar

Foto van Halima Aziz (geb. 1999 in Hagen, Duitsland) is ‘n passievolle Palestynse visuele kunstenares en ontwerp student gebaseer in Duitsland.

Sy het haar kinderdae in Palestina deurgebring. Halima het die oorlog van 2008 indie Gaza strook beleef en oorleef. In 2009 het sy terug getrek na Duitsland. Hierdie kunswerk is spesiaal gemaak vir die Wereldbiddag vir vroue. Die kunswerk verteenwoordig drie Palestynse vroue wat saam bid in ‘n vredevolle plek in die natuur. Haar werk vertoon verskillende motiewe en simbole wat die oorsprong en die samehorigheid van hierdie vroue aantoon.

Olyfbome en takke is ‘n teken van ewigdurende en oorvloedige lewe, aangesien hulle vir duisende jare kan leef.

Die goue wortels onderskryf die feit dat die Palestyne sal voortleef en bestaan, sodoende sal hulle opstaan vir hulle regte en vryheid. Papawer blomme is volop en betekenisvol vir die Palestynse bevolking. Dit herinner Palestyne aan geliefdes wat hulke lewe opgeoffer het vir hul land.

Die vrou dra tradisionele Palestynse rokke met die ‘tatreez’ (borduurwerk) ‘thobe’ (rokke) of die wit serp en die sleutels is ‘n simbool van hoop om terug te keer na Palistina.

‘n Voorsmaak van die Musiek

Yarabba ssalami (God of Peace) – Traditional Palestinian Song

I Urge You (Composed especially for the 2023 WDP Program) – Najwa Hashweh Azazian

Your Word Lights the Path – Luai Zaher and Rabab Zaitoun

Addisionele inligting

Op 2 December 2023, WDPIC, in samewerking met die WDP Palestina Kommittee, het ‘n Globale Gesprek gehad gebaseer op die WDP 2024 program met die tema, “Ek smeek jou… Aanvaar mekaar in Liefde” (Eff. 4:1-3).

Dit was’ n wonderlike geleentheid vir die Kommitee om hulself voor te stel en hul ervaring tydens die ontwikkeling van die program vir 2024, asook die huidige situasie in Palestina.

World day of prayer: 1 March 2024 – I beg you… bear with another in love.

I Beg You… Bear With One Another in Love”

Date: March 1, 2024 ​

Time: 16:00

Place: Dutch Reformed Church Groot-Brakrivier

Program written by: Ecumenical Christian Palestinian women

Background

March 1, 2024 ​

This program calls us to bear with each other in love, despite all difficulties and oppression. The program was written by a group of ecumenical Christian Palestinian women in response to the passage from Ephesians 4:1-7. We reflected collectively on this theme from the context of our suffering as Palestinian Christian women. We hope to inspire other women around the world to bear with one another in love during troubled times.

​Bible Study

“I therefore, the prisoner in the Lord, beg you to lead a life worthy of the calling to which you have been called, with all humility and gentleness, with patience, bearing with one another in love, making every effort to maintain the unity of the Spirit in the bond of peace.” Ephesians 4:1-3 (NRSV)

Ephesians is considered one of Paul’s “prison letters,” written in Rome around 60-61 CE. Paul wrote this epistle to strengthen the community of faith in Christ, the grace of God and the Gospel. He also wrote to encourage them to continue their work of living in holiness and service in response to God’s saving grace. Ephesians therefore carries themes of exhortation and assurance.

The first three chapters of Ephesians discuss God’s salvation and the gift of unity, while the last three chapters describe the response of believers to God’s plan of salvation. This year’s World Day of Prayer program comes from the first six verses of chapter four. In these verses, Paul encourages the Ephesians to live a sanctified life, bearing with one another in humility and love in order to maintain the gift of unity that God had given them. Paul reminds the Ephesians that God chose both Gentiles and Jews to be saved, bringing together people of very different backgrounds through the shared promise guaranteed by Christ to all the members of his church. Paul urges the Ephesians to live a life worthy of the calling they received, as people united with one another through Christ’s saving work.

This calling is not easy. It requires patience, self-denial, and love. Paul reminds the Ephesians to be united in one spirit by the hope they share in Christ. And so, we Christians spread throughout the world, can also find our unity and hope in this text. ​

History & Culture

Who among you has not heard of this tiny spot in the Middle East, that for over 3000 years has been significant to three monotheistic religions: Judaism, Christianity, and Islam.

However, the region is much older and has had many names, depending on the many tribes that have settled at different times in the land. The land has been nourished by an unfolding series of civilizations and structures because of its strategic position as a crossroad to three continents: Asia, Africa and Europe.

In 1967, when Israel occupied the Palestinian territories, Western powers called the region the West Bank, because it was on the west bank of the Jordan River. After the Oslo Accords of 1993-1995, the West Bank was divided into Areas A, B and C. In order to travel between any of the areas in the West Bank, Palestinians must go through checkpoints.

As of July 31, 2019, 138 of the 193 United Nations member states have recognized Palestine as a state, and the Palestinian flag now flies outside of the United Nations.

There is a perception/belief around the world that women in the Middle East region are passive, silent, and non-influential. However, the role of women in Palestine (both historically and in modern times) is active and influential. They are steadfast, strong and courageous.

Although Palestinian women have played an influential role in society, there is still room for better conditions. Recently, some Protestant churches have progressed on gender issues, such as ordaining Sally Azar as the first Palestinian female pastor in Palestine.

About the Art & Artist

PictureHalima Aziz (b.1999 in Hagen, Germany) is a passionate Palestinian visual artist and design student based in Germany.

She spent her childhood in Palestine. Halima experienced the war in Gaza in 2008 and survived it. In 2009 she moved back to Germany. This artwork is made in honor of the World Day of Prayer. Through her artwork, Halima represents three Palestinian women praying together in nature in a peaceful place. In her work, she has different motives and symbols that indicate the origin of these women and their cohesion​.

Olive trees/ branches are a sign of everlasting and abundant life because they can live for thousands of years.

The golden roots are underlining the fact that the Palestinians will always exist and as they exist, they will always resist for their rights and freedom. Poppy flowers are abundant and meaningful to Palestinians. They remind Palestinians of loved ones who have given their lives for their country.

The women are wearing traditional Palestinian dresses like the tatreez (embroidery) thobe (dress) or the white scarf. And the keys are a symbol of the hope to return back to Palestine.

A Taste of Music

Yarabba ssalami (God of Peace) – Traditional Palestinian Song

I Urge You (Composed especially for the 2023 WDP Program) – Najwa Hashweh Azazian

Your Word Lights the Path – Luai Zaher and Rabab Zaitoun

Aboun d’Bishmayo (Lord’s Prayer in Aramaic) – Latin Patriarchate & George Salsa

Additional Materials

On December 2 2023, WDPIC, in collaboration with the WDP Palestine Committee, hosted a Global Conversation based on the WDP 2024 program and theme, “I Beg You… Bear With One Another in Love” (Ephesians 4:1-3).

It was a great opportunity for the writing committee to introduce themselves and their experience developing the program for 2024, as well as the current situation in Palestine today.

Gebedsgids Februarie 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS
FEBRUARIE 2024

Gebed verander alles.
Moenie angstig wees nie. Bid tot God.
As God vir ons is, wie kan teen ons wees.
Sy genade is genoeg.


1 Februarie – Donderdag – Mense op straat
Ons bid vandag in die besonder vir die sendelinge en predikers en hulpwerkers wat op straat die mense help en leiding gee. Mag hul elke dag God se nabyheid ervaar, en die wonderwerke waarvoor hulle bid raaksien in die straatmense se lewens.
2 Februarie – Vrydag – Kragvoorsiening
Bid vir Eskom en die kragsituasie in ons land en bid dat die Here al hoe meer son- en windkrag projekte tot stand sal laat kom. Bid dat soortgelyke projekte spoedig voltooi sal word en werk verskaf aan baie mense.
3 Februarie – Saterdag – Skrif vertaling
Daar is miljoene mense wat nog nie een woord van die skrif in hul eie taal gehoor of gelees het nie. Bid dat die Bybel binnekort in meer tale vertaal sal word en dat mense die skirf sal versprei.
4 Februarie – Sondag- Intreepreek van nuwe Dominee.
Mag ons vandag in die besonder bid vir ons nuut-aangestelde dominee – Charné – vir haar intreepreek. Bid ook dat sy en haar gesin – Ruan en Emma – baie geseënde en voorspoedige tye by ons sal beleef.
5 Februarie – Maandag – Sendelinge in Midde-Ooste
Bid asseblief vir alle Christene wat in die Midde- Ooste en Asië woon om steeds met vrymoedigheid te getuig en dat hul ook beskerm sal word in die onstuimige tye.
6 Februarie – Dinsdag – Oorbesteding
Mense is geneig om oor te bestee en in kompetisie te wees. Bid teen die neiging van oorbesteding en dat hulle sal kyk na hul uitgawes.
7 Februarie – Woensdag – Werksaansoeke
Bid vir werksgeleenthede vir die studente wat hulle studies voltooi en hul grade, diplomas of sertifikate ontvang het. Bid ook dat hulle hul lewe en toekoms aan God sal toevertrou vir die regte geleenthede en leiding.
8 Februarie – Donderdag – Verslawing
Ons bid vir soveel mense wat vasgevang is deur een of ander vorm van verslawing soos alkohol, dwelms, kos, tegnologie of slegte gewoontes. Bid vir die Vader se Helende Hand en Sorg.
9 Februarie – Vrydag – Siektes
Met al die baie siektes wat vorendag kom, bid ons dat God met die mens sal wees en dat Hy uitkoms vir ons sal voorsien. Ons bid ook vir die Navorsers wat elke dag nuwe behandelings en medikasie toets vir die verskillende siektes.
10 Februarie – Saterdag – Wêreldvrede
Daar is soveel onrus in die wêreld en vra ons, dat as dit die Here se Wil is, om weer vrede in die lande te bring en dat die mensdom sal leer om in vrede saam te leef.
11 Februarie – Sondag – Lydensweek
“Vader, vandag bid ons vir die tydperk van Lydensweke wat voorlê tot en met Paasfees. Ons dink in die besonder aan Jesus en dat hy vir ons sondes gesterf het en ons dank U daarvoor”.
12 Februarie – Maandag – Skinder
“Here, ons weet U haat skinder en vandag vra ons om verskoning vir die kere wat ons nie gedink het nie en ander mense beskinder het. Help ons om bedag te wees op ons woorde”.
13 Februarie – Dinsdag – Huwelike
Bid vandag vir huwelike, verhoudings tussen ouers en kinders en tussen kinders en kinders onder mekaar. Bid vir sagte harte in die daaglikse omgang met mekaar.
14 Februarie – Woensdag- As Woensdag
Hierdie dag gee ons die geleetheid tot nadenke en boete doening van ons sondes. Ons kom verootmoedig ons dus voor die Here en vra vir vergewing van ons sondes.
15 Februarie – Donderdag – Polisie
Die Polisie waag elke dag hulle lewens in ‘n wettelose samelewing en daarom bid ons vandag spesiaal vir hul veiligheid en ook insig om situasies te ontlont op ‘n vreedsame manier, waar nodig.
16 Februarie – Vrydag – Mediese Personeel
Bring mediese personeel in hospitale, noodeenhede en nasorg fasiliteite in gebed na God. Bid vir hulle vir krag, akkurate diagnoses, geduld en liefdevolle sorg aan hul pasiënte.
17 Februarie – Saterdag – Misbruik van ons aarde
“Here, aardverwarming bly ‘n realiteit en die is mens besig om die aarde te verniel. Ons bid dat U hul oë sal open om te sien waar hul hul optredes moet verander om ons aarde te beskerm”.
18 Februarie – Sondag – Huis JJ Watson vir Bejaardes
Mag ons vandag met ons gebede in besonder aan ons bejaardes dink en ook aan die gemeente se bydrae tot Huis JJ Watson vir die nodige fondse om hulle te bedien en versorg.
19 Februarie – Maandag – Opvoedingstake
Ons bid vandag baie ernstig vir die belangrike taak van opvoeders en vra dat probleme wat tans ondervind word, spoedig opgelos sal word, sodat leerkragte hul ten volle by die opvoeding van die jeug kan bepaal.
20 Februarie – Dinsdag – Gevangenes
Bid dat gevangenes, veral jongmense, ‘n persoonlike openbaring van die liefde van Christus sal ervaar. Ons bid ook dat hulle ten volle gerehabiliteer sal word en weer kan deelneem op ‘n sinvolle manier in die gemeenskap.
21 Februarie – Woensdag – Eer aan God
Bid dat ons gemeente elke dag van die week en nie net Sondae, alle eer aan ons Hemelse Vader sal gee en besef dat Hy die middelpunt van alles en elkeen is.
22 Februarie – Donderdag – Wysheid en Insig deur die Gees
Ons bid vandag dat die Heilige Gees ons sal vul met Wysheid en Insig en die nodige Leiding sal gee om elke dag volgens die Here se Wil te leef.
23 Februarie – Vrydag – Leraars en ander Pastorale leiers
Vandag bid ons in besonder vir ons geestelike leiers en leraars vir hulle gesinne, hulle gesondheid, hulle huwelike en bid teendie aanvalle van die bose, kritiek, misverstande, en moegheid.
24 Februarie – Saterdag – Geestelike Byeenkomste
Kom ons bid vir al die groepe wat in die gemeente bymekaarkom asook die geestelike groepies in Wolwedans en ander areas en dat sulke uitreike en byeenkomste geseend sal wees en hulle vol moed weer die woord verder sal versprei.
25 Februarie – Sondag – Hartenbos Versorgingsoord
Ons gemeente is baie betrokke by Hartenbos versorginsoord en gee dan ook elke jaar van ons fondse vir hulle werk wat hulle doen. Bid asseblief vir oop hande en harte en dat ons gemeente die nood sal raaksien en mildelik daarvoor sal skenk.
26 Februarie – Maandag – Owerheid
Ons bid vandag vir ons Regering (Rom 13 :1-7). Die owerhede is daar deur God se beskikking. “Here, Ons vra ernstig dat U Gees harte en lewens sal verander en dat magsug, hebsug, korrupsie en misdaad uitgeroei sal word in ons pragland.”
27 Februarie – Dinsdag – Kerkraadsvergadering
Bid vandag vir ons kerkraad waar hulle belangrike besluite vir ons gemeente se vooruitgang bespreek. Bid dat God se Wil ook hier geskied.
28 Februarie – Woensdag – Hoe leef ek?
“Here, ek bid vandag vir myself en vir die manier hoe ek leef. Ek vra dat U sal uitwys waar ek nie korrek optree volgens U Woord nie en help my ook dat ek U Naam sal eer waar ek ookal gaan”.
29 Februarie – Donderdag – Ekstra dag
Ons kry vandag ‘n ekstra dag. Vra vandag vir genade om te bid vir ons vyande en om hulle te vergewe – die wat teen ons verkeerd opgetree het.
“Your life is the message to the world. Make sure it is inspiring”

Gebedsgids vir Januarie 2024

GEBEDSGIDS – JANUARIE 2024

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. (Filippense 4:6).

Maandag 1 Januarie – Wees getrou hierdie Jaar

Ons dank God vir getroue bidders en vra vir volharding, wysheid en insig om te soek na Sy wil. Prys die Here vir soveel lewens en gesindhede van mense wat Hy verander as gevolg van volgehoue gebed.

Dinsdag 2 Januarie – Getuienisbediening

Gaan dan en maak dissipels van al die nasies deur hulle te doop…… en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mat. 28:19) Bid dat hierdie opdrag van Jesus, elke lidmaat ‘n getuie in woord, daad en gesindheid sal maak. Pleit vir die betrokkenheid van elke lidmaat om ons geloof te demonstreer en ons roeping as gelowiges uit te leef.

Woensdag 3 Januarie – Verkiesing 2024

Ons weet dat God in beheer is en dat niks buite Sy wil gebeur nie. Kom ons bid vir ‘n rustige, geweldvrye en regverdige aanloop tot die verkiesing. Vra dat politieke leiers diensbaar, opreg en eerlik sal wees, Christelike beginsels, norme en waardes sal nastreef en uitleef.

Donderdag 4 Januarie – Medemense

Vader, mag ons nie vandag ons gesig wegdraai van mense rondom ons wat broodsgebrek ly nie. U seën ons om ander te seën – open dan ons harte, hande en beursies om in hulle behoeftes te voorsien.

Vrydag 5 Januarie – Gelowiges in die Arabiese Skiereiland

In talle lande hier het daar vir geruime tyd geen Christengroepe bestaan nie. Tans groei daar ‘n Kerk en soek mense na die Waarheid. Prys God vir wat Hy daar in die wieg van Islam laat gebeur. Bid dat die Liggaam van Christus in krag en getalle sal groei om Lig te midde van die duisternis te wees.

Saterdag 6 Januarie – Ons Land en sy Mense

Bid ernstig dat al die probleme in ons land ons tot verootmoediging voor God sal lei. Vra dat die lig van die Evangelie ons politieke-, sake- en maatskaplike leiers sal verlig, dat hulle voor God sal buig en erken dat Hy regeer. Bid dat Reg en Waarheid in S.A. sal seëvier.

Sondag 7 Januarie – Sondag Erediens

Wat ‘n wonderlike voorreg en Genade om vanmôre weer as God se volk bymekaar te kom. “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig (Heb. 10:25). Dink ook aan persone wat gestremd is en vir wie vanmôre se offers gaan.

Maandag 8 Januarie – Ons Jeug

Jongmense sterf daagliks in Suid-Afrika a.g.v. dwelmverslawing, aborsies, siekte, ongelukke of geweld. Bid dat ons jongmense veilg sal wees, dat die bose nie jongmense se lewens sal verwoes en doelloos sal maak nie. Vra dat elke kind Jesus as Saligmaker sal leer ken en Hom gehoorsaam.

Dinsdag 9 Januarie – Eensaam of Uitsigloos

Wanneer die nuwe, onbekende jaar voor ons lê, dink ons in liefde aan die talle eensames in ons gemeente – hulle vir wie 2024 miskien bleek en troosteloos lyk. Onthou, daar is niks wat ons van die liefde van God in Christus kan skei nie. Mag diè woorde in Rom 8:38 vir hulle troos en krag bring.

Woensdag 10 Januarie – Ongehude Moeders

Daar is vroue wat nie kan swanger raak nie, terwyl ander hulle swangerskappe as ongeleë of ongewens sien. Bid dat vrouens wat swanger is, ‘n persoonlike en lewende verhouding met die Here Jesus sal hê. Bid dat hulle ongeag hulle omstandighede, nie hulle babas se lewens sal neem nie. Bid vir gelowiges om hulle in hul nood by te staan.

Donderdag 11 Januarie – Gebed vir Elke Dag

Ons begin hierdie dag met Ps 115: 1 “Nie aan ons nie, HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, oor U troue liefde, oor U bestendigheid. Amen”.

Vrydag 12 Januarie – Boko Haram

Hierdie groep in die noordooste van Nigerië het reeds duisende mense doodgemaak, waarvan die meerderheid Christene was. Bid vir die redding van hierdie militante, sowel as vir die vrylating van kinders wat hulle as gevangenes weggevoer het. Mag die Heilige Gees hulle oortuig van die geestelike duisternis in hulle harte.

Saterdag 13 Januarie – Bedienaars van die Woord

Kom ons bid vir vir God se seën op elke bedienaar van die Evangelie. Vra dat wysheid, insig, geduld en liefde deel van hul toerusting sal wees. Vra vir goeie gesondheid en die steun van hul dierbares. Mag hulle elke dag Jesus se liefde ervaar en groei in die genade en kennis van God.

Sondag 14 Januarie – Jan Kriel Instituut

Hierdie sentrum inKuilsrivier fokus op die onderrig en opleiding van leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Ons as gelowiges kan deur ons bydraes vandag die liefde vir ons naaste bewys.

Maandag 15 Januarie – Die Heerlikheid van God

Bid dat die Heilige Gees ons sal lei tot verootmoediging en vra dat die visie om die heerlikheid van die Vader te sien, die kerk sal vrymaak van die vangstrik van voorspoedsteologie, en die bou van jou eie koninkryk.

Dinsdag 16 Januarie – Ds Charné Viljoen

Kom ons dank die Here dat Hy haar na ons gestuur het. Bid vir haar en haar gesin, dat die reëlings, verhuising en aanpassing sonder

komplikasies en glad sal verloop. Dat hulle baie geseënde jare as deel van ons gemeente sal beleef en dat hulle, saam met ons aan die Kerk van Jesus Christus sal bou en Hom in alles verheerlik.

Woensdag 17 Januarie – Skole heropen

Here ons dra vandag almal in die onderwys aan U op. Ons bid dat elke skolier vanjaar die geleentheid sal hê om sy of haar vermoëns optimaal te ontwikkel. Seën alle leerkragte en ander opvoeders met baie liefde, geduld en wysheid in hul taak. Ons pleit ook vir wedersydse respek.”

Donderdag 18 Januarie – Pensioenarisse

Dierbare Vader, vanoggend wil ons met liefde en deernis dink aan al die pensioenarisse wat swaar trek weens verskillende omstandighede – dikwels buite hulle beheer. Omvou hulle met U liefde en mag hulle nie moedeloos word nie, maar die oog op U gerig hou.

Vrydag 19 Januarie – Egipte

Egipte is oorwegend ‘n Moslem land, maar daar is talle Christen-bekeerlinge al is die lewe vir nuwe Gelowiges ‘n baie uitdagende werklikheid. Bid dat diè nuwe volgelinge van Jesus Christus sal volhard in hul Geloof en sout en lig in hul gemeenskappe sal wees.

Saterdag 20 Januarie – Jesus se Kerk in Grootbrak

Ons loof die Here wat sy kerk in stand hou en dat Hy ons as swakke, maar verloste, lede daarvoor gebruik. Vra dat die Gees elke lidmaat sal toerus en bemagtig om betrokke te raak in ons gemeente se bedieningsaksies om ons talente daar in Christus se diens te stel.

Sondag 21 Januarie – Erediens

Dis Sondag, die dag wat ons weekliks gedenk as die dag van die Here se opstanding. “Here, wat ‘n genade, wat ‘n voorreg, wat ‘n vryheid, om sonder vrees as u gemeente onder die geklank van u Woord saam te kom. Mag die diens net tot u eer wees en vir ons tot seën.“ (Ps.118:24)

Maandag 22 Januarie – (Swak) Onderwys in Suid-Afrika

Reeds in 2016 het die Wêreld-Mededingingsverslag, Suid-Afrika as 140ste uit 140 lande i.t.v. die kwaliteit van wiskunde- en wetenskap-onderwys aangeslaan. Laat ons volhardend uitroep na die Here vir deurbrake in die onderwys in ons land. Bid dat infrastrukture en die gehalte verbeter sal word.

Dinsdag 23 Januarie – Bybelstudie groepe

Vandag bid ons vir elke leier van ‘n Bybelstudie-groep. Dankie vir hulle wat bereid is om leiding te neem en mag hulle met nuwe insig, wysheid en liggaamskragte die nuwe jaar se werksaamhede aanpak. Mag elke deelnemer se geestelike lewe en Woordkennis vernuwe en verryk word.

Woensdag 24 Januarie – Geopende Deure

Geopende Deure se visie is dat geen Christen vervolging alleen hoef te verduur nie. Gelowiges se ondersteuning en gebede sal dié visie voortsit. Ons mag ons broers en suters en veral die kinders nie vergeet nie. Bid en bid gereeld vir volharding, krag, geloof en vir die redding van die vervolgers.

Donderdag 25 Januarie – Volhard in die Geloof

Joel 2:12: “Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie”. Dit is nog steeds die Here se boodskap aan ons. As daar iets is wat jou verhouding met God vertroebel, keer met jou hele hart terug na Hom. Bid en roep Hom aan oor daardie saak en Hy sal die oorwinning gee en die verhouding tussen jou en Hom herstel.

Vrydag 26 Januarie – Oekraïne

Bid asseblief vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars. Die span werk hard om aan te hou bedien te midde van die geweld op die front en die lyding tuis. Beraders luister daagliks na talle hartverskeurende stories en bid saam met mense wat die hulplyn skakel. Bid vir die beraders se geestelike- en geestesgesondheid. Bid dat God FEBA Oekraïne se krag elke dag sal vernuwe en hulle sal gebruik om meer mense in hierdie donker tye na Sy lig aan te trek.

Saterdag 27 Januarie – Barmhartigheid

Sag. 7: 9: “Laat reg geskied teenoor alle mense en bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie weduwees, weeskinders, tydelike inwoners en armes verdruk nie, moenie bose planne teenoor mekaar bedink nie”. Vra die Here om vir jou te wys of daar iemand is aan wie jy barmhartigheid kan bewys en of daar areas in jou lewe is waar jy slegte planne teenoor iemand bedink, of hulle dit nou verdien of nie.

Sondag 28 Januarie – Alta du Toit

By hierdie sentrum ontvang volwassenes met intellektuele gestremdhede ’n ontwikkelingsgerigte versorgingsdiens. Hierdie program van BADISA het ons finansiële hulp en voorbidding dringend nodig. Kom ons dra vandag mildelik by. Bid ook gereeld vir hierdie sentrum.

Maandag 29 Januarie – Grootbrak Gemeenskap

Bid vir die gemeenskap waar ons woon en werk: Die Here vertrou ons om juis in hierdie tydsomstandighede en in die gemeenskap waar ons woon en werk, vir Hom ‘n getuie te wees. (Die sout vir die aarde en die lig vir die wêreld. Matt. 5:13,14) So kan ons met ons gebede en optrede ‘n verskil maak.

Dinsdag 30 Januarie – My Lewe voor God

Bid vir ‘n persoonlike begeerte om heiligheid en gehoorsaamheid na te streef eerder as om tevrede te wees met ‘n skyn van geestelikheid. Bid vir getrouheid in huweliksverhoudings en gesonde families, waar Christus gedien word. Bid dat ons as gelowiges die vrug van die Gees sal uitlewe.

Woensdag 31 Januarie – Hoop te midde van hooploosheid

Die implikasies van die droogtes, veldbrande en oorstromings op ‘n nasionale vlak het steeds ‘n groot negatiewe effek op die ekonomie. Daar is boere wat hulle boerderye opgebou het en nou alles of byna alles verloor het. Bid asseblief dat God vir die boere uitkoms sal gee, dat hulle nie moed sal verloor nie en steeds op God sal bly vertrou.

Radio FEBA – E-Gebedsfokus – Januarie 2024

JANUARIE 2024
“Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”
(1 Petrus 5:6-7 Afr83)
 Maandag 1 Januarie: Daar is tans sowat 3.4 miljard onbereikte mense in die wêreld. FEBA se missie is om Christus, deur middel van media, na hierdie mense te bring. Dit sluit in radio, oudio-Bybel, gedrukte media en aanlyn-platforms. Bid dat 2024 ’n jaar van groei vir FEBA sal wees en dat daar baie werkers sal wees om die oes in te bring.

Dinsdag 2 Januarie: “Ek was op pad om wraak te neem, toe ek die radio aanskakel. Die uitsending was ‘n preek oor vergifnis, en die toevalligheid daarvan het my as ’n ernstige waarskuwing van God af getref. Te danke aan KanuYah FM Sollo gaan ek alle wraakgedagtes smoor wanneer ek te na gekom voel, en gaan ek ’n ware man van God word wat woede vermy.” (FEBA Mali-luisteraar)

Woensdag 3 Januarie: “Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word.” (Spreuke 16:3 Afr53)

Donderdag 4 Januarie: In China het Christene te kampe met streng wette wat godsdienstige aktiwiteit beheer. Die regering se streng ateïstiese beleid skep ‘n vyandige omgewing vir Christene in die land. Bid dat FEBA China se uitsendings sal aanhou om die Kerk te help groei, totdat almal in China gehoor het.

Vrydag 5 Januarie: Moslem heilige manne, oftewel marabouts, speel ’n prominente rol in Maliese kultuur. Mense raadpleeg hulle oor gesondheid en voorspoed, en koop talismans  (gelukbringers) om siekte of bose geeste af te weer, terwyl hulle in vrees vir hierdie goed leef. Bid dat FEBA Mali se programme luisteraars sal lei om hul genesing en beskerming in Christus te soek.

Saterdag & Sondag 6-7 Januarie: Die Russies-Oekraïnse oorlog duur al byna twee jaar. Soldate en burgerlikes ly beide fisies en emosioneel. FEBA Oekraïne hou aan om God se Woord vanaf hul agt radiostasies reg oor die land te verkondig, terwyl hulle ook boodskappe van hoop op sosiale media deel en aanlyn saam met luisteraars bid. Irina, een van FEBA Oekraïne se omroepers, werk tans daaraan om die telefoniese beradingslyn uit te brei om aanlyn-berading in te sluit. Bid dat God vir die FEBA Oekraïne-span die nodige krag sal gee om hul werk voort te sit, en bid dat die oorlog binnekort tot ’n einde sal kom.  Maandag 8 Januarie: Japan se selfdoodsyfer styg terwyl mense worstel met eensaamheid. Die regering het nou n nuwe wet bekendgestel om die toename in sosiale isolasie aan te spreek. Vir baie Japannese mense is radio en aanlynplatforms hul enigste geselskap. Bid dat hulle FEBA Japan se programme sal vind sodat hulle God se liefde en vriendskap kan ervaar.

Dinsdag 9 Januarie: “Ek is van die Ifugao-stam en ek dank God vir die radioprogramme wat julle in ons taal aanbied. Julle het soveel vir ons omgegee dat julle die evangelie aan ons mense gebring het. Ons het inderdaad ook verlossing nodig.” (FEBA Filippyne-luisteraar)

Woensdag 10 Januarie: “Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.” (1 Petrus 5:6-7 Afr83)

Donderdag 11 Januarie: FEBA Korea saai op 13 radiostasies uit. Hul programme bring mense terug na die Here toe en inspireer ander om Hom vir die eerste keer te aanvaar. Die dinamiese span reël ook geleenthede waar hulle die Goeie Nuus deel. Bid dat hulle getrou aan God se Woord sal bly, sodat FEBA Korea kan aanhou om ’n kragtige impak te hê.

Vrydag 12 Januarie: FEBA Mosambiek se bediening het in 2023 sterk gegroei. Loof God dat Hy die span teen godsdienstige esktremiste beskerm het terwyl hulle bedien. FEBA werk nou daaraan om ’n nuwe stasie in die Cuamba-omgewing op te rig. Bid dat God FEBA Mosambiek hierdie jaar sal beskerm en oorvloedig sal seën.

Saterdag & Sondag 13-14 Januarie: Goeie leierskap is van lewensbelang vir ’n sterk organisasie. FEBA is geseën met uitstekende leiers wat hul spanne reg oor die wêreld bestuur en terselfdertyd nuwe leiers oplei om die leisels in die toekoms oor te neem. Bid dat God FEBA se leierskap hierdie jaar sal lei waar hulle politiese, ekonomiese, kulturele en persoonlike uitdagings moet aanpak. Bid dat hulle getrou aan Sy roeping sal bly en hul spanne met goddelike wysheid sal lei. Bid dat God hulle op hul reise sal beskerm en hul werk sal seën.  Maandag 15 Januarie: FEBA Taiwan het onlangs die regering se toekenning vir Uitnemende Godsdienstige Organisasie ontvang! Dis ‘n buitengewone prestasie vir ‘n Christelike organisasie – die toekenning gaan gewoonlike aan Boeddhistiese of Taoïstiese tempels. Loof God vir die merkwaardige werk wat Hy deur FEBA Taiwan se span doen.

Dinsdag 16 Januarie: “Ek geniet dit om na Family FM te luister, want dit bevorder versoening in my gees. Ek is deur die Woord van God uit ’n donker lewe verlos … Ek prys God, wat deur Family FM hoop in my lewe gebring het.” (FEBA Kambodja-luisteraar)

Woensdag 17 Januarie: “Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.” (Filippense 3:13-14 Afr83)

Donderdag 18 Januarie: Die Noord-Koreane leef voortdurend in armoede, hongersnood en byna konstante vrees. FEBA Korea saai na Noord-Korea uit vanaf hul kragtige Daebu-stasie, waar Noord-Koreaanse oorlopers – wat nou as FEBA-aanbieders dien – God se Woord deel. Bid dat God die Noord-Koreane deur FEBA Korea se werk sal seën.

Vrydag 19 Januarie: Loof God vir FEBA Malawi se nuwe toerusting en uitreikmateriaal. Die span het ’n radiostasie in Blantyre gevestig en hulle werk hard daaraan om die onbereikte mense van Malawi te bereik. Bid dat God vir Pastoor Amos Siyabu en die FEBA Malawi-span hierdie jaar in hul bediening sal lei, en dank Hom vir Sy voorsiening.

Saterdag & Sondag 20-21 Januarie: FEBA Radio SA ondersteun verskeie radiostasies in Tsjad, Malawi, Mali, Mosambiek en Niger. Hulle werk tans daaraan om ’n stasie in Soedan te open. Die Suid-Afrikaanse span help Afrika-stasies met fondse, lisensies, toerusting en uitreikmateriaal. Bid dat dr Jurie Vermeulen, FEBA Radio SA se nasionale direkteur, en sy span hierdie jaar goeie gesondheid sal geniet, dat die Here die pad sal oopmaak om nuwe stasies te begin, en dat Hy hulle deur die uitdagings in hul bediening sal lei.  Maandag 22 Januarie: Indië ondervind ‘n toename in konflik tussen verskillende etniese groepe. Daar is baie geweld, menseregteskendings en uitbuiting in gebiede waar die groepe bots. Bid dat FEBA Indië se programme die betrokkenes in die konflik sal bereik en hulle sal aanspoor om met mekaar vrede te maak.

Dinsdag 23 Januarie: “Ek is deur nuuskierigheid, ‘n angstige hart en ‘n soekende brein deur God gelei om Hom deur jul radioprogramme te leer ken. Jul uitsendings het die hoofbron van die ontwikkeling van my geloof geraak en ek wil net vir julle dankie sê!” (FEBA China-luisteraar)

Woensdag 24 Januarie: “Weet julle nie dat atlete wat aan ’n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen.” (1 Korintiërs 9:24 Afr83)

Donderdag 25 Januarie: Die personeel by FEBA Egipte se aanlynstasie, Voice of Egypt, beplan om twee nuwe programme te loods. Bid dat God die span sal beskerm, want hulle werk onder moeilike omstandighede, en dat Hy die nuwe inhoud sal gebruik om nuwe luisteraars te bereik, vernaam daardie onbereikte mense wat nog nooit die evangelie gehoor het nie.

Vrydag 26 Januarie: FEBA Tsjad werk hard daaraan om die radiostasie weer aan die gang te kry nadat hulle na ’n nuwe perseel getrek het. Bid dat FEBA Tsjad se nasionale direkteur, Palyo Ndenon, en sy span hul krag by God sal kry en getrou aan Sy roeping sal bly. Bid dat mense binnekort die Goeie Nuus weer deur FEBA Tsjad se programme sal kan hoor. 

Saterdag & Sondag 27-28 Januarie: Niger se bevolking is ongeveer 26 miljoen, waarvan 98% Moslem is. Die land is 28ste op Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van lande waar Christene die meeste vervolg word. Om Moslem te wees is sentraal tot Niger se kultuur en diegene wat Christene word, word as verraaiers gestraf. Niger het die hoogste persentasie kinderhuwelike in die wêreld en groot dele van die land ly onder godsdienstige ekstremiste-groepe. FEBA maak ’n radiostasie oop om God se Woord met Niger se mense te deel. Bid dat God FEBA Niger se span en hul werk vanjaar sal seën.  Maandag 29 Januarie: Bid vir FEBA Rusland en hul luisteraars. Baie Russe word in hegtenis geneem wanneer hulle die oorlog openlik teëstaan en baie families verloor seuns en mans in ’n oorlog waarin hulle nie noodwendig wil veg nie. Bid dat God se Woord vir FEBA Rusland se luisteraars tot troos sal wees en dat Hy die span se krag elke oggend sal hernu.

Dinsdag 30 Januarie: “Nadat ek ‘n kortgolfradio van julle ontvang het, het ek gereeld na jul programme begin luister. Jul boodskappe het my hart aangeraak en ek het besluit om die Here te volg.” (FEBA Indonesië-luisteraar)

Woensdag 31 Januarie: “Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Filippense 4:8 Afr83) 

Gebedsgids Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed Foto deur Ivan Samkov: https://www.pexels.com/photo/woman-in-gray-knit-sweater-praying-6436311/

Vrydag, 1 Desember: Vakansiemaand

Dit is vakansiemaand in Suid-Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en der duisende mense durf ons paaie aan, geniet ons strande, kuier by familie, kuier by ouers of kinders en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke vakansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.

Saterdag, 2 Desember: Eensaamheid

Desember is die laaste maand waarin ‘n persoon eensaam wil wees. Tog is daar vele bejaardes wat na kinders verlang wat miskien oorsee woonagtig is. Selfs kinders wat na ouers verlang. Kom ons vra die Vader om al die eensames in Sy arms te neem en styf vas te hou sodat hulle van Sy teenwoordigheid bewus sal wees en troos daarin sal vind.

Sondag, 3 Desember: Sending

Oor die hele wêreld heen is daar pragtige mense wat die evangelie aan ander bekendstel en baie mense wat die evangelie aanvaar of dalk twyfel of hulle dit moet aanvaar. In sekere wêrelddele is dit ‘n lewensgevaarlike taak vir beide partye. Kom ons bid dat Vader hulle onder sy vleuels sal intrek, veral nou waar die geboorte van Christus binne dae herdenk sal word.

Maandag, 4 Desember: Oues van dae

In ons gemeente is daar baie mense wat hier kom aftree het en hier kom oud word het. Kom ons dank die Vader vir die voorreg wat ons het om hier in die pragtige Eden te kan woon en dit te kan geniet. Dat ons heelwaarskynlik weer Sy geboorte in hierdie pragtige area sal kan vier met vreugde en dankbaarheid.

Dinsdag, 5 Desember: Mediese Wetenskap

Ons bid en dank die Vader vir die hulp en leiding wat Hy aan die mediese wetenskap gee in die ontwikkeling van medikasie. Medikasie wat siekes oor die hele wêreld van ‘n beter lewe verseker. Maar ook vir die voordeel wat ons hier in die Brak daaruit geniet.

Woensdag, 6 Desember: Diens aan oues van dae

In ons gemeenskap is daar Dokters, Verpleegpersoneel, Verpleeg-assistente en omsien peroneel wat na vele van ons gemeenskap omsien. Kom ons dra hulle almal aan die Here op in ons gebede en dank ook die Here dat ons sulke pratige mense om ons het.

Donderdag, 7 Desember: Knellende droogte

In uitgestrekte gebiede in ons land het verwoestende veldbrande weiding totaal vernietig. Boere, hulle vee, die planteryk en baie mense smag na die dag wanneer ons Hemelse Vader die hemelsluise sal open en die aarde deurdrenk met goeie reën. Kom ons dra al die boere en natuur aan die Here op om almal styf vas te hou en om hulle te help om nooit geloof te verloor nie. Ons smeek ook saam met hulle vir goeie reën wanneer dit God behaag.

Vrydag, 8 Desember: Omgeebediening

Ons dra vandag ons gemeente se omgeebediening aan die Here op deur ons gebede. Ons bid vir Sy seën op al hulle omgeewerk.

Saterdag, 9 Desember: Wolwedans

Die Wolwedans boodskap, sop- en brood bediening voorsien in die behoeftes van arm mense. Ons bid dat die Here hulle en hulle diens sal seën. Ons dank ook die Here omdat hy daagliks in ons behoeftes voorsien.

Sondag, 10 Desember: Vroue en kinders

In ons land word vroue en kinders elke dag deur ongenaakbare mans aangerand en verkrag. Ons bid dat die Here hierdie haatlike kultuur sal verander in ‘n liefdevolle gesindheid.

Maandag, 11 Desember: Skooldogters

Skooldogters is vandag onder geweldige sosiale druk. Duisende is swanger juis as gevolg van hulle weerloosheid. Kom ons dra hulle almal aan die Here op vir Sy beskerming.

Dinsdag, 12 Desember: Ons land Suid-Afrika

Ons land word vandag regeer en geadministreer deur mense wat eerder na hul eie sakke kyk as wat hulle na die land en sy mense se belange omsien. Ons bid dat die Here hierdie situasie sal omkeer en ons land weer vooruitstrewend sal maak.

Woensdag, 13 Desember: U tuin Here

Soos Adam en Eva in ‘n pragtuin gewoon het, woon ons steeds in U tuin Here. Deur ‘n “klein” oortreding het U hulle verblyf opgeskort. In teenstelling bemors en vernietig ons U Skepping teen ‘n ongehoorde tempo. Ons gebede is om die Vader te vra om elke mens se gesindheid teenoor Sy Skepping positief te verander.

Donderdag, 14 Desember: Studente

Baie studente en skoolkinders gaan na die eksamens as groepe by die see uitspan. Ons bid dat die Here elke kind sal vashou om nie die goeie waardes van die lewe oorboord te gooi nie.

Vrydag, 15 Desember: Ons gemeente

Ons bid vir ds Danie en alle kantoor- en terreinpersoneel en vir almal se gesinne. Ons dra hulle aan die Vader op met dank vir wat hulle in ons gemeente met soveel liefde doen.

Saterdag, 16 Desember: Nooddienste

Dis hoë verkeertyd, dar is baie mense by die see en ook by ander gevaarplekke. Ons dra al die nooddienswerkers aan die Here op in hierdie tyd van die jaar. Mag hulle werk die seën van ons Vader ontvang.

Sondag, 17 Desember: Vakansiegangers

Baie baie vakansiegangers sal weer op die paaie, by die see en ander vakansieplekke uitspan. Ons bid tot die Vader om die slagting op ons paaie te verhoed, asook ander ongelukke en verdrinkings.

Maandag, 18 Desember: Misdaad

In hierdie vakansietydperk skiet die misdaadsyfer die hoogte in. Dit is diefstal, rooftogte, aanrandings, moord, vrekragtings, dronkenskap ens, ens. Ons vra vir die Vader se ingrype hier.

Dinsdag, 19 Desember: Veiligheidsdienste

Die land se Beskermingsdienste verkeer in die vakansietyd onder groot druk. Ons bid Vader om hulle by te staan in die uitvoering van hul pligte en dat Sy naam altyd in hulle werk verheerlik sal word.

Woensdag, 20 Desember: Leiers

Ons dra ons land se leiers aan die Here op. Ons land is in groot verknorsing op alle gebiede. Ons vra vir die Vader om ons leiers met helderheid van verstand en eerlikheid toe te rus om sodoende ons land weer op ‘n wenpad te plaas.

Donderdag, 21 Desember: Eensames

Dit is in hierdie tyd van die jaar dat eensames baie swaar trek. Ons vra die Heer om by hulle elkeen te wees en hulle styf vas te hou in Sy arms van Liefde en Vriedskap.

Vrydag, 22 Desember: Siekes

Kom ons bid ook vir die siekes wat hierdie Kersfees op ‘n siekbed sal moet deurbring. Dat hulle geliefdes by hulle sal wees om hulle situasie met liefde en vreugde draaglik te maak.

Saterdag, 23 Desember: Midde-Ooste

Ons bid dat Vader die Midde Ooste, waar soveel verwoesting en dood gesaai is, gedurende die nuwe jaar met vrede sal seën.

Sondag, 24 Desember: Die dag voor Die Geboorte

Ons is almal besig met geskenke koop, die kersboom opmaak, die kersete voor te berei, pakkies opmaak en toedraai en nog vele meer dat ons geneig is om die waarde van die komende dag te vergeet. Ons bid vir leiding, vrede, vreugde en liefde vir die ganse wêreld in afwagting vir die ster van Bethlehem om aan ons te verskyn en die pad vir ons te verlig na ons Redder en Meester toe.

Maandag, 25 Desember: Dis KERSFEES !!!

Ons ewige Koning, die Onverganklike, Onsienlike en enigste God wat ons ken is op hierdie dag baie jare gelede gebore. Ons herdenk dit met eerbiedige vreugde. Ons dank Hom omdat hy nog altyd daar is om na sy kinders om te sien. Ons dank Hom omdat ons die voorreg het om deur Hom Sy kinders te kan wees.

Dinsdag, 26 Desember: Welwillendheidsdag (Ook genoem Gesinsdag)

Laat ons op hierdie dag mekaar met liefde omhels. Binne ons gesinne, as families, as vriende en as landsburgers. Laat ons tot ons ewige Vader ook bid vir vrede in die wêreld, en dat Sy teenwoordigheid oral vreugde sal bring, maar bo alles ook ons land sal seën met verdraagsaamheid, kalmte en vooruitgang.

Woensdag, 27 Desember: Toewyding

Laat ons bid dat die Here elkeen van sy kinders sal help om gehoorsaamheid aan Hom na te streef. Ons te lei om Sy insettinge te verstaan en gehoorsaam aan Hom te wees. Dat Hy ons sal help om toewyding aan Hom ons missie te maak.

Donderdag 28 Desember: Verwaarloosde mens

Daar is vele verwaarloosde mense in ons en in die breër gemeenskap om ons, wat in wanhoop lewe. Laat ons Vader in ons gebede vra om ook met elkeen van sulke mense te wees. Dat ons as sy bevooregte kinders die moed sal hê om ook na hierdie mense om te sien, al is dit net deur ‘n bydrae te maak aan hulle wat daagliks na hierdie mense omsien.

Vrydag, 29 Desember: Gesindheid

Kom ons bid tot die Vader vir ‘n positiewe gesindheid in ons Gemeente, ons gemeenskap en ons land. Dat ons die nuwe jaar met reikhalsende hoop sal ingaan met die wete dat ons God steeds regeer.

Saterdag, 30 Desember: Afskeid

2023 Is bykans verby kom ons dank God vir ‘n jaar waarin ons kon wees en waarin Hy ons onderskraag het.

Sondag, 31 Desember: Dankie

Dankie Here vir die jaar waarin ons die wonderlike vooreg gehad het om in te kon lewe.