1 Augustus – Saterdag โ Winter
Here, gee my hierdie winter die begeerte om tyd vir U te maak en om rustig te word in u teenwoordigheid. Mag die koue my elke dag herinner aan U helpende hand en omgee.
2 Augustus – Sondag – Nagmaal
Here, seรซn ons waar ons aansit by U liefdesmaal om U Dood te herdenk deur brood en wyn aan U tafel te geniet.
3 Augustus – Maandag – Die belangrikste
In Lukas staan daar ; โdie belangrikste onder julle moet soos die geringste wees en die een wat leier is, soos die een wat dienโ. Help ons asseblief Heilige Gees dat ons dit sal onthou en uitoefen.
4 Augustus – Dinsdag โ Ongevoelig
Here bewaar ons daarvan om ongevoelig te staan teenoor bejaardes, armes, werkloses, hongeres en dakloses.
5 Augustus – Woensdag โ Helpende hand
Waar die winterkoue sy tol eis bid ek dat U my sal help om in liefde te gee en โn helpende hand uit te steek.
6 Augustus – Donderdag โ Ouderdom
Here, U is met ons op die laaste skof van ons pelgrimsreis en ons dank U vir rustigheid, vrede, wysheid en die ervaring van baie jare.
7 Augustus – Vrydag โ Jeug
Ons bid dat ons jeug toegerus sal word met die wapenrusting van God en dat U ewige Woord steeds โn lig op hulle pad en โn lamp vir hulle voet sal wees.
8 Augustus – Saterdag โ Magdalenahuis
Mรดre is daar โn spesiale offer vir die Magdalenatehuis. Kom ons gee ook mildelik, en veral waar ons mรดre Vrouedag vier, dink ons ook aan ongehude moeders wat deur moeilike besluite gaan.
9 Augustus – Sondag โ Vrouedag
Dankie Here vir vroue en moeders wat U getrou dien op al die terreine waartoe U hulle bestem het.
10 Augustus – Maandag โ Nuwe week
Here, aan die begin van die week bid ons dat Matt. 5:16 ook vir ons waar sal word, dat ons lig so voor mense sal skyn dat hulle ons goeie werke kan sien en ons Vader wat in die hemel is, sal verheerlik.
11 Augustus – Dinsdag โ Die Woord van God
Here, maak ons getrou in die lees van die Bybel, getrou om daarna te luister, ywerig om dit te bestudeer en doelgerig om dit te gehoorsaam.
12 Augustus – Woensdag – Vergifnis
Here, verander my deur U Heilige Gees en gee my die seรซn van U vergifnis sodat ek nie mรดre weer met skaamte dieselfde dinge moet kom bely nie.
13 Augustus – Donderdag โ Geestelike groei
Here, ek wil graag die pad van geloof en heiligmaking bewandel sodat ek meer en meer aan U, my Hemelse Vader, gelykvormig sal word.
14 Augustus – Vrydag – Die natuur
Ons wil vandag dankie kom sรช dat ons woon in โn deel van die land met โn pragtige natuurskoon en ek bid dat elkeen sal bydra tot die bewaring daarvan.
15 Augustus – Saterdag โ Die dag van die Here
Dankie Here dat U โn dag van rus geskep het sodat ons na โn werksweek vir โn oomblik tot stilstand kan kom en saam met mede Jesus- volgelinge kan vergader. Laat ons dus mรดre U Woord noukeurig bestudeer.
16 Augustus – Sondag โ Omgeebediening
Ons bydrae vandag word aangewend vir ons omgeebediening wat soveel mense bedien met bydraes van kos en bediening van die Woord van die Here.
17 Augustus – Maandag โ Lig vir die wรชreld
Here vul ons harte en gemoed met U vreugde en vrede, sodat ons dit elke dag kan uitstraal en vir die wรชreld โn lig kan wees.
18 Augustus – Dinsdag โ Kerkraads Vergadering
Hemelse Vader, seรซn die bestuurskerkraad vergadering vanaand met wysheid, eenheid en onderskeidingsvermoรซ, sodat elke besluit tot eer van U naam en tot opbou van U Kerk sal wees.
19 Augustus – Woensdag – Kalmte en gemoedsrus
Vader, in hierdie tye van spanning en gejaagdheid is dit ons gebed dat die groen weivelde en rustige waters van Ps. 23 nie โn ydele droom sal wees nie maar โn werklikheid wat bereikbaar is.
20 Augustus โ Radio Feba
FEBA-spanne werk hard om luisteraars deur persoonlike interaksie, dissipelskapprogramme en kontak met plaaslike kerke te begelei. Dit het duidelik geword dat baie gelowiges nie weet hoe om nuwe bekeerlinge te help nie. Bid dat God aan FEBA die wysheid en geleentheid sal gee om programme te ontwikkel wat hierdie behoefte aanspreek.
21 Augustus โ Donderdag โ Verlange na kinders
Liefdevolle Vader, baie van ons verlang na ons kinders/familie wat ver van ons woon. Beskerm hulle, hou ons harte naby mekaar en seรซn ons met vreugdevolle hereniging op U tyd. Help hulle ook daar waar hulle woon en werk om โn getuie vir U Naam te wees.
22 Augustus โ Saterdag โ Die Erediens
Joh. 12:35: As iemand my sien dan sien hy ook vir God wat My na die wรชreld gestuur het. Here, seรซn die erediens mรดre met U teenwoordigheid, lei die leraar met elke woord en lied. Raak elke hart aan tot eer van U Naam.
23 Augustus – Sondag – Bybelverspreiding
Bid vandag vir oop harte en hande vir die mense en instansies wat Bybels vertaal en versprei. Ons bid dat die mense wat Bybels versprei veilig sal wees en dat die vertalers die regte insig in die Woord sal kry.
24 Augustus – Maandag – Geduld
Vader, gee ons die geduld om U tyd te vertrou, kalm te bly in uitdagings en met liefde en wysheid op te tree.
25 Augustus – Dinsdag – Siekes
Vandag dink ons aan almal wat siek is, dalk terminaal, en ons vra dat U liefde en omgee raakgesien sal word in die vriende wat omgee en bid vir ons siekes in ons gemeente en in ons onderskeie vriendekringe. Mag ons U Wonderdade raaksien en dankbaar U bedank.
26 Augustus – Woensdag โ Jesus-gebed
โMaar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie sal begewe nieโ. Gees van Genade, asseblief help my geloof, tree vir my in, bevry my sodat ek gelowig sal glo en dankbaar sal wees.
27 Augustus – Donderdag โ Reรซn en koue
Dankie Here vir reรซn en koue en tyd om te lees sodat ons kan energie opgaar vir โn nuwe tyd van groei.
28 Augustus – Vrydag – Polisiemag
Naweke veral word daar swaar op ons polisiemag geleun om orde te handhaaf. Ons bid vandag dat U hulle sal veilig hou en sal help dat ons dorp rustig sal wees.
29 Augustus – Saterdag – Luister
Here, wanneer U praat, maak my gevoelig vir U woord en opdragte. Leer my om my volle aandag te gee en gewillig te wees om met volle vertroue U woord en rigting te volg soos U dit aandui.
30 Augustus – Sondag โ Bediening aan Dowes
Dowes het โn unieke aanslag nodig om die Woord te verstaan en sal die bediening aan dowes ook heeltemal verskil van die normale, horende se getuienis.
31 Augustus – Maandag – Getuienisbediening
Here, daar wag โn wรชreld op my getuienis en as U vra, โWie sal ek stuur? Wie sal ons Boodskapper wees?โ, laat ons antwoord tog wees soos diรฉ van Jesaja, โHier is ek! Stuur my!โ


