Week 8 Dag 40 – Jy’s jammer… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Toe ek op skool was, het dit finansieel baie swaar met ons as gesin gegaan. Ons kon nie ’n huishulp bekostig nie. Dus moes ons kinders self uitspring en help – ook in die huis. So het ons ook beurte gemaak om skottelgoed te was.Soms het dit gebeur dat ’n koppie per ongeluk in die proses geval en gebreek het. Wetende dat daar nie geld was om dit te vervang nie, moes ons nogtans vir Ma gaan sê – natuurlik ook dat ons regtig jammer was. Sy het dan gekom, na die gebreekte koppie gekyk en gesê: “Oeps, kyk hoe spring hy weer aanmekaar!” – nie om te sê sy aanvaar nie ons jammer nie, maar om ons daarop te wys dat jammer nie altyd ’n gebreekte ding regmaak of vervang nie! Ons moes ook op ander terreine van die lewe leer om te dink voor jy praat, om ander se gevoelens in ag te neem voor jy iets doen of sê wat dalk kan seermaak en verhoudings onberekenbare skade berokken.

Gebed

In God se hart brand ’n onblusbare liefdesvuur vir jou, vir my en vir elke mens wat Hy ooit geskape het (Hos 11:8-9
8“Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim?
Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel?
Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma,
jou maak soos Sebojim?
My hart is diep ontroer in My,die deernis brand in My.
9Ek sal nie in my brandende toorn
optree nie;
Ek sal nie omdraai en Efraim
vernietig nie;
want Ek is God, nie ‘n mens nie –
die Heilige in jou midde;
Ek sal nie in woede kom nie.”
).
Ons verhouding met Hom en met mekaar is vir God verskriklik belangrik. Raak stil in sy teenwoordigheid en laat Hom toe om deur die Heilige Gees en sy Woord met jou te praat. Vertel Hom ook wat in jou hart aangaan.

Lees die Skrif

God se Woord is deur Homself geïnspireer. Glo jy dit? Lees dan ook met hierdie geloofsoortuiging Matt 5:23-24; Mark11:25-26.

Matt 5:23-24;

23“En wanneer jy jou offergawe na die altaar bring en daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24laat jou offergawe net daar by die altaar en gaan versoen jou eers met jou broer, en gaan gee dan jou offergawe.

Mark 11:25-26

25En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 1:11-16; 43:1-5; 59:1-2.

Jes 1:11-16;

11“Wat baat julle magdom
slagoffers My?”
vra die Here.
“Ek het genoeg gehad
van die •brandoffers van ramme
en die vet van gevoerde diere.
Die bloed van bulle,
lammers en bokramme
staan My nie aan nie.
12Wanneer julle kom
om voor My te verskyn –
wie eis dit van julle
om my voorhowe te vertrap?
13Hou op om waardelose
•graanoffers aan te dra!
Reukwerk – afstootlik is dit vir My.
Nuwemaansfeeste en Sabbatte,
die saamroep van byeenkomste –
Ek kan nie onreg én gewyde rusdae
verdra nie.

14Julle nuwemane en vaste feestye
haat Ek met my hele wese;
dit is vir My ‘n las,
Ek is moeg daarvoor om dit te dra.
15As julle julle hande uitstrek,
sluit Ek my oë vir julle.
Selfs as julle baie bid,
luister Ek nie.
Julle hande is vol bloed.
16Was julle! Reinig julle!
Verwyder julle bose dade voor my oë!
Hou op om kwaad te doen!

Jes 43:1-5;

1“Maar nou,” so sê die Here,
jou Skepper, Jakob,
die Een wat jou gevorm het, Israel,
“moenie bang wees nie,
want Ek het jou losgekoop,
Ek het jou op jou naam geroep –
aan My behoort jy.
2As jy deur water moet gaan –
Ek is by jou,
of deur riviere –

hulle sal jou nie oorspoel nie.
As jy deur vuur moet gaan –
jy sal nie geskroei word nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.
3Want Ek is die Here, jou God,
die Heilige van Israel,
jou verlosser.
Ek gee Egipte as jou losprys,
Kus en Seba gee Ek in jou plek.
4Omdat jy kosbaar is in my oë,
geëer is,
omdat Ek die Een is wat jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5Moenie bang wees nie,
want Ek is by jou.
Uit die ooste bring Ek jou nageslag,
uit die weste maak Ek jou bymekaar.

Jes 59:1-2.

1Kyk, die hand van die Here
is nie te kort om te verlos nie,
sy oor is nie hardhorend,
sodat Hy nie kan hoor nie.
2Maar julle sondeskuld,dit het skeiding gebring
tussen julle en julle God.
Julle sondes het Hom sy gesig
vir julle laat verberg,
sodat Hy nie luister nie;

Skryf / Vul in

Wat hoor jy by God? Hoe sou jy die kernwaarheid wat in hierdie verse voorkom, beskryf?


Dink jy die Here was ernstig toe Hy hierdie dinge gesê het? Dink mooi en versigtig voordat jy antwoord, want jou antwoord het implikasies vir jou lewe (Henry T Blackaby het gesê: “What you DO next, is what you really believe – the rest is just religious talk!”) Skryf ook sommer hoe jy voel oor wat Blackaby gesê het.


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kor 3:1-4; Gal 5:13-17.

1 Kor 3:1-4;

1Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus. 2Ek het julle melk gegee om te drink, nie vaste kos nie, omdat julle nog nie daartoe in staat was nie. Selfs nou is julle nog nie daartoe in staat nie, 3want julle is steeds wêrelds. Waar daar onder julle afguns en onenigheid is, is julle dan nie wêrelds, en gedra julle julle dan nie soos wêreldse mense nie? 4Elke keer as een van julle sê, “Ek is van Paulus,” en ‘n ander, “Ek van Apollos,” is julle nie wêreldse mense nie? 

Gal 5:13-17.

13Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. 14Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle nie deur mekaar verorber word nie!

16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. 

Skryf / Vul in

Dink jy jou gebroke verhouding(s) kan regtig maak dat God nie na jou gebede wil luister nie? Sê ook hoekom jy so voel.


Ons offer nie meer soos in die Bybelse tyd nie. Ons staan nie meer, soos die Jode van ouds, daglank in die son om ons bokkie of duif na die altaar te bring nie. Jesus is mos die Lam van God wat die sondes van die wêreld op Hom kom neem het (Joh 1:2929Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: “Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! ). Ons offers van vandag lyk anders, dis dankoffers. Die geld wat ons Sondag in die kollekte-bordjie gooi, is ’n offer van dank vir wie God is in my lewe, asook ’n simboliese oorgawe van my lewe aan sy HEERSKAPpy. Die ou tannie wat ek so gereeld besoek, of die straatkinderprojek waarby ek betrokke is, is dalk iets van ’n offer vir God. Miskien is dit wat ek vir die basaar bydra, my offer. Die Woord sê – voor jy daardie offer gee, moet jy eers seker maak dat jy nie iets teen iemand anders het of iemand dalk iets teen jou het nie. As jy aan iemand kan dink wat ’n wrok teen jou koester moet jy eers versoening tussen julle bewerkstellig voordat jy jou beskuit, melktert of skaap kan bydra. Mense mag dalk beïndruk wees, maar God is geensins beïndruk met bolangse goed nie. Al die dinge wat jy gee en openlik vir God doen, beteken nie veel as jou hart nie reg is nie (Hy beoordeel immers die bedoelinge en motiewe van die hart!) (Heb 4:12).

Heb 4:12
12Want die woord van God
is lewend en kragtig,
en skerper as enige
tweesnydende swaard.
Dit dring deur tot by die raakpunt
tussen siel en gees,
tussen gewrig en murg,
en beoordeel die hart
se voornemens en gedagtes.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus

Heb 10:11-23.

11Elke priester staan wel dag vir dag en diens doen, en bring oor en oor dieselfde offers, wat nooit in staat is om sondes weg te neem nie; 12maar toe Christus vir altyd een offer ter wille van sondes gebring het, het Hy aan die regterhand van God gaan sit. 13Sedertdien wag Hy totdat sy vyande ‘n voetbank vir sy voete gemaak word. 14Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.

15Ook die Heilige Gees getuig teenoor ons; want nadat Hy gesê het,
16“Dit is dan die verbond
wat Ek ná daardie dae
met hulle sal sluit, sê die Here:
Ek sal my wette in hulle harte gee,
en dit op hulle verstand neerskryf,”sê Hy ook:
17“Aan hulle sondes
en aan hulle wettelose dade
sal Ek glad nie meer dink nie.”

18Waar daar vergifnis hiervoor is, word ‘n offer vir sondes nie meer gebring nie.

19Broers, ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom, 20langs ‘n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam, 21en ons het ‘n groot Priester oor die huis van God. 22Laat ons daarom ingaan met ‘n opregte hart, in volle geloofsekerheid, met ons harte besprinkel, vry van ‘n slegte gewete, en ons liggame gewas met skoon water. 23Laat ons styf vashou aan die belydenis van wat ons hoop, sonder om af te wyk, want Hy wat die belofte gemaak het, is getrou.

Skryf / Vul in

Dit raak nie net ons offers aan God nie. Dit raak ook ons gebedslewe. Wanneer ons God nader in gebed moet ons eers ander vergeef sodat God ons kan vergeef. Ons moet na alle kante toe vrede nastreef – of iemand iets teen jou het en of jy iets teen iemand anders het, vrede moet nagejaag word (Heb 12:14 14Streef na vrede met almal en na die heiligmaking, waarsonder niemand die Here sal sien nie. ).

Skryf nou neer wat jy glo die Here se Woord hieroor van jou in die praktyk vra.


Dit is baie maklik om te sê dat ons in God glo en dat ons sy kinders is. Tog kom sê Hy deur die Evangelie volgens Johannes dat as ons Hom liefhet, ons sy gebooie moet onderhou. So amper asof Hy wil sê: “Don’t talk cream and live skimmed milk“. Moenie jou liefde vir My bely, maar dit afgewater leef nie!”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus Joh 14:15, 21; 1 Joh 4:20-5:3

Joh 14:15, 21;

15“As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou.

21Wie my gebooie het en dit onderhou, hy is die een wat My liefhet. En wie My liefhet, my Vader sal hom liefhê, en Ek sal hom liefhê en Myself aan hom bekend maak.”

1 Joh 4:20-5:3

20As iemand sê, “Ek het God lief”, en sy broer haat, is hy ‘n leuenaar. Want wie sy broer, wat hy sien, nie liefhet nie, kan nie God liefhê, wat hy nie sien nie. 21En dit is die gebod wat ons van Hom ontvang het: Wie God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

51Elkeen wat glo dat Jesus die •Christus is, is uit God gebore, en elkeen wat die Vader liefhet, het ook almal lief wat uit Hom gebore is. 2Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet, en sy gebooie nakom. 3Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; 

Skryf / Vul in

Skryf neer wat dit vir jou prakties beteken in terme van die verhoudings waarbinne jy elke dag funksioneer.


In my agterplaas groei ’n boom wat beide suur, geelgroen lemmetjies en heerlike soet, oranje nartjies dra. Volg jy egter die takke wat die nartjies dra, kom jy op die plek af waar die tak ingeënt is in die lemmetjieboom. Die evangelie werk nie so nie. Ons kan nie ingeënt word in God, maar dan steeds die vrugte bly dra waaraan ons gewoond was nie. As ons ingeënt word in God, dan impliseer dit ons word soos Hy. Ons dra die vrug van sy Gees. Ons dra nie meer die nartjies van ons eie tak nie, maar die lemmetjies van die boom. Ons dink, droom en doen, proe en lyk soos lemmetjies. Ons dra liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Al hierdie skyfies van die vrug impliseer iets van hoe ons teenoor mense moet optree. Dit wat ons na mense uitleef, moet ’n spieël wees van wat in ons harte is, nie ’n masker nie.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Gal 5:10-26.

Gal 5:10-26.

10Wat julle betref: Ek is in die Here daarvan oortuig dat julle nie anders as ek sal dink nie; maar die een wat julle in verwarring bring, sal die straf dra, wie hy ook al mag wees.

11En ek, broers, as ek steeds die besnydenis verkondig, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis immers uit die weg geruim. 12Ek wens diegene wat julle so opstandig maak, wil hulleself heeltemal ontman!

‘N LEWE DEUR DIE GEES

13Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. 14Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle nie deur mekaar verorber word nie!

16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. 18As julle egter deur die Gees gelei word, staan julle nie onder die wet nie.

19Die praktyke van die vlees is goed bekend, naamlik onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloesie, woede, selfsug, tweespalt, skeuring, 21afguns, dronkenskap, gefuif, en hierdie soort dinge – waarteen ek julle nou weer waarsku, soos ek julle vroeër gewaarsku het, naamlik dat diegene wat sulke dinge doen, die •koninkryk van God nie sal beërf nie.

22Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie ‘n wet nie.

24Almal wat aan •Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25Aangesien ons deur die Gees leef, laat ons ook met die Gees in pas bly. 26Laat ons nie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar jaloers wees nie.

Skryf / Vul in

Dink jy as ons ingeënt is in God, dit sou beteken dat ons erns sal maak met gebroke verhoudings en alles in ons vermoë sou doen om dit te herstel? Hoekom sê jy so? Wat gaan jy vandag daaraan doen?


Gebed

As jy voel die Here het met jou gepraat deur sy Woord en Gees – praat dan nou met Hom en loof en aanbid Hom. Erken en bely wat die Gees ook al op jou hart lê (Jes 30:21; Joh 16:8). Hy nooi ons immers om ons hart voor Hom uit te stort en op Hom te vertrou (Ps 62:9).

Jes 30:21;

21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”

Joh 16:8
8En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van •geregtigheid en van oordeel:

Ps 62:9

9Vertrou te alle tye op Hom, o volk,
stort julle hart voor Hom uit.
God is vir ons ‘n skuilplek. Sela

Week 8 Dag 40 God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel
Week 8 Dag 40 God verwag van ons om gebroke verhoudings te herstel
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 165-172
Lees gerus Ps 97:10; Kol 3:12-17; 1 Tess 4:9; Tit 3:3-8; 1 Joh 4:7-21.

Ps 97:10;

10Julle wat die Here liefhet,
moet die kwaad haat.
Hy beskerm die lewe
van sy troue volgelinge;
uit die hand van goddeloses
red Hy hulle.

Kol 3:12-17;

12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. 13Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. 14Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. 15Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. 16Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. 17En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.

1 Tess 4:9;

9Oor die broederliefde is dit nie nodig dat ek vir julle skryf nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê.

Tit 3:3-8;

3Want ons was ook voorheen onverstandig, ongehoorsaam, verdwaal, verslaaf aan allerlei begeertes en luste. Ons het in kwaadwilligheid en naywer geleef, ons was haatlik en het mekaar gehaat.

4Maar toe die goedheid
en menseliefde van God,
ons Verlosser, verskyn,
5het Hy ons verlos –
nie op grond van werke
wat ons uit •geregtigheid gedoen het nie,
maar op grond van sy ontferming –
by wyse van die afwassing
deur die weergeboorte
en vernuwing deur die Heilige Gees,
6wat Hy ryklik oor ons uitgegiet het
deur Jesus •Christus, ons Verlosser.
7So het ons,
geregverdig deur sy genade,
erfgename geword
van die ewige lewe
waarop ons hoop.

8Dié uitspraak is betroubaar. Ek wil hê dat jy hierdie dinge moet benadruk, sodat hulle wat in God glo, daarop bedag sal wees om hulle aan goeie werke toe te wy. Hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense.

1 Joh 4:7-21.

7Geliefdes, laat ons mekaar liefhê,
want die liefde is uit God,
en elkeen wat liefhet,
is uit God gebore
en ken God.
8Wie nie liefhet nie,
het God nie leer ken nie,
want God is liefde.
9Hierin is die liefde van God
aan ons geopenbaar:
dat God sy unieke Seun
na die wêreld gestuur het,
sodat ons deur Hom kan leef.
10Hierin bestaan die liefde:
nie dat ons God liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het,
en sy Seun gestuur het
as versoening vir ons sondes.

11Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ook óns mekaar lief te hê. 12Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons, en het sy liefde in ons tot vervulling gekom. 13Hieraan weet ons dat ons in Hom bly, en Hy in ons: Hy het ons aan sy Gees laat deel kry. 14En ons het dit aanskou, en ons getuig daarvan, dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het. 15Wie ook al bely dat Jesus die •Seun van God is, God bly in hom, en hy in God. 16Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het.

God is liefde. En wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom. 17Hierin het die liefde onder ons tot vervulling gekom: Ons sal op die oordeelsdag vrymoedigheid hê, omdat ons in hierdie wêreld ook soos Jesus is. 18In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. 19Ons het lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. 20As iemand sê, “Ek het God lief”, en sy broer haat, is hy ‘n leuenaar. Want wie sy broer, wat hy sien, nie liefhet nie, kan nie God liefhê, wat hy nie sien nie. 21En dit is die gebod wat ons van Hom ontvang het: Wie God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

Wenk

WENK: Bid en vra die Heilige Gees of daar iemand is met wie jy moet gaan vrede maak. Dan gaan doen jy dit in afhanklikheid van Hom tot sy eer.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za