Missie Japan

Missie Japan

Ons ondersteun tans twee sendelingpare (Dr Stéphan en Carina van der Watt en hul kinders asook Elmar en Nadine du Rand), wat in Kobe woon, werk en studeer . Missie Japan is ‘n gesamentlike sending van die NG Kerk-familie in noue vennootskap met die plaaslike Gereformeerde Kerk in Japan (RCJ). Dit is ‘n geloofsaksie, afhanklik van die vrywillige pogings van individue, families, groepe en gemeentes van regoor die wêreld. Die RCJ is ‘n klein, maar standvastige kerk, tans in haar vyf en sewentigste bestaansjaar en het ongeveer 10 000 lidmate in 140 gemeentes landwyd.

Dr Stéphan en Carina van der Watt

Die Van der Watt gesin se betrokkenheid by RCJ het in April 2009 begin toe hulle na Shikoku eiland gestuur is. Hulle rol was om 19 klein gemeentes te ondersteun en toe te rus. Hulle bedieningsfokus was op RCJ Tokushima-gemeente, waar hul ses- en- ‘n- half jaar gewoon het.Die fokus van die Van der Watts se bediening het onlangs verskuif na die Westelike-ring, ge-sentreer in die Kobe-Osaka-Kyoto omgewing. Stéphan is in 2019 as leraar van die ring aanvaar.

Dr Stéfan werk ook plaaslik saam met Kita Kobe-gemeente, waar Carina baie betrokke is by die vroue van die gemeente en veral leiding neem met die kinderbediening en sondagskool..Sy het ook al amper vir 10 jaar haar kinders tuisonderrig gegee.

Stéphan se primêre verantwoordelikheid is as dosent in pastorale teologie en sorg by Kobe Reformed Theological Seminary. Die dag tot dag ritme van voorberei en aanbied van lesings in Japanees – bly ‘n groot uitdaging. Stéphan is ook betrokke by die RCJ se Westelikering, is lid van die Sinode se Diakonale Aksie komitee en dien ook op die bestuursraad van ‘n kerklike sorgsentrum vir gestremdes in Hiroshima.

Missie Japan
Missie Japan

Stéphan, Carina en kinders

Gebedsversoeke

Hulle het ‘n vaste Gebedsboekmerk vir daaglikse voorbidding wat by die kerkkantoor beskikbaar is.

Kontak en bank besonderhede

Kontak: Baie inligting, foto’s en videos is beskikbaar by https://missionjapan.co.za/

Bank: ABSA, Rekeningnaam: Missie Japan, Takkode: 632005, Rekeningnomme:-4049690248.

Verwysing: eie naam en van + VDW