Woekering in die Makhathini

‘n Groep van 110 leerders van Wesvalia Hoërskool het ondersteunings werk in die Makhathini gemeenskappe gaan doen. Die groep het by Embangweni gewerk aan die Kerk en gehelp met onderhoud en fisiese werk waaroor die gemeenskap baie dankbaar is. Die Kerk is binne geverf en ‘n kruis teen die agterste muur met die teks: “Wie die Seun het het die lewe…” (1 Joh. 5: 12) is aangebring om die Kerk op te vrolik. Daar is draad gespan met ‘n hek; asook ander noodsaaklike onderhoudswerk is gedoen.

Lees meer “Woekering in die Makhathini”

Sendingnuus: Makatini – Januarie 2024

Jammer dat ons so stil is aan ons kant. Reeds twee weke tuis. Ons het baie hard gewerk deur verantwoordelheid te neem vir die troue van Phumlani en Esther hier by ons in die tuin. (Phumlani en Esther is beide studente by die bybelskool te Baberton) Phumlani kom vanuit n heidense agtergrond en Ester vanuit n sterk christen huis in Zambië. Ek is so dankbaar dat Phumlani nou deel kan wees van n christen familie. Die familie vanuit Zambië het hier gekuier vir sowat n week.  Ek en die pa van Esther (nl Lawrence) het soveel in gemeen, daar hy sy MTh graad by UP behaal het. Jeanne en die ma van Esther (nl Susan) het net so baie in gemeen, daar sy hul kinders die grootste deel van hul skooljare tuisskool aangebied het. Dit is een van die mees geseënde gesinne wat ek nog ontmoet het. En die Here het alles voorsien vir die troue…. (storie op storie) 🙌🙌🙌

Lees meer “Sendingnuus: Makatini – Januarie 2024”

Makhatini Nuus: Januarie 2023

Makhatini Sending

(Spesifiek aan vennootskap gemeentes.)

Die afgelope Sondag was die eerste geleentheid vir my in 2023 om weer ‘n erediens te lei. Tydens die diens sing gogo Mthembu, soos gebruiklik, ‘n lied vir die gemeente. Philemon wat langs my sit, lig my in dat hy nie verstaan wat sy sing nie, en daarom nie vir my kan tolk nie. Sy sing ‘n lied in Tonga. Sy kom eintlik oorspronklik vanaf Mosambiek. Ongeag die verskil in taal en kultuuragtergronde, beleef ons saam die teenwoordigheid van die Here. Ons is weer tuis in Makhathini!!!!

Lees meer “Makhatini Nuus: Januarie 2023”

Makhatini vennootskapsvergadering: Oktober 2022 – Saam is ons beter

Makhatini

Soos ons weet, is die vorming van vennootskappe een van die kragtigste samewerkings- en ondersteuningsmetodes wat ons as gelowiges kan ervaar. Dit gee ook vir ons die geleentheid om mekaar oor ons kultuurgrense heen te leer ken en as EEN in Christus tot seën te wees vir die omgewings waarin ons woon en werk.

Lees meer “Makhatini vennootskapsvergadering: Oktober 2022 – Saam is ons beter”

Makhathini – Nuusflitse April 2022

Ons het berig vanaf Louwrens van Makhathini ontvang dat hulle groot waardering het vir die besoek wat die Getuienisaksie van die Wes Kaap se Daniel de Wet en sy gesin verlede week aan hulle gebring het. Daniel het onder andere ‘n ontmoeting met ‘n groep gemeenteleiers gehad. Die gesprek met hulle oor die gemeente se toekoms was baie insiggewend en rigtinggewend. Hiermee ‘n klompie fotos ter info

Lees meer “Makhathini – Nuusflitse April 2022”

Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45

Jeanne Louwrens van der Westhuizen

Themba het laas naweek met van die Sondagskool personeel ontmoet om beplanning te doen vir 2022, soos op foto. Ek het aanduiding gekry vanaf Hartenbos en Jeffreysbaai dat hul graag volgende jaar Makhathini sal wil besoek. As daar nog gemeentes is wat dit oorweeg kan jul my met groot vrymoedigheid kontak. Dit help ook met die beplanning vir 2022 aan hierdie kant.

Lees meer “Nuus en voorbidding vir Makhathini – Week 45”