Sondag 19 Mei 2024 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Hand 2:1-21 & Gen 11:9.
Die tema van die prediking is: In my taal?
• Pinksterfees – Nagmaal.
• GEEN Kategese.
• Spesiale offer vir Bybelverspreidingsfonds by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 19 Mei om 15:00
Gelei deur ds Charné Viljoen
Vrye Gereformeerde Kerk Groot-Brakrivier
U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Dit is ’n twee ure lange diens by die VG Kerk, Groot-Brakrivier.
Sang en boodskappe vanaf verskillende kerke word voorgehou.
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die VG Kerk.
Dinsdag 21 Mei 2024 :
• Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van
Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 22 Mei 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
• Daar is GEEN blokbyeenkoms die week nie.
Blok 10A (Tergniet-Oos) se blokbyeenkoms word gehou saam met blok 10B (Tergniet-Sentraal & Wes) op 29 Mei 2024 by Maja Wagener, Luckhoffstraat 2 – 083 476 6147.
Donderdag 23 Mei 2024 :
Bloedskenk-geleentheid :
DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag!
Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 23 Mei 2024 vanaf 15:00 tot 19:00
in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.


Sondag 26 Mei 2024 :
• Erediens om 09:00. • Prediker – Ds Charné Viljoen. • Kategese. • Sinodale offer vir Buitelandse Sending
(Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop
van die erediens. Almal is welkom.
Dankie
’n Bedrag van R20 221 is ingevorder vir Bybelgenootskap met die Pinksterdienste se deurkollekte. Baie dankie vir elkeen se bydrae.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.
Ds Danie Goosen besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:00 en 13:00.
Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die oorblywende datums vir die tweede kwartaal is 22 Mei en 5 & 19 Junie. Na 8 Mei se uitreik is ons voorraad baie laag. By voorbaat baie dankie vir julle getroue ondersteuning.
• Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.
KOLLEKTE SAKKIES
Ons benodig vrywilligers wat kan help met die mooimaak van ons kollekte sakkies. Indien u bereid is kontak asseblief die kerkkantoor.
Omgeebediening :
• Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ens. Enige bydraes help om nood te verlig.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
Jeugbediening:
• Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00. Skakel asb vir Vicky Barnard –
083 500 5687 – indien u enige verdere inligting verlang.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
19 Mei 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 19 Mei 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Weeklikse Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
- Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Onder leiding van die Heilige Gees”. - Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Lanstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


