Kersdag en Oujaarsdag 2023

Die Kersdiendste is op feestelike wyse met die aansteek van die Christus-kers gevier en goed bygewoon. Die vier dienste van Kersdag 2023 (Ds Danie Goosen (×2), Nadia Marais en Dr Frans Hancke) het ‘n wonderlike bywoning van ongeveer 1850 lidmate en besoekers gehad (en dit sluit nie die 566 YouTube besoeke aan die Erediens uitsending in nie) om die herinnering aan die koms van ons Verlosser, Jesus Christus te vier.

Die Oujaarsdienste van Dr Frans Hancke was ook goed bygewoon en die YouTube besoeke alleen was bykans 1000.

Doopvreugde Desember 2023

Groot-Brakrivier gemeente het ‘n ongekende vreugde van vier dopelinge op 24 Desember 2023 beleef. Vir die gemeente met hoofsaaklik afgetrede lidmate was dit heerlik om so’ n dag te beleef.

Blomme-plesier 2023

Die Erediensbediening van die gemeente het gesorg dat daar tematiese blomrangskikkings maandeliks in die kerk gedurende 2023 geplaas is. Die rangskikkings. Daar was spesiale ruikers vir Paasfees, Opstandingsondag, Pinkster, Hemelvaart, Dankseggings-Sondag en die Kerssangdiens; daar was ook spesiale ruikers vir Moedersdag en Vadersdag. Una Vorster was hoofsaaklik verantwoordelik vir die ruikers van 2023.

Ons is dankbaar vir die verfraaiing van die dienste, wat die ervaring van die sosiale samesyn van gelowiges so ‘n plesier maak.