Week 02 Dag 10 – Ons doen beter – Ons is die plan: 9 Weke van Transformasie

Ons moet nie dink dat God se Ou Testamentiese (OT) pogings misluk het en dat daar in die Nuwe Testament (NT) nou ’n nuwe plan ( krisis-bestuur ) na vore kom nie! Nee, daarom begin die NT met ’n geslagsregister wat aandui hoe God se ewigheidsplan deur die (OT) geslagte op koers is en in die NT op ’n besondere manier in vervulling kom.

Gebed

Wat jy nou uit God se Woord sal ontdek, is so belangrik dat jy jou daarvoor geestelik moet voorberei. Jesus het belowe: “Wie soek, sal vind ” (Luk 11:9- 10).

Luk 11:9- 10
9Ek sê vir julle:
“Vra, en vir julle sal gegee word;
soek, en julle sal vind;
klop, en vir julle
sal oopgemaak word.
10Want elkeen wat vra, ontvang;
en wie soek, vind;
en vir wie klop, sal oopgemaak word.

Soek God se wil biddend in afhanklikheid en stel jouself oop vir die Heilige Gees se leiding.

Lees die Skrif

Lees Matt 1:21-23; 28:19; Joh 1:1-18; 3:16.

Matt 1:21-23

21Sy sal geboorte gee aan ‘n seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos.” 22Dit het alles gebeur sodat wat die Here deur die profeet gesê het, vervul kon word:

23“Kyk, die maagd sal swanger word
en ‘n seun in die wêreld bring,
en hulle sal Hom Immanuel noem” –wat, as dit vertaal word, beteken ‘God is met ons.’

Matt 28:19
19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,

Joh 1:1-18

11In die begin was die Woord,
en die Woord was by God,
en die Woord was God.
2Hy was in die begin by God.
3Alles het deur Hom ontstaan,
en sonder Hom het selfs
nie een ding wat bestaan,
ontstaan nie.
4In Hom was lewe,
en dié lewe was die lig vir die mense.
5En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie
.

6Daar was ‘n man, gestuur deur God, wie se naam Johannes was. 7Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom kon glo. 8Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

9Die ware lig wat elke mens verlig,
was aan die kom na die wêreld.
10Hy was in die wêreld,
en die wêreld het
deur Hom ontstaan,
en tog het die wêreld
Hom nie erken nie.
11Hy het gekom na wat syne was
en tog het sy eie mense
Hom nie aanvaar nie.
12Maar aan almal wat Hom
aanvaar het,
het Hy die reg gegee
om kinders van God te word –
hulle wat in sy Naam glo.
13Hulle is nie uit bloed nie,
ook nie uit liggaamlike drang nie,
ook nie uit die wil van ‘n man nie,
maar uit God gebore.
14En die Woord het vlees geword
en onder ons kom woon,
en ons het sy heerlikheid aanskou,
‘n heerlikheid soos dié
van die unieke Seun van die Vader –
vol genade en waarheid.

15Johannes getuig oor Hom en roep uit: “Hý is die Een van wie ek gesê het, ‘Hy wat ná my kom, is my voor, omdat Hy die eerste was.’ ”

16Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. 17Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. 18Niemand het God nog ooit gesien nie; die unieke Seun, self God, wat teen die bors van die Vader is, Hy het Hom bekend kom maak.

Joh 3:16
16Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 66:18-19; 2 Kor 5:14; Rom 10:13-17: 15:20; 1 Tim 2:3-6; 2 Pet 3:9.

Jes 66:18-19
18“En Ek? Wat hulle dade en gedagtes betref, die vuur is aan die kom om al die nasies en tale bymekaar te dryf. Hulle sal kom en my heerlikheid sien. 19Ek sal onder hulle ‘n teken oprig, en sommige van dié wat oorleef, stuur na die nasies, na Tarsis, Pul en Lud – hulle wat die boog span – na Tubal en Jawan, die verre eilande wat nog nie van my roem gehoor en my heerlikheid nog nie gesien het nie. Hulle sal my heerlikheid onder die nasies bekend maak. 

2 Kor 5:14
14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het;

Rom 10:13-17

13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”

14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

16Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” 17Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.

Rom 15:20
20So het ek my dit ten doel gestel om die evangelie te verkondig, nie waar Christus reeds bekend was en ek dus op iemand anders se fondament sou bou nie, 

1 Tim 2:3-6

3Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, 4wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom.

5Want daar is een God,
en een Middelaar tussen God en die mense:
die mens •Christus Jesus,
6wat Homself as losprys vir almal gegee het,
tot getuienis op die bestemde tyd.

2 Pet 3:9
9Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. 

Skryf / Vul in

Skryf dit wat jy ontdek het van hoe God se ewigheidsplan ook in die NT ontvou, neer.


Die NT is van begin tot einde ’n sendingboek – dink maar aan Jesus se eerste intree-preek (Mark 1:15) waar Hy reeds die Koninkryk van God voor oë gehad het. Hier is egter een groot verskil: sending kry nou ’n gestalte, dié van Jesus. Die Missio Dei maak sy verskyning as Immanuel – God met ons. Dit beteken dat sending in die NTnie net ’n opdrag is nie, maar ’n Persoon! Jou en
my betrokkenheid by sending
is méér as net gehoorsaamheid: Dit is die gevolg van ’n ontmoeting met Jesus Christus! Dit is dissipelskap!

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Dink aan Jesus se opmerking in Matt 12:34, sy belofte in Hand 1:8, Petrus en Johannes se ervaring in Hand 4:19-20 asook Paulus se belydenis in 2 Kor 5:14

Matt 12:34
34Addergeslag! Hoe kan julle iets goeds sê as julle sleg is? Want waar die hart van vol is, loop die mond van oor. 

Hand 1:8
8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

Hand 4:19-20
19Petrus en Johannes het hulle egter geantwoord en gesê: “Of dit reg is voor God om eerder na julle te luister as na God, moet julle self oordeel; 20want ons kan nie swyg oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

2 Kor 5:14
4Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 

Net soos in die OT, sal ons ook in die NT vind dat sending op drie maniere tot uiting kom:

  1. Sentripetaal: Deurdat mense tot ons aangetrokke voel omdat die kragtige teenwoordigheid en dade van die Here in ons lewens ’n sigbare werklikheid is.
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl Hand 4:13-20; 9:31-42; Matt 5:16; 10:19-20

Hand 4:13-20
13Toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien en besef dat hulle ongeleerd en leke is, was hulle verbaas en het hulle hulle herken as mense wat saam met Jesus was. 14Maar omdat hulle die man wat gesond gemaak is, by hulle sien staan het, kon hulle niks daarteen sê nie. 15Hulle het hulle toe beveel om die raadsaal te verlaat, en met mekaar beraadslaag: 16“Wat gaan ons met hierdie mense doen? Dit is immers vir al die inwoners van Jerusalem duidelik dat ‘n onmiskenbare teken deur hulle toedoen plaasgevind het. Ons kan dit nie ontken nie. 17Maar om te verhoed dat dit verder onder die volk versprei, laat ons hulle dreig, sodat hulle nie meer met enige mens in hierdie Naam praat nie.” 18Hulle het hulle toe teruggeroep en hulle beveel om hoegenaamd nie meer in die Naam van Jesus te praat of onderrig te gee nie. 19Petrus en Johannes het hulle egter geantwoord en gesê: “Of dit reg is voor God om eerder na julle te luister as na God, moet julle self oordeel; 20want ons kan nie swyg oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Hand 9:31-42

31Die •kerk dwarsdeur die hele Judea, Galilea en Samaria het vrede beleef en is opgebou. Hulle het met ontsag voor die Here geleef, en met die bemoediging van die Heilige Gees, het hulle getalle toegeneem.

GENESING VAN ENEAS

32•Petrus het oral rondgereis, en ook by die •heiliges wat in Lidda woon, aangekom. 33Daar het hy ‘n man teëgekom met die naam Eneas, wat al agt jaar bedlêend en verlam was. 34Petrus het vir hom gesê: “Eneas, Jesus Christus maak jou gesond. Staan op en maak jou bed op!” En hy het dadelik opgestaan. 35Al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien, en hulle tot die Here gewend.

OPWEKKING VAN TABITA

36In Joppe was daar ‘n sekere vrouedissipel met die naam Tabita, wat as Dorkas vertaal is. Sy het baie goeie dade verrig en liefdadigheid bewys. 37In daardie dae het sy siek geword en gesterf. Hulle het haar gewas en in ‘n bovertrek neergelê. 38Aangesien Lidda naby Joppe was, het die dissipels, toe hulle hoor dat •Petrus daar is, twee mans na hom gestuur met die versoek: “Kom sonder uitstel na ons toe!” 39Petrus het toe gereedgemaak en saam met hulle gegaan. Toe hy daar aankom, het hulle hom na die bovertrek geneem. Al die weduwees het huilend by hom kom staan, en vir hom die onder- en boklere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog by hulle was. 40Nadat Petrus almal na buite gestuur het, het hy gekniel en gebid. Toe het hy hom na die liggaam omgedraai en gesê: “Tabita, staan op!” Sy het haar oë oopgemaak, en toe sy Petrus sien, het sy regop gaan sit. 41Hy het sy hand vir haar gegee en haar help opstaan. Toe het hy die •heiliges en die weduwees geroep, en haar lewend aan hulle getoon. 42Dit het dwarsdeur die hele Joppe bekend geword, en baie het tot geloof in die Here gekom.

Matt 5:16
16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Matt 10:19-20
19En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.

Week 2 Dag 9 Modelleer
Week 2 Dag 9 Modelleer
  1. Modelleer: Deur as volk van God só te leef dat ander jaloers sal word en ook tot God aangetrokke sal wees en Hom dan die eer bring wat Hom toekom.
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 5:13-16; 1 Kor 11:1; Ef 5:8-20; Fil 2:12-16a; 1 Tim 1:16; 2 Tim 3:10; Heb 13:7

Matt 5:13-16
BERGREDE: SOUT EN LIG

(Mark 9:50; 4:21; Luk 14:34-35; 8:16)

13“Julle is die sout vir die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit deug vir niks meer nie, behalwe om buite gegooi te word sodat dit deur die mense vertrap kan word.

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

1 Kor 11:1
111Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van •Christus volg.

Ef 5:8-20

8Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig! 9Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en •geregtigheid en waarheid. 10Beproef wat vir die Here aanneemlik is. 11Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie; stel dit eerder aan die kaak. 12Want die dinge wat deur hulle in die geheim gedoen word – selfs net om daaroor te praat, is skandelik. 13Tog word alles wat deur die lig ontmasker word, openbaar; 14immers, alles wat sigbaar word, is lig. Daarom word gesê:

Word wakker, jy wat slaap,
en staan op uit die dood
en •Christus sal sy lig
oor jou laat skyn.

DIE LEWE DEUR DIE GEES

15Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses. 16Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is. 17Om hierdie rede moet julle nie onverstandig wees nie; probeer eerder om te verstaan wat die wil van die Here is. 18En moenie deur wyn bedwelm raak nie; daardeur ontstaan losbandigheid. Inteendeel: Word vervul deur die Gees, 19terwyl julle onder mekaar psalms, lofgesange en geestelike liedere laat opklink, ja, van harte tot die Here sing en psalmsing, 20en God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus •Christus dank.

Fil 2:12-16a

LIGDRAERS IN DIE WÊRELD

12Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was – nie net in my teenwoordigheid nie, maar nou ook nog veel meer in my afwesigheid – werk met vrees en bewing aan julle verlossing. 13Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God. 14Doen alles sonder kla en teenpraat, 15sodat julle sonder blaam en onskuldig kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van ‘n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal, 16deurdat julle vashou aan die woord van die lewe. 

1 Tim 1:16
16Ek is juis om hierdie rede begenadig, sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy geduld kon betoon, as voorbeeld vir hulle wat in Hom sou glo met die oog op die ewige lewe.

2 Tim 3:10
10Jy het my egter nougeset nagevolg in leer, lewenswandel, voorneme, geloof, geduld, liefde en volharding, 

Heb 13:7
7Hou altyd julle leiers in gedagte, dié wat die woord van God aan julle verkondig het; gee ag op die uiteinde van hulle lewensloop, en neem hulle geloof as voorbeeld. 

3. Sentrifugaal: Deur God se getuies vir die nasies te wees.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 24:14; Hand 1:8; Rom 1:1-7; 14-17; 2 Kor 4:13-15; 1 Pet 2:9.

Matt 24:14
4Hierdie evangelie van die koninkryk sal oor die hele wêreld verkondig word as getuienis vir al die nasies. En dan sal die einde kom.”

Hand 1:8
8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.” 

Rom 1:1-7

11Paulus, ‘n dienskneg van •Christus Jesus, ‘n geroepe •apostel, afgesonder vir die evangelie van God, 2wat Hy reeds tevore deur sy profete in die heilige Skrifte beloof het 3aangaande sy Seun –
wat na die liggaam
uit die nageslag van Dawid gebore is,
4wat na die Gees van heiligheid
op grond van sy opstanding uit die dood
kragtig aangedui is
as die •Seun van God –Jesus Christus, ons Here, 5deur wie ek die genade van my apostelskap ontvang het om tot eer van sy Naam mense uit al die heidenvolke tot geloofsgehoorsaamheid te bring, 6onder wie julle ook is, julle wat deur Jesus Christus geroep is –
7aan al die geliefdes van God wat in Rome is, geroepe heiliges:
Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.

Rom 1:14-17

14Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke, teenoor wyses sowel as onverstandiges, staan ek in die skuld – 15vandaar my hartsbegeerte om ook aan julle in Rome die evangelie te verkondig.

16Ek skaam my immers nie vir die evangelie nie, want dit is die krag van God tot verlossing vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood, maar ook vir die Griek. 17Want daarin word geopenbaar dat die •geregtigheid van God geheel en al op geloof berus, soos daar geskryf staan: “Die regverdige op grond van geloof sal leef.”

2 Kor 4:13-15
13Maar aangesien ons dieselfde Gees van die geloof het – soos geskryf staan, “Ek het geglo, daarom het ek gepraat” – glo ons ook, en daarom praat ons. 14Ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek, en julle voor Hom sal stel. 15Want dit gebeur alles ter wille van julle, sodat die genade, wat steeds meer mense insluit, die dankbaarheid oorvloedig kan maak tot eer van God.

1 Pet 2:9
9Julle, egter, is “’n uitverkore geslag”, “’n koninklike priesterdom”, “’n heilige nasie”, “’n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –

Om te leef as gestuurdes, as sendelinge, was vir die vroeë gemeentes voor die handliggend en sinoniem met Christenwees. Dit was nie net vir sekere mense bedoel nie! Jesus se opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees lei onafwendbaar tot sendingbetrokkenheid! Dit het sin en betekenis aan hulle bestaan gegee, selfs wanneer hulle daarvoor moes sterf (Joh 21:15-19; Fil 1:20-25; 2:17).

Joh 21:15-19;
15Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon •Petrus: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Laat my lammers wei.” 16Hy vra hom weer ‘n tweede keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My baie lief?” Hy sê vir Hom: “Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Pas my skape op.” 17Hy vra hom die derde keer: “Simon, seun van Johannes, het jy My lief?” Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde keer gevra het, “Het jy My lief?” en hy antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.” Jesus sê vir hom: “Laat my skape wei. 18Amen, amen, Ek sê vir jou: Toe jy jonger was, het jy self jou gordel vasgemaak en gegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud word, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou gordel vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.” 19Hy het dit gesê om aan te dui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik. En nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir Petrus: “Volg My!”

Fil 1:20-25;
20Dit is immers my innige verwagting en hoop dat ek nie in enige opsig beskaam sal word nie, maar dat Christus met alle vrymoedigheid ook nou, soos altyd, deur my liggaam verheerlik sal word, of dit nou deur my lewe of deur my dood is. 21Want vir my is om te leef Christus, en om te sterf wins;

Fil 2:17
17Maar al word ek ook as •drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, en verbly ek my saam met julle almal.

Skryf / Vul in

Stem jy saam dat die Nuwe Testamentiese gelowiges hierdie siening en ervaring van sending gehad het? Hoekom sê jy so?


Wat het sedertdien verander – God? Die Heilige Gees? Die gelowiges? JY? Geld dieselfde beginsels nog vandag? Waarom sê jy so?


Skryf / Vul in

Hoe voel jy oor die volgende stellings?:

  1. ’n Gelowige kan nie losgemaak word van die roeping om God se verteenwoordiger op aarde te wees nie.

2. Hoe vaar die Kerk ten opsigte daarvan vandag?


3. Hoe vaar jy? Onthou jy is deel van die Kerk.


Luister na lied

Luister na snit 4 (IS JY BEREID?) op die ingeslote CD.

Johann Botes – Is jy bereid om te gaan?

Johann Botes – Is jy bereid om te gaan?

Is jy bereid om te gaan, te vertel wat jy weet
Wat jy ken, nie verstaan, wat jy glo

Is jy bereid om te hoor wat jou God van jou vra
Om sy Woord uit te dra, te vertel

Is jy bereid om te volg waar die Gees jou ook lei
Met jou lewe, jou alles te gaan

Gaan dan heen die wêreld in, verkondig net die Woord
Vertel aan die mensdom om te glo

Is jy bereid om die krag van die Gees te ontvang
Te getuig van verlossing van bo

Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag in sy teenwoordigheid beleef het.

Week 2 Dag 10 God bebruik sy mense om sy seen na die nasies uit te dra - ook vandag
Week 2 Dag 10 God gebruik sy mense om sy seen na die nasies uit te dra – ook vandag
Skryf / Vul in

BEOORDELING: Gee ’n punt uit 10 vir hoe God se Nuwe Testamentiese sendelinge, die Kerk, vandag vaar.
Nou miskien die moeilikste: gee ’n punt uit 10 vir God se vandag-sendeling : JY…


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 50-56
Lees gerus ook Mark 13:10; Rom 1:1-4; 1 Tim 3:15

Mark 13:10
10En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. 

Rom 1:1-4
11Paulus, ‘n dienskneg van •Christus Jesus, ‘n geroepe •apostel, afgesonder vir die evangelie van God, 2wat Hy reeds tevore deur sy profete in die heilige Skrifte beloof het 3aangaande sy Seun –
wat na die liggaam
uit die nageslag van Dawid gebore is,
4wat na die Gees van heiligheid
op grond van sy opstanding uit die dood
kragtig aangedui is
as die •Seun van God –Jesus Christus, ons Here,

1 Tim 3:15
5Maar as ek vertraag word, moet jy weet hoe jy jou moet gedra in die huishouding van God: dit is die •kerk van die lewende God, ‘n pilaar en ‘n fondament van die waarheid.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za