Week 9 Dag 43 – Dissipels van alle nasies… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Vir die volgende twee dae gaan ons kyk wat die praktiese resultate is van die feit dat ons deel van God se plan is. Ons gaan na die vier Evangelies vanuit hierdie hoek kyk. In die Bybel vind die gemeente haar sendingdoel deur belydenis, diens, getuienis en liefde. (Kyk weer na Dag 29 en 30 oor die missionele karakter.) Dit gee onafwendbaar aanleiding tot praktiese uitkomste. ’n Mens sou kon sê: Die Bybel se klem op doen is die Evangelie-in aksie; daarsonder het die gemeente geen impak na buite nie en verloën sy haar vermoë om sout en lig vir die wêreld te wees (Jak 1:22-27; 2:14-26).

Jak 1:22-27;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener. 26As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs. 27Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.

Jak 2:14-26
GELOOF EN DADE
14Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? 15As ‘n broer of ‘n suster sonder klere en daaglikse kos is, 16en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit? 17So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

18Maar as iemand sê, “Jy het geloof en ek het dade,” wys dan vir my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys. 19Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe. 20Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? 22Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het? 23En die Skrif is vervul wat sê: “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” 24Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie. 25Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

Gebed

Bid en vra die Here om met jou te praat…

Lees die Skrif

Lees Matt 5:13-16; 7:15-27; 28:19-20.

Matt 5:13-16;

13“Julle is die sout vir die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit deug vir niks meer nie, behalwe om buite gegooi te word sodat dit deur die mense vertrap kan word.

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Matt 7:15-27;

15“Wees op julle hoede vir die vals profete wat in skaapsklere na julle kom, maar in hulle binneste wolwe is wat verskeur. 16Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken. Pluk ‘n mens miskien druiwe van doringstruike of vye van dissels? 17Net so dra elke goeie boom goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte. 18‘n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie. 19Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. 20Aan hulle vrugte sal julle hulle dus uitken.

21“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. 22Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ 23Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ”

24“Daarom sal elkeen wat na my woorde luister en daarvolgens handel, soos ‘n verstandige man wees wat sy huis op rots gebou het. 25Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit nie ineengestort nie, omdat dit stewig op rots gevestig was. 26Maar elkeen wat hierdie woorde van My hoor en dit nie uitvoer nie, sal soos ‘n onverstandige man wees wat sy huis op sand gebou het. 27Toe die reën begin val en die stormwaters kom en die winde waai en daardie huis tref, het dit ineengestort, en die ineenstorting was geweldig.”

Matt 28:19-20

19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Skryf / Vul in

Dink ’n oomblik oor die volgende vrae:

  • Wat is die doel van sout?
  • Sou dit nie sinloos wees vir ’n huisvrou om te spog oor die suiwer sout in die soutpot, terwyl die kos onsmaaklik is nie? Of vir die boer om te spog oor die baie sakke sout op die plaas, terwyl die velle vol wurms en aan die vrot raak is nie? Wat van die sieke wat spog met skoon sout in die medisynetas, terwyl sy wond besmet is met kieme?
  • Is iets hiervan dalk waar in jou lewe?
  • Wat is die doel van lig? Beteken ’n brandende kers in ’n vertrek met buisligte ooit iets, of is dit net ’n vermorsing van die kers?
  • Wat dink jy sou Jesus met hierdie paar verse vir sy dissipels (Kerk) wou sê?

Wanneer ’n instrument nie die doel bereik waarvoor dit gemaak is nie, kan dit nie ’n positiewe bydrae lewer, of ’n verskil maak nie. So is sout se bedoeling om smaak te gee en bederfwerend in te werk. Lig se doel is om duisternis te verdryf.

Vgl Joh 1:4-5.
4In Hom was lewe,
en dié lewe was die lig vir die mense.
5En die lig skyn in die duisternis,
en die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Die Kerk van Christus is ook geroep om ’n verskil te maak aan die wêreld waarbinne God ons geplaas het. Wanneer die Kerk begin getuig en Christus se liefde leef in ’n hooplose wêreld, kom daar hoop! Die bergpredikasie leer dat woord en daad nie van mekaar losgemaak kan word nie.

Dink na / Besin

Dink ook aan Jesus se woorde oor die laaste oordeel. Hier gaan dit oor die boom wat aan sy (geloofs-)vrugte geken moet word. So haal Matteus ’n paar voorbeelde aan waar Jesus beklemtoon dat die Kerk geroep is om ’n praktiese verskil in die wêreld te maak. Matt 28:1919Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, leer ons dat sending kategetiese sending sal wees, met ander woorde: nie “ leer hulle om alles te ken en onthou” nie, maar: “ om alles te onderhou.” (Dit beteken: om sy wil te LEEF!)

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 25:31-46; 12:33

Matt 25:31-46;

31“Wanneer die •Seun van die Mens in sy heerlikheid kom, en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy glansryke troon gaan sit. 32Al die nasies sal voor Hom byeengebring word, en Hy sal hulle van mekaar skei soos ‘n herder die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy aan sy regterhand laat staan en die bokke aan sy linkerhand. 34Dan sal die Koning vir dié aan sy regterhand sê, ‘Julle, geseëndes van my Vader, kom beërf die koninkryk, wat vir julle gereedgemaak is van die grondlegging van die wêreld af. 35Want Ek was honger, en julle het vir My iets te ete gegee; Ek was dors, en julle het vir My iets te drinke gegee; Ek was ‘n •vreemdeling, en julle het My as ‘n gas verwelkom; 36Ek was nakend, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My versorg; Ek was in die tronk, en julle het My besoek.’ 37Dan sal die •regverdiges Hom antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed, of dors en iets te drinke gegee? 38En wanneer het ons U as ‘n vreemdeling gesien, en as gas verwelkom, of nakend, en U geklee? 39En wanneer het ons U siek of in die tronk gesien, en U besoek?’ 40Maar die Koning sal vir hulle sê, ‘•Amen, Ek sê vir julle: Wat julle ook al vir een van hierdie geringste broers van My gedoen het, het julle vir My gedoen.’

41“Dan sal Hy vir dié aan sy linkerhand sê, ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur, wat gereedgemaak is vir die Duiwel en sy engele. 42Want Ek was honger, en julle het My nie iets te ete gegee nie, dors, en julle het My nie iets te drinke gegee nie. 43Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My nie as gas verwelkom nie, nakend, en julle het My nie geklee nie, siek en in die tronk, en julle het My nie besoek nie.’ 44Dan sal hulle antwoord, ‘Here, wanneer het ons U honger gesien, of dors, of as ‘n vreemdeling, of nakend, of siek, of in die tronk, en U nie versorg nie?’ 45Dan sal Hy hulle antwoord, ‘Amen, Ek sê vir julle: Wat julle vir een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle ook nie vir My gedoen nie.’ 46Hierdie mense sal weggaan na die ewige straf, maar die regverdiges na die ewige lewe.”

Matt 12:33

33“Óf julle beskou die boom as goed en sy vrugte as goed, óf julle beskou die boom as sleg en sy vrugte as sleg. Aan sy vrugte word die boom immers geken.

Skryf / Vul in

Wat vra Jesus se strategie vir sy Kerk (Matt 28:19) van kerkleiers oor die opbou en toerus van lidmate (Ef 4:11-16)?

Matt 28:19
9Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees,

Ef 4:11-1611En Hy het sommige as •apostels, ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars gegee, 12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.


Wat vra dit met betrekking tot die skep van geleenthede vir lidmate om hierdie opdrag uit te voer?


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Deut 6:1; Jak 1:22-25; 2:14-26(!)

Deut 6:1;
1“Dit dan is die gebod, die vaste voorskrifte en beslissings wat die Here julle God my beveel het om julle te leer, dat julle dit kan uitleef in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem – 

Jak 1:22-25;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener.

Jak 2:14-26(!)

14Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? 15As ‘n broer of ‘n suster sonder klere en daaglikse kos is, 16en een van julle sê vir hulle, “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar julle gee nie vir hulle wat die liggaam nodig het nie, wat help dit? 17So is geloof alleen, as dit nie op dade uitloop nie, dood.

18Maar as iemand sê, “Jy het geloof en ek het dade,” wys dan vir my jou geloof sonder dade, en ek sal jou uit my dade my geloof wys. 19Glo jy dat God Een is? Goed so. Ook die demone glo dit, en hulle bewe. 20Wil jy weet, o nietige mens, dat geloof sonder dade nutteloos is? 21Is Abraham, ons vader, nie op grond van sy dade regverdig verklaar, omdat hy sy seun Isak op die altaar geplaas het nie? 22Kan jy sien dat die geloof meegewerk het met sy dade, en dat vanuit die dade die geloof volkome geword het? 23En die Skrif is vervul wat sê: “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.” 24Julle sien dus dat ‘n mens op grond van dade regverdig verklaar word, en nie deur geloof alleen nie. 25Is Ragab, die prostituut, nie ook net so op grond van dade regverdig verklaar, toe sy die boodskappers gasvry ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie? 26Want net soos die liggaam sonder asem dood is, só is die geloof sonder dade dood.

Lees die Skrif

Lees Mark 1:14-15; 4:3-9; 13-20

Mark 1:14-15;
14Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het. 15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”

Mark 4:3-9; 13-20

3“Luister, julle! Kyk, ‘n saaier het uitgegaan om te saai. 4Tydens die saaiery het ‘n deel van die saad langs die pad geval, en voëls het gekom en dit opgepik. 5‘n Ander deel het op ‘n rotsagtige plek geval waar daar nie baie grond was nie, en dit het dadelik opgekom, omdat die grond nie diep was nie. 6Maar toe die son opkom, is dit verskroei. Omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 7‘n Ander deel het tussen die dorings geval. Die dorings het opgekom en dit verstik, en dit het nie vrug voortgebring nie. 8En nog ander saad het op goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en opbrengs gelewer, een dertig-, ‘n ander sestig- en nog ‘n ander honderdvoudig.” 9Toe het Hy gesê: “Laat dié wat ore het om te hoor, luister!”

13En Hy sê vir hulle: “Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? Hoe sal julle dan al die gelykenisse verstaan? 14Die saaier saai die woord. 15Die saad langs die pad is die mense by wie die woord gesaai word – sodra hulle dit hoor, kom Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle gesaai is. 16En die saad wat op die rotsagtige plekke gesaai is, is die mense wat die woord dadelik met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor; 17maar hulle het nie wortel geskiet nie en hou net ‘n rukkie. As verdrukking of vervolging vanweë die woord plaasvind, struikel hulle dadelik. 18En ander weer is die saad wat tussen die dorings gesaai is. Hulle is diegene wat die woord hoor, 19maar die bekommernisse van hierdie wêreld, die verleiding van rykdom en die begeertes na allerlei dinge dring in en verstik die woord, en dit bly sonder vrug. 20Maar die saad wat op die goeie grond gesaai is, is daardie mense wat die woord hoor, dit aanneem en vrug dra, een dertig-, ‘n ander sestig- en nog ‘n ander honderdvoudig.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Gal 5:6; 6:9-10; Ef 2:10; 2 Kor 5:14-15

Gal 5:6;
Want in Christus Jesus is besnedenheid of onbesnedenheid van geen belang nie, maar wel geloof wat deur liefde werksaam is.

Gal 6:9-10;
9‘n Bietjie suurdeeg maak al die deeg suur. 10Wat julle betref: Ek is in die Here daarvan oortuig dat julle nie anders as ek sal dink nie; maar die een wat julle in verwarring bring, sal die straf dra, wie hy ook al mag wees.

Ef 2:10;
10Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef.

2 Kor 5:14-15
14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 15en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

Skryf / Vul in

Bid en dink oor die volgende vrae:
Wat sou Jesus bedoel met die woorde: “Bekeer julle en glo die
evangelie?”


Waarom het Hy dit gekoppel aan die koms van die Koninkryk van God?


Wat onderskei mense by wie die saad op goeie grond geval het, van diegene by wie dit op die pad , op klipbanke en tussen die onkruid beland het ? (Hoe sal jy die verskil weet – want volgens die gelykenis het almal gehoor?) (Vgl ook Joh 15:5-85Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie. 6As iemand nie in My bly nie, word hy soos ‘n loot buite uitgegooi, en verdroog. Hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. 7As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur. 8Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle baie vrug dra en my dissipels kan wees.”.)


In Markus is die teenwoordigheid van die Koninkryk van God KRAG in aksie, nl om te getuig, te transformeer en te konfronteer (Mark 13:10-1110En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. 11Wanneer hulle julle gevange neem en julle oorlewer, moet julle julle nie vooraf bekommer oor wat julle moet sê nie, maar wat ook al op daardie oomblik aan julle gegee word, dit moet julle sê; want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees. ). Hy beklemtoon dat Jesus die oorwinnaar is wat die krag van die Koninkryk van God verkondig. Dit bied weerstand teen enige mag of krag wat wil onderdruk of vernietig. Verder daag Jesus ook sy dissipels uit om sy passie vir die Koninkryk deur diens, lyding en opoffering, te deel. So was Jesus se intreepreek ’n bekeringspreek – met die koms van die Koninkryk van God as fokus! Daar moet ’n onbetwisbare verband wees tussen dit wat ons bely ( beweer ? – vgl Jak 2:1414Wat baat dit, my broers, as iemand sê dat hy geloof het, maar hy het nie dade nie? Dié geloof kan hom tog nie verlos nie? ) en dit wat in en deur ons lewens gesien kan word.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 5:16; Mark 16:20; Joh 15:16; 1 Joh 4:1

Matt 5:16;
16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Mark 16:20;
0Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. •Amen.

Joh 15:16;
16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrug te dra, vrug wat blywend is, sodat, wat julle die Vader in my Naam vra, Hy dit aan julle mag gee. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê.”

1 Joh 4:1
1Geliefdes, moenie elke gees glo nie, maar toets die geeste of hulle van God kom, want daar is reeds baie vals profete in die wêreld. 

“Praktiese uitkomste,” (so het iemand by geleentheid gesê) “ is die genadelose eksaminator van ons kwistige bewerings!”

Dink na / Besin

Dink hieroor na: Teologie gaan nie die wêreld verander nie – Jesus verander die wêreld deur die kragtige werking van sy Gees en deur die lewens van sy Geesvervulde volgelinge (Mark 16:20; Joh 5:39-40).

Mark 16:20;
20Hulle het toe uitgegaan en oral gepreek. Die Here het met hulle meegewerk en die prediking bevestig met wondertekens wat daarop gevolg het. •Amen.

Joh 5:39-40
39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.

Skryf / Vul in

Sou julle gemeenskap / dorp / stad / die wêreld, iets mis as julle gemeente sy deure sou toemaak? Indien wel – wat sou hulle mis? (Vergelyk Dawid se gebedsversugting en smeking voor God in Ps 30:10.)

Ps 30:10
10Watter nut het dit
as my bloed gestort word,
as ek na die grafkuil afgaan?
Sal stof U prys?
Sal dit u trou verkondig?


Luister na lied

Luister na snit 12 (GOD GEE DIE NASIES IN ONS HAND Psalm 2:8) op die ingeslote CD.

“12 God gee die Nasies” vanuit 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes. Snit 12. Genre: Gospel

God gee die Nasies” vanuit 9 Weke van Transformasie deur Johann Botes

Kom ons bid, kom ons gaan, vertel die nasies van Hom
Kom ons gee, neem hande saam, basuin aan volkere Hy kom
Elk’stam sal hoor, elk’volk en taal, Jesus is ons Hoop
Ons moet dit sê, sy bloed is daar om elkeen los te koop

Ons is gestuur, sy Plan volmaak, om troos en liefde te bring
sy Gees is daar, Hy sal ons dra, sy lof sal nasies besing
sy Woord sal leef, Hom openbaar, niks sal dit ooit weerhou
sy almag en sy reddingswerk sal volkere aanskou

God gee die nasies in ons hand, die hele aarde, elke volk en elke land
Dit word ons erfdeel as ons vra, tot aan die eindes sy gena

Kom ons neem die Woord van God, versprei sy liefdesgeur
Die wêreld wag op sy helingskrag, Hy open elke deur
sy trou is vas, die Rots bly staan, sy hart wil redding bied
Kom Christen laat ons vooruit gaan, sing die oorwinningslied

Gebed

Laat die Heilige Gees jou lei in jou gebed (Rom 8:2627Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die •heiliges intree.).

Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl
Week 9 Dag 43 Dissipelskap is meer as woorde Dis n leefstyl
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 187-196
Watter beginsel in 2 Kor 8:1-5 (:5) bevestig die klem wat Markus plaas op praktiese uitkomste vir die Kerk?
Vgl ook Sag 8:23.

2 Kor 8:1-5 (:5)
1Ons laat julle ook weet, broers, van die genade van God wat aan die •gemeentes in Macedonië gegee is: 2dat hulle, te midde van swaar beproewing as gevolg van verdrukking, hulle oorvloedige vreugde en hulle diep armoede laat oorvloei het in ‘n rykdom aan vrygewigheid van hulle kant af. 3Ek getuig dat hulle na vermoë, ja, selfs bo vermoë, bereidwillig was. 4Hulle het pleitend by ons aangedring om deel te kan hê aan die genadewerk van hulpverlening aan die heiliges. 5Dit was nie slegs soos ons gehoop het nie; trouens, hulle het hulleself eers aan die Here gegee, en toe, deur die wil van God, ook aan ons

Sag 8:23.
23“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Dit sal in daardie dae wees dat tien mense uit al die tale van die nasies die kleed van ‘n Jood gryp en vashou terwyl hulle sê: “Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.” ’ ”


Sien Figuur 11 van Bylae 2, p 173

Week 9 Dag 43 Figuur 11
Week 9 Dag 43 Figuur 11
Wenk

WENK: Dink vandag aan die praktiese implikasie van die volgende definisie van ’n dissipel: “
Dis iemand wat ’n lewende verhouding met Jesus Christus het en toegerus is om iemand anders na Jesus toe te lei en dan daardie persoon toe te rus om dieselfde te doen.”

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za