Seisoene in die kerkjaar
Advent
‘n Lig in die duisternis
-
‘n Lig in die Duisternis: ‘n Inleiding tot Advent en die Vyf Kerse
Die Adventseisoen, wat ons so vreugdevol inlei met ons Kerssangdiens van 23 November, is ‘n heilige uitnodiging. Dit is ‘n oproep om kalm te word, te besin en voor te berei, nie net vir ‘n historiese herinnering van Christus se geboorte nie, maar vir ‘n lewende, huidige ontmoeting met Jesus Christus.
Ons gaan in hierdie reeks van 6 artikels stil staan by die dieper betekenis van Advent en die spesifieke kers wat ons elke week aansteek. -
Die Eerste Kers van Advent: Die Hardkoppige Vlam van Hoop
Terwyl ons hierdie eerste pers kers in ons huise en in ons heiligdom by NG Groot Brakrivier aansteek, sing ons nog nie “Lofsing die Heer / Joy to the world” nie. Dit kom later. Ons begin waar God se mense so dikwels begin het: in ‘n afwaghouding, met ‘n hoop wat minder oor ‘n gevoel en meer oor ‘n persoon gaan.
-
Die Tweede Kers van Advent: Die Waarom Agter die Wag
Hierdie week, terwyl ons die tweede pers kers langs die eerste aansteek, word ons genooi om ‘n dieper vraag te vra. Ons beweeg van die “wat” van die belofte na die “waarom” daaragter. Waarom sou die God van die heelal in ons storie intree? Waarom sou die ewige die beperkings van tyd kies? Waarom sou die suiwer en Heilige neerbuig tot ‘n gebroke en rebelse wêreld?
-
Die Derde Kers van Advent: Die Vreugde wat Jou Vind
Die eerste kers, Hoop, is aangesteek in die diep donkerte van wag. Die tweede, Liefde, het die asemrowende rede vir God se plan onthul. Nou, hierdie derde kers, Vreugde, is die onvermydelike, ononderdrukbare reaksie op wat Liefde gedoen het. Dit is nie ‘n vreugde wat ons bymekaarmaak nie; dit is ‘n vreugde wat ons vind.
-
Die Vierde Kers van Advent: Die Vrede wat die Storm Bedaar
Ons het deur die weke van Advent gereis in die lig van toenemende vlamme. Die hardnekkige hoop van die profete, die asemrowende liefde van die Vader, die ononderdrukbare vreugde van die herders – dit was ons gidse. Nou kom ons by die laaste Sondag voor Kersfees. Ons steek die vierde pers kers aan. Die tema daarvan is Vrede.
-
Die Christuskers: Die Lig wat Beloof is
Die Adventsreis is voltooi. Die afwagting het in aankoms verander. Die belofte het ‘n persoon geword. Laat die enkele, sterk, wit vlam van die Christuskers vandag, en elke dag, vir jou ‘n herinnering wees aan hierdie diepgaande waarheid: Die Lig het gekom. Die duisternis het dit nie oorwin nie, en sal dit nie oorwin nie.
Epifanie
Die sonsopkoms vir alle nasies
-
Epifanie: Die Sonsopkoms vir Alle Nasies
In die lewe van die kerk is die storie egter nog lank nie verby nie. Trouens, dit begin nou eers ontvou. Die Kersseisoen duur voort, en dit lei ons direk na ‘n deurslaggewende oomblik in die verhaal van verlossing: die seisoen van Epifanie.
-
Verheerlikingsondag: Die Verheerliking van Jesus – ‘n Brug tussen Hemel en Aarde
Die verheerliking op die berg is die diepgaande skakel tussen die seisoen van lig (Epifanie) en die seisoen van Lydenstyd. Dit is die crescendo van Epifanie, waar die volle, Goddelike identiteit van Jesus gemanifesteer word, en dit is die direkte proloog tot Aswoensdag, waar Hy vasberade na die kruis draai.
Aswoensdag
Van Epifanie Lig tot Aswoensdag Stof
-
AsWoensdag
Vandag is AsWoensdag – die begin van die 40 dae lydenstyd voor paasnaweek. Lydenstyd is ‘n tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Dit is ‘n tyd om selfs nog meer as gewoonlik die Woord te lees en te oordink. Deur dit alles berei ons ons
-
’n Genadige Welkom vir die Vermoeides: Van Epifanie Lig tot Aswoensdag Stof
Aswoensdag begin die lydenstyd, ’n veertig dae lange reis van voorbereiding vir Paasfees (uitgesluit Sondae, wat ‘klein Paasfeeste’ bly). In die NG Kerk Groot-brakrivier sien ons dit nie as ‘n ritualistiese plig nie, maar as ‘n diepgaande pastorale gawe. Dit is ‘n tyd wat aan ons gegun word vir selfondersoek, bekering en ‘n doelbewuste terugkeer na God – ‘n kans om ons lewens op die Evangelie te fokus.
-
Aswoensdag
Valentynsdag op Aswoensdag.
Aswoensdag is die merker in ‘n Christen en die kerk se lewe dat die begin van lydenstyd aangebreek het. Ons betree ‘n nuwe seisoen in die kerklike jaar waar ons nader aan die kruis beweeg. Hierdie jaar val Aswoensdag en Valentynsdag op dieselfde dag.
Lydingstyd
40 Dae!
Visio Divina
-
Lydenstyd – “Visio Divina” – Dag 1
Deel 1
Ons begin nie ons Lydenstydreeks met ‘n tradisionele ikoon nie, wel met ‘n moderne
kunswerk van Brian Jekel: “Jesus genees die blinde man.”Kyk lank en biddend na hierdie kunswerk.
-
Lydenstyd – “Visio Divina” Dag 2
VISIO DIVINA #2
Deel 1
Die Ierse kunstenaar, Briton Riviere, het in 1898 hierdie “donker” kunswerk geskep van
Jesus se 40-dae lange versoeking in die woestyn. Wat ‘n mens opval is die ontsaglike
onvriendelike omgewing: rotsagtig; die lug bykans die vuurgloed van ’n vulkaan. -
Lydenstyd – “Visio Divina” Dag 3
VISIO DIVINA #3
Deel 1
Daar is nie veel inligting oor hierdie Griekse ikoon (uitbeelding) van die profeet Esegiël wat na die laagte vol droë beendere gebring word nie (Eseg. 37). “Kan daar in hierdie beendere weer lewe kom?” vra die Here.
Natuurlik nie!
Behalwe (en so beeld die ikoon dit uit) deur -
Lydenstyd – “Visio Divina” Dag 4
VISIO DIVINA #4
Deel 1
Die doel van ’n ikoon (’n visuele uitbeelding van ’n teks) is om die kyker dieper in ’n storie in te trek. Jy “lees” nie net die ikoon nie; jy lees jouself daarin raak. ’n Ikoon is dus ’n ontmoetingsgeleentheid. In hierdie ikoon sien jy die ontmoeting tussen Petrus en Jesus. Maar hoe langer jy kyk hoe meer sien jy dat dit ook ’n ontmoeting tussen jou en Jesus is. -
Lydenstyd: “Visio-Divina” Eerste Lydensondag
VISIO DIVINA #5
EERSTE LYDENSONDAG
(Sondae word nooit as ‘n Lydingsdag getel nie.)
Soos die Heilige Gees die hart van skrywers kan inspireer om Godswoorde neer te pen, so kan die Heilige Gees die hart van die kunstenaar inspireer om Godsbeelde met ’n kwas vas te lê. Soos die Heilige -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 6
VISIO DIVINA #6
Deel 1
In Ravenna, Italië, is ’n Basilika uit die 6de eeu (vandag ’n wêrelderfenisgebou). Die toneel van Jesus se bergpredikasie is uniek in vergelyking met ander ikone oor dieselfde skrifgedeelte. Wat jou in hierdie ikoon opval is dat daar net elf dissipels is? Is Judas Iskariot die afwesige? Maar kyk weer, geen een van die dissipels kyk na Jesus terwyl Hy praat nie. -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 7
VISIO DIVINA #7
Deel 1
In die eerste eeue was dit algemeen om Jesus uit te beeld as ‘n jong man met ‘n skaap oor sy skouers. Is dit werklik hoe Jesus gelyk het? Nee. ‘n Ikoon is nie ‘n portretstudie nie. (Juis daarom is die gesigvorm soms buite proporsie), Die ikoon is ‘n vingerwysing na ‘n boodskap van Jesus. -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 8
VISIO DIVINA #8
Deel 1
Daar is eeu-oue ikone oor die tollenaar en die fariseër. (So is daar bv. in Kosovo ‘n klooster wat ook as wêrelderfenis-gebou verklaar is met muurskilderye wat uit die 14de eeu de eeu dateer.) Vandag (#8) se ikoon is egter ‘n meer moderne Ukraïniese ikoon. -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 9
VISIO DIVINA #9
Deel 1
Nikola Sarić is ‘n kontemporêre ikonograaf wat hierdie verstommende verhaal visueel uitbeeld: In Februarie 2015 het ISIS 21 christene op die strand in Libia onthoof. (Vandaar die naam van die ikoon: “Ikoon van die heilige martelare”). Knielende mans, geklee in oranje -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 10
VISIO DIVINA #10
Deel 1
Sonder om te raai weet jy dadelik hierdie (16de eeuse) ikoon beeld Jesus uit wat ‘n storm stil maak. Omdat ‘n enkele ikoon die hele storie moet vertel, sien jy twee Jesusse (met glanskrans om elk se kop): eers ‘n slapende Jesus, dan een met ‘n uitgestrekte hand wat die golwe stil maak. Maar dit is nie -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 11
VISIO DIVINA #11
Deel 1
Die een kunswerk (links) ken ons goed – dit is Salvador Dali se “Die Christus van Johannes van die Kruis”. Johannes van die Kruis was ‘n priester wat in die 16de eeu geleef het. Die skets aan die regterkant (van Jesus – wat reeds gesterf het) is juis deur Johannes van die Kruis gemaak. -
Lydenstyd : “Visio Divina” Sondag 2
2de Sondag in Lydenstyd
Een van die oudste (6de eeu n.C.) ikone uit Egipte staan bloot bekend as die “Vriendskapsikoon”. Jesus se stralekrans het die tipiese kruis agter sy kop en bygeskryf staan “Verlosser.” Jesus word uitgebeeld as ‘n jong man met ‘n korter baard, langs hom is ‘n ouer man met ‘n -
Lydenstyd : “Visio Divina” Dag 13
VISIO DIVINA #13
Deel 1
Ladislav Zaborsky is in 1921 in die destydse Joegoslavië gebore. In die 1950’s het hy met tronkstraf begin. Sy misdaad? Dat hy nie opgehou het om as ikonograaf (kunstenaar van sakrale werk) te werk na die kommunistiese oorname nie. -
Lydenstyd : “Visio Divina” Dag 14
VISIO DIVINA #14
Deel 1
Die kunswerk van Johannes Vermeer oor Lasarus se twee susters: Marta en Maria, is in 1655 geskilder. As iemand dalk glad nie die verhaal ken waar Jesus by hulle aan huis gaan kuier nie (in Lukas 10:39-42), wat sou uit hierdie kunswerk afgelei kon word? -
Lydenstyd : “Visio Divina” Dag 15
VISIO DIVINA #15
Deel 1
Weereens sien ons hier ‘n uitbeelding van Jesus wat die kulturele reëls van sy tyd ignoreer, en weereens is ‘n vrou ter sprake. Nie net is sy ‘n nie-Jood (Samaritaan); maar sy is alles wat die Wet van Moses veroordeel: sy is al by haar vyfde man! Soos altyd is Jesus geklee in -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 16
VISIO DIVINA #16
Deel 1
Hierdie ikoon (uit Noord-Masedonië) is getiteld “Die Omhelsing.” Die meeste mense assosieer die ikoon met Adventstyd: die swanger Maria het vir drie maande by haar Tant’ Elisabeth (toe ses maande swanger) gaan bly (Luk 1:56). Maar tog
-
Lydenstyd 2023: “Visio Divina” Dag 17
VISIO DIVINA #17
Deel 1
Dit was eers in die 1500’s dat kunstenaars aandag aan híérdie bybelverhaal begin gee het. Sommige reken dit is omdat Martin Luther gereeld hierna verwys het as ‘n voorbeeld van vergewende liefde teenoor verguisende veroordeling. Wat hierdie skildery (deur die Vlaamse -
Lydenstyd 2023: “Visio Divina” Dag 18
VISIO DIVINA #18
Deel 1
In 1170 nC is ‘n klein (27 x 18 cm) geïllustreerde manuskrip vir die St Albans Abbey (Abdy) saamgestel – die sg. Albans Psalter. By elke illustrasie van ‘n bybelverhaal word die teks met ‘n versierde eerste letter (so groot soos ‘n klein muntstuk)
-
Lydenstyd: “Visio Divina” 3de Sondag van Lydenstyd
VISIO DIVINA #19
3de Sondag in Lydenstyd
“Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal” (12 Kor 13:13). Die grootste misterie speel voor ons af wanneer ons Sondae in die erediens gegroet -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 20
VISIO DIVINA #20
Deel 1
Wat hierdie kunswerk van die Koreaanse kunsternaar, Yongsung Kim, vir my so uniek maak is dat jy nie presies weet vanuit watter rigting jy daarna moet kyk nie. Een oomblik kyk jy van bo en sien die figuur
-
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 21
VISIO DIVINA #21
Deel 1
In 2007 het die Amerikaanse kunstenaar, Michael Dudash, die skildery gemaak, getiteld: “Not by bread alone.” Dit sou ook seker getiteld kon wees, “Not by work alone.” Want is dit nie ons groot “probleem” nie! Vra iemand hoe dit gaan, en die antwoord is iets soos -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 22
VISIO DIVINA #22
Deel 1
In 1433 het ene “Daniel van Urank” ‘n Armeense miniatuur Evangelie(tjie) geïllustreer in ‘n bykans naïwe manier! Sewe figure (die getal van volkomenheid) is by ‘n tafel: ses dissipels (vandaar die stralekrans) en Jesus (sy kleedskleure en die kruis in sy stralekrans
-
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 23
VISIO DIVINA #23
Deel 1
Vroeër (#VD 6) is ‘n mosaïek-muurpaneel geplaas wat uit die 6de eeu dateer; vandag se toneel kom uit dieselfde basilika in Ravenna, Italië.
Dit is ‘n visuele uitbeelding van die vrou wat “aan bloedvloeïng gely het” (Matt 9:20; Mark 5:25; Luk 8:43). Die
-
Lydenstyd: “Visio Divina” – Dag 24
VISIO DIVINA #24
Deel 1
Hierdie is nie ‘n antieke uitbeelding nie (die Engelse woorde daarop verklap dit). Ons ken die verhaal: 10 melaatses word genees, maar slegs een kom terug om dankie te sê. Wat val jou op terwyl jy hierna kyk? Vir my is dit die enkele man wat by Jesus se voete kniel. Nege ander mans is steeds vol sere. -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 25
VISIO DIVINA #25
Deel 1
Die Johannes-evangelie gebruik ‘n ander woord vir wonderwerke as die res van die evangelieskrywers. Vir Johannes is die wonderwerke meer as net wonders; dit is fisiese tekens dat die profesie oor die Messias vervul is. Alhoewel die wonderverhaal waar Jesus ‘n doofstom man genees het, -
Lydingstyd: “Visio Divina” 4de Sondag in Lydenstyd
VISIO DIVINA #26
4de Sondag in Lydenstyd
Teen hierdie tyd weet jy al, Sondae is ‘n dag van viering. Elke Sondag vier ons opstandingsdag. Sondae is nie deel van die 40-dae Lydensreis nie. Dit is so nodig dat ons deur die 40 dae in Lydenstyd nadink oor ons lewens. Wie
-
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 27
VISIO DIVINA #27
Deel 1
Vir ‘n geruime tyd het ons na uitbeeldinge van Jesus se wonderwerke gekyk; hierdie week begin ons met van Jesus se gelykenisse.In 1888 het Vincent van Gogh “die Saaier teen die sakkende son geskilder.” Van Gogh het die kunstenaar as ‘n saaier beskryf, en die
-
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 28
VISIO DIVINA #28
Deel 1
In 1684 is hierdie Arabiese manuskrip in Egipte deur ‘n koptiese monnik geïllustreer, toegebind met ‘n bokvel buiteblad. Die hele bundel (met bykans 50 illustrasies) is uitbeeldinge oor die vier evangelies. Hierdie -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 29
VISIO DIVINA #29
Deel 1
Uit die 40+ gelykenisse wat Jesus vertel, is bykans vyftien die sg. Koninkryksgelykenisse. Hoe kan ‘n mens ooit die koninkryk van God voorstel as jy dit nie kan sien nie! Daarom gebruik Jesus alledaagse beelde -
Lydenstyd: “Visio Divina” – Dag 30
VISIO DIVINA #30
Deel 1
Ek moes eers die gedeelte in Lukas 12 gaan lees omdat ek nie dadelik hierdie Grieks-ortodokse ikoon herken het nie. (Daarin is ‘n groot les – ‘n ikoon wil niks anders openbaar as wat die Skrif reeds sê nie, maar -
Lydenstyd: “Visio Divina” -Dag 31
VISIO DIVINA #31
Deel 1
Die Russies-gebore, Alexey Pismenny, het ‘n ikoon in drie panele geskilder van verskillende vyeboom-tonele uit die evangelies. Hierdie paneel is ‘n verwysing na die gelykenis van die onvrugbare vyeboom (Luk 13:6-9). As jy na die ikoon as ‘n geheel kyk, sien jy die gewelddadigheid raak. Be -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 32
VISIO DIVINA #32
Deel 1
Jorge Cocco, die kunstenaar uit Argentinië, het ‘n hele reeks kunswerke oor Jesus se gelykenisse geskilder, o.a. die onbarmhartige skuldeiser. Daar is net drie mense in hierdie kunswerk; die middelste figuur is ‘n duplikaat van mekaar. Eers is hy knielend voor die heerser -
Lydenstyd: “Visio Divina” 5de Sondag in Lydenstyd
Vyfde Sondag in Lydenstyd
Deel 1
Omdat ek vandag meer as een foto wil plaas, is daar drie stukke wat ek aanstuur:Dit is juis die spieëlbeeld-skildery van Jorge Cocco (#32) wat my aan hierdie spieëlbeeld-ikoon laat dink. Dit word “Jesus Pantokrator” genoem: Jesus, die Heerser oor alles. Die ikoon
-
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 34
VISIO DIVINA #34
Deel 1
Hierdie skildery van Jorge Cocco (sien ook #32) en die ikoon van Jesus, die Pantokrator (#31) loop hand-aan-hand. Jesus het herhááldelik sy volgelinge daarop voorberei dat Hy gaan sterf, maar hulle moes nie ontsteld wees nie – vir ‘n kort rukkie sal Hy weggaan, en dan sal -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 35
VISIO DIVINA #35
Deel 1
Teen die muur van ‘n kerk, die St Clement in Tahull, Spanje, is ‘n ikoon uit 1123 nC. Die hand binne ‘n sirkel word die “Dexteria Dei” (Latyn vir die “Regterhand van God”) genoem. Soos Psalm 118:16 sê, “Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand v -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 36
VISIO DIVINA #36
Deel 1
Sommige van Jesus se gelykenisse is so deel van die volksmond dat daar idiome bestaan wat vele mense dalk nie eers besef hul oorsprong kom direk uit Jesus se mond nie, soos byvoorbeeld, ‘n blinde kan nie ‘n blinde lei nie.In 1568 het
-
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 37
VISIO DIVINA #37
Deel 1
In Istanbul (Turkeye) staan die Kariye Moskee. Sedert die 1500’s word dit as ‘n moskee gebruik, maar die oorspronklike gebou dateer uit die 400 n.C, met die naam “Die Kerkie in die Veld.” (In Engels: -
Lydenstyd “Visio Divina” Dag 38
VISIO DIVINA #38
Deel 1
Nelly Bube – ‘n kunstenaar van Kazakhstan – beeld met hierdie werk die gelykenis van “Die weduwee en die regter” (Luk 18:1-9) uit. Hier is ‘n vrou op haar knieë voor ‘n toe deur. Pleitend. Of is die deur dalk -
Lydensweek : “Visio Divina” Dag 39
VISIO DIVINA #39
Deel 1
Die laaste “Ek is”-stelling van Jesus in die Johannes-evangelie (“Ek is die wingerdstok”, Joh 15:1) kan ook as ‘n gelykenis (vergelyking) beskou word (alhoewel Johannes dit nooit so noem nie). Sedert die -
Lydenstyd: “Visio Divina” PALMSONDAG
VISIO DIVINA #40
PALMSONDAG
Iets “gebeur” met my wanneer ek na hierdie kunswerk van Oleksandr Antonyuk kyk. Die Oekraïene kunstenaar vertel dat hy nie die sigbare wêreld wil uitbeeld nie, maar die onsigbare. Hier skilder hy ‘n toneel wat ons goed ken: Jesus se intog in Jerusalem. Hy noem dit die “nederige Messias”. -
Lydenstyd: “Vision Divina” Dag 41
VISIO DIVINA #41
Deel 1
Veral in die Middeleeue was persoonlike gebedeboekies (sg. “Book of Hours”) baie gewild ‘n Voorbeeld is die “Varie Hours” – 11.7 cm x 8 cm groot, 97 blaadjies, almal ryklik geïllustreer. Die boekie dateer uit 1445 en die eienaar was die Fransman, -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 42
VISIO DIVINA #42
Deel 1
Nadat Maria Jesus se voete gesalf het (#VD41) vind die volgende groot insident in die Johannesevangelie weer rondom ‘n tafel plaas. Aldus Joh 3:4 het Jesus opgestaan en sy bokleed uitgetrek. Presies soos hierdie Russiese ikoon uit die 1500’s illustreer, staan Jesus sonder die gebruiklike hemelblou -
Lydenstyd: “Visio Divina” – Dag 43
VISIO DIVINA #43
Deel 1
Hierdie 6de eeuse mosaïëkuitbeelding is die derde voorbeeld uit die basilika in Ravenna, Italië in ons reeks. Elf dissipels sit-lê saam met Jesus rondom ‘n tafel. Die afwesige dissipel is natuurlik Judas. Die elf mans is geklee soos tipiese Romeinse mans van -
Lydenstyd: “Visio Divina”Dag 44
VISIO DIVINA #44
Deel 1
Terwyl Jesus in Getsemane gebid het stuur die Joodse geestelike- en volksleiers ‘n groep gewapende mans saam met Judas om Jesus gevange te neem. Met wapens omhoog gryp een Hom aan die bors; ‘n ander een het Hom aan die arm beet. -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 45
VISIO DIVINA #45
Deel 1
Kenners bevestig, daar is geen ander toneel wat meer deur kunstenaars uitgebeeld is as die kruisiging van Jesus nie. Om een te kies vir #VisioDivina is soos om ‘n enkele ster aan die hemelruim te kies en dan te motiveer waarom dit jou keuse -
Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 46
VISIO DIVINA #46
Deel 1
Gepas word hierdie ikoon die “Klaaglied” genoem. Theodosia Poulopos, ‘n tapiserieborduurder, het in 1599 op die bloedrooi lap die toneel met goue gare borduur. Dit beeld die begrafnisritueel uit van die vroue wat Jesus se liggaam vir die graf voorberei en salf. Volgens Lukas en Matteus was
Lydingstyd
Palmsondag
-
Die Koning wat gekom het om te dien: Die diep betekenis van Palmsondag
Palmsondag maak die deur oop na die Heilige Week, ‘n dag van vreugdevolle paradoks waar ons ons Koning verwelkom wat op ‘n nederige donkie ry. Terwyl ons ons handpalms waai, word ons daaraan herinner dat hierdie triomf tot opoffering lei. Die takke in ons hande vandag sal volgende jaar se as word – ‘n kragtige sirkel wat glorie, nederigheid en ons behoefte aan ‘n Verlosser verbind.
Paasfees
Goeie Vrydag
Opstandingsondag
-
Nader Naby! Goeie Vrydag – Nagmaal.Ds. Charné Viljoen Hebreërs 10: 14-25. Vrydag 3 April 2026
Goeie Vrydag Nagmaal
Prediker: Ds.Charné ViljoenSkriflesing: Hebreérs 10: 14-25
Tema: Nader, Naby!
Datum: 3 April 2026

