Visie
Kommunikasie ondersteun die visie van die gemeente nl: Jesus vir ons, Jesus vir almal, asook die waardestelsel van die NG Groot-Brakrivier gemeente, van Aanvaarding, Deernis, Eensgesinde blydskap in Christus, Gasvryheid en Mededeelsaamheid.
Kommunikasiebediening se eie visie, binne hierdie raamwerk, is “Om God se Woord, vanuit ons Gemeente se aktiwiteite, oor te dra tot versterking van Christene wêreldwyd”.
Waardes
Aanvaarding: God se Woord vir almal
Deernis: Onderwerpe spreek alle aspekte van lewe aan en bied versterking ook in moeilike tye
Eensgesinde blydskap in Christus: Ons webtuiste oorskry alle Ekumeniese grense
Gasvryheid: Deur die webtuiste word die gemeente se gasvryheid aan die wêreld getoon
Mededeelsaamheid: Die webtuiste word uit 76+ lande besoek deur ±40 000 mense per jaar
Samestelling van Kommunikasiebediening
Tans is daar 3 persone aktief besig, nl. Kommunikasiebediening voorstitter, Web Administrateur, met die opdatering en instandhouding van die inhoud van die Webtuiste, en Administrateur van Sosiale Media bydraes (Facebook en Instagram).
Wat doen ons?
- Administrasie
- Die verspreiding van die skakel na Eredienste word weeklikse uitgestuur.
- Nuwe artikels op Webtuiste word aan die Kerkkantoor voorsien vir plasing in die Sondag-afkondigings.
- Voorsiening van e-pos adresse vir gemeente personeel
- Maak webtuiste aktief
- Die webtuiste word weekliks in stand gehou, deur plasings van:
- Daaglikse Bybelboodskappe
- Afkondigings,
- Lief en Leed,
- Gebedsgidse
- Bybelstudies
- Gemeente aktiwiteite
- Artikels en ander bydraes, vanaf die Bedienings voorsitters
- Bekendmaking en reklame vir aktiwiteite van ons onderskeie aksies, ook aksies buite ons gemeente grense
- Inter kerklike en gemeentelike uitruil en deel van inligting
- Ontwikkel nuwe bydraes vir die Webtuiste, soos bv. Blokkiesraaisels en Woordsoeke wat maandeliks geplaas word op die Webtuiste, asook in harde kopie voorsien word tydens eredienste en ook deur ander gemeentes gebruik word as deel van die Bybel lees programme.
- Opdatering en byhou van die Gemeente geskiedenis.
- Die webtuiste word weekliks in stand gehou, deur plasings van:
Hoe kan die Kommunikasiebediening u ondersteun?
- Ondersteunings Dienste
- Daar is ondersteuning aan ander Bedienings beskikbaar deur middel van:
- Gereelde plasings van die Getuienisbediening se internasionale en plaaslike aktiwiteite.
- Tegniese bystand met elektroniese an klanktoerusting (Erediensbediening).
- Video opnames (Erediensbediening en ander aktiwiteite Fondsinsamelingsbediening, Ondersteuningsgroep, Klub50) en plasing op YouTube.
- Ondersteuning met Powerpoint voorleggings (Beskikbaar vir alle Bedieninge).
- Kommunikasiebediening se personeel dien as fotograwe op versoek van ander Bedieninge.
- Hulp met ontwerp en druk van pamflette en boekmerke.
- Doen ook navorsing vir artikels vir plasing op die Webtuiste
Hoe kan u die Kommunikasiebediening ondersteun?
Bydraes
Ons soek aktief na nuwe bydraes wat op die webtuiste geplaas kan word, soos bv.
- Bybelstudie materiaal (wat daagliks, weekliks of as reekse beskikbaar is),
- Ander geestelike bydraes, wat tot opbou van die gemeentelede en Christene van oor die wêreld gebruik kan word;
- Asook ander aksies van die verskillende Bedieninge in die gemeente.
- Jou getuienis: Wat het God hierdie week/maand/jaar vir jou beteken?
- Enige bydraes wat nie in elektroniese vorm beskikbaar is nie, kan deur ons verwerk word, vir plasing op die webtuiste.
- Skryf van artikels en neem van gemeente fotos vir die webtuiste.


