Lydenstyd 2023: “Visio Divina” 6 Maart 2023

VISIO DIVINA #13

6 Maart – Deel 1

Ladislav Zaborsky is in 1921 in die destydse Joegoslavië gebore. In die 1950’s het hy met tronkstraf begin. Sy misdaad? Dat hy nie opgehou het om as ikonograaf (kunstenaar van sakrale werk) te werk na die kommunistiese oorname nie. Die kunswerk wat so aanstoot gegee het? ‘n Uitbeelding van Jesus as ‘n hande-arbeider wat hy in 1949 geskilder het.

Van sy gedigte is in ‘n bundel opgeteken waarin hy sy tronkjare beskryf het as ‘n innerlike kruisiging. So dig hy: “Dus is ek gemaak na die beeld van U Seun / dat in my gebore mag word / ‘n nuwe mens / met geen ander begeerte as die soeke na U begeertes. / Vandaar dat U my my kruis gegee het / en verlossing my kon bereik.”

Wat bly van ‘n mens oor as niks meer van jou oorbly nie? Dit is wat ek wonder terwyl ek oor-en-oor na hierdie kunswerk van Zaborsky kyk.

VISIO DIVINA 13

6 Maart – Deel 2

TEKSVERS: “Wie in die donker loop en geen lig sien nie, moet op die Here vertrou, moet op sy God steun” (Jes 50:10).

Ek is waar ek is; ek is nie op ‘n ander plek nie.

Daarom is waar ek nóú is, ‘n goeie plek;

anders sou ek op ‘n ander plek gewees het.”

Dit is die motto wat ek oor-en-oor vir myself herhaal wanneer ek myself in omstandighede bevind wat ek anders sou wou hê. Want, hoeveel keer wens ons nie ons lewens om nie! Hoeveel keer het jý dalk al gewens dat “die lewe” vir jou anders moes uitwerk?

Watchmann Lee het eenmaal ‘n afgeleë Chinese dorpie besoek, en tot sy verbasing vind hy daar ‘n bekende sendeling. “Waarom híér,” wil hy weet? “Jy verspil jou Godgegewe talente!” Waarop die vrou antwoord: “Dit is waar God my wil hê, daarom is ek die bruikbaarste vir God hier.

In 1 Kor 7 praat Paulus praat met christenskap binne die omstandighede waar jy jou bevind. “Elkeen moet God dien in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het.” (1 Kor 7:24). Moenie in die strik trap om te dink jy kan die Here eers voluit dien as dinge met jou beter sal gaan nie!

EBED: Here, dankie dat U my plaas waar U goeddink. Leer my U voluit dien, ongeag waar U my plaas.

———–

As jy vandag dalk deur ‘n moeilike tyd gaan, dra ek hierdie musiek van Dag 9 in #VisioDivina aan jou op: “Be still my soul,” soos uitgevoer deur die Britse sopraat, Isobel Cooper, of beter bekend as “Izzy.”

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

As hierdie reeks jou bemoedig (én jy kan dit bekostig), wil jy nie oorweeg om my finansieel te ondersteun nie? 
STANDARD BANK
Takkode:  051001
Rek No:  080042805
RM BEZUIDENHOUT
Kampstraat 13, Eurekapark, 
Groot-Brakrivier, 6525.