Gholfdag

‘n Kolskoot-sukses: Dankie dat jy ons gholfdag van 12 April 2025 onvergeetlik gemaak het!
Wat ‘n ongelooflike dag op die setperk! Die NG Kerk Groot-Brakrivier se jaarlikse fondsinsamelingsgholfdag by die pragtige Dolphins Creek Country Estate was ‘n dawerende sukses, te danke aan elkeen van julle wat aan hierdie spesiale geleentheid deelgeneem, geborg en ondersteun het.

Gholfdag 12 April 2025
NG Kerk Groot-Brakrivier Gholfdag.
Dolphins Creek Country Estate Golf Club.
Kanonskootafslaan 12:30
4BBB: Voorkeurafslaan
Kom geniet die dag met hope pryse, pret en plesier!
Staan ‘n kans om ‘n krat vol kruideniersware te wen!
R20 lootjies, Sondae by die tee na kerk te koop.
Indien u pryse, bowwe en/of setperke wil borg kan u Johan Smit hier kontak: Kontak.

Gholfdag 25 Maart 2023: Dolphins Creek- NG Kerk Groot Brakrivier
Die kerk se Golfdag was ‘n groot sukses, met 36 golfspelers wat om 9:00 stiptelik saam afgeslaan het. Ons bedank al die borge wat so mildelik bygedra het om van hierdie dag ‘n sukses te maak.

Gholfdag 25 Maart 2023
Die 25ste Maart is weer tyd vir ons jaarlikse Gholfdag by Dolphin Creek Country Estate.Kom geniet die dag saam met ons, met hope pryse, pret en plesier.

Suksesvolle Gholfdag 26 Maart 2022
NG KERK GROOT-BRAKRIVIER GHOLFDAG(hierdie artikel is opgedateer met fotos op 5 April 2022) Die jaarlikse gholfdag van NG Kerk Groot-Brakrivier het op 26 Maart 2022 by Dolphins Creek Golf Club se baan plaasgevind. Wat ‘n voorreg om, na Covid, weer deel te wees van ‘n poging van hoop vir die pad vorentoe.

Gholfdag 26 Maart 2022
26 Maart is weer die NG Kerk Groot-Brakrivier se Gholfdag. Dit vind plaas by Dolphins Creek Country Estate Golf Club. Kom geniet die dag met hope pryse pret en plesier! 09:00 Kanonskootafslaan4BBB VoorkeurafslaanR200 p.p. Inskrywing by Gholfbaan Indien u pryse / bowwe en/of setperke wil borg kan u Johan Smit kontak by: 084 500 4296