18 September
Liewe Vriend
Om raad te aanvaar is nie swakheid nie — dit is ‘n teken van wysheid — mag jy dit vandag onthou. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Aanvaar raad
Teks: “Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.” (Spr. 19:20)
- Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke, (Ps. 117:1)
- God nooi jou om Hom te prys — Hy is groot genoeg om jou omstandighede te verstaan. Hy het begrip vir jou. Hy sal jou deur alles rigting gee.
- Wysheid is nie iets wat jy sommer een dag “klaar” het nie — jy bly dit jou hele lewe lank aanleer.
- Vra vandag vir iemand ouer ‘n stukkie raad oor iets waarmee jy sukkel.
Gebed:
Liewe Vader, dankie vir mense wat my wil leer — maak my hart oop om raad te aanvaar.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


