Wolwedans Boodskap, sop en brood

Dit is ons plaaslike bediening wat al langer as vyftien jaar suksesvol bedryf word. Dit het klein begin met die fokus om die behoeftiges, oues van dae en weduwees iets te ete te gee en met die Evangelie te bedien.. Dit het oor die jare gegroei en met die samewerking van ons gemeentelede word die diens tans aan 76 gesinne gelewer. Daar word baie klem geplaas op die bou van verhoudings, daaglikse stiltetyd, identifisering van talente en vaardighede,

Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022

Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022

Baie dankie weereens vir almal se bydrae om Wolwedans te help opbou. U skenkings dien ‘n dubbele doel: Die ontvangers is vry om die skenkings te gebruik vir skeppings en produkte om ‘n eie geldjie te verdien (hou in gedagte Wolwedans het ‘n besondere hoë werkloosheidsyfer) Die skenkings of eie skeppings kan aan ander wat …

Wolwedans

Laaste uitreik aan Wolwedans vir 2021 – 1 Desember 2021

Die jaar se uitreike na Wolwedans is gister suksesvol afgesluit met die gee van ‘n Kersboodskap, kerskaartjie, sop, brood en bederfpakkies vir 76 mensies en 70 kindertjies. Daar was groot blydskap vir die persoonlike kontak en dankbaarheid vir alles wat in moeilike tye gedoen is. Hier is ‘n paar fotos om iets weer te gee …