Wolwedans Boodskap, sop en brood

Dit is ons plaaslike bediening wat al langer as vyftien jaar suksesvol bedryf word. Dit het klein begin met die fokus om die behoeftiges, oues van dae en weduwees iets te ete te gee en met die Evangelie te bedien.. Dit het oor die jare gegroei en met die samewerking van ons gemeentelede word die diens tans aan 76 gesinne gelewer. Daar word baie klem geplaas op die bou van verhoudings, daaglikse stiltetyd, identifisering van talente en vaardighede,