Lydenstyd 2023: “Visio Divina” 18 Maart 2023

VISIO DIVINA #25

18 Maart – Deel 1

Die Johannes-evangelie gebruik ‘n ander woord vir wonderwerke as die res van die evangelieskrywers. Vir Johannes is die wonderwerke meer as net wonders; dit is fisiese tekens dat die profesie oor die Messias vervul is. Alhoewel die wonderverhaal waar Jesus ‘n doofstom man genees het, net in Markus voorkom, is hierdie uitbeelding báíe, báíe meer as net ‘n wonder! Dit beeld eeue se profesieë uit dat die Messias sal kom: “Blindes sal kan sien, dowes sal kan hoor, lammers sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing. Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droë wêreld” (Jes 35:5-6). Maar meer nog, dit beeld die die ganse lewe van Jesus uit: van gekruisigde tot opgestane tot verheerlikte. Wat dood is a.g.v. sonde bring Sy bloed weer lewe.

Hier sien jy van Genesis tot Openbaring in een “prentjie.”

VISIO DIVINA 25

18 Maart – Deel 2

TEKSVERS: Hulle is geweldig aangegryp en het gesê: “Alles wat Hy doen, is goed: die dowes laat Hy hoor en die stommes laat Hy praat.” (Mark 7:37)

“Effata!” Dit is die woord wat Jesus gebruik. “Gaan oop!”(7:34). Jesus hou nie net sy hand uit nie; hy raak die man nie net liggies aan en sê “hoor” nie. Hy druk sy vingers ín die man se ore in en sê, “Gaan oop!” Sy eie spoeg neem hy, en met sy eie vingers smeer hy dit oor die man se tong en sê nie net, “praat” nie. Weereens sê hy, “Gaan oop!” Alles wat diep verborge en geslote is, wat nie met die blote oog gesien kan word nie – soos die hart en die niere, die diepste innerlike – “Gaan oop!” Jesus kon net sowel gesê het, “word wat jy bedoel is om te wees.” Leef! Effata is sinoniem met die Heilige Gees. Jesus sê mos, “Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie” (Joh 6:63).

Ons kan ons 40-dae pelgrimsreis ‘n naam gee: Effata”. Juis daarom het die doofstomme (in die ikoon) ‘n pelgrimstaf in sy hand: ons is almal oppad. Die helfte van ons Lydensreis lê nog voor – wat sou die Gees in jou lewe wil aanraak en vernuwe? Is daar tye wat jy horend is, maar doof? Waar jy moet praat, maar hou jy jousself stom? Pleit dan vandag vir God se “Effata”.

GEBED: Here Jesus, voor U staan ek vandag met my gebrokenheid en vra, spreek U “effata” oor my lewe.

————-

Op Dag 25 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na die komponis, Margaret Rizza – ‘n merkwaardige vrou. Sy is gebore in 1929, en het eers in 1997 begin komponeer en vandaar een van die bekendste komponiste van kerkmusiek geword. Vandag luister ons na haar komposisie, “Take my hand.” Ek plaas die volledige lirieke vir jou om te volg:

Take my hands, Lord, to share in Your labours
Take my eyes, Lord, to see Your needs
Let me hear the voice of lonely people
Let my love, Lord bring riches to the poor
Take my hands, Lord, to share in Your labours
Take my eyes, Lord, to see Your needs
Let me hear the voice of lonely people
Let my love, Lord bring riches to the poor
Give me someone to feed when I’m hungry
When I’m thirsty give water for their thirst
When I stand in need of tenderness
Give me someone to hold who longs for love
Give me someone to feed when I’m hungry
When I’m thirsty give water for their thirst
When I stand in need of tenderness
Give me someone to hold who longs for love
Keep my heart ever open to others
May my time, Lord, be spent with those in need
May I tend to those who need Your care
Take my life, Lord, and make it truly Yours
Keep my heart ever open to others
May my time, Lord, be spent with those in need
May I tend to those who need Your care
Take my life, Lord, and make it truly Yours

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

As hierdie reeks jou bemoedig (én jy kan dit bekostig), wil jy nie oorweeg om my finansieel te ondersteun nie? 
STANDARD BANK
Takkode:  051001
Rek No:  080042805
RM BEZUIDENHOUT
Kampstraat 13, Eurekapark, 
Groot-Brakrivier, 6525.