Elmar en Nadine du Randt

Elmar en Nadine du Rand is ‘n jong egpaar wat al meer as twee jaar as sendelinge in Japan dien. Hulle het albei sendingwerk gedoen voordat hulle mekaar in 2016 by die Evangelies Gereformeerde Kweekskool van SA ontmoet het. Elmar was ‘n sendeling by die Afrika Evangeliese Bond en Nadine was ‘n sendeling aan boord van die Operasie Mobilisasie skip, Logos Hope. Nadat hulle hul twee-jaar geestelike werkerskursus by die EG Kweekskool voltooi het, het hulle die oproep van die Here geantwoord om na Japan te gaan. Beide Elmar en Nadine is baie lief vir Japan en is diep oortuig van hul langtermynroeping na Japan. Die Du Rand’s het pas hul eerste opleidingstermyn wat spesifiek gefokus het op taalstudie en kulturele aanpassing tussen 2019 en 2021 by die Kobe Reformed Theological Seminary in Kobe, voltooi. Vir die volgende twee jaar sal hulle kerklike bediening in die Shikoku-ring by Tokushima-gemeente plaasvind. Dit is by dieselfde gemeente as wat die Van der Watt- en die De Wet -gesin was.

Hulle visie is

“ Ons drome vir die bediening in Japan is groot en hoewel ons dikwels onbekwaam voel, kyk ons op na Jesus, vestig ons ons oë op die Ewigheid en vertrou ons dat Hy wat ons geroep het, getrou is.”

Aletia, Kobus, Nadine, Elmar en Emile

Gebedsversoeke

Hulle het ‘n vaste Gebedsboekmerk vir daaglikse voorbidding wat by die kerkkantoor beskikbaar is.

Kontak en bank besonderhede

E-pos: skakel@ngkvs.co.za

Bank: ABSA, Rekeningnaam: Missie Japan, Takkode: 632005, Rekeningnommer: 4049690248, Verwysing: eie naam en van + E&N