By Groot-Brakrivier NG kerk fokus ons graag daarop om ons jeug te lei en begelei om diensbaar in God se koninkryk te wees. Ons reis saam deur die Bybel en leer hoe dit lyk wanneer mense uit liefde vir God, lief is vir mekaar. Ons leer mekaar dan ook dat dit oorgaan in dade en dat ons vanuit ons liefde vir God, mekaar moet dien.
Kom wees deel van die bediening en dien saam!
Ons bied die volgende aktiwiteite vir ons jeug:
- Kleuterkerk tydens eredienste
Kinders van 2-5 jaar kom in die konsistorie bymekaar
- Kategese tydens eredienste
Kinders kom in die kerksaal bymekaar waarna verskillende ouderdomme na die volgende lokale verdaag:
- Graad R-3 – Lokaal 8
- Graad 4-6 – Lokaal 7
- Graad 7-9 – Lokaal 6
- Graad 10-11 – Leraarskantoor
- Kwartaallikse jeugaande
- Kindertafel met speletjies by basaar
- Jaarlikse gesinskamp
- Jaarlikse uitreike
U is welkom om die kerkkantoor te kontak vir meer informasie













