Lofdansebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Die Lofdansebediening van die NG Kerk Groot-Brakrivier verwoord die lied “Ierse Seënbede” deur Anneli van Rooyen met ritmiese bewegings.
Ons lofdansebediening, nooi u om saam die Here te loof deur saam te dans. Ons beweeg ritmies saam op die maat van musiek en wil graag mense seën met die bediening. Kontak ons gerus indien u betrokke wil raak.
Lofdansebediening Ierse Seënbede NG Kerk Groot-Brakrivier
Lofdansebediening tydens die gemeente konsert
Lofdansebediening tydens die Klub 50 ontmoeting
Ierse Seënbede Anneli saam met die dowe leerders van Trans-Oranje.
Seënbede
Lyrieke
Die Here is voor jou, Sy lig op jou pad
Hy neem jou na waters van rus
Die Here is langs jou, jou vesting en rots
Hy laat jou staan op die hoogte
Die Here is om jou, die duister word lig
Hy laat jou lamp helder skyn
Die Here is bo jou van Hom kom jou hoop
Jou siel sal Hy ewig bewaar,
Hy is by jou
Sy seën gee Hy uit en Hy leer jou Sy waarheid
Hy stuur Sy engele na jou
Die Here is voor jou, Sy lig op jou pad
Hy neem jou na waters van rus
Die Here is langs jou, jou vesting en rots
Hy laat jou staan op die hoogte
Die Here is om jou, die duister word lig
Hy laat jou lamp helder skyn
Die Here is bo jou van Hom kom jou hoop
Jou siel sal Hy ewig bewaar, Hy is by jou
Sy seën gee Hy uit en Hy leer jou Sy waarheid
Hy stuur Sy engele na jou



