Ondersteuningsgroep

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan.
Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers / Riëtte Jansen van Rensburg
-
’n Bederfdag deur Seeds of Hope en die Ondersteuningsbediening
Seeds of Hope en Ondersteuningsgroep het ons 60+ lede getrakteer op ’n bederfdag vol lag, lekkers en musiek. Wilidia Crause en Franco Engelbrecht het optree, en Voete Skommel het almal aan die lag gemaak! ’n Perfeke dag om vriende te maak en eensaamheid te verdryf.
-
Ondersteuningsgroep: 60+ Funksie
‘n Heerlike oggend van saamkuier, musiek en sop en broodjies…
-
Ondersteuningsgroep: Valentyns ontbyt 2025
‘n Heerlike Valentyns ontbyt…
-
Ondersteuningsgroep 2024 Afsluitingsfunksie
Op 20 November 2024 het die Ondersteunings groep in samewerking met die organisasie ‘Seeds of Hope’ , ‘n afsluitings funksie in NG Kerk Groot-Brakrivier se kerksaal gehou. Die funksie is bygewoon deur ongeveer 50 mense van Groot-Brakrivier. Minette van Zyl het die oggend geopen, Annatjie van Rensburg het ‘n kort praatjie gegee, en die dag …
-
Seeds of Hope en die Ondersteuningsgroep van die NG Kerk Groot-Brakrivier vat hande
Seeds of hope en die Ondersteuningsgroep het hande gevat rondom ‘n Lentedag vir alleenlopendes.
-
Ondersteuningsgroep se bekendstelling by Groenkloof
Die Bestuurspan van NG Kerk Groot Brakrivier ondersteun die aksie…
-
Ondersteuningsgroep besoek Youth Cafe en ander aksies
Ons het vandag as ‘n groep die Youth Cafe in Groot Brak besoek en was ons stom geslaan oor alles wat in ons direkte omgewing gebeur waarvan ons nie bewus is nie.
-
FAMSA Basiese Berading kursus
FAMSA bied in Augustus ‘n Basiese Beradingskursus aan. Enige persoon wat belangstel om vaardighede aan te leer, is welkom om dit by te woon. Kostes is R350 per dag.
-
Ondersteuningsgroep – 4 Augustus 2022
Ons bestaan uit ‘n groepie passievolle mense wat daarop ingestel is om ‘n verskil te maak in ons gemeente en ons gemeenskap. Die afgelope byeenkoms van 23 Junie, het ons gesprek hoofsaaklik gegaan rondom besondere behoeftes wat ons in ons omgewing raaksien en hoe ons dit kan aanspreek. Indien iemand opsoek is na enige emosionele …
-
Ondersteuningsgroep byeenkoms, 5 Mei 2022: Ons gesels oor: Depressie
Mia Bruhns [Pastorale Narratiewe Terapeut] is ons gasspreker oor Depressie. -Depressie is ‘n negatiewe effek of emosionele ervaring. Die limbiese sisteem is die deel van die brein wat betrokke is by ons gedrags- en emosionele reaksies. Die twee belangrikste strukture is die hippocampus en die amygdala. Die prefrontale korteks is ons logiese denke en met ‘n negatiewe effek, word dit omseil en ons reageer vinnig sonder om te dink.
-
Ondersteuningsgroep
Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons moderne samelewing en ook in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning netwerk en groep te begin vir: enkellopendes; mense wat gemarginaliseerd voel; nuwe intrekkers wat uitgesluit voel; selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel; of wat ookal jou omstandighede …

