Lydenstyd: “Visio Divina” Dag 27

VISIO DIVINA #27

Deel 1

Vir ‘n geruime tyd het ons na uitbeeldinge van Jesus se wonderwerke gekyk; hierdie week begin ons met van Jesus se gelykenisse.

In 1888 het Vincent van Gogh “die Saaier teen die sakkende son geskilder.” Van Gogh het die kunstenaar as ‘n saaier beskryf, en die kyker (ons) as die saailand. Maar kyk langer, biddend hierna, dan breek die kunswerk oop voor jou oë. Die sakkende son is meer, dit is ‘n stralekrans (“halo”) om die saaier se kop. Die kleure van die omgewing dui op vrugbare grond. Reg langs die saaier groei ‘n reuse boom aan die oewer van die rivier. Soos Jer 17:7-9 leer, “Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is; so iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot.”

Van Gogh, self ‘n christen, ‘n meer geskilder; afhangende van wat jy kies om te sien…

Deel 2

TEKSVERS:

“Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ‘n man wat …” (Matt 13:24).

Markus begin sy evangelie met hierdie woorde, “Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom” (Mark 1:15). Maar wat is die koninkryk van God? Hoe sou ons kan weet? Dit is waar gelykenisse help. Daarom, elke keer wanneer Jesus ‘n gelykenis vertel, gaan dit oor hierdie woorde, “Die koninkryk van God is soos …”. En dan gebruik Hy sommer sulke alledaagse voorbeelde soos saad en grond, voëls en son. Maar – soos ons mense is – verstaan ons net ten dele. Daarom verduidelik Jesus later vir die dissipels: “Aan julle is die insig in die geheim van die koninkryk van God gegee; maar vir dié wat daarbuite is, bly alles net by gelykenisse” (Mark 4:10-11).

Die ganse drie jaar wat Jesus met sy prediking besig is en dan ten einde laaste Jerusalem toe gaan vir die laaste Paasnaweek, illustreer Jesus met woord en daad wat God se geheimenis (misterie) is: “Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen” (Joh 14:12).

Die heel eerste gelykenis som ek op as die gelykenis oor ‘n leerbare gees: mense wat sien en leer; mense wat hoor en leer. Soos saad wat op vrugbare grond val en ‘n groot oes lewer.

GEBED:

Here Jesus, wanneer U met my praat, laat ek hoor en luister. Wanneer U verskyn, laat ek kyk en sien.

—————–

The Sower’s Song”, deur Andrew Peterson.

Op Dag 27 van ons Lydenstydreeks #VisioDivina luister ons na “The Sower’s Song”, deur Andrew Peterson.

Uit die lirieke:

Oh God, I am furrowed like the field
Torn open like the dirt
And I know that to be healed
That I must be broken first
I am aching for the yield
That You will harvest from this hurt
Abide in me
Let these branches bear You fruit
Abide in me, Lord
As I abide in You

Bannier-van-NG-Weltevreden1
Ontwikkel en saamgestel vir die NG Kerk Weltevreden

As hierdie reeks jou bemoedig (én jy kan dit bekostig), wil jy nie oorweeg om my finansieel te ondersteun nie? 
STANDARD BANK
Takkode:  051001
Rek No:  080042805
RM BEZUIDENHOUT
Kampstraat 13, Eurekapark, 
Groot-Brakrivier, 6525.