Ds. Leon Cronje vertel ons meer oor die geskenke van Hemelvaart.
Erediens
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Lukas 24: 44-53
Tema: Hemelvaart 2026
Datum: 14 Mei 2026
Radio FEBA
Ds. Leon Cronje vertel ons meer oor die geskenke van Hemelvaart.
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Lukas 24: 44-53
Tema: Hemelvaart 2026
Datum: 14 Mei 2026
Dr. Jurie Vermeulen vertel ons meer oor wat die werk is wat Feba Radio reg oor die wêreld doen. Sondagaand om 17:00, tydens LEEFKerk, sal dr. Jurie Vermeulen verder aan die woord wees om vir ons meer te vertel van die werk wat gedoen word.
Kom kuier gerus saam!
Prediker: Dr. Jurie Vermeulen, Nasionale Direkteur van FEBA Radio Suid Afrika
Skriflesing: Lukas 8: 9-14
Tema: Godsdienstig of Gelowig? FEBA Radio Suid-Afrika en wêreldwyd
Datum: 10 Mei 2026
Vir julle lyk dit dalk na ‘n stuk toerusting, maar ek het die Goeie Nuus deur hierdie sender gehoor. Ek het Jesus, my Redder, daardeur ontmoet. Ek lewe as gevolg van wat ek gehoor het…”
Lees meer “Radio FEBA – Julie Nuusbrief: Brokkies van God se werk oor kontinente heen.”Woensdag 1 Mei: “Hy sê toe vir sy dissipels: ‘Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.’” (Matteus 9:37-38 Afr83)
FEBA, wat deur NG Kerk Groot-Brakrivier Gemeente ondersteun word, se internasionale bestuur het die afgelope week vergader op die tropiese en skilderagtige Daebu Eiland, vanwaar een van hulle groot mediumgolf stasies die hele Asië dek. Menige mense word bereik in dosyne verskillende tale. Die kleurvolle geleentheid is ook gedek deur die Koreaanse televisie.
Die was ‘n geseënde geleentheid met die feestelike optrede van Christene wat baie melodieus hulle Christenskap uitleef. Ook die FEBA kinderkoor van Korea, wat optree tydens fondsinsamelings funksies optree, het dit ‘n luisterryke geleentheid gemaak. Die Konferensie is baie goed bygewoon.
Lees meer “FEBA Konferensie in Korea, 2024”Argen, 21, is ’n universiteitstudent van Almaty en die jongste van drie kinders wie se ouers geskei is. “My ma het haar bes gedoen om ons groot te maak terwyl my pa heeltemal uit die prentjie was,” skryf Argen. “Ons het nie altyd geld gehad vir goed soos verjaardaggeskenke of vakansies, soos ander kinders by ons skool nie. Ek probeer nie hier kla nie, aangesien daardie uitdagende tye ons baie geleer het… In jul uitsendings praat julle daarvan om aan diegene wat in nood verkeer, te gee, en ek identifiseer baie hiermee. Ek voel God seën my en nou is ek mal daaroor om verjaardaggeskenke aan minder bevoorregte kinders te gee.”
FEBA Kazakstan se pad was tot nou toe nie maklik nie. Buiten die uitdaging van evangelisasie in ’n hoofsaaklik Moslemland, het hulle ook te kampe met ’n dralende anti-godsdienstige sentiment onder ouer mense… ’n oorblyfsel van Kazakstan se jare as deel van die Sowjet-Unie. Amptelik erken die Kazak-regering godsdiensvryheid, maar tog stipuleer die 2011 Godsdienswet onder meer die volgende: … Lees die res van die artikel hier
DESEMBER 2023
“Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? … Daar staan ook geskrywe: ‘Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”
(Romeine 10:14-15 Afr83)
NOVEMBER 2023
“Jesus antwoord hom: ‘As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon”
(Johannes 14:23 Afr83)
OKTOBER 2023
“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.”
(Markus 11:25 Afr83)
Augustus: “KanuYah FM Sollo is ongetwyfeld ‘n bron van wysheid en seën vir almal. Dis so gewild dat selfs ongelowiges van die Christelike liedjies, stories en dramas hou. Bowenal troos dit die gebroke harte van talle gesinne wat treur oor geliefdes wat in die stryd vermoor is.” – Fatamba, FEBA Mali luisteraar
Lees meer “Radio Feba – Gebedsfokus vir Augustus 2023”JULIE 2023
“Die blydskap wat die Here gee sal julle krag wees!”
– Nehemia 8:10
Donderdag 1 Junie: Kiëf ervaar die afgelope tyd swaar bombardering. Die geweld eis daagliks lewens, insluitende sommige van FEBA Oekraïne-personeel se familielede. Baie aanbieders is tans in die buiteland ter wille van veiligheid, wat ‘n groter werkslas op die huidige span laai. Bid asseblief dat God vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars krag, moed, troos en hoop sal gee.
Lees meer “Radio FEBA e-gebedsfokus Junie 2023”Maandag 1 Mei: FEBA Vietnam het onlangs ‘n jeugkamp, die Mien en Kim Mun Jeugkamp, aangebied. Dit is deur meer as ‘n duisend jongmense bygewoon. Bid asseblief dat hierdie jongmense se verhouding met Christus sal groei; en dat hulle die vrymoedigheid sal hê om die liefde van die Here Jesus Christus met hul maats te deel.
Lees meer “Radio FEBA e-Gebedsgids Mei 2023”April 2023
“Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.”
1 KORINTIËRS 5:7 –
Maart 2023
“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.”
– HEBREËRS 4:16 –
Februarie 2023
“Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.”
Johannes 14:13-15
Sondag 1 Januarie: Bid dat FEBC Taiwan se nuwe kinder- en jeugprogramme, “Fun After School” en “Bible Unboxing”, kinders na Jesus toe sal lei.
Maandag 2 Januarie: Wetgewing in Japan verbied enige godsdienstige organisasie om uitsaaitorings te besit. FEBC Japan, die enigste Christelike uitsaaier in die land, saai uit vanaf Jeju Eiland in Suid-Korea. Bid asseblief dat FEBC Japan se programme nog baie verder sal reik.
Desember 2022
“Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.“
– Jakobus 5:16 –
JAPAN
Dinsdag 1 November: Bid asseblief dat die Here vir FEBC Japan nuwe en getroue personeel sal voorsien. Hul huidige personeel se gesondheid is afgetakel, want hulle werk elke dag tot middernag om uitsendings aan die gang te hou.
FEBC INDONESIË
Saterdag & Sondag 1-2 Oktober: Yaski FM in Indonesië het ‘n nuwe program op die lug, “Yaski Care for Covid-19”. Die program reik uit na luisteraars in Tangerang en die omliggende gebiede wat deurgeloop het onder Covid-19. Hulle deel ook kos- en vitamienpakkies uit. Bid dat dié program baie gesinne sal baat.