Help ons om ‘n verskil te maak!
Die NG Kerk Groot-Brakrivier is al vir meer as 20 jaar betrokke by ’n besondere projek wat maandelikse kospakkies voorsien aan bykans 40 gesinne – beide binne ons gemeente én in die groter Groot-Brakrivier gemeenskap. Hierdie projek is ’n teken van ware omgee en medemenslikheid, en ons nooi jou uit om deel te word van hierdie betekenisvolle diens.
Die projek word moontlik gemaak deur die ruim harte van lidmate wat finansieel bydra of produkte skenk. Waar daar steeds ’n tekort is, vul die Omgeebediening dit aan deur aankope by plaaslike besighede – ’n pragtige voorbeeld van hoe ons as gemeente saamwerk vir die gemeenskap se welsyn.
Dankie
Ons wil elke vrywilliger en skenker hartlik bedank. Julle hande en harte maak hierdie diens glad en doeltreffend. Maar daar is altyd plek vir nog helpers!
Hoe kan u help?
Saam kan ons hoop bring waar dit die nodigste is.
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak!
By die kerk se deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts.
Enige bydraes help om nood te verlig.
Of jy wil help met verpakking of skenkings, jou bydrae maak ’n verskil.
Kontak ons
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters
Voel jy geroep om betrokke te raak? Kontak gerus die kerkkantoor om met die voorsitter van die Omgeebediening in verbinding te tree.