“Maar Josef het hulle geantwoord” “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het. Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.””
Gen. 50: 19-21
Deur die lewe ervaar elkeen van ons goeie en slegte dinge. Dinge wat soms ‘n blywende indruk, en dikwels ‘n traumatiese effek nalaat. Besef ons hoekom hierdie dinge met ons gebeur? Hoe verwerk ons die wanneer die goeie en die slegte dinge in ons lewens gebeur? Wat maak ons met die vreugdes? Wat maak ons wanneer mense se aksies ons vertroue tot op die been stroop? Voel ons dan soos Jeremia wat voel of daar geen uitkoms is nie? (“Ek is die man wat ellende belewe het. Die Here het my met sy toorn geslaan. Hy het my die donker in gejaag, my laat loop op ‘n pad sonder lig. Vir my stoot Hy gedurig weg, dag na dag. Hy het my hele liggaam laat wegteer, my bene gebreek.” (Kla. 3: 1-4)). Of bely ons soos dieselfde Jeremia dat ons volkome vertrou op God? (“…deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra;” (Kla. 3: 22-26))
Lees meer “Stof tot nadenke: Goed en sleg…”
