Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Oktober 2026 – God is lief vir jou

19 Oktober

Liewe vriend,

Van al die dinge wat jy vandag kan weet, is dit die belangrikste: God is lief vir jou. Hier is God se Boodskap, net vir jou, vir vandag.

Tema: God is lief vir jou

Teks: “Dit weet ek: U het my lief, my vyand sal nie oor my triomfeer nie.” (Ps. 41:12)

  • God se woorde maak jou hart bly — hulle is ’n vreugde wat jy altyd kan hou. (Ps. 119:111)
  • God se liefde hang nie af van jou punte, jou voorkoms of hoe gewild jy is nie.
  • Omdat God jou liefhet, sal die dinge wat teen jou is, nie die laaste woord hê nie.
  • Kyk vandag in die spieël en sê: “God is lief vir my.”

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my liefhet — laat dit my vandag selfvertroue gee.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.