Sondag 18 Oktober 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 28:16-20.
- Die tema van die prediking is: Gaan uit!
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Bybelgenootskap by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.
Woensdag 21 Oktober 2026 :
- Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week).
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom.Marida – Epos Kontak.
- Blokbyeenkoms om 18:00: Blok 22 (Seester Tergniet) Edwin & Aletta de la Harpe, Kreefslot 5 – gelei deur ds Leon Cronje. Johan Smit – Epos Kontak.
Vrydag 23 Oktober 2026 :
- Potjie, Vuur & Vermaak Konsert om 18:00.


Saterdag 24 Oktober 2026 :
- Dankfees 08:00-12:00🎉.

DANKFEES 24 OKTOBER 2026 – 🌟 WIL JY DEEL WEES VAN DIE PRET? 🌟
Bydraes kan by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Bestanddele is ook baie welkom en moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is: NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511, Takkode 210314. Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr & Van, merk (bv. Dfees 10 Kriel).
Indien jy graag wil betrokke raak of ’n tafel wil ondersteun kontak gerus een van die volgende persone:
🥖 Roosterkoeke Tafel – Kom geniet heerlike, vars roosterkoeke – ’n gunsteling wat jou mond laat water. Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig 2 pakke gerasperde kaas, 2x 1kg Stork margarine, Appelkooskonfyt, 5 sakke Charcoal, 1 Blits. Asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag.
📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.
🐘 Wit Olifant Tafel –Een mens se ongebruikte item is ’n ander mens se nuwe gunsteling! 😉Kom ontdek hope verrassings en lekker winskopies. Skenkings welkom by lokaal 6 (Ma, Wo, Vr).
📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
📚 Boek Tafel – Maak plek op jou boekrak! 📖 Kom blaai, snuffel en ontdek tweedehandse boeke wat wag vir ’n nuwe storie en ’n nuwe leser. Skenkings welkom by lokaal 6 (Ma, Wo, Vr).
📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
🍨 Smullekker Nagereg Tafel –Vir dié met ’n soettand… hierdie tafel is vir JOU! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Leë roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – ’n Bietjie speserye, ’n hele klomp liefde en hope geur! Kom geniet ’n heerlike bord vol huislike lekkerte. Skenkings van rys en 8 x 1kg gevriesde gemengde groente sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Corita du Preez – Epos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – Op ’n stokkie, oor die kole en reguit na jou bord! 🔥Sappige, geurige sosaties wat perfek gebraai word. R18 per sosatie. 📞 Eddie Drost – Epos Kontak.
🥪 JAFFLES: R25 elk. Warm, goudbruin en propvol geurige maalvleis! Ons benodig jaffle panne (duidelik gemerk), braaiers met al hul benodigdhede en verkopers.📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak.
🍰 Tee Tuin – Het jy ’n passie vir bak? Ons benodig jou hulp! Skenk jou tuisgebak en help ons om die dag ekstra spesiaal te maak! Ons benodig:🎂Grootkoeke 🧁 Kolwyntjies 🍞 Brode 🥧 Tertjies.
📞 Kontak: Alta de Beer – Epos Kontak.🌼 Kom kuier, ondersteun en geniet saam! 🌼
☕ Koffie – R15, Tee – R10, Snytjie Koek – R20.
🍽 Pannekoek Tafel – Vars, warm pannekoeke met ’n lekker strooisel en ’n hele klomp liefde! Ons baasbakkers benodig nog van die volgende bestanddele – koekmeel,olie en suiker.R7 elk.
📞 Elsabé Richards – Epos Kontak.
🥕 Groente Tafel – Vars, kleurvol en vol natuurlike goedheid! 🌱Kom kies uit heerlike groente – vars uit die tuin en sonder preserveermiddels.📞 René Vorster – Epos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Bring jou swembroek saam om die waterwurm en “dunk tank” te geniet! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.
🥩 VLEISTAFEL: Vars, verwerkte vleis vir jou vrieskas! Ons benodig asseblief skenkings van vleis, asook
mense wat bereid is om op die dag te help met die bemanning van die tafel.
📞 Ruan Viljoen – Epos Kontak.🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 19 Otober. Vries goe
Sondag 25 Oktober 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
- Nagmaal.
- Hervormingsfees.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Gideons by die deure.
- Tee in die kerksaal na die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen (Nagmaal).
- LEEFKerk – GEEN.
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
In die voorportaal is nuwe lidmaatvorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Sterftes 2026:
4 Oktober – Hans Böhi: Blok 08C
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.
“Met ons hele wese wag ons op die Here; Hy is ons hulp en ons skild” (Ps. 33:20 Afr20).




FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Tajikistan
Tajikistan is die armste land in Sentraal-Asië. Sowat 93% van die land is bergagtig. Minder as 1% van die bevolking is Christene. Dit is in elke opsig ’n uitdagende sendingveld, en perfek vir radiobediening. Bediening dra egter groot risiko vir diegene wat dit doen, so FEBA se plaaslike personeel verskuil hul identiteite deur stemveranderingstegnologie tydens uitsendings te gebruik.
Ons gebed vir die week:Bid vir die veiligheid van FEBA Tajikistan se personeel en luisteraars en bid dat die uitsendings blywende vrug sal dra.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 18 Oktober 2026,gelei deur ds Charné Viljoen.
- Getuienisbediening
- Missie Japan se nuusbrief oor die jaarlikse herfsbraai vir die Jeug van Japan.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
- Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Oorwin droefheid”.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314




Een antwoord op “Afkondigings 18 – 25 Oktober 2026”
Kommentare is gesluit.