“Uit Myself kan Ek niks doen nie. Ek oordeel volgens wat Ek hoor, en My oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil nastreef nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.”
Joh. 5: 30
In hierdie aardse bestaan van ons, soek ons altyd iemand of iets om te beskuldig, wanneer dinge nie volgens ons eie plan of menslike oordeel gebeur nie. Wanneer iets verkeerd gaan, soek ons ‘verskonings’ oor hoekom dit nie ons eie skuld is nie, om so enige blaam van onsself af weg te keer. Ons is altyd baie vinnig om ‘n oordeel oor die situasie te fel, sonder dat ons die wil van God gevra het. Ons blameer selfs ons menslike natuur en begeertes, waarteen ons sogenaamd geen verweer het nie. Ons moet egter besef dat ons verantwoordelikheid moet neem vir enigiets, waar ons, teen die wil van God, verkeerde besluite geneem het en dus na enige verkeerde dinge en oordele gelei het. Die eintlike vraag vandag is of ons wel regverdig oor enigiets kan oordeel? Ons word herhaaldelik gemaan om nie net te oordeel nie!
Lees meer “Stof tot nadenke: Regverdige Oordeel”
