15 Oktober
Liewe Vriend
As jy al God se goeie dade moes neerskryf, sou jy nooit klaarkry nie — vandag is ’n goeie dag om te begin. Hier is God se Boodskap net vir jou.
Tema: Niemand is soos God nie
Teks: “Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons; daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te veel om op te noem.” (Ps. 40:6)
• God se troue liefde gee jou uitkoms, net soos Hy jou belowe het. (Ps. 119:76)
• God dink altyd aan jou — nie net partykeer nie, maar elke oomblik.
• Daar is niemand soos Hy nie: geen celeb, held of vriend kom naby sy grootheid nie.
• Begin vandag ’n lysie van dinge wat God vir jou gedoen het, en voeg elke dag iets by.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U altyd aan my dink — daar is niemand soos U nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


