Stof tot nadenke: “Oorwin droefheid”

”Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.”

(2 Kor. 7: 1020)

Wat maak ons bedroef?

Almal van ons ervaar droefheid deur die loop van ons lewe. Dit kan die verlies van ‘n geliefde wees. Dit kan die verlies van iets wat vir ons kosbaar is, wees. Dit kan die ongenaakbaarheid van die wêreld wees. Dit kan die seer en pyn van ‘n ander wees. Wat dit ookal vir jou beteken, en wat jou bedroef maak, ons almal moet dit verwerk en voort gaan met ons lewens.

2 Korintiërs 7 stel dit duidelik dat droefheid wat oor ons pad kom, volgens die wil van God plaasvind. Ons word nooit gevrywaar van daardie seerkry nie. Daardie magtelose hartseer wat jou beetpak, wanneer dit met jou gebeur nie. Ons word soms lamgelê en dink dat ons nie weer sal kan aangaan nie. Maar wat ookal met ons gebeur dit is die werk van die Here om ons te lei na ons verlossing. Want Hy het ons so lief gehad dat Hy sy eniggebore seun gegee het om vir ons sonde te ly.

Jesus Christus het ook die droefheid ervaar, en verstaan ons lyding in die geval van hartseer.

Teksverse:

“Toe Hy ná sy gebed opstaan, gaan Hy na sy dissipels, en vind hulle van droefheid aan die slaap.” (Luk. 22: 4520);

“Hy is verag, deur mense verlaat, ‘n mens van smarte, bekend met siekte, soos iemand vir wie ‘n mens jou gesig verberg. Hy is verag, en ons het hom nie geag nie. Nogtans, ons siektes, hy het dit gedra, en ons smarte, hy het dit op hom gelaai. Maar ons het hom beskou as iemand wat gekasty word, geslaan deur God, en verneder. Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor pns sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar genesing vir ons..” (Jes. 53: 3-520);

“As ek vrees vir ‘n verskrikking, dan kom dit my oor; dit waarvoor ek bang is, oorval my.” (Job. 3: 2520)

Die doel van droefheid?

Die doel van droefheid is om ons kans te gee om daardeur te werk, en steeds te besef dat God die Vader ons liefhet. Dit is God wat vir ons weer bemoedig, tydens, en na enige droefheid wat ons teëgekom het.

Soos Job moet ons steeds besef dat ons die Here kan loof, te midde van hartseer. Dit is Hy wat vir ons die vertroosting bewerkstellig. Ons moet besef dat hierdie hartseer en pyn slegs van tydelike aard is. Dit is die ewige nalatenskap, wat vir ons deur die verlossingsdaad van Jesus Christus bewerkstellig is, wat belangrik is.

Hoe kry ons dit reg? Ons vra die Heilige Gees om ons te kom vul met die vrede wat alleen van God af kom! Alleen is ons nie in staat daartoe nie. Die Here se nabyheid, wat ons altyd kan ervaar, is die enigste hoop wat ons het, in die wete dat God ons lief het. Elkeen van ons!

Teksverse:

“Want kyk nou net watter toewyding julle droefheid volgens die wil van God vir julle bewerk het: ja, watter verontskuldiging, watter verontwaardiging, watter ontsag, watter verlange, watter ywer, watter bestraffing! In elke opsig het julle getoon dat julle ontskuldig is wat hierdie saak betref.” (2 Kor. 7: 1120);

“Maar God, wat die neerslagtiges bemoedig, het ons bemoedig.” (2 Kor. 7: 620);

“Dan sal jongvroue vreugde vind in kringdanse, ook jong manne en ou manne saam met hulle. Ek sal hulle rou verander in vrolikheid; Ek sal hulle troos, en aan hulle vreugde gee in die plek van droefheid…” (Jer. 31: 1320);

“Die Gees van my Heer, die Here is op my, omdat die Here my gesalf het. Hy het my gestuur om ‘n goeie boodskap te bring aan magteloses, om dié met gebroke harte se wonde te verbind, om dié wat weggevoer is se vrylating aan te kondig en bevryding vir dié wat geboei is, om die genadejaar van die Here aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos,…” (Jes. 61: 1-220);

“Want ons ligte en tydelike verdrukking bewerk vir ons ‘n gewigtige en allesoortreffende ewige heerlikheid.” (2 Kor. 4: 1720);

“Broers, ons wil nie hê dat julle onkundig moet wees oor diegene wat ontslaap nie, sodat julle nie treur soos ander mense wat nie hoop het nie.” (1 Tes. 4: 1320);

“Hy het gesê: “Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek na die skoot van die aarde terugkeer. Die Here het gegee en die Here het geneem. Mag die Naam van die Here geprys word!” (Job 1: 2120)

Stof tot nadenke: “Oorwin die vrees”

”As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle werklik vry wees.”

(Joh. 8: 3620)

Wat maak jou bevrees?

Iedereen van ons was al bang. Bang vir die onbekende. Bang vir wat voorlê. Bang vir wat in ons land aan die gang is. Bang vir mense, diere of vreemde omstandighede. Bang vir wat die vreemde veranderde toekoms vir ons inhou.

Ons is nie alleen in hierdie bangheid nie. Daar is menige verhaal in die Bybel waar vrees vir eienaardighede, onverstaanbare gedrag genoem word. Dit is bekend dat vrees kan lei tot gesondheids ongesteldheid. Om bevrees te wees kan ons as mens se lewenslus knak. Ons moet so spoedig moontlik dit waarvoor ons bang is, aanspreek. Anders kan dit tot ons ondergang lei.

Vrees kan ook tot mislukking lei. Soos duidelik uit die geval van die Gideon manskappe, wat vol moed aangemeld het, maar toe dit tyd was om die geveg deur te sien, het die Here gesê dat hulle liewer moet wegdraai terug huis toe.

Teksverse:

“En groot vrees het die hele gemeente en almal wat hiervan gehoor het, oorval.” (Hand. 5: 1120);

“Die man in wie die bose gees was, het hulle bespring en hulle almal oorweldig en die oorhand oor hulle gekry, sodat hulle kaal en gewond uit daardie huis gevlug het. Dit het bekend geword onder al die Joodse en Griekse inwoners van Efese, en vrees het hulle almal oorval, en die Naam van die Here Jesus is verheerlik.” (Hand. 19: 16-1720);

“Dit gaan sleg met ‘n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees.” (Spr. 15: 1583);

“Kondig dan nou aan ten aanhore van die manskappe, “Wie ook al bang en aan die bewe is, kan omdraai en wegvlug van die berg Gilead.” (Rig. 7: 320)

Hoe kan ons die vrees oorwin?

Die antwoord om vrees te oorwin, lê by die Here! Moses het die volk ingelig, dat daar geen nodigheid vir vrees is nie. God self sal vir hulle veg. Hulle kon dit net aanskou. Verder is daar menige tekste wat ons lei na die vrymaking van vrees. Wanneer ons besef dat ons vrymaking van alle vrees alleen deur geloof in Jesus Christus lê.

Deur die waarheid van die evangelie te ken, kan ons vrygemaak word. Deur die vrymaking van oorgawe aan Jesus Christus se verlossing. Deur die Woord van God te ken, kan ons vryheid van vrees ervaar, want ons krag is in die wapenrusting van God, wat ons soos wildsbokkies op hoë plekke laat loop, omdat ons die beskermende skild van die Woord aan het.

Staan dus gewortel in oorwinnende gesindhede deur die Gees van God. Plaas jou vertroue volkome in die hand van die Here. Want dit is waar dat elkeen van ons nie bang hoef te wees vir enige aardse teenstand nie, want as die Almagtige God vir ons is, wie kan teen ons wees? Daarby moet ons standvastig in ons geloof bly en met danksegging en lofprysing neerbuig voor die Vader wat ons so lief gehad het en uit genade gered het.

Teksverse:

“Maar Moses het vir die volk gesê: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk. Want die Egiptenare wat julle vandag sien, sal julle nooit weer sien nie. Die Here sal self vir julle veg. Julle moet net stil bly.”” (Eks. 14: 13-1420);

“Die Here het die oordele oor jou afgewend, jou vyande uit die weg geruim. Die Koning van Israel, die HERE, is in jou midde; jy sal geen onheil meer vrees nie. Op daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word: ”Moenie vrees nie, Sion; Moenie dat jou moed jou begewe nie. Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde. Hy sal oor jou juig met jubelkrete.” (Sef. 3: 15-1720);

“…en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (Joh. 8: 3220);

“God is my sterk toevlug; Hy maak my pad volmaak. Hy maak my voete soos dié van wildsbokke; op hoë plekke laat Hy my vasstaan. Hy maak my hande bedrewe vir die geveg, sodat my arms ‘n bronsboog kan span.” (2 Sam. 22: 33-3520);

“Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom,…” (Joh. 12: 1520);

“Op God – ek loof sy woord – ja, op God vertrou ek. Ek is nie bang nie, wat kan ‘n mens aan my doen?” (Luk. 1: 73-7620);

“Aangesien die kinders dan aan vlees en bloed deel het, het Hy net so aan dieselfde dinge deel gekry, sodat Hy deur sy dood die een wat oor die dood mag het, dit is die duiwel, kragteloos kon maak en sodat Hy hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny verkeer het, kon bevry.” (Heb. 2: 14-1520);

“Maar selfs al sou julle ly ter wille van wat reg is, gelukkig is julle. Moenie hulle intimidasie vrees, of ontsteld raak nie. Inteendeel , eerbiedig Christus as Here in julle harte, altyd gereed om julle te verantwoord teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis oor die hoop wat in julle lewe.” (1 Pet. 3: 14-1520):

“In die liefde is daar geen vrees nie. Inteendeel, volmaakte liefde dryf die vrees na buite; want vrees het te doen met straf, en wie vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.” (1 Joh. 4: 1820)

Stof tot nadenke: “Gevaar van wegdrywing”

“Moenie traag wees in julle toewyding nie; bly geesdriftig; hou vol om die Here te dien.”

(Rom. 12: 1120)

Wat laat ons wegdrywe?

Wat laat ons wegdryf van ons geloof? Wat maak dat ons nie wil volhou om ons geloof uit te oefen nie? Dit is ‘n lewenswaarheid dat mens dikwels in moeilike omstandighede nader aan God kom. Mens besef jou tekortkominge en besef dat jy alleen staande kan bly, wanneer God met jou is! Dis asof teenspoed ‘n reserwekrag te voorskyn bring. Dit wat jy nooit eers besef dat jy het nie.

Daarteenoor is dit in voorspoedige omstandighede wat ons dikwels wegdryf van ons afhanklikheid van God af. Voorspoedige en gemaklike toestande het al meer mense geruïneer as wat moeilikheid ooit kan doen.

Ons moet daarteen waak dat ons nie in gemaklike omstandighede stadig, maar seker, wegdryf van God af nie. Ons dink so maklik dat ons self hierdie gunstige omstandighede geskep het. Ons kan self sorg dat dit goed gaan. In die proses verloor ons ons fokus op God. Daar beweeg ‘n seker traagheid in ons lewens in, wat ons volharding in ons geloof aan God kan kniehalter.

Teksverse:

“Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het!” (Luk. 24: 2520);

“Hieroor het ons baie om vir julle te sê wat moeilik is om te verduidelik, aangesien julle traag geword het om te luister.” (Heb. 5: 1120);

“Ons begeer dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer sal toon om tot volle sekerheid te kom, sodat julle nie traag word nie, maar die voorbeeld volg van hulle wat deur geloof en geduld die beloftes beërf.” (Heb. 6: 11-1220)

Om wegdrywing teë te werk

Ons moet tot die besef kom dat ons moet volhard, in alle omstandighede, in ons geloof; asook ons dankbaarheid op aktiewe manier uitoefen. Ons moet nie die onvrugbare grond word, omdat die lewe ons totaal en al afstomp van ons afhanklikheid van God nie.

Ons moet die nodige vrug dra! Want God het aan ons die verlossing deur Jesus Christus laat verkry; en ook die bystand van die Heilige Gees wat die woord lewendig in ons hou. Ons moet nie afgestomp raak en nie meer God se stem hoor nie. Laat ons mekaar in liefde met geregtigheid en godvresendheid behandel.

Laat ons die belangrikheid van betroubaarheid, sagmoedigheid, en volharding besef en deel van ons lewe maak. Laat ons insig vir mekaar se laste toon, en so ons eenheid in Christus uitleef, in dankbaarheid.

Teksverse:

“Julle het inderdaad volharding nodig….” (Heb. 10: 3620);

“Let op, my geliefde broers, elke mens moet flink wees om te luister, stadig om tepraat, stadig om kwaad te word. Want die woede van ‘n mens bewerk nie geregtigheid voor God nie. Doen daarom in sagmoedigheid afstand van alle morele besoedeling en die kwaad wat gedy, en ontvang die woord wat in julle geplant is, en daartoe in staat is om julle siele te verlos.” (Jak. 1: 19-2120);

“Die saad wat in die vrugbare grond val, is daardie mense wat die woord met ‘n goeie en opregte hart aanhoor, daaraan vashou en met volharding vrug dra.” (Luk. 8: 1520);

“…en volharding lei tot betroubaarheid, en betroubaarheid tot hoop. En die hoop beskaam nie, want God se liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.” (Rom 5: 4-520);

“Maar jy, o man van God, vlug weg van hierdie dinge! Streef eerder na geregtigheid, godvresendheid, betroubaarheid, liefde, volharding, sagmoedigheid. Stry die goeie stryd van die geloof; gryp die ewige lewe aan, waartoe jy geroep is en waarvan jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het.” (1 Tim. 6: 11-1220):

“Lê juis daarom alle ywer aan die dag om by julle geloof deug te voeg, by deug, insig, by insig, selfbeheersing, by selfbeheersing, volharding, by volharding, godvresendheid, by godvresendheid, broederliefde, en by broederliefde, liefde vir alle mense.” (2 Pet. 1: 5-720)

Stof tot nadenke: “Die goedheid van die Here”

“Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing, noudat “julle die goedheid van die Here gesmaak het”.

(1 Pet. 2: 1-320)

Wat is jou ervaring van God se goedheid?

In 1 Petrus 2 word ons daarop gewys dat ons alles wat sleg is moet aflê omdat ons ‘die goedheid van die Here gesmaak het‘. Wat verstaan elkeen van ons in hierdie woorde?

Sal ons terugkeer na die huis van die Here net omdat die goedheid en guns van die Here ons volg, soos vir die Psalmdigter? Dink ons dat die goedheid van die Vader daarin geleë is dat ons ontsag vir Hom het?

Of is die goedheid van die Here daarin gesentreer dat ons die goeie dinge van hierdie aarde beleef? Die dinge wat ons laat groei in aansien by die mense? Ons voorspoed en goedheid van die Here word so dikwels gemeet aan alles wat ons het, en nog kan kry! Ons sien hierdie uitkyk ook by Bybelse figure.

Teksverse:
“Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae.” (Ps. 23: 620);

“Hoe groot is u goedheid wat U bewaar vir dié wat vir U ontsag het, wat U voorberei vir dié wat by U skuil, terwyl die mense toekyk.” (Ps. 31: 2020);

“Gee my ‘n teken van goedheid sodat hulle wat my haat, dit kan sien en beskaamd Staan. U, Here, het my immers gehelp en getroos.” (Ps. 86: 1720);

“Mag die goedheid van my Heer, ons God, oor ons wees. En ons handewerk, hou dit vir ons in stand, ja, ons handewerk, hou dit in stand.” (Ps. 90: 1720);

“Hulle sal kom en jubel op die hoogte by Sion; hulle sal van vreugde straal oor die goedheid van die Here, oor koring, nuwe wyn en olie, en oor lammers en beeste. Hulle sal wees soos ‘n natgeleide tuin; hulle sal nie weer wegkwyn nie.” (Jer. 31: 1220)

Doel van die Here se goedheid?

Daar is ‘n inherente dankbaarheid by die Bybelse figure te sien. Hulle besef dat hulle seën van die Here kom. Dat dit Sy goedheid is wat lei tot hulle ‘voorspoed’.

Ons moet elke dag onthou daar is ‘n doel agter God se goedheid. God is goed en regverdig. Hy wil ons tot bekering bring in ons verkeerde aardse maniere.

Die goedheid van die Here is gesentreer in Sy liefde. Hy wil ons deur sy genade die ware lewe laat smaak. Sy Seun, Jesus Christus, is die bewys van Sy omgee en liefde. Hy het alles gegee sodat elkeen van ons, wat in Hom glo, Sy goedheid kan ervaar.

Laat ons in dankbaarheid lewe en alle slegte eienskappe aflê, sodat ons die Verlossing van die evangelie kan ervaar. Sodat ons kan groei in geloof, deur die bystand van die Heilige Gees. Wees ontvanklik vir hierdie grootse gawe van God, en ervaar die volheid van die goedheid van die Here.

Teksverse:
“Dink jy, o mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen terwyl jy dieselfde dinge doen, dat jy God se oordeel sal vryspring? Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie?” (Rom. 2: 3-420);

Rom. 11: 22
“Sien daarom God se goedheid sowel as sy strengheid raak: sy strengheid oor hulle wat afvallig geword het, maar sy goedheid oor jou – mits jy in sy goedheid bly,* want ook jy kan uitgekap word.” (Rom. 11: 2220);

Ef. 2: 6-8
“Ja, Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek, en saam laat sit in die hemel, sodat Hy in tye wat kom, bewys kan lewer van die allesoortreffende rykdom van sy genade deur sy goedheid aan ons in Christus Jesus. Want uit genade is julle verlos, deur geloof. En juis dit kom nie uit julle self nie; dit is die gawe van God.” (Ef. 2: 6-820)

Stof tot nadenke: ‘Seëninge elke dag’

“Die Here sal vir jou sy goeie skatkamer, die hemel, oopmaak om die reën van jou land op tyd vir jou te gee en al jou handewerk te seën.” (Deut. 28: 1220)

Hoe kyk ons na seën?

Is ons ingestel daarop om die seëning wat ons pad kruis raak te sien? Of soek ons net altyd na die negatiewe? Vind ons liewer foute in en om ons? Of is ons daarop ingestel om dié dinge in ons lewe, wat ondersteuning en vreugde bewerkstellig, raak te sien? Daardie dinge wat in ons ‘n passie wakker maak, omdat ons dit as ‘n gawe beskou.

So dikwels waardeer ons nie ‘n vriendelike bedoeling, of wil ons die positiewe hulp nie aanvaar nie. Vriende wat moeite doen met opregte bedoeling word soms bitsig behandel. Is ons agterdogtig oor ‘n ander se bedoeling? Is ons so ingestel op onsself dat ons nie die goeie, wat ons pad kruis elke dag, raaksien nie? Daardie vriendelike groet; die raaksien en opregte belangstelling; die opwindende voëlgesang, of die klein lieflike blommetjie langs ‘n stowwerige pad.

Dis God gegewe seëninge wat God daagliks vir ons gee. Die gesegde van Neville Talbot beskryf dit goed: ‘Afgesien van hoe teneergedruk jy voel, as jy jou seëninge tel sal jy altyd aan die wenkant wees.’

Aardse behoeftes teenoor geestelike behoeftes

In die Onse Vader gebed leer Jesus Christus ons dat ons God mag vra vir ons daaglikse brood. Ons kan bid tot God en vra vir wat ons nodig het. Die brood is die beeld van ons menslike en tydelike behoeftes. Dit sluit kos, klere, behuising, gesondheid, en ook ander dinge wat mens se lewenspassies insluit.

Menslike aardse geluk is iets wat momentele lewensvreugde kan gee, maar in ‘n oogwink weggeneem word of vernietiging bring. Tog maan Christus dat ons nie ons te veel moet bekommer oor wat ons sal eet, of wat ons sal aantrek nie. Dit is belangriker dat ons na God se nabyheid moet soek. Dit is belangriker vir ons lewensbestaan om die koninkryk van God te soek en die lewende water in te neem.

Die geluk wat Christus bring is onaantasbaar en onvernietigbaar. God se geluk is dus ‘n standhoudende geluk wat gebore word uit die saam leef met God. Elke oomblik van elke dag. Dit bring ‘n onversteurde kalmte, te midde van lewens-storms. Dit is iets wat deur niks in hierdie aardse lewe of dood weggeneem kan word nie.

Teksverse:

“Moet julle daarom nie bekommer en vra, ‘Wat sal ons eet? Of ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. Dit is immers alles dinge wat die heidennasies soek. Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (Matt. 6: 31-3220);

“Gee ons elke dag ons daaglikse brood.” (Luk. 11: 320);

“Jesus het haar geantwoord: “Elkeen wat van hierdie water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom ‘n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.” (Joh. 4: 13-1420);

“Daarom ervaar julle pyn; maar Ek sal julle weer sien, en dan sal julle harte bly wees, en niemand sal julle blydskap wegneem nie.” (Joh. 16: 2220);

Sien ons elke dag se seëninge raak?

Ons moet tot die besef kom, wanneer ons Christene is, dat elke mens, elke gebeurtenis, elke ervaring, deur God oor ons pad kom. Laat ons gedurig soek na die positiewe, die opbouende kritiek, die vriendelike of hartseer mens wat ‘n dringende behoefte het. Die klein blommetjie wat blom, asof net spesiaal vir jou. Daardie voëltjie wat jy al so lankal wil sien wat daar vir jou sit en wag om raakgesien te word. Daardie antwoord op ‘n indringende vraag wat skielik by jou opkom. Laat ons met vreugde na hierdie ontmoetings en antwoorde in ons lewens soek.

Laat ons elkeen daarop ingestel word om die seëninge raak te sien, en nie deur dreigende storms lamgelê word nie. Alleen dan kan ons elke dag met dankbaarheid leef. Soos John C Maxwell dit so mooi stel: ‘’n Dankbare hart is ‘n hart wat tyd gehad het om sy seëninge te tel. Slegs wanneer ons gaan staan en alles oordink, sal ons harte vol lof word vir ons vriende, ons seëninge van die verlede en ons God.’

Teksverse:

“Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel.” (Ef. 1: 320);

“Al hierdie seëninge sal jy ontvang, en dit sal jou deel word as jy luister na diestem van van die Here jou God. “Geseënd sal jy wees in die veld!…” (Deut. 28: 2-320)

Stof tot nadenke: “Nuwe lewe in Christus”

“Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat, net soos Christus deur die magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei.”

(Rom. 6: 420)

Afsterwe en wedergeboorte

In hierdie maand van die lente, sien ons daagliks blomme verskyn wat nie oënskynlik daar was, die res van die jaar nie. Ook die bladwisselende bome wat deur die winter dood lyk, en weer in die lente begin bot, herinner ons daaraan dat ons ons ou lewens moet afsterf, om nuwe lewe te kry in die lente van ons geloof. God is die dou wat ons as mens weer laat lewe soos so mooi beskryf word in Hosea.

Christus self het vir Nikodemus daarop gewys dat ons beide deur water én Gees gebore moet word. Dit dui dus op die afsterwe van die vleeslike om in die Gees gebore te word. Paulus wys die gelowige Romeine daarop dat hulle nie uit verganklike saad is nie, maar uit die onverganklike saad van die Woord van God.

Dit is dus God self wat die waarheid in ons wek en vir ons dit moontlik maak, nadat ons tot geloof en die vernuwing van ons gedagtes deur die Heilige Gees gekom het. Ook in Spreuke word ons daarop gewys dat om die wil van die Here te doen tot ‘n lewe lei wat lewens red.

Teksverse:

“… sal Ek vir Israel wees soos die dou. Hy sal bloei soos ‘n lelie en hy sal so vas staan soos die Libanon. Hy sal geil groei. Hy sal so sterk wees soos ‘n olyfboom en hy sal ruik soos die plante van Libanon.” (Hos. 14: 6-720);

“Nikodemus sê vir Hom: “Hoe kan ‘n mens weer gebore word as hy reeds oud is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die moederskoot ingaan en gebore word nie?” Jesus antwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die Gees gebore is, is gees. Moenie daaroor verbaas wees dat Ek vir jou gesê het, ‘Julle moet van bo gebore word’ nie. Die wind waai waar hy wil en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.” (Joh. 3: 420);

“Julle is immers weer gebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad – deur die lewende en blywende woord van God.” (1 Pet. 1: 2320);

“Wie die wil van die Here doen, is ‘n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens.” (Spr. 11: 3083)

Verlossing van die kruis

God het alles vir ons moontlik gemaak deur die kruisdood van Jesus Christus, Sy eniggebore, en unieke Seun. Ons moet net in stilte hoop en vertroue in die Vader en die verlossing van die kruisdood van Jesus Christus.

Ons hoef ons nie te skaam vir die evangelie van Jesus Christus nie, want dit is die krag van die verlossing. Dit het Jesus Christus vir die Jode gedoen, maar ook vir die heiden nasies, dwarsoor die aarde. Ons as mens is soms verstom oor mense wat dié roeping so sterk voel, dat hulle soos Paulus tot aan die uithoeke van die aarde die woord en lewende evangelie verkondig.

Dit is die Heilige Gees wat mense dring om die woord wereldwyd te verkondig, want dit is die reddings daad van die mens, wat die evangelie verkondig, onder leiding van die Heillige Gees.

Teksverse:

“Goed is dit om stil te hoop op die verlossing van die Here.” (Kla. 3: 2620);

“My oë het inderdaad die verlossing gesien, wat U ten aanskoue van al die volke bewerk het, ‘n lig wat vir die nasies tot openbaring dien, en eer bring aan u volk Israel.” (Luk. 2: 30-3220);

“Want die verlossende genade van God het verskyn vir alle mense.” (Tit. 2: 1120);

“Ek skaam my immers nie vir die evangelie nie, want dit is die krag van verlossing vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood, maar ook vir die Griek.” (Rom. 1: 1620);

“In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is. Die Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.” (Ef. 1: 13-1420)

Nuwe lewe in Christus

Daar is vir elkeen wat glo ‘n nuwe lewe in Christus. Jesaja het reeds geweet dat sy verlossing in die Here is. Selfs die Smairitaanse vrou by die put, met wie Christus ‘n ontmoeting gehad het, het reeds geweet dat Christus oppad is, en alles aan hulle bekend sou maak. Jesus kon aan haar bevestig dat Hy die Een is.

Soos beide Jesaja en Paulus bevestig, is beide geroep om as ligdraers, diensknegte vir God te wees. Hulle moes die Woord verkondig van die evangelie van Jesus Christus.

Laat ons die Nuwe lewe in Christus aangryp en die lewe met oorgawe leef.

Teksverse:

“Kyk, God is my verlossing; ek vertrou en is nie ontsteld nie. Ja, die Here, die Here is my toevlug en my sterkte; Hy het my tot hulp gekom. Julle sal met vreugde water skep uit die fonteine van verlossing.” (Jes. 12: 2-320);

“Julle aanbid wat julle nie verstaan nie; ons aanbid dit wat ons verstaan, want die verlossing kom uit die Jode. Daar kom egter ‘n tyd, en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis sulke aanbidders hê. God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” Die vrou sê vir Hom: “Ek weet die Messias kom wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy alles aan ons bekend maak.” Jesus sê vir haar: “Ek Is, is die Een wat met jou praat.”.” (Joh. 4: 22-2620);

“Want so het die Here dit aan ons opgedra. “Ek het jou aangewys as ‘n lig vir die nasies, sodat jy verlossing kan bring tot aan die uiteindes van die aarde.” (Hand. 13: 4720);

“Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy vir My ‘n dienskneg is om die stamme van Jakob op te rig nie, om dié wat bewaar gebly het van Israel, te laat terugkeer nie. Ek gee jou as ‘n lig vir nasies, sodat my heil sal strek tot aan die uiteindes van die aarde.”” (Jes. 49: 620)

Stof tot nadenke: “Dankie vir elke Dag!”

“Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar.”

(Kol. 3: 1520)

Waaroor kan ons dankbaar wees?

Hoe kan ons dankbaar wees, as alles wat ons het, in aardse terme, deur ons eie handewerk bekom is? Dis ‘n redenasie van ‘n mens wat dink dat hy homself geskep het. Wat self sy gene en lewensomstandighede bewillig het. Het jy jouself geskep? Hoe? Wat? Waar? Het jy jou eie lewensomstandighede geskep?

Die lewe van elke mens is met liefde aanmekaar geweeg deur die hand van God. Besef elkeen van ons dit? Het jy elke dag kos op jou tafel? Sekerlik is jy meeste van die tyd die een wat die kos gaan koop. Maar het jy volkome uit jouself jou lewensomstandighede van die begin van jou lewe gevorm; die werk bekom waarmee jy jou inkomste kry?

Of besef jy die hand van God daarin. Jou hele bestaan is deur God gewil. Besef elkeen van ons dag na dag dat die opkoms van die son in die oggend, die lewensomstandighede deur ons lewens, alles, alles net ‘n genadegawe van God is. Kan ons ondankbaar wees as elke asemteug wat ons gegun word; elke vreugde en rede vir glimlag; elke swaarkry en pyn ons vorm om nader aan God te kom. Besef ons dat ons meer het as wat baie mense het? Ons het onverdiende genade, hoop en liefde.

Teksverse:

“Dit is immers u wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het. Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed.” (Ps. 139: 13-1420);

“’n Bietjie, saam met ontsag vir die Here, is beter as ‘n groot skat met paniek daarby.” (Spr. 15: 1620);

“Voor ineenstorting is daar trots, en voor die val is daar ‘n hooghartige gees. ‘n Nederige gees saam met magteloses is beter as om buit te verdeel saam met hovaardiges.” (Spr. 16: 18-1920);

“Om hierdie rede herinner ek jou om die genadegawe van God, wat in jou is, deurdat ek jou die hande opgelê het, opnuut aan te vuur. God het ons tog nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim. 1: 6-720);

“Op U is ek aangewese van die moederskoot af; van my geboorte af is U my God.”(Ps. 22: 1120);

“’n Geduldige mens is beter as ‘n held, en wie sy gees beheers, is beter as iemand wat ‘n stad inneem.” (Spr. 16: 3220)

Hoe kan ons nie dankbaar wees nie?

Selfs te midde van swaarkry, is daar nog steeds, en veral hier in Suid Afrika, dae van son elke dag, van nog ‘n dag wat God ons gun. As jy besef dat alles wat jy het, jou hele wese, jou vrede en geluk, die asem wat jy elke dag ontvang, selfs die pyn en seerkry, die ongemak wat jy soms beleef, die vermoë om te werk, die vermoë om ‘n inkomste te hê, nie deur jou eie toedoen gebeur het nie. Alles wat jy het is ‘n gawe van God , vir die tyd wat jy hierdie aardse lewe bewandel.

Moenie voorgee dat jy weet wat môre gaan kom nie. Niemand van ons het die vermoë om te weet presies hoe môre gaan lyk nie. Dit is net eenvoudig nie in ons hande nie. Ons kan voorspelling maak, maar alles wat vir elkeen van ons voorlê is in die hand van God, die Vader.

Maar ons is ook gewaarsku dat dinge gaan lelik word in die laaste dae, soos 2 Timoteus beskryf. Ongedurigheid, ondankbaarheid en liefdeloosheid. Dis wanneer ons ondankbaar is en elkeen op onsself ingestel is, dat die wonderlike gawes van God by ons verbygaan, en ons nie elke klein of groot genadegawe raaksien nie.

Teksverse:

“Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.” (Spr. 27: 120);

“Wie ‘n vyeboom versorg, sal sy vrugte eet, en wie na sy meerdere omsien, sal geëer word.” (Spr. 27: 1820);

“Dit moet julle weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom; want die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig, aanmatigend, godslasterlik, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, goddeloos, ongevoelig, genadeloos, beledigend, sonder selfbeheersing, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, hooghartig, lief vir plesier eerder as God.” (2 Tim. 3: 1-420)

Hoe druk ons ons dankbaar uit?

Ons moet ‘n lewe van dankbaarheid leef, deur dit van God te vra. Ons moet vra vir die genadegawes van nederigheid, liefde, hoop, dankbaarheid en die vermoë om elke dag se gawe wat God vir ons gee raak te sien. Dan sal ons besef dat ons elke dag op ons knieë kan wees uit dankbaarheid vir wat God vir ons gee.

Elke dag se brood op ons tafel, elke dag se vriendelike medemens, elke sagte woord van ‘n onbekende! Dis wanneer ons nie meer op onsself, en ons eie plesier ingestel is nie, maar self die vriendelike gesig oorkant ‘n ander medemens is, dat ons God welgevallig kan dien met eerbied en ontsag. Kyk verby jou eie seer en pyn, en sien ‘n ander se seer en pyn raak.

Laat ons volhard in gebed in waaksaamheid en dankbaarheid. Dan sal ons elke dag iets kry om voor dankbaar te wees!

Teksverse:

“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid.” (Kol. 4: 220);

“Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Thes. 5: 16-1820);

“Ek is dankbaar teenoor God, wat ek, soos my voorouers, met ‘n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik, bedags en snags, in my gebede aan jou dink.” (2 Tim. 1: 320);

“Daarom, terwyl ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op ‘n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag.” (Heb. 12: 2820)

Stof tot nadenke: “Aanhouer wen…”

“As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef; as ons aanhou volhard, sal ons ook saam met Hom regeer;….”

(2 Tim. 2: 11-1220)

Wedloop van die lewe

Die lewe is een groot wedloop. Elkeen wat aan hierdie lewe vashou, wil die beste wees. Die beste presteer. Die mooiste, of die grootste, of die sterkste, of die bekendste wees. In hierdie lewe is daar egter slegs een kans op wen. As jy nie eerste by daardie wenstreep verby gegaan het nie, is jou kans op oorwinning so dikwels verby. Dis net die persoon wat aanhou, wat die fisiese eindstreep in hierdie lewe bereik.

Ons is so besig om deur die lewe te hardloop, om daardie oorwinning te behaal, dat ons die eintlike en belangrikste wedloop en doel van die lewe mis! Die wedloop om in geloof in Jesus Christus te volhard. Die wedloop om as kind van God gekenmerk te word. Die wedloop, deur goeie en slegte tye aan te hou hardloop. Hier was Job so ‘n goeie voorbeeld. Hy wat getrou gebly het in sy geloof aan God, die Vader.

Teksverse:

“Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid. Amen”(2 Pet. 3: 1820);

“Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly en hy kan nie meer aanhou sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is.” (1 Joh. 3: 920):

“Daar is immers niemand soos hy op aarde nie. Hy is onberispelik in sy optrede en opreg, ‘n man wat vir God ontsag het en die kwaad vermy. Hy volhard steeds in sy onberispelike optrede,…” (Job 2: 320);

“Kyk, ons beskou hulle wat volhard as gelukkig. Julle het gehoor van Job se volharding, en julle het die Here se einddoel met hom gesien, en dat die Here vol medelye en ontferming is.” (Jak. 5: 1120);

“Hierdie slegte volk, wat weier om na my woorde te luister, wat volhard in die verstoktheid van hulle harte, en agter ander gode aanloop om hulle te dien…” (Jer. 13: 1020)

Entoesiasme

Entoesiasme, daardie sterk gevoel van lewendige belangstelling en opwinding oor iets. Dis daardie vermoë van iemand om ander opgewonde te maak oor ‘n onderwerp. Dis aansteeklik. Wanneer iemand besiel is vir ‘n saak, versprei dit dikwels soos ‘n veldbrand. Dit is wat God van ons vra!

Ons moet entoesiasties wees oor ons geloof in die evangelie van Jesus Christus. Entoesiasme gaan dikwels gepaard met blydskap. Dis iets wat pragtig uitkom in die brief aan die Filipense en ook Kolossense. Die wonderlike blydskap wat Paulus, te midde van ongerief en swaarkry, steeds bly handhaaf het. Die blydskap oor wat God vir ons gedoen het, deur die Verlossing wat Jesus Christus vir ons deurgaan het. Ook die nabyheid van die Heilige Gees, wat dit vir ons moontlik maak om teenslae te oorwin, is ‘n bron van vreugde en blydskap.

Teksverse:

“Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede te stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God, en deur die mag van sy heerlikheid al die krag ontvang om geduldig in alles te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank.” (Kol. 1: 9-1120)

Volhard tot die einde toe

Daar word nie ‘n pad van net maanskyn en rose belowe nie. Jesus self het die dissipels gemaan dat hulle deur mense gehaat gaan word terwille van se Naam. In dieselfde teks moedig Hy hulle aan om te volhard tot die einde, want dan alleen kan die verlossing in vervulling gaan.

Hoe kry ons dit reg? Net soos die eerste gemeentes dit gedoen het. Hulle het bly volhard in die leer van die evangelie, deur samekomste en gebed. Hulle het mekaar ondersteun en gehelp waar nodig.

Ons het ook die belofte dat God ons sal bewaar in beproewing wat hierdie wêreld mag tref. Ons word telkens daarop attent gemaak dat die God van Vrede met ons sal wees, wanneer ons aanhou om goed te doen, en te lewe soos wat God van ons vra.

Willie Jonker stel dit pragtig: ‘Volharding is ‘n gawe van die Heilige Gees. Dit is die hoop op die dinge wat kom, wat die gelowige die krag gee om uit te hou totdat die wedloop voltooi is.”.

Teksverse:

“En julle sal deur almal gehaat word, ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot aan die einde, dié sal verlos word.” (Matt. 10: 2220);

“Julle sal ook deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Daar sal beslis geen haar van julle koppe val nie. Red julle lewens deur te volhard.” (Luk. 21: 17-1920);

“Hulle het bly volhard in die leer van die apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede.” (Hand. 2: 4220);

“Omdat jy aan my opdrag gehoorsaam was om te volhard, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele bewoonde wêreld gaan aanbreek,…” (Open. 3: 1020);

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het: hou aan om dit te doen. En die God van vrede sal met julle wees.” (Fil. 4: 8-920)

Stof tot nadenke: Alle eer…

“Daarom, vereer die Here, in die land van die môrelig. Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel. Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere – ‘n sieraad vir die Regverdige.” 

(Jes. 24: 15-1620)

Groot praat?  

Ons weet dat mense wat daarvan hou om groot te praat, selde baie geliefd is. Selfs die Bybel noem dat spog verkeerd is, hetsy of dit oor jou eie belangrikheid, jou besittings of jou vele dade is.

Maar interessant genoeg noem Stephan Joubert, dat daar een grootpraat uitsondering op die reël is. Dit is wanneer ons grootpraat oor God. Wanneer ons nie skaam is om vir die hele wêreld te vertel hoe groot en goed God is nie.  

Ons deins dikwels terug van so ‘n grootpratery, want netnou sê die wêreld ons is dweepers. Niemand wil tog so genoem word nie. Maar ons mag so oor God praat. Ons moet so oor God praat, want hy is die enigste wat dit waardig is!  

Teksverse: 

“Eer die Here met jou rykdom...” (Spr. 3: 920); 

“Die troue liefde van die Here sal ek vermeld, die lofwaardige dade van die Here in ooreenstemming met alles wat die Here aan ons bewys het -.” (Jes. 63: 720); 

“Oor die troue liefde van die Here wil ek altyd sing; van geslag tot geslag wil ek u trou met my mond bekend maak. Ja, ek sê dit: Vir ewig word u troue liefde gevestig; in die hemel hou U u trou in stand” (Ps. 89: 2-320); 

“Moenie die wêreld, of wat in die wêreld is, liefhê nie. As iemand die wêreld liefhet, is die liefde van die Vader nie in hom nie, want alles in die wêreld – dit wat julle liggame begeer, en dit wat die oë begeer, arrogante spoggery oor besittings – is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld.” (1 Joh. 2: 15-1620); 

“Maar nou spog julle oor julle hoogmoedigge optrede. Sulke spog is verkeerd.” (Jak. 4: 1620) 

Wie is waardig?  

Hoe weet ons dat God waardig is? Joh. 1 stel dit wonderlik, “Alles het deur Hom ontstaan”. Daar is nie nog iemand soos Hy nie. Hy is Almagtig en groots. Sy liefde vir ons is groter as wat ons ooit voor begrip kan hê. 

Ons word telkens in die Woord vertel van die grootsheid van God. Daar is geen ander vegelykbaar met die Drie-enige God waarin ons glo nie. Ons moet gedurig opsoek wees na God se koninkryk en sy geregtigheid, hier waar ons woon. Ons moet Hom so lief hê, dat Hy ons hele wese vul. Hy maak ons bewus en kweek die begeerte in ons harte. Hy alleen is waardig om alle eer te ontvang. Liedboek 207 beskryf dit so mooi: 

“Eer aan die Vader, wat alles gemaak het; eer aan die Seun, ons Verlosser en Vriend; eer aan die Gees wat ons lei in die waarheid – Aan God drie-enig ons lof en ons lied.”  

Teksverse: 

“Maar soek eers die koningkryk van God en sy geregtigheid,…” (Matt. 6: 3320); 

“…vir die Here julle God alleen moet julle ontsag hê. Hy is die Een wqt julle sal red uit die hand van al julle vyande.” (2 Kon. 17: 3920); 

“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was van die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.” (Joh. 1: 1-320); 

“Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus, Hy wat Homself gegee het vir ons sondes, om ons te red uit die huidige bose bedeling, volgens die wil van ons God en Vader, aan wie die heerlikheid behoort vir ewig en ewig!”(Gal. 1: 3-420); 

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele verstand en met al jou krag.” (Mark. 12: 3020) 

Aan wie kom die eer toe? 

Daar is geen ander! God, die Vader, die Verlosser, Jesus Christus en die Trooster, die Heilige Gees moet alle eer ontvang! Die liefde wat ons so onverdiend ontvang, kom van ‘n Almagtige en liefdevolle God. Ook die hemel wesens weet dat God heilig is. 

Ons kan nie anders as om dissipels van God te wees nie, en ons liedere is ‘n heerlike beaaming van God se Almag. Geen ander wese is so groot en so goed nie. Laat ons in nederige dankbaarheid voor die Skepper God neerbuig en die hele wêreld vertel van sy wonderdade. 

. 

Teksverse: 

“Die Here het vir Moses gesê “So moet jy vir die Israeliete sê, ‘Julle het self gesien dat Ek uit die hemel met julle praat. Julle mag nie gode van silwer en goud maak en naas My vereer nie; julle mag dit nie vir julle maak nie..” (Eks. 20: 22-2320); 

“Daarom, vereer die Here, in die land van die môrelig. Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel. Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere – ‘n sieraad vir die Regverdige.” (Jes. 24: 15-1620); 

“Jesus het nader gekom en vir hulle gesê: “Aan My is gegee alle mag in die hemel en op die aarde. Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees..” (Matt. 28: 18-1920); 

“Ek is die Alfa en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,”sê die Here God, die Almagtige .” (Open. 1: 820); 

“Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag: “Heilig, heillig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Open. 4: 820) 

Stof tot nadenke: “Die klein dingetjies…”

“Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan.”

(Luk. 16: 1020)

Die klein dingetjies

In Lukas maak Jesus Christus ons daarop attent dat ons in die kleine betroubaar moet wees, want dan kan ons ook betroubaar wees met die groter dinge. Want die omgekeerde is ook waar. As jy nie met klein goedjies betroubaar is nie, sal jy ook met groter goed onbetroubaar wees. Dit geld ook vir dankbaarheid.

Hoeveel dankbaarheid betoon ons teenoor die klein goedjies in die lewe. Daardie onverwagse nuwe klein blommetjie wat jy nog nooit raakgesien het nie. Die nuwe saailing wat net begin kop uit steek. Of, indien jy die voorreg gehad het om Namakwaland te besoek, die massas en verskeidenheid van kleur en geur in blomme prag. Die skepping se manier om dankbaarheid te betoon vir ‘n ligte reënbui in ‘n baie dor wêreld!

Daardie onverwagse vriendlikheid van ‘n onbekende; die glimlag op ‘n dag wat jy dit nodig het; die oog kontak van iemand, wat jou raaksien; daardie bemoedigende woord op ‘n grou dag; en so kan mens voort gaan. Sê ons gereeld dankie daarvoor?

Teksverse:

“God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewasse wat saad gee, bome wat op die land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.” Dit het toe so gebeur. Die land het toe groen plante voortgebring, gewasse wat saad gee volgens elkeen se aard, en bome wat vrugte dra waarin hulle saad is, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.” (Gen. 1: 1220);

“God het gesê: “Kyk, Ek gee vir julle al die gewasse wat saad dra, wat op die oppervlakte van die aarde is, en al die bome waaraan daar vrugte is, wat saad dra. Vir julle sal dit as voedsel dien. En vir al die diere van die aarde en vir al die voëls van die hemel en alles wat rondbeweeg op die aarde waarin lewensasem is, gee Ek al die groen gewasse as voedsel.” Dit het toe so gebeur.” (Gen. 1: 29-3020);

“Die Here God het ‘n tuin aangeplant in Eden, in die ooste en die mens wat Hy gevorm het, daar geplaas. Die Here God het uit die grond allerhande bome laat uitspruit – ‘n genoeë om na te kyk en goed om van te eet.” (Gen. 2: 8-920);

“Ja, die Here het Sion getroos, Hy het al haar puinhope getroos. Hy het haar woestyn soos Eden gemaak, haar Araba soos die tuin van die Here. Vreugde en blydskap word in haar gevind, dankliedere en die klank van begeleiding.” (Jes. 51: 320)

Dankbaarheid ook vir klein dingetjies

Ons word gereeld in die Woord daaraan herinner dat ons moet dankbaar wees. As gelowige Christen is ons dankbaarheid mateloos, by die blote gedagte aan wat Jesus Christus vir ons aan die kruis kom doen het.

Paulus maan ons om waaksaam te wees en in alle omstandighede dankbaar te wees. Ons kan ook vir al die mooi in die skepping dankbaar wees. Die skepping waaroor God tevrede was nadat Hy dit geskep het.

Om te volhard in gebed, is om vas te staan in gesprek met God, die Vader. Dit beteken ons kan om elke hoek en draai, ook waar God se skepping ons verras, dankbaarheid betoon. Ons kan nooit genoeg dankie sê vir alles wat God oor ons pad laat kom nie. Daar is soveel vreugde en liefde oor ons elkeen se pad, wat ons aan God kan herinner.

Teksverse:

“Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar.” (Kol. 3: 1520);

“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid.” (Kol. 4: 220);

“Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus.” (1 Thes. 5: 16-1820);

“Daarom, terwyl ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op ‘n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag.” (Heb. 12: 2820);

“Aangesien julle dus in Christus Jesus die Here aangeneem het, bly leef in Hom; in Hom is julle gewortel en in Hom word julle opgebou en versterk in geloof, soos julle geleer is, terwyl julle oorvloedig is in dankbaarheid.”(Kol. 2: 6-720)

God se skepping

Volgens die Woord weet ons dat die ganse skepping saam met ons in afwagting is op die nuwe hemel. Daar is niks wat ons kan skei van die liefde Van die Vader, die Seun, en die wonderlike bystand van die Heilige Gees nie.

Die hele skepping verkondig die evangelie en die skeppingsverhaal. Laat ons in afwagting en met dankbaarheid deur die lewe gaan, sodat die wêreld kan weet dat ons kinders is van die drie-enige God.

Teksverse:

“Ons weet immers dat die ganse skepping tot nou toe saam met ons sug, ja, in geboortepyne verkeer. En nie net die die skepping nie, maar ook ons wat die Gees as God se eerste gawe ontvang het , sug innerlik, terwyl ons uitsien na ons aanneming tot kinders, die bevryding van ons liggame.” (Rom. 8: 22-2320);

“Maar in alles is ons selfs meer as oorwinnaars deur Hom wat sy liefde aan ons bewys het. Ek is immers daarvan oortuig dat nóg dood, nóg lewe, nóg engele, nóg magte, nóg teenswoordige, nóg toekomstige gebeure, nóg kragte, nóg hoogte, nóg diepte, nóg enigiets anders in die skepping, ons sal kan skei van die liefde van God in Christus Jesus, ons Here.” (Rom. 8: 37:3920);

“Die Seun is die beeld van die onsigbare God, die Eersgeborene oor die hele skepping.” (Kol. 1: 1520);

“…maar nou het Hy julle deur sy menslike liggaam met Homself versoen, sodat Hy julle, deur sy dood, heilig en sonder foute en onberispelik voor Hom kan stel – mits julle in die geloof bly, stewig gevestig en standvastig, sonder om weg te beweeg van die hoop wat die evangelie bring. Dit is die evangelie wat julle gehoor het, en wat in die hele skepping onder die hemel verkondig is, …” (Kol. 1: 22-2320)

Stof tot nadenke: “Menslike alleenheid en God se Almag”

“Hy sal jou nie in die steek laat nie, julle is nie alleen nie..”

(Deut. 31: 620)

Alleenheid van die Mens

Elkeen van ons ken die gevoel van totaal alleen voel. Dit is daardie tye wanneer jy as jongmens voel dat niemand jou verstaan nie. Daar is niemand met wie jy jou gedagtes en drome kan deel nie. Dit is daardie tye wanneer jy deur pynlike ervarings gaan, en wanneer jy voel dat jy met niemand oor jou diepste seer kan praat nie.

Dis daardie tye wanneer jy ‘n lewensmaat aan die dood, of aan die lewe, verloor. Dis ‘n alleenheid wat jy glo jy nie met enigiemand kan deel nie. Jy glo dat hulle nie sal verstaan nie. So ontwikkel ons ‘n, so onnodige alleenheid, wat ons nie altyd weet hoe om te verwerk nie.

Tog is alleenheid nie negatief nie. Terblanche Jordaan stel die mooi: ‘Elke mens is uniek, en ons alleenheid is die keerpunt van hierdie uniekheid. Juis omdat ons uniek is, moet ons iewers alleen wees. Alleenheid is soos ‘n tuin vir ons harte wat smag na liefde. Dit is die plek waar afsondering kan groei en vrug dra. Alleenheid, of dit nou fisiek of emosioneel is, is noodsaaklik vir ons geestelike lewe.’

Jesus Christus het daardie menslike alleenheid self deurgemaak. In die tyd voor die kruisiging. Sy dissipels het nie altyd begrip gehad, vir dit wat Hy moes deurmaak nie. Sy alleenheid in die stilte voor die storm om Hom losgebreek het en Hy gevange geneem is. Diè mense vir wie Hy lief was, wat nie eers kon wakkerbly om saam met Hom te bid nie. Tog het Jesus Christus geweet dat Sy redding en krag in die bystand van God lê.

Teksverse:

“Toe Naomi se man, Elimelek, sterf, het sy en haar seuns alleen agtergebly.” (Rut 1: 383);

“Here, u profete het hulle doodgemaak, u altare het hulle afgebreek. Ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe.” (Rom. 11: 320);

“… want so sê my Heer, die HERE, die Heilige van Israel: “In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag;….” (Hand. 15: 1120);

God se Almag

In die Woord word ons telkens aan die Almag van God herinner. Ons kan ook maar net let op die ongelooflike skepping van God. Dit laat mens telkemaal besef dat daar geen ander Here is behalwe die drie-enige God, wat ons so lief het, dat Hy ons nooit alleen sal los nie. Hy het vir ons Jesus Christus as Verlosser gestuur. En nadat Christus se taak voltooi was, het God vir ons die Heilige Gees gestuur.

Die anonieme aanhaling: ‘Ek kan nie bestaan in my denkraamwerk nie, want met God se almag aan my kant is alles moontlik’ beskryf ons onvermoë om God te probeer verstaan. Een ding is egter seker, daar is geen perk aan God se Almag nie.

Teksverse:

“Toe Abram nege-en-negentig jaar was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik!” (Gen. 17: 120);

“Die Here is immers julle God; Hy is die God van die gode en die Heer van die here; die groot, die magtige, die ontsagwekkende God, wat onpartydig is en geen omkoop geskenk aanvaar nie.” (Deut. 10: 1720);

“Want groot is U en U doen wonders; U alleen is God.” (Ps. 86: 1020);

“Prys Hom wat groot wonders doen, Hom alleen – want vir ewig duur sy troue liefde -… “(Ps 136: 420);

“Here, Heerser oor alle magte, God van Israel, U wat bo die gerubs troon, U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde.” (Jes. 37: 1620);

“Ja, kyk, Hy wat die berge vorm en die wind skep, wat aan ‘n mens sy beplanning bekend maak, wat die dagbreek duisternis maak, wat trap op die hoogtes van die aarde, die Here, die God wat Heerser is oor alle magte, is sy Naam!” (Am. 4: 1320);

“”Ek is die Afla en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,” sê die Here God, die Almagtige.”(Open. 1: 820)

Ons is nooit alleen nie

God ken ons swakhede en ons onmag. God ken ons menslike alleenheid. Wanneer ons tot hierdie besef kom, kan ons nie meer alleen wees nie, want ons besef dat God altyd daar is om ons by te staan wanneer ons val, seerkry en pyn beleef. Wat ookal die rede vir ons alleenheid is, God is altyd daar om sy beskermende hand oor ons te hou.

Die anonieme aanhaling: ‘As jy bid en tuis is in die huis van jou Vader is jy nie alleen nie.’ verwoord die nabyheid van God, wat wil hê dat ons Hom in gebed moet nader. Sodoende besef ons hoe naby God regtig is! Elke oomblik van elke dag. Hy weet van elke traan wat jy stort. Hy ken jou elke seerkry en pyn.

Teksverse:

“…want, Here, U alleen laat my veilig woon.” (Ps. 4: 920);

“Maar Hy antwoord: “Daar staan geskryf, ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie, maar van elke uitspraak wat uit die mond van God kom.’” (Matt. 4: 420);

“Hy het my nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat vir Hom aanneemlik is.” (Joh. 8: 2920);

“Kyk, daar kom ‘n uur, en dit het reeds aangebreek, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie huis, en My alleen sal agterlaat. Ek is egter nie alleen nie, omdat die Vader by My is.” (Joh. 16: 3220);

“Draai om en sê vir Hiskia, die leier van my volk,’So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor; Ek het jou trane gesien…” (2 Kon. 20: 520);

“… hulle sal Ek na my heilige berg bring; en Ek sal hulle vreugde laat ervaar in my huis van gebed. Hulle brandoffers en maaltydoffers sal aanvaarbaar wees op my altaar. Ja, my huis sal genoem word ‘n huis van gebed vir al die volke.” (Jes. 56: 720)

Stof tot nadenke: Daar is plek vir almal…

“Laat julle harte nie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek voor te berei.”

(Joh. 14: 1-220)

Bekering

Wanneer ‘n mens nie in ‘n gelowige huis groot word nie, is die woord bekering ‘n baie vreemde konsep. Want, bekering is om tot die besluit gedring te word om alles wat jy het aan Christus toe te wy. Ons moet dus tot die besef kom dat ons lewe nie in ooreenstemming met God se wil is nie, en van daar ‘n totale omkeer maak na God toe. Dit kan ‘n drastiewe ommeswaai in lewensstyl en uitkyk in die lewe tot gevolg hê.

Selfs wanneer mens in ‘n gelowige huis grootgeword het, is ons as mens nog altyd geneig om so dikwels die verkeerde paaie te kies. Soos Koos du Plessis dit so mooi gestel het: “Elke afdraaipaadjie ken ek…”. Bekering kan in ‘n oomblik plaasvind, maar die pad na volkome toewyding kan lank en moeisaam wees. Want die verleidings om ons kan ons aandag maklik aftrek van God af.

Willie Jonker stel dit so mooi: ‘Bekering beteken dat ‘n mens in jou hart ‘n doelbewuste keuse vir God en sy wil en téén die kwaad en die sonde doen. Dit gaan om ‘n koerswysiging van 180 grade’ en dat dit ‘‘n verandering in feitlik enige situasie bring en die weg open vir ‘n nuwe toekoms’.

Ook Benjamin Whichcote stel die impak van bekering baie goed: ‘Ons verkry nie toegang tot die hemel in die uur van ons dood nie, maar op die oomblik van ons bekering’.

Teksverse:

“As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien sal die Vader hom eer.” (Joh. 12: 2620);

“Thomas sê vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. As julle My leer ken het, sal julle ook my Vader ken. En van nou af ken julle Hom, en het Hom reeds gesien.” (Joh. 14: 5-720);

“Want so sê my Heer, die HERE, die Heilige van Israel: “In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag;….” (Hand. 15: 1120)

Geloof

Wanneer ons deur die genade tot bekering gedring word, is dit ‘n opwindende nuwe pad wat ons vat. Dit leer ons uithouvermoë en die opwindende bystand van die Heilige Gees wat ons lei; elke liewe dag. Sonder die Vader se liefde wat dit vir ons moontlik gemaak het om verlos te word, deur Jesus Christus se liefdesdaad, en die bystand van die Heilige Gees se leiding, kan ons nie in ons menslike swakheid die geloofspad loop nie.

Dit is noodsaaklik dat elke mens, wat God gevra het vir vergifnis, hul afhaklikheid van God se nabyheid, elke liewe dag moet besef. Die vreugde van die nabyheid van God, wat belowe dat Hy ons nie uit sy hand sal laat ruk nie, gee ‘n rustigheid en vrede wat mens se verstand te bowe gaan.

Om volkome tot geloof te kom is soms ‘n lang pad, maar elke tree is die moeite werd. Leer die Woord van God ken, waarin alle waarheid vasgelê is.

Die Vader het baie wonings, wat Jesus Christus reeds voorberei het, vir almal wat in Hom glo.

Teksverse:

“Glo jy dan nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek vir julle sê, sê Ek nie uit Myself nie, maar dit is die Vader wat in My bly en sy werke doen. Glo My dat Ek in die Vader en die Vader in My is; of glo dan op grond van die werke self.” (Joh. 14: 10-1120);

“Leer my u pad, Here; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê.” (Ps. 86: 1120);

“Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal tot in ewigheid nooit verlore gaan nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.” (Joh 10: 28-3020)

Christus se voorbereiding

Jesus Christus self het vir elkeen wat in Hom glo plek gaan voorberei. Hy staan in vir ons by die Vader. Hy verseker ons dat daar baie woonplek is. So, elkeen wat Hom volg, kan verseker wees van woonplek in die Nuwe Jerusalem.

Teksverse:

“En as ek gegaan en vir julle plek voorberei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar ek is. Julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan. ” (Joh. 14: 3-420);

“Vader, Ek wil hê dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My kan wees, sodat hulle my heerlikheid kan sien, die heerlikheid wat U My gegee het, omdat U My van voor die grondlegging van die wêreld liefgehad het.” (Joh. 17: 2420);

“Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos!” (Ef. 2: 4-520);

“Toe het ek ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het tot niet gegaan, en die see bestaan nie meer nie. En Ek het die heilige stad, die Nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel sien neerdaal…” (Open. 21: 1-220);

“Maar ons verwag, volgens sy belofte, nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, waar geregtigheid woon.” (2 Pet 3: 1320)

Stof tot nadenke: Genade en Waarheid

“En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon, en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos dié van die unieke Seun van die Vader – vol genade en waarheid.”

(Joh. 1: 1420)

Genade

Ons hoor dikwels dat die evangelie genade alleen is. Dit is ‘n wonderlike gedeeltelike waarheid, waaraan ons so maklik vashou. Maar as ons net die genade alleen beklemtoon, sonder om ook tot die besef te kom, dat ons nie die sonde kan negeer nie, laat ons foute toe wat vir God onaanvaarbaar is. Dit kan lei tot die gebruik om onsself hoër te ag as God se eer.

Dit word dikwels deur die bekende manier van Christene, wat tog net nie wil aanstoot gee nie, gekenmerk. Ons wil net die vrede bewaar, en dan laat ons dikwels valshede toe, wat tot valse gerustheid in ons Christenwees lei. Dit kan tot die spreekwoordelike ‘kat op ‘n warm-wordende plaat’ lei, deurdat dit kan lei tot ‘ontoelaatbare’ gedrag, wat aanvaar word, ten koste van die waarheid.

Die evangelie van Jesus Christus is beide genade en waarheid.

Teksverse:

“Ja, ‘n son en skild is die Here God; genade en eer is wat die Here skenk. Hy hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef.” (Ps. 84: 1220);

“Met spotters spot Hy self, maar aan magteloses skenk Hy genade.” (Spr. 3: 3420);

“Uit sy volheid het ons almal genade ontvang – ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.” (Joh. 1: 16-1720);

“Maar ons glo dat ons op dieselfde manier as hierdie mense deur die genade van die Here Jesus verlos word.” (Hand. 15: 1120);

“Maar God, ryk in barmhartigheid, het ons, alhoewel ons dood was as gevolg van die oortredings, op grond van sy groot liefde waarmee Hy ons liefgehad het, saam met Christus lewend gemaak – uit genade is julle verlos!” (Ef. 2: 4-520)

Waarheid

Volgens Stephan Joubert: ‘Wanneer kerkmense slegs die waarheid kil en kou beklemtoon, raak hulle gou-gou liefdeloos en onsimpatiek’. Dit is ‘n toestand wat die gelowiges ten alle koste moet vermy.

Die aanhaling van Braam Hanekom is ‘n waarheid wat ons nie kan agter weë kan laat nie: ‘Geen verhouding kan blom as die waarheid nie vrylik gedeel kan word nie. Waar eerlike en egte kommunikasie om een of ander rede gesmoor of geïnhibeer word, kan jy maar seker wees dat verhoudings gaan kwyn.’

God is waarheid, en sy liefde en trouheid bewys dit keer op keer. Ons kan nie sonder hierdie waarheid leef nie. Ons moet egter ook besef dat daar straf aan verbonde is, wanneer dinge nie die waarheid reflekteer nie. Dit moet in opregtheid en liefde vir mekaar toegepas word, net soos die Vader ons in liefde bejeën het, en besef het ons is te swak. Van daar die wonderlike genadegawe van Jesus Christus en die teenwoordigheid van die Heilige Gees.

Teksverse:

“Die Here het reg voor hom verbygegaan en uitgeroep: “Die Here, die Here, ‘n barmhartige en genadige God, geduldig, oorvloedig in troue liefde en waarheid, wat troue liefde vir duisende bly handhaaf, wat skuld, oortreding en sonde vergewe, maar wat beslis niks ongestraf laat nie, …”” (Eks. 34: 6-720);

“Salomo het gesê: “U self het aan u dienskneg, my vader Dawid, oorvloedige troue liefde bewys, omdat hy voor U geleef het in waarheid en geregtigheid, en ook met opregtheid van hart teenoor U…”” (1 Kon. 3: 620);

“Leer my u pad, Here; ek wil in u waarheid leef. Gee dat ek heelhartig vir u Naam ontsag sal hê.” (Ps. 86: 1120);

“Deur troue liefde en waarheid word sondeskuld bedek, en deur ontsag vir die Here vermy ‘n mens die kwaad.” (Spr. 16: 620);

“En ek Nebukadnesar, besing en verheerlik en eer nou die Koning van die hemele, omdat al sy werke waarheid is en sy paaie reg, omdat Hy hulle wat met trots rondloop, kan verneder.” (Dan. 4: 3720);

“Dit is wat julle moet doen: Praat onder mekaar die waarheid; beoefen in julle stadspoorte slegs regspraak wat waar is en tot vrede lei.” (Sag. 8: 1620) 

Genade en Waarheid bring hoop

Die evangelie is genade en waarheid! Jesus Christus self was die genade en waarheid wat as mens hier op aarde vir ons foute kom sterf het. Hierdie een daad van God het dit vir elkeen van ons moontlik gemaak om die verlossings genade te ontvang. Ons is vrygemaak. Ons het egter ook ‘n verantwoordelikheid om mense in liefde tereg te wys, wanneer nodig.

Deur eerlik en opreg, en met ‘n omgee liefde, met iemand oor moontlike ontoelaatbaarhede te gesels, moet aanmoediging tot die hoop in Jesus Christus wees. Laat ons dus nie veroordelend wees nie, maar mekaar sagmoedig hanteer, sodat ons almal se lewenswyse tot eer van God kan wees.

Teksverse:

“Deur Hom het ons in geloof ook toegang verkry tot hierdie genade waarin ons vasstaan, en ons beroem ons op die hoop om deel te kan hê aan die heerlikheid van God.” (Rom. 5: 220);

“Maar die genadegawe is nie soos die oortreding nie. Want as deur die oortreding van een mens baie gesterf het, het die genade van God, ja, die genadegawe wat deur die een mens, Jesus Christus, gekom het, vir baie mense nog soveel oorvloediger geword. En die genadegawe is nie soos gevolg van een mens se sonde nie; want die oordeel oor een mens het tot vryspraak van baie oortredings gelei.” (Rom. 5: 15-1620);

“En God is magtig om alle genade oorvloedig vir julle te laat wees, sodat julle in elke opsig selfversorgend kan wees, en oorvloedig kan bydra tot elke goeie werk.” (2 Kor. 9: 820);

“God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.” (Joh. 4: 2420);

“Toe het Jesus vir die Jode wat Hom geglo het, gesê: “ As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels, en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”” (Joh. 8: 31-3220);

“Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei… ” (Joh. 16: 1320)

Stof tot nadenke: Wees ‘n omgee-mens

“Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen, en daarvolgens te leef.”

(Ef. 2: 1020)

Omgee-mense

Het jy al ‘n eerlike en opregte omgee-mens ontmoet? Dis daardie mens wat jou waarlik laat tuis voel. Dis daardie mens wat jou laat voel jy het by die beloofde “groen waters waar rus is” uitgekom. Hierdie mense het die vermoë om elkeen waarmee hulle in aanraking kom, te laat voel dat hier ‘n omgee is wat jy nie altyd verstaan nie. Jy verdien nie soveel omgee nie!

Dit is baie spesiale mense wat die belangrikste kuns in die lewe ontdek het. Hulle het besef dat elke mens nodig het om aanvaar te word. Elke mens het nodig om raakgesien te word. Elke mens wil belangrik genoeg geag word, om ‘n vriendelike groet, ‘n glimlag, of ‘n dankie te kry waar nodig.

Dis mense wat dit in hulle het om ‘n lafenis vir almal om hulle te wees! Maar nie almal het daardie kennis nie.

Teksverse:

“In groen weivelde laat Hy my rus; na water waar daar rusplek is, lei Hy my.” (Ps. 23: 220);

“…deur elkeen nie net aan sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander.” (Fil. 2: 420);

“Die Broederliefde moet bly!” (Heb. 13: 120);

“Maar almal het nie hierdie kennis nie.” (1 Kor. 8: 720)

Hoe word ek ‘n omgee-mens?

Kan elkeen van ons so wees? Ons het elkeen ons eie persoonlikhede. Ekstroverte, introverte, boelies, en so kan ons aangaan. Ons skuil so graag agter ‘n persoonlikheids-fout, wat ons kan beskuldig, dat ons nie vir ander kan omgee nie. Daarmee kan ons onsself veronskuldig. Ek is te skaam. Ek kan nie so maklik met ander praat nie. Ek kan nie so maklik my emosies vir ander wys nie.

Tog word daar vir ons duidelike riglyne in die Bybel neergelê. Jesus Christus het vir ons kom wys hoe om vir mekaar om te gee! Ons is heeltemal reg dat ons dit nie uit onsself kan doen nie. Maar God self bemoedig ons. Deur die Heilige Gees raak dit vir ons al hoemakliker om die omgee gawe te ontwikkel. Ons kan seker wees as ons die beheer in ons lewens oorgee, sal ons lewenswyse al hoe meer soos Christus s’n wees.

Ons sal minder en minder die verkeerde dinge doen wat die kenmerk van ons ou lewens is, en meer en meer omgee-mense word. Mense wat net die beste vir ons medemense wil hê. Mense wat nie wraakgierig is nie, en net goed vir mekaar wil doen. Mense wat nie leuens oor ander vertel of mense uitbuit nie.

Laat elkeen van ons in gebed nederig voor God vra om ons elke dag by te staan, sodat ons opregte en eerlike omgee-mense kan wees. God het ons oorgemaak deur Jesus Christus. Ons moet goed wees vir mekaar. Jy moet altyd ‘n ander in ag neem, waar jy ookal is. Jy moet tot die besef kom dat jy nie hier is net vir eie gewin nie. jy moet ook ‘n ander se hartseer en pyn verstaan. Jy moet begrip hê vir enigeen wat anders is as jy! God het ons geskep om goed te doen aan ander, sodat ook elkeen van ons ‘n veilige hawe kan wees vir iemand wat die nodig het.

Teksverse:

“Hy bemoedig ons in al ons verdrukkings, sodat ons hulle wat in allerhande verdrukkings verkeer, kan bemoedig met die bemoediging waarmee ons self deur God bemoedig word;” (2 Kor. 1: 420);

“Wees goedgesind teenoor mekaar, met innige meelewing, terwyl julle mekaar vergewe, soos God in Christus julle ook vergewe het.” (Ef. 4: 3220);

“Jy mag nie jou naaste se grens verskuif nie.” (Deut. 19: 1420);

“Jy mag nie die reg van vreemdelinge en vaderloses verdraai nie, en jy mag nie die bokleed van ‘n weduwee as pand neem nie.” (Deut. 24: 1720);

“Daarom bemoedig mekaar, en laat die een die ander in geloof opbou, soos julle inderdaad doen.” (1 Thes. 5: 1120);

“Sorg dat niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar streef altyd na wat goed is vir mekaar en vir alle mense.” (1 Thes. 5: 1520)

Stof tot nadenke: Hoe hanteer ons konflik?

“As jou broer teen jou sondig, moet jy hom teregwys waar julle twee alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.“

(Matt. 18: 1520)

Konflik?

Elkeen van ons het al met konflik te doen gekry. Dit kan enigiets, van ‘n klein verskilletjie tot iets wat op oorlog uitloop, wees. Ons gebruik dit as metode om ons eie wil op ander af te dwing. Ons wil altyd glo dat ons reg is in ons oordeel oor enige situasie.

As mens kan ons so dikwels ‘n netelige, nietige saak opblaas, tot iets wat skeuring in verhoudings, gemeenskappe of tussen lande veroorsaak. Dit is dikwels ons onvermoë om die ander kant van ‘n saak te begryp of raak te sien.

Teksverse:

“Daar is ses dinge waarin die Here ‘n weersin het, sewe is vir Hom afstootlik: hovaardige oë,’n bedrieglike tong, hande wat onskuldige bloed vergiet, ‘n hart wat bose planne smee, voete wat gou is om na die kwaad te hardloop, ‘n vals getuie wat leuens uitryg, en iemand wat tweedrag saai tussen broers.” (Spr. 6: 16-1920)

Hoe hanteer ons konflik?

Ons hanteer konflik so dikwels as ‘ek is reg, en ander is verkeerd!’ Deur hierdie houding in te slaan, maak ons dit bykans onmoontlik om ‘n saak op te los. Dit laat min ruimte vir kommunikasie, sodat die probleem net groter word.

Mense kan ook apaties staan teen konflik. Hulle wil nie betrokke raak nie, en reageer soos ‘n volstruis, wat nie die probleem wil sien nie. Hulle hoop dat die probleem net sal weggaan. Sommige mense sien ook vlug as enigste opsie in moeilike situasies.

Dan kry ons ook die wat dadelik wil aanval. Hulle glo dat aanval die beste verdediging bied. Of hulle saak reg is of nie! Ongeag die gevolge, weier hulle dikwels om na rede te luister. Ons moet egter onthou dat daar altyd meer as een kant aan ‘n konflik situasie is.

Teksverse:

“Weerhou jou tong van kwaad en jou lippe daarvan om bedrieglik te praat.“(Ps. 34: 1420)

“Kalmte van die tong is ‘n boom van lewe, maar verdorwenheid daarvan breek die gees.” (Spr. 15: 420)

Om as Christen konflik te hanteer

As gelowiges van die evangelie van Jesus Christus moet ons onthou dat ons die perfekte voorbeeld in Christus gekry het. Hoe ons moet optree in elke situasie is ‘n verwagting van God. Die wonderlike liefde en begrip word so dikwels gedemonsteer in die Woord.

Kan ons blindelings mense net veroordeel en afskryf? Is dit in ons vermoë om die regte woorde te vind om ‘n oënskynlike onmoontlike situasie te ontlont? Jakobus verduidelik baie goed dat ons in moeilike tye wysheid van God moet vra.

Ons kan in gebed met nederigheid vra vir ‘n wag voor ons mond, sodat ‘n reeds netelige situasie nie tot iets onherstelbaar ontaard nie. Die Heilige Gees sal ook woorde in ons mond lê, waar en wanneer dit nodig is. Dis dan wanneer dit moontlik is om konflik te ontlont, wanneer ons ook dit aan God toevertrou.

Teksverse:

“As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof vra, sonder om enigsins te twyfel,* want wie twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind rondgeruk en voortgesleep word.” (Jak. 1: 5-620)

“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.” (Fil. 4: 6-720)

“Julle is immers hiertoe geroep, want Christus het ook ter wille van julle gely; Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat,sodat julle in sy voetspore kan volg. Hy wat “nie sonde gedoen het nie,en in wie se mond geen bedrog gevind is nie”; wat, toe Hy uitgeskel is, nie teruggeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar Homself toevertrou het aan Hom wat regverdig oordeel; wat self ons sondes in sy liggaam aan die kruishout gedra het, sodat ons, noudat ons ons sondes afgesterf het, vir geregtigheid kan leef –…” (1 Pet. 2: 21-2420)

Stof tot nadenke: Die Krag van Gebed…

“So is Petrus dan in die tronk bewaak, maar ‘n volgehoue gebed tot God het uit die gemeente vir hom opgegaan.” 

 (Hand 12:520) 

Wanneer moet ons bid? 

Ons almal weet hoe dit voel om op moedverloor se vlakte te sit. Niemand van ons het nie al tye beleef wat ons laat besef dat ons dit nie kan oorkom in ons eie krag nie. Dis wanneer ons ons behoefte aan ‘n krag buite en baie groter as onsself besef. Ons kan bid in hartseer tye, maar ook om ons dankbaarheid teenoor God te wys. Dis soos om in konstante gesprek met God te leef. 

Ons moet besef dat om uit te styg bo die middelmatige, skynbare geestelike lewe, tot ‘n kragtige vervulling in Jesus Christus, moet ons onself, in gebed, as woonplek aan die Heilige Gees oopstel. Dit kan by ‘n openbare byeenkoms van Christene plaasvind, maar dit kan ook in jou binnekamer gebeur.  

Dit is dan wanneer ons in opregtheid, onder leiding van die Heilige Gees, in dankbaarheid en ooreenstemming met God se Wil, die krag van gebed kan ontdek.  

Teksverse: 

“Die offer van goddeloses is afstootik vir die Here. maar die gebed van opregtes geniet sy goedkeuring.” (Spr. 15: 820); 

“Die Here is ver van goddeloses, maar die gebed van regverdiges hoor Hy.”” (Spr. 15: 2920); 

“…wat die onvergelykbare grootheid van sy groot krag, wat Hy uitgeoefen het in Christus, toe Hy Hom uit die dood opgewek het, en Hom laat sit het aan die regterhand in die hemele, bo elke owerheid en gesag en mag en heerser, ja, bo enige naam wat genoem kan word, nie alleen in hierdie bedeling nie, maar ook in die toekomstige.” (Ef. 1: 19-2120) 

Verhale van die sukses van gebed 

Daar is menige gebeure in die Bybel waar gebed verhoor is. Ons word daarvan bewus gemaak, dat selfs met die aanvang van ‘n gebed, weet God reeds wat die versoek is, soos in die geval van Daniël. Die Here het dit in sy hand om selfs lewensjare te verleng, indien jou gebed in opregtheid sou geskied, soos die geval was met Hiskia 

Dawid wys ons daarop dat die Here sy getroue volgelinge uitsonderlik behandel en dat die Here hom altyd gehoor het.

Ook Jona het in doodsomstandighede na die Here geroep, en God het hom gehoor. Petrus het ook die vrymakende gebeure beleef, toe die gemeente se gesamentlike gebede vir hom opgegaan het en hy uit die tronk gelei is. 

Waar ons ons ookal bevind, in watter benarde of moeilike omstandighede, niks is vir God onmoontlik nie. Dis die wonderlike vaste vertroue wat ons kan beleef in ‘n lewe saam met God. 

Teksverse: 

“Die woord van die Here het tot Jesaja gekom: “Gaan sê vir Hiskia: ‘So sê die Here, die God van jou voorvader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor; Ek het jou trane gesien. Kyk, Ek sal vyftien jaar by jou lewensdae voeg.” (Jes. 38: 4-520); 

“Julle moet weet dat die Here sy getroue volgelinge uitsonderlik behandel. Die Here hoor wanneer ek na Hom roep.” (Ps. 4: 420): 

“Terwyl ek nog besig was om te praat en te bid, om my sonde en die sonde van my volk Israel te bely, en om my smeekgebed vir die heilige berg van my God voor die Here, my God, te lê, ja, terwyl ek nog praat in die gebed teen die tyd van die aandoffer, het die man Gabriël wat ek, heeltemal uitgeput, in die visioen aan die begin gesien het, my aangeraak. Hy het verduidelik, met my gepraat en gesê: “Daniël, ek het nou uitgegaan om jou tot insig te bring. Aan die begin van jou smeerkgebed het daar ‘n woord uitgegaan, en ek het self gekom om dit te verklaar,...” (Dan. 9: 20-2320); 

“Terwyl die lewe uit my vloei, het ek net aan die Here gedink. My gebed het U in u heilige tempel bereik.” (Jona 2: 720) 

Die Krag van gebed 

Ons word verseker dat as ons in geloof bid, ons gebede verhoor sal word. Ons kan met al ons behoeftes na God toe gaan, want Hy is altyd naby. Ons antwoorde is nie noodwendig so vinnig as wat ons op gehoop het nie, want selfs moeilike omstandighede word oor ons pad gebring om ons nader aan God te bring. 

Ons word ook dikwels gemaan om in eensgesindheid te volhard in gebed, selfs in moeikhede. Dit is dan wanneer die vrede wat alle verstand te bowe gaan, oor ons sal kom. Die gebed van enkele mense het ook al dikwels tot ander se inkeer gekom. Daar is menige verhale van die kragtige uiwerking van gebed. Dikwels van moeders en vaders wat weet dat hulle enigste hoop in God is. 

Wanneer ons ons sondes bely en vir mekaar bid, word ons verseker dat daar kragtige uitkomste kan wees. Dat ons gebede al meer en meer in lyn sal wees met wat God wil hê, wanneer ons onder leiding van die Heilige Gees bid. Ons kan dus die krag van gebed beleef omdat ons deur Jesus Christus ook die krag van God kan ervaar.  

Teksverse: 

“Alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.” (Matt. 21: 2220); 

“Hulle het almal eensgesind in gebed volhard, saam met die vroue, en ook saam met Maria, die moeder van Jesus, en sy broers.” (Hand. 1: 1420); 

“Verbly julle in die hoop; wees standvastig wanneer julle swaarkry; volhard in die gebed.” (Rom. 12: 1220); 

“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar maak in alles julle versoeke deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God, wat alle begrip oortref, sal in Christus Jesus oor julle harte en gedagtes waak.” (Fil. 4: 6-720); 

“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid.” (Kol. 4: 220); 

“Bely dan julle sondes teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. DIe gebed van ‘n regverdige is baie kragtig in sy uitwerking.” (Jak. 5: 1620);

“Julle soek immers ‘n bewys dat dit Christus is wat deur my praat. Hy is nie swak teenoor julle nie, maar is kragtig onder julle. Hy is weliswaar deur swakheid gekruisig, maar Hy leef deur die krag van God.” (2 Kor. 13: 3-420)

Stof tot nadenke: Groei…

“Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God laat groei. Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei.”

(1 Kor. 3: 6-720)

Hoe verstaan ons groei?

Ons assosieer meer dikwels groei met kinders of plante. Babas ontwikkel en groei in die moederskoot; word versorg en opgepas, om te verseker dat hulle normaal en gesond opgroei. Ons plant saad of jong plantjies en hou dit angstiglik dop, om te sien dat hulle die nodige groei toon, sodat ons in die blom of vrugdra seisoen, plesier daaruit kan kry.

Ons is nie altyd ten volle bewus daarvan dat daar konstante verandering is in hierdie groei fases nie. Selfs al sien ons verstommende verandering van bv. ‘n pap babatjie na ‘n tweejarige kindjie, wat reeds alle tekens van eie menswees toon. Dis dieselfde verstommende verandering wat in ‘n plantsaad opgevang lê. Daardie saadjie is ontwerp om ten volle te ontwikkel en blomme te ontwikkel wat dan weer siklies saad voort te bring.

Blote verandering is egter nie op sig self groei nie. Groei is die sintese van verandering en volharding. Dus waar volharding kortkom, is daar nie groei nie. Wanneer mens ophou groei, dis wanneer ons begin sterf.

Teksverse:

“Kyk, dit is verplant. Sal dit gedy? Sal dit nie, as die oostewind dit tref, heeltemal verdroog, in die bedding waar dit groei, verdor nie.” (Eseg. 17: 1020);

“En Hy het gesê: “Die koninkryk van God is soos ‘n man wat saad op die land uitstrooi, en nag ná nag gaan slaap, en dag ná dag opstaan, en die saad ontkiem en groei – hoe weet hy self nie. Die land bring die graan vanself voort: eers ‘n halm, dan ‘n aar en dan die koring vol in die aar.”” (Mar 4: 26-2820);

“Dit is immers u wat my niere geskep het, my in die moederskoot geweef het.” (Ps.139: 1320)

Bybelse voorbeelde van geloofsgroei

Daar is verskeie voorbeelde in geloofsgroei. Ons kan gaan kyk na Petrus en Paulus. Beide mans wat deur God naamsveranderinge ontvang het. Petrus het Jesus blindelings gevolg, maar was ‘n wispelturige en emosionele man. Hy is egter ook deur Christus as die Rots van die evangelie aangewys, Ten spyte van sy verloëning van Christus. Die liefde waamee Jesus hom bejeën het, het Hom uiteindelik ‘n vurige kampvegter en apostel vir die evangelie gemaak, onder leiding van die Heilige Gees.

Paulus is tydens sy vervolging van die Christene, deur Christus tot stilstand geruk, en het ook ‘n draer van die evangelie geword. Hy het gelei en geleef vir die uitdrae van die evangelie, na die destyds ongeoorloofde lande. Die leiding en ondersteuning wat hy van God ontvang het, deur die genade gawe van die Heilige Gees, het hom gedring om aan te hou en te volhard.

Deur die werk van al die apostels, het daar menige mense tot geloof gekom, en ook gegroei in die geloof, soos duidelik uit die briewe van Paulus aan die Efesiërs, Kolosense en Petrus se briewe aan ander midde ooste dorpies. Die groei in geloof was duidelik gestel as mylpaal, “Om soos Christus te wees”, te kom.

Teksverse:

“…totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en kennis van die Seun van God, en tot volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur die onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai sal word deur elke wind en lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof…” (Ef. 4: 13-1520);

“…op grond van die hoop wat in die hemel op julle wag, Julle het al hiervan gehoor toe die woord van die waarheid, die evangelie, julle bereik het. Soos oral in die wêreld, het die evangelie, van die dag dat julle van God se genade gehoor en dit werklik verstaan het, ook onder julle begin vrug dra en groei.” (Kol. 1: 5-620);

“Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God,…” (Kol. 1: 9-1020)

Groei deur verandering

Dit is vir elkeen van ons moontlik om na bekering verder te groei in geloof.

Dat ons gedurig deur moet verander is ‘n voldonge feit. Slegs deur verandering kan ons groei. Ons moet stil raak voor God in gebed en smeking. Dit is wanneer ons lewegewende water van God af ontvang. Dan sal ons kan vrugdra en verder groei in geloof. Dis dan wanneer ons as Christene, diensbaar kan wees in die koninkryk en as voedsel sal kan dien vir ander mense, wat smag na God se lewegewende water. Laat ons almal saam groei in die genade en kennis van ons Here, Jesus Christus.

Ons moet net altyd waak om nie soos die Fariseërs hoogmoedig te word in geloof nie. Ons moet mekaar nederig dien en liefhê. Dis nie uit eie krag dat ons die genade gawe van God ontvang nie, maar in ons swakheid as mens.

Teksverse:

“Aan weerskante van die stroom, op sy walle, sal allerhande vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verwelk nie, en hulle vrugte sal nie opraak nie. Elke maand sal hulle nuwe vrugte dra, want dit is uit die heiligdom wat hulle water vloei. Hulle vrugte sal as voedsel dien en hulle blare tot genesing.” (Eseg. 47: 1220);

“Soos dit gepas is, moet ons God altyd oor julle dank, broers, omdat julle geloof uitermate groei, en een en almal van julle se liefde vir mekaar toeneem.” (2 Thes. 1: 320);

“Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid. Amen.” (2 Pet. 3: 1820)

Stof tot nadenke: Bekering?

“Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie.”

(Rom. 2: 420)

Wat is bekering?

Per definisie is bekering ‘die handeling van ‘n gesindheidsverandering. ‘n Totale omdraaiing of wegdraai van ‘n sondige lewe en verkeerde weë. Dis die omkeer na ‘n lewe in gehoorsaamheid in God. Dis ‘n daaglikse lewenswyse van vernuwing in denke en gedrag.’

Verskeie skrywers het ook sieninge oor bekering geuiter: Willie Jonker meen ‘bekering beteken dat ‘n mens in jou hart ‘n doelbewuste keuse vir God en sy wil en téén die kwaad en die sonde doen. Dit gaan om ‘n koersverandering van 180 grade.’ Dirkie Smit reken: ‘Die evangelie wil ons verbeelding vernuwe, ons maniere van kyk-na-mekaar, van droom-oor-wat-regtig-tel só radikaal vernader dat bekering eintlik die enigste woord is daarvoor.’ Benjamin Whichcote noem dat ‘Ons verkry nie toegang tot die hemel in die uur van ons dood nie, maar op die oomblik van bekering.’

Elkeen van ons kyk vanuit ‘n ander hoek na bekering, maar wat presies is bekering? Kan ons dit uit ons eie wil afdwing? Of is dit ‘n behoefte wat in ons hart deur God self geskep word?

Teksverse:

“Want so sê my Heer, die HERE, die Heilige van Israel: “In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag; maar julle weier.” (Jes. 30: 1520);

“Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”” (Luk 5: 31-3220)

Stappe tot bekering

Dit blyk dat daar drie stappe is wat lei tot bekering.

  • Eerstens moet jy tot die besef kom en erken dat jy ‘n sondige lewe lei.
  • Tweedens moet jy opregte berou hê oor jou sonde.
  • Derdens moet jy ‘n besluit neem om weg te draai van ‘n verkeerde lewe.

Bekering beteken om weg te draai van sonde, en lei na weergeboorte.

Hierdie stappe is nie ‘n resep om te volg nie, maar die natuurlike verloop van die genade van God, die Vader, die bewusmaking van die Verlossing deur Jesus Christus, en die leiding van die Heilige Gees in ons lewens.

Ons kan dus nie bekering afdwing voor God nie. Ons kan net in ootmoed en in die bewuswording van die verkeerde dinge in ons lewe, voor God neerbuig en om vergifnis vra. Die Vader wil elkeen van ons as bekeerlinge in Sy koninkryk opneem – in Liefde. Jesus Christus het na hierdie wêreld gekom, nie om te veroordeel nie, maar om te verlos!

Teksverse:

“As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.” (1 Joh. 1: 920);

“Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.” (2 Kor. 7: 1020)

“Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (Fil. 1: 2720);

“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. ” (Joh. 3: 16-1720);

“Daarop het Hy hulle vertand daarvoor geopen om die Skrifte te vertaan, en vir hulle gesê: “So staan daar geskryf dat die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en dat Sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word.” (Luk. 24: 45-4720)

Kan ons ‘n tweede keer tot bekering kom?

Volgens die brief aan die Hebreërs, het mense wat tot bekering gekom het en die vreugde van die Heilige Gees beleef het, en wat dan afvallig word, min genade in God se oë. Ons moet dus waak teen enige valse profete wat verdraaiings van die ware Verlossing verkondig. Ons moet vasstaan daarin om te groei in geloof, deur meer en meer bewus te word van die geheimenisse van God, wat in die Woord van God vasgevang is.

Dit is vir elkeen van ons moontlik om tot bekering te kom en verder te groei in geloof. Ons moet egter stil raak voor God en vir leiding en openbaring van die Woord vra. Dis dan dat ons die wapenrusting van God ontvang wat ons help in ons groei in ‘n vaste geloof.

Teksverse:

“Laat ons dan verder gaan as die eerste beginsels van die boodskap aangaande Christus, en voortgaan na volwassenheid, sonder om weer die fondament te lê van bekering van dooie werke, van geloof in God,… ” (Heb. 6: 120);

“Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak het, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te brin; aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut gekruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6: 4-620)

Stof tot nadenke: “Hou vas aan die Evangelie”

“En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en ook Hom wat U gestuur het – Jesus Christus.”

(Joh. 17: 320)

Waarom ons moet vashou aan die Evangelie?

Die woorde van die evangelie van Jesus Christus is waarheid. Dit dra die verlossingsboodskap vir elkeen van ons. Daar is geen ander God wat die mensdom liefhet, tot so ‘n mate dat Hy ons as mense wou verlos van ons sonde dade, en om ons verhouding met Hom te herstel. Dit is God wat sy hand na ons toe uitgereik het!

Jesus Christus het vir ons elkeen wat in Hom glo, verlossing gebring. Dié evangelie wat deur die dissipels en apostels na die uitstorting van die Heilige Gees verkondig is. Dit is weer Koningkrykstyd, in die kerklike kalender, en dit vra dat elkeen van ons ons geloof in die evangelie moet verdiep.

Jesus Christus het die dissipels en apostels die evangelie wat God, die Vader, deur hulle verder wou versprei, geleer. Dit is hierdie waarheid waaraan ons moet vashou. Ons moet ook leer om ander mense deur die bril van ons eie verlossing te sien. Dit is in die wete dat ons hierdie genade van God ontvang het, wat ons sal dring om die evangelie van Jesus Christus verder uit te dra en uit te leef.

Teksverse:

“In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is. DIe Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.” (Ef. 1: 13-1420);

“Want so lief het God die wêreld gehaddat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. ” (Joh. 3: 16-1720)

Hoe hou ons vas aan die Evangelie?

Hoe hou ons vas aan hierdie evangelie? Ons moet in meelewing met medegelowiges in eensgesindheid leef. Ons moet sterf aan onsself en in die nederige besef van ons eie swakhede, Jesus Christus en die Heilige Gees se oproep tot aktiewe betrokkenheid, navolg. Ons moet wegdraai van enigiets wat ons aandag aftrek van die enigste ware, en drie-enige God.

Ons moet in ooreenstemming leef met die evangelie, en voorbeeld van Jesus Christus, want daar is geen ander evangelie nie! Ons moet ook soos CS Lewis kan sê: ‘Ek glo in die evangelie van Jesus Christus net soos ek glo dat die son vanoggend opgekom het – nie omdat ek daarna kan kyk nie, maar omdat ek daardeur na alole ander dinge kan kyk.’ Ons ontwikkel die vermoë om ook die son oor ander te sien opkom en besef dat Jesus Christus ons kom dring het om die goeie nuus van die evangelie werklik te verstaan en te leef!

Laat ons vashou aan die enigste Skepper God. Hy wat alles wat ons het, as genadegawes vir ons gegee het, uit liefde.

Teksverse:

“Die geheimenisse is nie aan vorige geslagte onder die mensdom bekend gemaak, soos dit tans deur die Gees aan sy helige apostels en profete geopenbaar is nie, naamlik dat heidene deur die evangelie mede-erfgename, medelede van die liggaam en deelgenote aan die belofte in Christus Jesus is. Van dié evangelie het ek dienaar geword, ooreenkomstig die gawe van God se genade wat aan my betoon is volgens die werking van sy krag.” (Ef. 3: 5-720);

“…op grond van die hoop wat in die hemel op julle wag. Julle het al hiervan gehoor toe die woord van die waarheid, die evangelie, julle bereik het. Soos oral in die wêreld, het die evangelie, van die dag dat julle van God se genade gehoor en dit werklik verstaan het, ook onder julle begin vrug dra en groei.”(Kol. 1: 5-620);

“…Hoe julle omgedraai het na God, weg van die afgode, om die lewende en ware God te dien, en om sy Seun wat Hy uit die dode opgewek het, uit die hemel te bly verwag – Jesus, wat ons red uit die oordeel wat kom.” (1 Thes. 1: 9-1020);

“Nog net dit: Tree so op dat dit die evangelie van Christus waardig is, sodat, of ek kom en julle sien, of nie teenwoordig is nie, ek aangaande julle omstandighede mag hoor dat julle in één gees vasstaan, en een van hart en siel saam stry vir die geloof in die evangelie,…” (Fil. 1: 2720)

Stof tot nadenke: Genadegawes

Genadegawes - Stof tot Nadenke

“Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.”

(Gal. 5: 2220)

Genadegawes van die Gees

Naas die genadegawe van die Verlossingsdaad van Jesus Christus, het God die Vader, deur Jesus Christus, ook die gawe van die Trooster vir ons bewillig. Deur hierdie genadegawes, het die Vader dit vir ons moontlik gemaak, om die vrugte van die Gees in ons lewens te ervaar.

Teksverse:

“Petrus antwoord hulle: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes gedoop word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” (Hand. 2: 3820)

Vrug van die Gees

Die vrugte van die Gees word een vir een vir ons in Galasiërs 5: 22 genoem.

  1. Liefde

Daar is verskillende verwysings en woorde om die liefde te beskryf in die Bybel, nl. Eros, Philia, Storge en Agape. Die eerste drie is beskrywings vir ons menslike liefde vir mekaar en vir familie en vriende. Die Agape liefde is egter slegs eie aan die Christendom.

Dit dui op ‘n “onoorwinlike welwillendheid; dat wat iemand ook al aan ons doen deur belediging, pyniging of vernedering, ons niks anders sal soek as wat in dié persoon se beswil is nie.” Dit beskryf die doelbewuste poging – wat ons alleen deur die genade en hulp van God kan regkry – om nooit iets anders as die beste te soek, selfs vir diegene wat die slegste vir ons soek nie.

Die liefde vra altyd: “Wat is die beste, kosbaarste en edelste wat ek kan gee?”

2. Blydskap

Dis so maklik om vrolik en bly te wees wanneer alles om ons goed gaan, maar wanneer dinge begin swaar gaan, verloor ons so dikwels ons lewensvreugde. Habakuk wys ons egter daarop dat al verloor mens alles, al werk niks uit soos jy verwag het nie, kan ‘n mens juig in God, ons Redder. Die Heilige Gees help ons om die krag van vreugde te ontdek.

Wanneer jou lewe deur die genade van God, die bloed van Jesus Christus en die werking van die Heilige Gees gereinig is, sal die vreugde in jou hart jou verstom. Dan sal ons ook soos die Psalmdigter kan getuig: “U wys my die pad van die lewe: oorvloedige vreugde in u teenwoordigheid, lieflikhede in u regterhand, vir altyd.” (Ps. 16: 1120)

3. Vrede

Die vrede van Christus is enig in sy soort, en heeltemal anders as die vrede wat die wêreld ons bied. Dis volkome en oorspan ons hele lewe. Dis ‘n vrede wat selfs te midde van swaarkry jou lewe deurspek. Dis konstant en wissel nie na aanleiding van ons emosionele toestand nie.

Bid dat die Heiige Gees jou hart brandend van verlange sal maak om hierdie vrug as deel van jou lewe te hê.

4. Geduld

Geduld word baie mooi deur Solly Ozrovech beskryf: ‘Dit is volharding wat nooit vrede maak met neerlaag of teleurstelling nie.’ Soos God met ons geduld gehad het deur die eeue, moet ons ook geduld met mekaar hê.

Ook hierdie vrug van die Gees kan ons van Hom vra. Geduld is ‘n noodsaaklikheid in hierdie ongeduldige wêreld. Dit help mens om elke situasie in en om jou te hanteer. Dit gee ons ook ‘n sekerheid van oorwinning. As ongeduld in jou lewe inkruip, vra vir die krag van die Gees om dit te bowe te kom.

Groei in geduld sal jou beskerm teen onreg wat jou aangedoen word, en dit laat die wêrerld onmagtig om jou verder te pynig.

5. Vriendelikheid

Dit is ‘n noodsaaklike deel van die lewe. Dis is ‘n doodgewone vrug van die Gees, maar tog ook uitsonderlik! Dit onderskryf die ander vrugte van die Gees. Ons moet Christus se gesindheid in ons dra. Die Afrikaanse gesegde: ‘Vriendelikheid kos niks’ omskryf dit so goed.

‘n Vriendelike woord kan ‘n heerlike verandering in ‘n ander mens se lewe maak!

6. Goedhartigheid

Goedhartigheid begin wanneer ons ‘n ander se nood en behoeftes raaksien. Die verhaal van die barmhartige Samaritaan, is die duidelikste voorbeeld hiervan. Hierdie vrug van die Gees is een van die ses vrugte wat verband hou met ons optrede teenoor ons medemense. Hetsy of hulle arm, verwerptes, sondaars of enige ander mens is, wat ons pad mag kruis.

Wees fyn ingestel op die behoeftes van ander, net soos Jesus Christus dit so wonderlik aan ons kom demonstreer het. Hy het ander mense raakgesien, en hulle nood en pyn besef en daarop gereageer met ‘n welwillendheid wat ons as mens soms verstom. Dit help ons om mense deur ander oë te beskou!

7. Getrouheid

God verwag van ons om getrou te bly aan Hom. Hy was getrou tot die dood van Jesus Christus aan die kruis, sodat ons verlos kan word. So verwag Hy dat ons aan Hom getrou sal bly.

Cicero het reeds in die vroegste tye genoem dat ‘Niks is edeler, niks is eerbaarder, as getrouheid nie. Getrouheid en waarheid is die mees geheiligde gawes van die menslike denke’ en Moeder Teresa se woorde: ‘God het ons nie geroep tot sukses nie, maar tot getrouheid’ gee dit perspektief. Maak dus getrouheid die fondament van jou lewe!

8. Sagmoedigheid/Nederigheid

Daar is drie belangrike dinge wat ons aanspoor tot nederigheid: a) Die wete dat ons nietige skepsels is voor die Skepper Vader; b) Ons sondigheid voor die Verlosser en Redder, Jesus Christus; en c) Die besef dat ons as geheiligde voor ons heiligmaker, die Heilige Gees staan. Dis dan wanneer ons verhouding tot ons naaste in opregte nederigheid geleef kan word.

9. Selfbeheersing

Dit is die vermoë om volkome meester van jouself te wees. Alleen kan ons dit nie vermag nie. Dit is die vrug van die Gees wat jou in staat stel om in beheer van jou begeertes en hunkeringe te wees. Dit is ‘n deug waar ‘n mens die meeste van hom of haarself kan maak, in diens van ander.

Wanneer ons Jesus Christus in ons lewe inlaat en beheer oorgee, leer ons om onsself te beheer. Die vrug van die Gees wat ons sterk maak in die gewone gang van die lewe. Dis nie ‘n senuagtige gespanne selfbeheersing nie, maar natuurlik en gemaklik, onder leiding van die Heilige Gees.

Teksverse:

“Geliefdes, laat ons mekaar liefhê, want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet is uit uit God gebore en ken God.” (1 Joht. 4: 720);

“…nogtans sal ek jubel in die Here, sal ek juig in die God wat my verlos. Die Here, my Heer, is my krag, Hy maak my voete soos wildsbokke, op hoë plakke laat Hy my loop.” (Hab..3: 18-1920);

“Vrede laat Ek vir julle na – my vrede gee Ek julle.” (Joh. 14: 2720);

“…deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede.” (Ef. 4: 2-320);

“Kommer in die hart van ‘n mens maak die hart neerslagtig, maar ‘n vriendelike woord beur dit op.” (Spr. 12: 2520);

“Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en geregtigheid en waarheid.” (Ef. 5: 920);

“Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal aan jou die oorwinnaarskrans van die lewe gee.” (Open. 2: 1020);

“Versorg soos herders die kudde van God in jylle midde; hou toesig – nie uit plig nie, maar vrywillig, in ooreenstemming met die wil van God; n ie uit skandelike winsbejag nie, maar geesdriftig; nie baasspelerig oor hulle wat aan julle toevertrou is nie, maar as voorbeeld vir die kudde. En wanneer die Groot Herder verskyn, sal julle die erekrans van heerlikheid ontvang, wat nooit sal verwelk nie.” (1 Pet. 5: 2-420);

“Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.” (1 Kor. 9: 2720)

Mag elkeen van ons biddend die vrugte van die Heilige Gees vra!